Doris Lessing trek los

Image

Die oudste wenner

Nobelpryswenner, Doris Lessing, het Sondag in ‘n onderhoud aan die Spaanse koerant  El Pais gesê dat 11 September 2001 "nie so erg was" as die bloedvergieting veroorsaak deur aksies wat die IRL geloods het nie. "Die 11de September was vreeslik maar as ‘n mens weer na die geskiedenis van die IRL kyk en dit vergelyk met die VSA, was dit [11 September] nie so erg nie."

 
Wat George Bush betref, het sy hom beskryf as ‘n "wêreldwye ellende". Tony Blair het ook nie goed daarvan afgekom nie want sy noem hom ‘n "ramp" vir Brittanje. "Sommige Amerikaners dink ek is gek. Baie mense is dood, twee voortreflike geboue het geval, maar dit was nie so verskriklik, nie so buitengewoon soos hulle dink nie," het Lessing benadruk.
 
"Tony Blair was ‘n ramp vir Groot Brittanje en ons het hom etlike jare lank ondersteun," het sy bygevoeg. "Ek het dit gesê die oomblik toe hy verkies is: Dis ‘n klein windmaker wat ons in die moeilikheid gaan laat beland en hy het."

"Sover dit Bush aangaan, is hy ‘n wêreldwye ellende. Almal is sat vir daardie man. Hy is òf dom òf regtig baie slim." Die onderhoud met die Spaanse koerant is ‘n dag voor haar verjaarsdag gepubliseer. Sy het Maandag 88 jare gevier.

Sy het ook gesê dat Bush uit ‘n sosiale stand kom wat reeds baie voordeel uit oorloë getrek het. Lessing werk tans aan ‘n boek wat oor oorlog handel. Sy is die oudste persoon tot nog toe om die prys te wen.

Die Sweedse Akademie het die prys aan haar toegeken omdat sy blykbaar "deur die vroulike ervaring met skeptisisme, vuur en visionêre krag ‘n verdeelde beskawing aan ondersoek onderwerp het."

free online games.co.ukАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae