In onlangse weke het Sjina ooreenkomste aangegaan om ontwikkelingsfondse in Venezuela te verdubbel tot $12 miljard, aan Ecuador ten minste $1 miljard te leen om ‘n hidroëlektriese-kragstasie te bou, aan Argentinië toegang gegee tot krediet van meer as $10 miljard in Sjinese geld en aan Brasilië se nasionale oliemaatskappy $10 miljard te leen. Die transaksies is grootliks gefokus op Sjina se vasmaak van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne soos olie.
Sjina se handel met Latyns-Amerika het in die laaste dekade vinnig toegeneem, en dit die streek se grootste handelsvennoot gemaak na Amerika.
Maar die grootte en wye spektrum van die lenings toon ‘n dieper verbintenis met Latyns-Amerika op ‘n stadium wat die Obama-administrasie begin om die verval van Washington se invloed in die westelike halfrond aan te spreek.
“Dit is hoe die balans van magte stilweg beweeg gedurende krisisse,” het ‘n amptenaar van die Clinton-administrasie gesê.
“Die lenings is ‘n voorbeeld van die tjekboekmag in die wêreld wat na nuwe plekke toe beweeg, met die Sjinese wat meer aktief raak.”

Die hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.
Hong Kong mense het 14 keer soveel mobieledata gestuur in Januarie as wat hulle gedoen het in dieselfde maand twee jaar gelede, volgens nuus wat Dinsdag vrygestel is.
Noord-Korea het Dinsdag gesê hulle sien gesprekke oor die beëindiging van hul kernwapenprogram as sinloos en beplan om ‘n aanleg vir die vervaardiging van wapenkwaliteitplutonium weer oop te maak, het die staatsmedia die minister van buitelandse sake aangehaal.
Amptenare van Meksikostad het die hooftoevoerlyn wat vars water voorsien aan miljoene mense afgesluit omdat reserwes gedaal het tot onder die rekordvlakke.