Amerika skenk $200 miljoen vir voedselhulp

President George W. Bush het gister $200 miljoen (R1,6 miljard) aan voedselnoodleniging beskikbaar gestel om voedseltekorte in Afrika en elders te help verlig, het die Withuis gesê.

Bush het tot dié stap oorgegaan nadat finansiële en ontwikkelingsamptenare van regoor die wêreld gewaarsku het dat dringende stappe geneem moet word om stygende voedselpryse te bekamp anders sou politieke onrus toeneem.

Volgens ‘n woordvoerder van die Withuis, Dana Perino, is president Bush baie bekommerd oor die situasie en het gevra dat sy personeel dit moet ondersoek.

Gedurende 2007 het Washington meer as R16 miljard aan internasionele voedselhulp bestee.

верхняя одежда для девочки 8 летФильчаков прокурор отзывы