Nog ?n Amerikaanse skip aangeval

Nog ‘n Amerikaanse skip is Dinsdag deur seerowers aangeval met granaatlanseerders en outomatiese wapens in die Golf van Aden, maar ‘n noodoproep na Amerika het hulp laat kom wat die skip toegelaat het om voort te gaan met sy vrag van humanitêre voedselhulp na die Keniaanse hawe Mombasa.

Volgens ‘n verklaring van die skeepseienaar, Liberty Marine, van Lake Success, New York, is die skip, die Liberty Sun, in die aanval beskadig, maar die bemanning is nie beseer nie.

“Ons word aangeval deur seerowers, ons is getref deur vuurpyle,” het Thomas Urbik, ‘n bemanningslid aan boord van die Liberty Sun in ‘n e-pos boodskap aan sy ma gesê, volgens berigte van Associated Press. “Ons het onsself in die enjinkamer toegemaak en sover is niemand beseer nie.”

купить зарядное устройство автомобильного аккумулятораФільчаков прокурор