EU, Merkel verklaar oorlog teen sosiale media, Rusland

Terwyl Merkel ‘n oorlog aangekondig het teen Europa se “valse nuus” – eintlik ware verhale oor die lot van gewone Duitsers in die aangesig van die migrantevloed – is Europa se burokrate besig om ‘n stryd teen Rusland van stapel te stuur.

Woensdag het die EU Parlement gestem oor ‘n resolusie waarin gevra word dat die EU “reageer op inligtingsoorlogvoering deur Rusland”. Russiese nuuswebtuistes soos RT en Sputnik-nuusagentskap is na bewering een van die mees gevaarlike “werktuie van Russiese propaganda”, en ‘n beroep op die EU-lidlande is gedoen om finansiering vir teen-propaganda projekte te verhoog.

‘n Totaal van 691 wetgewers het deelgeneem aan die stemming: 304 het gestem ten gunste van die resolusie by name “strategiese EU kommunikasie teen propaganda deur derde partye”, 179 stemme daarteen en 208 het buite stemming gebly. Skrywers van die dokument het die “werktuie van Rusland” met Daesh terroriste vergelyk.

Die dokument plaas dus Russiese media-organisasies saam met terreurgroepe soos die Islamitiese staat (ISIS).

As ‘n resultaat van die stemming, word Rusland nou beskuldig van “inligtingsoorlogvoering,” dmv RT se TV-kanaal, Sputnik-nuusagentskap, Rossotrudnichestvo federale agentskap en die Russkiy Mir (Russiese Wêreld) fonds wat onder die mees gevaarlike propaganda “gereedskap” blyk te wees.

Duitse nuus is berug daarvoor dat dit beheer word. Dr. Udo Ulfkotte, die redakteur van die Frankfurter Allgemeine Zeitung, een van die grootste koerante Duitsland, het gesê die doel van die grootste deel van die misleiding was om lande in die rigting van konflik te stuur.

Ulfkotte, 55, voorheen ‘n adviseur vir die Duitse kanselier Helmut Kohl, sê die korrupsie van joernaliste en die groot nuusafsetpunte deur globaliste is roetine, aanvaarde optrede, en wydverspreid in die Duitse media.

Sy boek, wat tans slegs beskikbaar is in Duits, “Gekaufte Journalisten” (Kopp 2014) het ‘n blitsverkoper in Duitsland, maar in ‘n bisarre wending wat Ulfkotte sê kenmerkend is van die kognitiewe dissonansie van die Weste, kan die boek nie bespreek word nie.

“Nee, Duitse hoofstroomjoernaliste word nie toegelaat om verslag te doen oor [my] boek nie. Anders sal hy of sy afgedank word. So ons het ‘n blitsverkoper wat geen Duitse joernalis oor mag skryf of praat nie.”

Die omstrede EU verslag dui daarop dat Moskou finansiële ondersteuning aan opposisiepartye en organisasies in EU-lidlande verskaf, wat disintegrasie binne die blok veroorsaak.

Geskryf deur ‘n Poolse lid van die Europese Konserwatiewe en Hervormers (ECR) se groep, Anna Fotyga, beweer die verslag dat Moskou ten doel het om “vrees en verdeling van Europa aan te hits,” en doen ‘n beroep vir die vestiging van maatreëls om die vermeende Russiese propagandabedreiging aan te pak.

Sputnik het intussen ‘n beroep gedoen op die Verenigde Nasies, die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE) en ‘n aantal organisasies en nie-regeringsorganisasies van internasionale joernaliste, insluitend Verslaggewers Sonder Grense, om maatreëls te tref om die inmenging in vryheid van toespraak in die EU te staak.

Die vernederde Amerikaanse hoofstroommedia het intussen ‘n nuwe bekeerling bygekry: Angela Merkel. Die Duitse kanselier het uitgevaar teen die mag van sosiale media om korrupsie van die elite te ontbloot, en vervaardigde stories en gesensorde inligting uit te snuffel.

Merkel het in die Duitse parlement gepraat vir die eerste keer sedert haar aankondiging Sondag dat sy ‘n vierde termyn beoog en het gewaarsku dat die openbare mening “gemanipuleer” word op die internet. Sy het gewaarsku dat “populisme en politieke uiterstes in Westerse demokrasieë groei”.

“Iets het verander – soos globalisering voortsnel, [politieke] debat vind plaas in ‘n heeltemal nuwe media-omgewing. Menings word nie op dieselfde manier gevorm waarop hulle 25 jaar gelede gevorm is nie,” het sy gesê.

Aangehaal deur France24, het sy verklaar dat “ons vandag valse webwerwe, bots, trolle het. Dinge wat hulself herstel, die bevordering van menings met sekere algoritmes en ons moet leer om dit te hanteer”.

Die kanselier gesê die uitdaging is om mense “te bereik en te inspireer” … met sensuur. “Ons moet hierdie verskynsel te konfronteer en indien nodig, dit reguleer,” het sy verduidelik.

‘n Goeie voorbeeld van haar “haatspraak” sensuur was toe die duisende verkragtings en seksuele aanrandings in Köln op Nuwejaar deur die polisie en die media toegesmeer is sodat gewone Duitsers nie moes uitvind hoe haar immigrasie-beleid die land vernietig nie.

Trump kry media voor stok

Verskeie netwerkbase en ander grootkoppe van die korporatiewe media het ‘n vernederende sessie deurgemaak nadat Donald Trump ‘n vergadering Maandag gereël het van die rekord af.

Die verwaande groep het by Trump Tower aangekom denkende dat hulle Trump gaan vertel watter dele van sy administrasie hulle gaan dek, maar is gou ontnugter.

In plaas daarvan dat hulle hartlik ontvang is, is hulle genadeloos skerp gekritiseer deur Trump, volgens die New York Post.

Die vergadering is gehou by Trump Tower en bygewoon deur 30 tot 40 mense, “insluitend die groot nuusankers van al die netwerke.” Deelnemers is nie veronderstel om uit te praat oor die besonderhede van die vergadering nie, maar volgens die Post het sommige bronne dit nogtans gedoen.

“Dit was ‘n f***en vuurpeloton,” is hoe een van daardie bronne dit beskryf het. Die bron het verduidelik dat “Trump begin het met [CNN hoof] Jeff Zucker (foto) en gesê het:” Ek haat jou netwerk, almal op CNN is ‘n leuenaar en jy behoort jou te skaam.”

Die vergadering by Trump Tower was nie ‘n roetine een nie. Trump het korte mette gemaak van hul gewaande belangrikheid.

“Die TV-base en ankers het gedink hulle sal die toegang tot die Trump administrasie bespreek, maar in plaas daarvan het hulle ‘n Trump-styl uitk*k gekry,” het die bron gesê. Nog ‘n bron het gesê dat Trump herhaal het hoe die media ‘n “bedrieglike, oneerlike spul leuenaars,” is en bevestig dat hy gesê het “almal by CNN is ‘n leuenaar en CNN is ‘n netwerk van leuenaars.”

“Uitstekende vergaderings met die top-bestuurders van die groot netwerke,” is hoe Trump se woordvoerder Kellyanne Conway die byeenkoms beskryf het.

Die groepie het gelyk of hulle bomskok het toe hulle uitloop.

Franse waarsku dat ISIS groot gevaar op eie bodem inhou

Frankryk het gister bevestig dat ‘n beplande terroriste-aanval gefnuik is. Sewe mense is in hegtenis geneem Sondag, insluitend lede van die Islamitiese staat in Sirië.

‘n Tweede bron het aan Reuters gesê dat ISIS-militante geïdentifiseer is na ‘n wenk van die Portugese regering. Vier handwapens en ‘n outomatiese geweer is tydens huissoektogte opgespoor, het die bron gesê.

Die Minister van Binnelandse Sake Bernard Cazeneuve sê die sewe, is van Franse, Marokkaanse en Afghaanse oorsprong en tussen 29-37 jaar oud. Hulle is ná ‘n agt maande se meeluistering deur die DGSI interne intelligensie-agentskap vasgetrek. Hy het gesê die omvang van terrorisme is “enorm en dit is nie moontlik om geen risiko te verseker nie” ten spyte van hul beste pogings.

Franse sekuriteitsamptenare vrees jihadiste sal aanvalle in die Weste verhoog. Twee van die wat in hegtenis geneem is, is in Marseille en vier in Straatsburg gevang, maar Cazeneuve het nie gesê waar die sewende man in hegtenis geneem is nie. Meer as 230 mense is dood in die terreuraanvalle op Franse bodem sedert Januarie 2015.

Verskeie meningspeilings wys dat konserwatiewe kandidate ‘n afransteling van Le Pen te wagte kan wees, wat tussen vier en nege persent hoër as enige van die twee sentrum-regse politici, Alain Juppé en Francois Fillon, in steun ontvang.

Die skokopnames vandeesweek toon dat, in die eerste ronde van die stemmery, sal die anti-immigrasie politikus Fillon klop met 29 persent tot 20 persent, en Juppé deur ‘n nouer marge van 30 persent tot 26 persent.

Na afloop van die resultate wat vrygestel is, het Le Pen getwiet: “Ek is die patriotiese kandidaat, ek veg in die naam van die mense. Dit is die betekenis van my kandidaatskap vir die presidentskap.”

Meer ‘n derde of meer van die Franse kiesers is nou bereid om ‘n kandidaat te kies wat openlik die aftakeling van die EU-projek bepleit.

Die huidige Franse eerste minister Manuel Valls het erken vir die eerste keer dat ‘n Le Pen-oorwinning is “moontlik” is en bygevoeg: “As sy dit maak na die tweede ronde sal sy ‘n kandidaat van die linker- of die regterkant kry. Dit beteken dat die balans van die politiek heeltemal sal verander.”

Gedurende die laaste Franse verkiesings in 2012, het Le Pen derde agter Sarkozy geëindig en uiteindelike wenner was Francois Hollande, wat sedertdien die mees ongewilde president in die land se geskiedenis geword het.

Marine praat Frexit!

Die leier Frankryk se regse Front National party, Marine Le Pen, het aan CNBC gesê Frankryk sal ‘n referendum uitroep om te bepaal of die land deel van die Europese Unie sal bly as haar party wen in 2017.

Sy het paniek by die Brusselse elite veroorsaak wat sukkel om begryp hoe die gety van ontevredenheid opwel.

Le Pen het bevestig dat indien verkies sy sou word, sy ‘n referendum sal aankondig om Franse burgers die keuse van die onttrekking van Frankryk van die monetêre unie te gee om die blok van 28 lande te verlaat weens die skadelike effek van die euro op die monetêre stelsel in Frankryk.

Volgens die FN-leier is die EU-geldeenheid ‘n wapen teen Frankryk se bors, wat die land dwing om op ‘n spesifieke manier op te tree. Sy het bygevoeg dat die belangrikste kwessie vir Frankryk is om beheer van sy geldeenheid te herwin.

Le Pen het ook voorspel dat die Duitse kanselier Angela Merkel se dae getel is.

Le Pen het gesê Merkel pas nie aan by die tye nie. Sy het gesê dat haar einde is naby gegewe die tempo van politieke verandering wat Europa tans oorspoel. Die verkiesing van Donald Trump as president van die Verenigde State van Amerika het die “massiewe terugkeer” van die wil van die mense aangekondig, het die leier van FN verduidelik.

Merkel het Sondag aangekondig dat sy vir ‘n vierde termyn in 2017 sal staan, wat haar die langsdienende voormalige Kommunis na Duitse hereniging maak.

Die vurige Front National se leier het beklemtoon dat die geleentheid wat voortspruit uit ‘n reeks onlangse politieke verwikkelinge – uit die Verenigde Koninkryk se EU referendum, die opkoms van die regses in Oostenryk en Trump se oorwinning – beteken mag is besig om uit die greep van “die elite” te verdwyn.

“Ek dink dat die elite te lank onder mekaar geleef het. Ons is in ‘n wêreld waar globalisering, wat ‘n ideologie is, van gewone mense vergeet het, die mense se belange, aspirasies, en drome,” Le Pen het daarop gewys.

“Hulle het opgetree soos karnivore, wat die wêreld gebruik net om hulself te verryk, en of dit nou die verkiesing van Donald Trump of Brexit is, het die elite besef dat die mense opgehou luister het na hulle, want die mense wil hul eie toekoms bepaal en in ‘n volkome demokratiese raamwerk herstel om beheer oor hul eie lot te neem,” het sy gesê.

“En dit veroorsaak paniek by hulle, want hulle is besig om die mag wat hulle hulself gegee het, prys te gee.”

Die elite in Brussel is inderdaad paniekbevange oor die vooruitsig. Eurokraat Martin Selmayr, die regterhand van Brussel se grootkop Jean-Claude Juncker, het vroeër vanjaar getwiet dat Marine se verkiesing ‘n “gru-scenario” sal wees.

Le Pen het haar tevredenheid uitgespreek met die oorwinning van Trump oor die oorlogsugtige Hillary Clinton en die Amerikaanse keuse geprys as “dapper en versiende”.

“Ek dink dat die Verenigde State van Amerika se beeld is baie beskadig, veral deur die administrasie waarvoor Hillary Clinton gewerk het. Die Verenigde State van Amerika kan nie die beeld van ‘n oorlogsugtige bekostig nie, met al die moontlike skadelike gevolge wat dit vir ons onderskeie lande kan hê,” het Le Pen gesê. “So, wat die Verenigde State van Amerika weer teruggekry het is ‘n beeld as ‘n vredesadministrasie wat voordelig vir ons almal is,” het sy afgesluit.

Le Pen het gesê Trump se platform en dié van haar eie party het soortgelyke eienskappe soos teenkanting teen massa-immigrasie en onbeperkte vrye handel wat Frankryk en die Europese Unie (EU) “teister”, terwyl die fokus op die uitskakeling van die Islamitiese staat (ISIS) behoort te wees.

“So ja, [as ‘n reaksie op] die voorwaardes [vir Frexit], indien die Franse mense hul onafhanklikheid wil herwin, wil beheer van hul land terugkry, en die elemente van sekuriteit wil versterk, soos grense, die oppergesag van die reg, ekonomiese patriotisme, dan sal ek tot president verkies word,” het sy gesê.

Duitsland se ‘anti-Trump’ soek vierde termyn

Die Duitse kanselier Angela Merkel het Maandag aangekondig dat sy vir ‘n vierde termyn sal staan in 2017 om “waardes” te verdedig, by die hoofkwartier van haar Christen-Demokratiese Unie (CDU) party.

Merkel het “populisme” uitgesonder as haar grootste uitdaging. Die woord verwys na gewone kiesers wat geïnspireer is deur Brexit en Donald Trump. Sy verteenwoordig die ekonomiese mag in Europa wat sy regeer met die hulp van koalisies, ‘n kenmerk van die Duitse politieke landskap.

“Hierdie verkiesing sal moeiliker as enige vorige een wees, ten minste sedert die hereniging” in 1990,” het sy gesê en sonder ironie gekla oor die “polarisasie van ons samelewing”.

Die Duitse kanselier, langsdienende leier van die EU het aan AFP gesê “baie leiers” steun op haar om populisme teen te werk, wat daarop dui dat sy van voorneme is om voort te ywer in diens van die liberale Atlantiese agenda. Duitsland stel nie perke vir leiers op termyne nie, al sedert 2005.

Haar aangeplakte skaamheid oor die eretitel “leier van die vrye wêreld”, is verloën deur haar oop-grensbeleid en haar gekruip by Obama.

Die CDU se Saksiese premier Stanislaw Tillich het die kruiperige Merkel ten hemele geprys: “Sy is basies die anti-Trump,” het hy aan die koerantgroep Redaktionsnetzwerk verklaar. Obama het Merkel verlede week eweneens as ‘n “uitstaande vennoot” gevlei.

Haar party glo sy is hul beste kans om die Europese Unie te red. Op die Duitse televisiekanaal ARD, het Merkel beloof om ‘n “sterk Europa” te bou nadat Brittanje gestem het om die blok te verlaat. CDU-leiers het haar aankondiging met “dawerende applous” verwelkom, het bronne gesê.

“Ons staan ​​voor stryd in Europa en internasionaal vir ons waardes en ons belange en, eenvoudig gestel, vir ons manier van lewe,” het Merkel, 62, aan verslaggewers gesê, maar het nie bygevoeg dat sy eiehandig verantwoordelik is vir die krisis wat haar land nou in die gesig staar nie.

Merkel is die eerste voormalige Kommunis om die herenigde land te lei en om sowat twee miljoen asielsoekers oor die afgelope twee jaar te verwelkom, maar haar party vrees die regse Alternatiewe vir Duitsland party (AfD), wat wydverspreide kommer oor immigrante uitbuit.

‘n Opname het gister getoon dat 33 persent van Duitse kiesers Merkel se konserwatiewes steun, nege punte laer van die laaste nasionale verkiesing in 2013. Die AfD het opgekom van​​uit nêrens tot 13 persent, volgens ‘n onafhanklike meningnavorsingsinstituut Emnid.

Volgens Spiegel Online ly die CDU aan “Merkel-moegheid”. “Selfs al is daar geen Trump in sig in Duitsland nie, het die VSA het getoon dat die ondenkbare waar kan word,” het die aanlynwebblad gesê.

Die voormalige lid van die Kommunistiese Jeugbeweging, is berug vir haar ‘n gebrek aan patriotisme. Op ‘n verkiesingsoorwinningviering van haar eie party in 2015, het Merkel die enigste Duitse vlag teenwoordig op die verhoog gegryp, met ‘n vies gesigsuitdrukking haar kop geskud en dit weggesmyt.

In 2016, tydens ‘n besoek aan president Erdogan, het sy die Duitse vlag laat vervang deur ‘n Turkse een, sodat daar twee Turkse vlae op die agtergrond agter haar verskyn het.

Soos met die meeste ander Duitse politici, erken Merkel nie Duitsers as ‘n volk nie. In ‘n oordrewe poging om te verhoed dat sy “rassisties” genoem word en om te vergoed vir “die verlede se misdade van Duitsland”, benadeel baie van haar liberale ideologiese standpunte Duitsers.

Frankryk: Sarkozy uit en Fillon loop voor

Franse kiesers het verwagtinge oor die komende verkiesing deurmekaar gekrap Sondag om van oud-president Nicolas Sarkozy ontslae te raak. Die media het Sarko voorgehou as ‘n geloofwaardige kandidaat.

Die wedloop om ‘n genomineerde vir die regse sentriste aan te wys het gewese eerste minister, Francois Fillon se kanse om uiteindelik die eerste plek te behaal, ‘n hupstoot gegee.

Fillon, wat konserwatief is met ekonomiese liberale idees, sal Alain Juppé, ‘n ander oud-premier, op 27 November die stryd aansê vir die sentriste se nominasie.

Hy was eers agter sy teenstanders in meningspeilings, maar Fillon het ‘n sterk voorsprong.

Fillon sal waarskynlik volgende Sondag se ronde “met 56 persent van die stemme teenoor 44 persent vir Juppé wen” volgens die OpinionWay-peiling wat 3095 kiesers gevra het.

Die regerende Sosialiste en hul bondgenote hou hul eie eerste ronde in Januarie. Sosialistiese president François Hollande, wat erg ongewild is, moet nog aankondig of hyself weer sal staan.

Die hele presidensiële wedloop, van links sowel as regs, is gerig teen die groot gevaar, Marine Le Pen.

Fillon het intussen elke voorgstelde beleidsrigting van Le Pen probeer na-aap. Hy het ‘n beroep gedoen vir toenadering tot die Russiese president, Wladimir Poetin, teen die konflik in Sirië uitgekom ter beskerming van Christelike minderhede, en te kenne gegee dat Sirië se Bashar al-Assad nie probleem is nie, maar ISIS.

Oor die laaste paar weke van sy veldtog, na die publikasie van sy boek oor die stryd teen radikale Islam, het sy aansien by kiesers gestyg.

Fillon is lid van die Republikeinse Party in Frankryk.

Le Pen het droogweg opgemerk dat die hele politieke spektrum tans deur haar beïnvloed word. “Ek is nie besig om aan te pas by hulle [die sentriste] nie, want hulle pas aan by my.”

VK wil onwettige dierehandel in Ooste sluit

Vietnam en sy buurstate moet onwettige markte waar wildprodukte verkoop word, sluit en die stryd teen die onwettige handel in ivoor, renosterhoring en dele van tiere verskerp, het Britse omgewingsbewaarders Donderdag gesê.

Die beroep is tydens ‘n konferensie oor onwettige handel in wildprodukte wat deur die stad Hanoi aangebied word in samewerking met Brittanje, het Reuters berig.

Prins William, die president van “United for Wildlife” en afgevaardigdes van 50 lande woon die konferensie by.

Verlede Saterdag het Vietnam 2,2 ton ivoor van ongeveer 330 Afrika-olifante en 70 kilogram renosterhoring van 23 renosters vernietig in een van die grootste optredes om onwettige handel in die produkte te bekamp.

Rusland onttrek aan Internasionale Strafhof

Rusland het amptelik onttrek aan die Internasionale Strafhof se stigtingsverordening, het die Kremlin se webblad aangekondig.

Die besluit is geneem ‘n dag nadat ‘n verslag uitgereik is waarin Rusland se inlywing van die Krim as ‘n “besetting” geklassifiseer word, terwyl die skiereiland se toekoms deur ‘n referendum beslis is.

Die Russiese minister van buitelandse sake het die aankondiging in opdrag van pres. Wladimir Poetin gedoen en gesê die tribunaal het nie aan die internasionale ­gemeenskap se verwagtinge voldoen nie.

Rusland het die Verdrag van Rome in 2000 onderteken, maar nie bekragtig nie.

Die Verenigde Nasies sal in kennis gestel word van die Russiese besluit, in die nasleep van ‘n soortgelyke besluite deur Gambië, Suid-Afrika en Burundi.

Zeid Ra’ad al-Hussein, die VN se hoëkommissaris vir Menseregte, het ‘n beroep op alle lande gedoen Woensdag om te bly. Die hof se toekoms en aansien is ‘n swaar slag toegedien deurdat lande die bestaan van die instelling in twyfel trek.

Slegs verweerders uit Afrika is voor die hof gedaag en ‘n aantal sleutellande, waaronder die VSA, China, Indië, Pakistan, Indonesië en Turkye het nie die verdrag onderteken nie.

Soos Rusland, het Egipte, Iran en Israel die Verdrag onderteken, maar versuim om die ooreenkoms te bekragtig, wat beteken dat hul regerings in elk geval nooit vervolg kan word deur die hof nie.

Assange in Londen ondervra deur Swede

WikiLeaks se stigter, Julian Assange, is vandeesweek deur Sweedse staatsaanklaers by Ecuador se ambassade in Londen ondervra oor beweringe dat hy in 2010 twee vroue verkrag het. Hy skuil reeds vier jaar in die ambassade.

Swede se hoofaanklaer, Ingrid Isgren, het vrae aan Assange deur ‘n aanklaer van Ecuador gevra oor die beweringe wat Assange tot nou toe ontken het.

Swede het dié stap geneem nadat Donald Trump as president aangewys is in die VSA. Voorheen het die land geweier om Assange in Londen te ondervra.

Assange het hom die argwaan van Amerika op die hals gehaal toe hy honderdduisende geheime Amerikaanse diplomatieke boodskappe gepubliseer het.

Hy het in Augustus 2012 in die ambassade skuiling gesoek om uitlewering aan Swede vry te spring omdat Swede hom sal uitlewer aan die VSA.

Die 45-jarige Australiër het dus geweier om vir ondervraging na Swede te gaan.

In die VSA duur ‘n kriminele ondersoek na die publikasie van die geheime dokumente deur WikiLeaks voort.

Le Pen glimlag breed na Macron toetree tot resies

Emmanuel Macron, voormalige minister van ekonomie onder die Franse Sosialistiese president François Hollande mik vir die Franse presidentskap, het hy Woensdag aangekondig.

Die voormalige Franse beleggingsbankier sal as ‘n onafhanklike kandidaat in 2017 se presidensiële verkiesing in Frankryk staan, want Hollande staar ‘n vernedering by die stembus in die gesig.

Met die skepping van die “En Marche” politieke beweging in April, was dit reeds duidelik dat Macron presidensiële ambisies koester.

Sy bod sal stemme van die hoofstroom kandidate afskep in ‘n wedloop wat reeds moeilik is, en daarmee die regse gunsteling Marine Le Pen ‘n hupstoot gee.

‘n Meningspeiling het voorgestel dat hy 21 persent steun sal kry teen 30 persent vir Le Pen en die twee van hulle sal deurgaan na die tweede ronde waar Le Pen sal wen.

Hollande se minister van handel Matthias Fekl het gesê Macron se kandidatuur sal “links laat ontplof”. Hy het op RMC radio gesê: “Dit is ‘n tydbom in die hart van ‘n politieke familie. Die bom het ontplof.”

Le Pen was in ‘n opgeruimde gemoedstemming Woensdag. “Macron is die banke se kandidaat,” het sy aan Reuters by die bekendstelling van haar veldtoghoofkwartier gesê.

“Wat seker is, is dat hy nie enige van ons kiesers sal afrokkel nie. Dit is ‘n kandidaat wat ruik na motballetjies.”