Italiaanse politiek verskuif na regs

Die Italiaanse mediamagnaat, Silvio Berlusconi, het ‘n oortuigende oorwinning behaal in die pas afgelope verkiesing en is besig om ‘n koalisieregering van konserwatiewe partye saamgestel.

Nie minder nie as drie kabinetsposte sal aan die Noordelike Liga toegeken word. Die Noordelike Liga van mnr. Umberto Bossi is bekend vir hul teenkanting teen immigrasie, veral uit Afrika. Bossi het op ‘n keer Afrika-immigrante as Bingo Bongo’s beskryf.

Die groot verloorders in die Italiaanse verkiesing was die sogenaamde Reënboogkoalisie van Kommuniste en Groenes wat vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog geen enkele setel kon verwerf nie. Politieke waarnemers meen daarom dat Italië ‘n groot verskuiwing na Regs ondervind.

wedding tiaras and veilstopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae