Britse menseregtekommissie waarsku oor etniese konflik

Image

Trevor Phillips

Die gekleurde hoof van Brittanje se Gelykheids- en Menseregtekommissie, Trevor Phillips, het gewaarsku dat die land se immigrasiebeleid besig is om te misluk en dat ‘n koue oorlog tussen etniese groepe mag uitbreek.

Hy het die Britse regering daarvan beskuldig dat gebrekkige beheer oor immigrasie spanning in die land aanstook. Volgens Phillips is jong moeders bekommerd oor klaskamers waarin onderwysers sukkel omdat daar te veel tale gepraat word.

Ook pendelaars moet in treine en busse werk toe ry wat so oorvol is dat dit ‘n daaglikse hel geword het.

Trevor Phillips se uitsprake is in ‘n toespraak gemaak wat die veertigjarige herdenking verteenwoordig van die Konserwatiewe LP Enoch Powell se omstrede "rivier van bloed"-toespraak waarin hy Brittanje se ondergang weens veelrassige immigrasie voorspel het.

безмасляные компрессорыФильчаков прокурор