Bardot is ‘n kampvegter teen dieremishandeling en het ‘n brief aan die Franse president, Nicolas Sarkozy, geskryf waarin sy beswaar maak teen die wyse waarop Moslems diere tydens hul godsdiensfeeste slag.
Bardot dring daarop aan dat die diere verdoof moet word alvorens hulle doodgebloei word.
In ‘n brief aan lede van die Brigitte Bardot-stigting het sy egter geskryf dat mens siek en sat is vir hierdie bevolking wat ons venietig, wat ons land vernietig deur sy gebruike op ons af te dwing.
Vir dié uitspraak ook Moslems is die aktrise deur die Paryse hof aan haatspraak skuldig bevind en ‘n boete van R180 000, asook twee jaar opgeskorte tronkstraf opgelê.
