Switserse bank skryf R300 miljard af

Die nuwe voorsitter van UBS , Peter Kurer, erken dat dié Switserse bank ‘n slag vir sy reputasie agter die rug het. UBS het vroeër R300 miljard moes afskryf te midde van die Amerikaanse subprimakredietkrisis.

Die bank moes dringend nuwe kapitaal vind en het in Desember verlede jaar ‘n kapitaalinspuiting van die Singapoerregeringsbeleggingsfonds aanvaar en het twee weke gelede ‘n noodaandele-uitgif van R120 miljard uitgeskryf.

Aandeelhouers sal op 23 April stem oor die aanstelling van Kurer, sowel as die aandele-uitgif.

как построить сауну домаФильчаков прокурор харьков