Duitsland se ‘anti-Trump’ soek vierde termyn

Die Duitse kanselier Angela Merkel het Maandag aangekondig dat sy vir ‘n vierde termyn sal staan in 2017 om “waardes” te verdedig, by die hoofkwartier van haar Christen-Demokratiese Unie (CDU) party.

Merkel het “populisme” uitgesonder as haar grootste uitdaging. Die woord verwys na gewone kiesers wat geïnspireer is deur Brexit en Donald Trump. Sy verteenwoordig die ekonomiese mag in Europa wat sy regeer met die hulp van koalisies, ‘n kenmerk van die Duitse politieke landskap.

“Hierdie verkiesing sal moeiliker as enige vorige een wees, ten minste sedert die hereniging” in 1990,” het sy gesê en sonder ironie gekla oor die “polarisasie van ons samelewing”.

Die Duitse kanselier, langsdienende leier van die EU het aan AFP gesê “baie leiers” steun op haar om populisme teen te werk, wat daarop dui dat sy van voorneme is om voort te ywer in diens van die liberale Atlantiese agenda. Duitsland stel nie perke vir leiers op termyne nie, al sedert 2005.

Haar aangeplakte skaamheid oor die eretitel “leier van die vrye wêreld”, is verloën deur haar oop-grensbeleid en haar gekruip by Obama.

Die CDU se Saksiese premier Stanislaw Tillich het die kruiperige Merkel ten hemele geprys: “Sy is basies die anti-Trump,” het hy aan die koerantgroep Redaktionsnetzwerk verklaar. Obama het Merkel verlede week eweneens as ‘n “uitstaande vennoot” gevlei.

Haar party glo sy is hul beste kans om die Europese Unie te red. Op die Duitse televisiekanaal ARD, het Merkel beloof om ‘n “sterk Europa” te bou nadat Brittanje gestem het om die blok te verlaat. CDU-leiers het haar aankondiging met “dawerende applous” verwelkom, het bronne gesê.

“Ons staan ​​voor stryd in Europa en internasionaal vir ons waardes en ons belange en, eenvoudig gestel, vir ons manier van lewe,” het Merkel, 62, aan verslaggewers gesê, maar het nie bygevoeg dat sy eiehandig verantwoordelik is vir die krisis wat haar land nou in die gesig staar nie.

Merkel is die eerste voormalige Kommunis om die herenigde land te lei en om sowat twee miljoen asielsoekers oor die afgelope twee jaar te verwelkom, maar haar party vrees die regse Alternatiewe vir Duitsland party (AfD), wat wydverspreide kommer oor immigrante uitbuit.

‘n Opname het gister getoon dat 33 persent van Duitse kiesers Merkel se konserwatiewes steun, nege punte laer van die laaste nasionale verkiesing in 2013. Die AfD het opgekom van​​uit nêrens tot 13 persent, volgens ‘n onafhanklike meningnavorsingsinstituut Emnid.

Volgens Spiegel Online ly die CDU aan “Merkel-moegheid”. “Selfs al is daar geen Trump in sig in Duitsland nie, het die VSA het getoon dat die ondenkbare waar kan word,” het die aanlynwebblad gesê.

Die voormalige lid van die Kommunistiese Jeugbeweging, is berug vir haar ‘n gebrek aan patriotisme. Op ‘n verkiesingsoorwinningviering van haar eie party in 2015, het Merkel die enigste Duitse vlag teenwoordig op die verhoog gegryp, met ‘n vies gesigsuitdrukking haar kop geskud en dit weggesmyt.

In 2016, tydens ‘n besoek aan president Erdogan, het sy die Duitse vlag laat vervang deur ‘n Turkse een, sodat daar twee Turkse vlae op die agtergrond agter haar verskyn het.

Soos met die meeste ander Duitse politici, erken Merkel nie Duitsers as ‘n volk nie. In ‘n oordrewe poging om te verhoed dat sy “rassisties” genoem word en om te vergoed vir “die verlede se misdade van Duitsland”, benadeel baie van haar liberale ideologiese standpunte Duitsers.

10 thoughts on “Duitsland se ‘anti-Trump’ soek vierde termyn”

  1. Duitsland se anti Germaan, in de Hooton, Kaufmann, Morgenthau GENOCIDE DOCTRINES, is automatisch anti Trump in een EUSSR.

    “Die voormalige lid van die Kommunistiese Jeugbeweging”….
    Hoofd Propanganda en Agitatie van de FDJ gaat nog iets verder dan ‘lid’.
    U weet overigens dat ‘Pfarrertöchter’ (haar vader was dominee) NIET in de FDJ MOESTEN !?!?

    In de volgende lezing door Ursula Haverbeck, die nu op 84 jarige leeftijd de gevangenis in moet in Merkel Duitsland, is alles te herkennen : https://www.youtube.com/watch?v=cSoH6awA53s

  2. Populisme is skynbaar nou die nuwe skelwoord vir alles wat nie links-liberaal is nie: Mnr Trump is populisties, Marine Le Pen is populisties ens. As populisties die gewone mense is wat die meerderheid van elke volk uitmaak, dan lyk populisties altevol na dieselfde ding as demokraties, of hoe, mev. Merkel? Andersom, as demokraties nie die gewone mense beteken nie, wat beteken dit dan? Regering deur die banke?

    1. Arrogant psychopatisch egoïstisch land- en volk verradend en verachtend misdadig links/liberaal/soacialistisch/groen gespuis, heeft die term geïntroduceerd om iedereen die niet mee sloopt en/of zelfs weerstand biedt, af te doen als dom en laaggeschoold enz.

Maak 'n opvolg-bydrae