Met rukke en stote vorentoe

Statistiek Suid-Afrika het op 24 Oktober die eerste resultate van hulle 2007 Gemeenskapsopname bekend gemaak. Pali Lehohla, direkteur-generaal van die departement, het tydens ’n funksie in Tuynhuis die verslag aan president Thabo Mbeki oorhandig. Die verslag het betrekking op die 48 miljoen inwoners in die land en is gebaseer op antwoorde wat van 255 000 huishoudings ontvang is. Hierdie opname was veronderstel om die vakuum te vul wat gelaat is deur die regering se besluit om voortaan net elke tien jaar ’n sensus te hou.

“Betekenisvolle vordering is gemaak met betrekking tot die verbetering van die lewensomstandighede van Suid-Afrikaners,” meen die organisasie. Daar word egter gewaarsku dat die demografiese groei meebring dat die grootte van Suid-Afrika se arbeidsmag steeds opwaarts neig. Volgens die 2001-sensus was daar 44,8 miljoen mense in die land.

Die ondersoek na Suid-Afrikaanse huishoudings het aangetoon dat 70,5% van huishoudings nou in formele nedersettings geleë is. Die 2001-sensusgetal was 68,5%. Daar is tans 80% huishoudings met elektrisiteit in vergelyking met 69,7% in 2001. Die Oos-Kaap het die laagste persentasie wat elektrisiteitstoegang betref. Verder het sowat 8% mense landwyd nog geen toegang tot toiletfasiliteite nie. Die hoeveelheid huishoudings wat oor ’n selfoon beskik, het egter oor die afgelope ses jaar meer as verdubbel. 15,7% het verder rekenaars tuis, maar net 7,3% beskik oor internettoegang by die huis.

Ten opsigte van onderwys het die hoeveelheid mense ouer as 20 met “’n mate van hoërskoolopleiding” agter die blad van 30,8% in 2001 tot 40,1% vanjaar toegeneem. Die persentasie van diegene met ’n graad 12-kwalifikasie het egter gedaal van 20,4% na 18,6%. Daar is verder ook ’n daling van 18% na 10% onder diegene wat geen skoolopleiding ondergaan het nie. Blanke kinders het die hoogste skoolbywoning en kleurlingkinders die laagste.

компрессор ценаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae