Vroeër het die waghondorganisasie bekendgemaak dat hy tevrede was met ‘n verskoning van die Sunday Times dat dié koerant ‘n rubriek deur Bullard gepubliseer het waarin hy oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sonder die invloed van blankes spekuleer.
Die rubriekskrywer wil nou self ‘n klag by die Menseregtekommissie indien. Volgens hom is sy regte geskend. Nie net is hy as rassis gebrandmerk nie, maar hy het ook sy werk en sy inkomste verloor.
