St. Dizier brand
Die Franse polisie het vanoggend nege jeugdiges gearresteer, waaronder sewe minderjariges. Dit volg op die geweld wat vroeër hierdie maand in Saint-Dizier uitgebreek het. Drie van hierdie jeugdiges is jonger as sestien, het die vise-prokureur van Chaumont gesê.
Daar is nou in totaal al 25 jong mans, almal immigrante uit Afrika, gearresteer. Drie brandweermanne en een polisieman is gedurende die gewelddadige insidente van 4 Oktober beseer. Die gemaskerde vandale het daardie aand 41 motors aan die brand gesteek, drie woonstelblokke probeer afbrand en ook ’n bushalte verwoes.
Sowat ’n week voor die geweld uitgebreek het, het ’n groep van tien immigrant-jeugdiges by die Saint-Dizier-polisiestasie ingestorm en stoele en ’n lessenaar begin rondgooi. Hulle wou sodoende beswaar aanteken omdat ’n polisiepatrollie een van hulle vriende gestop en ondervra het. Die polisiemanne het egter opdrag van hulle owerhede ontvang om niks oor die voorval te sê nie.
Buiten die insident in die polisiekantoor was daar geen ander gebeure wat die uitbreek van die geweld op 4 Oktober kon verklaar nie. Dit wou voorkom of die jong mans bloot wou kyk hoeveel skade hulle kon aanrig.
дитячи велосипедилобановский александр игоревич