Kikoejoebende se tweede dag van geweld

‘n Verbode kriminele kultusorganisasie, die Mungiekies, het vir die tweede agtereenvogende dag geweld geplaag in Kenia. Nog vier mense het gesterf in wydverspreide onluste. Die dodetal staan nou op 19.
Die groep het die polisie daarvan beskuldig dat hulle die bendeleier se vrou onthoof het.

Lede van die bende het met die polsie slaags geraak in Nairobi se industriële area. Hulle het voertuie met pertolbomme bestook en barrikades aan die brand gesteek.

Pamflette wat handelaars dreig is ook deur die bende versprei. Ten minste vyf handelsposte in sentraal-Kenia is gesluit na die dreigemente, het polisie gesê.

Die Mungiekie is meestal lede van die Kikoejoe-stam en hulle word verbind met sleutelfigure in Mwai Kibaki se regering.

развал схождение купитьФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae