Gordon Brown, Britse eerste minister, het naamlik gesê dat hy nie die beraad sal bywoon indien Robert Mugabe toegelaat word om ook te gaan nie. “Ek glo president Mugabe se teenwoordigheid sal die beraad ondermyn en die aandag aflei van belangrike kwessies wat opgelos moet word. In hierdie konteks sal my teenwoordigheid nie van pas wees nie,’ het Brown Saterdag teenoor The Independant herhaal.
Motlanthe meen egter die beraad moet aangaan, soos aanvanklik beplan, ongeag of Brittanje daar gaan wees of nie. Hy het gewaarsku dat die beraad nie “gevange geneem en verlam moet word deur gevaarlike en vernietigende neo-koloniale ambisies nie.” Hy het verder gesê dat die ANC met opset stilbly oor hulle bemiddeling in Zimbabwe, aangesien hulle glo dat dit tot ’n vinniger oplossing van die land se probleme sal lei.
Tydens die Desember-beraad sal EU-hulp aan Nepad, die opbou van die Afrika-unie en “ware respek vir die onafhanklikheid van Afrika” onder andere bespreek word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.