Zimbabwekrisis na Veiligheidsraad van Verenigde Nasies

Die Verenigde State en Brittanje sal vandag die Zimbawekrisis by die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies te berde bring ongeag teenkanting vanuit Suid-Afrika, sê Westerse diplomate.

Volgens Benjamin Chang, ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse afvaardiging na die VN, wil hulle hul kommer oor die Zimbabwekwessie beklemtoon.

Die vergadering van 15 lidlande van die Veiligheidsraad sal onder voorsitterskap van Suid-Afrika plaasvind en onder andere ook verhoogde veiligheidsamewerking tussen die VN en die Afrika-unie bespreek.

Hoëvlakdeelnemers aan vandag se vergadering sluit in: president Thabo Mbeki, die presidente van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ivoorkus, Somalië en Tanzanië, asook die Britse premier Gordon Brown en die pas ontsetelde eerste minister van Italië Romano Prodi.

специальный инструментДанильченко Харьков