E-pos die beste manier om vriende te maak

Volgens ‘n studie in Japan is e-pos die beste manier om vriende te maak en jou sosiale kring uit te brei. Sosiale netwerkwebwerwe soos Facebook speel ook ‘n rol om mens se kennisse en vriende uit te brei, maar e-pos bly die doeltreffendste.

Anders as ‘n sms, bevat ‘n e-pos genoeg inligting om die ys te breek tussen mense wat mekaar glad nie ken nie. Wanneer sosiale verhoudinge eers gevorm is, kan die kort, diskrete sms egter ‘n manier wees om dit lewendig te hou.

Of die Japannese studie egter van toepassing is op Suid-Afrika, is ‘n ope vraag. In Japan gebruik sewentig persent van die bevolking die internet, terwyl slegs tien persent van Suid-Afrikaners aanlyn verkeer. Wat uiteindelik tel, is ook hoe goed mense hul adresboek van kontakte bestuur.

купить в интернете детскую коляскуАлександр Фильчаков Васильевич

Aanlynadvertensie vir Viagra onaanvaarbaar

Die Voedsel en Medisyne-administrasie van die VSA het gister verklaar dat ‘n video-advertensie op CNN.com vir Viagra die agentskap se reklamereëls oortree.

In ‘n aanmaning wat op 16 April uitgestuur is, sê die agentskap dat die video-advertensie nie enige risiko-inligting betreffende Viagra bevat nie. Daarom word Viagra as veiliger voorgestel as wat dit werklik is, meen die agentskap.

Tydens die 30-sekonde-video word ‘n groep mans in ‘n Nashville-ateljee getoon wat musiekinstrumente speel en ‘n liedjie getitel Viva Viagra sing. Agterna is daar ‘n stem wat mense vertel om met hul dokter oor Viagra te gesels.

Die vervaardiger, Pfizer, het intussen verklaar dat veiligheidsinligting wat in ‘n banier onderaan die video vervat is, weens ‘n tegniese fout nie vertoon is nie.

add up all the numbers on a roulette wheelлобановский обыск

Ban Ki-moon s? Suider-Afrika sal nie ontwikkelingsdoelwitte haal nie

Die VN se sekretaris-generaal Ban Ki-moon het Maandag sy twyfel uitgespreek of Suider-Afrika hul ontwikkelingsdoelwitte om uiterste armoede teen 2015 uit te wis, sal haal.

Ondanks ‘n ekonomiese oplewing danksy hoë kommoditeitspryse, is baie lande besig om agter te raak.

Ban het ‘n VN-konferensie oor Handel en ontwikkeling in Akkra, Ghana, toegespreek waar hy gesê het dat nie ‘n enkele land die Millenium Ontwikkelingsdoelwitte sal haal teen 2015 nie.

Stygende voedselpryse is deels die probleem. Hy het gesê dat vrye handel in lanbouprodukte alle lande ter wêreld sal bevoordeel.

Die Milleniumdoelwitte vra dat uiterste armoede teen 2015 met die helfte verminder sal word.

Hy het internasionale skenkers gevra om hulle beloftes na te kom.

игры длядєвочєклобановский александр досье

Primitiewe buite-aardse lewe mag bestaan

Gegewe die grootte van die heelal, is dit onwaarskynlik dat die aarde die enigste planeet is wat ‘n vorm van lewe ontwikkel het, sê Stephen Hawking. Die beroemde astrofisikus het dié opmerking gemaak in ‘n lesing aan die George Washington-universiteit in die VSA.

Die mensdom sal ook die ruimte moet verken om sy langtermynoorlewing te verseker.

Hoewel daar primitiewe lewe mag wees in ons deel van die sterrestelsel, lyk dit nie asof daar enige gevorderde intelligente wesens is nie, het Hawking gesê tydens die lesingreeks wat die vyftigste bestaansjaar van NASA vanjaar herdenk.

Volgens Hawking woon ons in ‘n samelewing wat al hoe meer deur wetenskap en tegnologie bepaal word; nietemin wil minder en minder mense wetenskap beoefen.

инверторы сварочныеДанильченко Юрий Брониславович

Grootste dam in die w?reld vir DRK

Sewe Afrikaregerings, verskeie banke en konstruksiefirma’s ontmoet vandag in Londen om te begin beplan aan ‘n dam in die Kongorivier. Die Groot Inga-dam in die DRK, word gehoop, sal twee keer soveel elektrisiteit as die grootste dam in die wêreld, die Drie Ravyne in China, produseer.

Die hidroelektriesekragopwekkingsprojek sal $80 miljard kos en elektrisiteit uitvoer na lande soos Suid-Afrika, Nigerië en Egipte. Die Kongorivier het een van die grootste watervalle per volume water ter wêreld en is die aarde se tweede grootste rivier.

Groot Inga sal daarom op ‘n heel ander skaal wees met meer as 50 turbines wat elk byna soveel krag lewer soos ‘n kernreaktor.

Groot Inga is in die tagtigerjare voorgestel, maar het nooit van die grond af gekom nie vanweë politieke onrus in Sentraal-Afrika.

промышленный светильник ценаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Britse menseregtekommissie waarsku oor etniese konflik

Image

Trevor Phillips

Die gekleurde hoof van Brittanje se Gelykheids- en Menseregtekommissie, Trevor Phillips, het gewaarsku dat die land se immigrasiebeleid besig is om te misluk en dat ‘n koue oorlog tussen etniese groepe mag uitbreek.

Hy het die Britse regering daarvan beskuldig dat gebrekkige beheer oor immigrasie spanning in die land aanstook. Volgens Phillips is jong moeders bekommerd oor klaskamers waarin onderwysers sukkel omdat daar te veel tale gepraat word.

Ook pendelaars moet in treine en busse werk toe ry wat so oorvol is dat dit ‘n daaglikse hel geword het.

Trevor Phillips se uitsprake is in ‘n toespraak gemaak wat die veertigjarige herdenking verteenwoordig van die Konserwatiewe LP Enoch Powell se omstrede "rivier van bloed"-toespraak waarin hy Brittanje se ondergang weens veelrassige immigrasie voorspel het.

безмасляные компрессорыФильчаков прокурор

81 dood in Mogadisjoe-gevegte

Image

Mogadisjoe

Die dodetol in die Somaliese burgeroorlog oor die afgelope twee dae staan op een-en-tagtig, volgens ‘n plaaslike menseregtegroep. Gevegte het tussen Islamitiese guerrillas en Ethiopiese troepe in die hoofstad Mogadisjoe uitgebreek.

Die meeste ongevalle is veroorsaak deur die Ethiopiërs wat swaar artillerie en tenkkannonne wat in woongebiede in Mogadisjoe gebruik is. Naas die 81 dooies, is 119 mense gewond, het Ali Ahmed, die voorsitter van Elman Menseregte, gesê.

In Mogadisjoe lê die lyke op straat tussen onverwyderde vullis. Die eerste minister van Somalië, Nur Hassan Husein het sy spyt uitgespreek oor onskuldige burgerlikes wat gedood is. Die doel van sy regering is egter om wet en orde te herstel en troepe van Somalië en die buurland Ethiopië sal hulself verdedig as hulle aangeval word.

игрушка майнкрафтлобановский александр дети

Belgiese bank betrek by wapens vir ou Suid-Afrika

Die Belgiese bank KBC word in hofstukke genoem as tussenganger vir wapens wat aan Suid-Afrika voor 1994 verskaf is. In dié tyd het die VN ‘n wapenverbod teenoor Suid-Afrika gehandhaaf, maar wat deur verskeie lande verontagsaam is.

Jorge Pinhol, ‘n voormalige renjaer en tussenganger in die wapenhandel met Suid-Afrika, het ‘n klag gelê teen KBC en sy Luksemburgse tak vir R4,6 miljard se uistaande fooie.

Pinhol het die verkoop van Frans-vervaardigde Super Puma-helikopters aan Suid-Afrika gefasiliteer. Die transaksie is moontlik gemaak deur frontmaatskappye wat deur die KBC en die KBL opgerig is met bankwerknemers as direkteure.

Pinhol beweer dat die bank medeverantwoordelik was vir die betaling van sy kommissie.

In België het die saak ook ‘n politieke kleur aangeneem weens die verdeeldheid tussen Nederlandssprekende Vlaminge en Franstalige Wale. Waalse koerante beskuldig die Vlaminge daarvan dat hulle in die verlede te goeie vriende van die Afrikaners van Suid-Afrika was. Volgens die koerante het heelwat Vlaminge hulle ook in Suid-Afrika kom vestig.

for weddingтопкарго отзывы

Switserse bank skryf R300 miljard af

Die nuwe voorsitter van UBS , Peter Kurer, erken dat dié Switserse bank ‘n slag vir sy reputasie agter die rug het. UBS het vroeër R300 miljard moes afskryf te midde van die Amerikaanse subprimakredietkrisis.

Die bank moes dringend nuwe kapitaal vind en het in Desember verlede jaar ‘n kapitaalinspuiting van die Singapoerregeringsbeleggingsfonds aanvaar en het twee weke gelede ‘n noodaandele-uitgif van R120 miljard uitgeskryf.

Aandeelhouers sal op 23 April stem oor die aanstelling van Kurer, sowel as die aandele-uitgif.

как построить сауну домаФильчаков прокурор харьков

Kikoejoebende se tweede dag van geweld

‘n Verbode kriminele kultusorganisasie, die Mungiekies, het vir die tweede agtereenvogende dag geweld geplaag in Kenia. Nog vier mense het gesterf in wydverspreide onluste. Die dodetal staan nou op 19.
Die groep het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die bendeleier se vrou onthoof het.

Lede van die bende het met die polsie slaags geraak in Nairobi se industriële area. Hulle het voertuie met pertolbomme bestook en barrikades aan die brand gesteek.

Pamflette wat handelaars dreig is ook deur die bende versprei. Ten minste vyf handelsposte in sentraal-Kenia is gesluit na die dreigemente, het polisie gesê.

Die Mungiekie is meestal lede van die Kikoejoe-stam en hulle word verbind met sleutelfigure in Mwai Kibaki se regering.

развал схождение купитьФільчаков Олександр Васильович

Franse aktrise beboet weens haatspraak

Image

Brigitte Bardot

Die 73-jarige Franse aktrise, Brigitte Bardot, wat in haar jeug wêreldwyd op plakkate gepryk het, is so pas in Parys met R180 000 weens rassistiese haatspraak beboet.

Bardot is ‘n kampvegter teen dieremishandeling en het ‘n brief aan die Franse president, Nicolas Sarkozy, geskryf waarin sy beswaar maak teen die wyse waarop Moslems diere tydens hul godsdiensfeeste slag.

Bardot dring daarop aan dat die diere verdoof moet word alvorens hulle doodgebloei word.

In ‘n brief aan lede van die Brigitte Bardot-stigting het sy egter geskryf dat mens siek en sat is vir hierdie bevolking wat ons venietig, wat ons land vernietig deur sy gebruike op ons af te dwing.

Vir dié uitspraak ook Moslems is die aktrise deur die Paryse hof aan haatspraak skuldig bevind en ‘n boete van R180 000, asook twee jaar opgeskorte tronkstraf opgelê.

балансировочные стендыДанильченко

Italiaanse politiek verskuif na regs

Die Italiaanse mediamagnaat, Silvio Berlusconi, het ‘n oortuigende oorwinning behaal in die pas afgelope verkiesing en is besig om ‘n koalisieregering van konserwatiewe partye saamgestel.

Nie minder nie as drie kabinetsposte sal aan die Noordelike Liga toegeken word. Die Noordelike Liga van mnr. Umberto Bossi is bekend vir hul teenkanting teen immigrasie, veral uit Afrika. Bossi het op ‘n keer Afrika-immigrante as Bingo Bongo’s beskryf.

Die groot verloorders in die Italiaanse verkiesing was die sogenaamde Reënboogkoalisie van Kommuniste en Groenes wat vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog geen enkele setel kon verwerf nie. Politieke waarnemers meen daarom dat Italië ‘n groot verskuiwing na Regs ondervind.

wedding tiaras and veilstopcargo кидалы

Zimbabwekrisis na Veiligheidsraad van Verenigde Nasies

Die Verenigde State en Brittanje sal vandag die Zimbawekrisis by die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies te berde bring ongeag teenkanting vanuit Suid-Afrika, sê Westerse diplomate.

Volgens Benjamin Chang, ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse afvaardiging na die VN, wil hulle hul kommer oor die Zimbabwekwessie beklemtoon.

Die vergadering van 15 lidlande van die Veiligheidsraad sal onder voorsitterskap van Suid-Afrika plaasvind en onder andere ook verhoogde veiligheidsamewerking tussen die VN en die Afrika-unie bespreek.

Hoëvlakdeelnemers aan vandag se vergadering sluit in: president Thabo Mbeki, die presidente van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ivoorkus, Somalië en Tanzanië, asook die Britse premier Gordon Brown en die pas ontsetelde eerste minister van Italië Romano Prodi.

специальный инструментДанильченко Харьков

Amerika skenk $200 miljoen vir voedselhulp

President George W. Bush het gister $200 miljoen (R1,6 miljard) aan voedselnoodleniging beskikbaar gestel om voedseltekorte in Afrika en elders te help verlig, het die Withuis gesê.

Bush het tot dié stap oorgegaan nadat finansiële en ontwikkelingsamptenare van regoor die wêreld gewaarsku het dat dringende stappe geneem moet word om stygende voedselpryse te bekamp anders sou politieke onrus toeneem.

Volgens ‘n woordvoerder van die Withuis, Dana Perino, is president Bush baie bekommerd oor die situasie en het gevra dat sy personeel dit moet ondersoek.

Gedurende 2007 het Washington meer as R16 miljard aan internasionele voedselhulp bestee.

верхняя одежда для девочки 8 летФильчаков прокурор отзывы