’n Gr. 9-leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is Vrydag in die hospitaal oorlede aan onbekende oorsake.
Zander Delport (15) was ‘n nasionale atletiekkampioen en enigste kind. Sy dood volg kort op die hakke op die raaiselagtige dood van Jason Kuin (15), ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria.
Dirk Taljaard, woordvoerder van Affies, het gesê Zander het in die vakansie siek geword en nie Dinsdag vir die laaste kwartaal opgedaag nie.
Taljaard het gesê Zander het na bewering bloeding op die brein gehad. Hy het vroeër vandeesweek in ’n koma verval en is Vrydagoggend oorlede.
Zander het uitgeblink in akademie, atletiek en rugby. Hy het vanjaar die eerste plek in die 400 m op die SA Junior Kampioenskap behaal.
Kuin, ook ‘n enigste kind, is twee weke gelede ook skielik op ’n jeugkamp aan onbekende oorsake dood.
Niemand weet wat gebeur het nie.
Jason het Sondag vroegoggend snorkgeluide gemaak. Toe een van sy maats hom probeer wakker maak, het hy nie gereageer nie. ’n Lykskouing kon later nie die oorsaak van sy dood bepaal word nie.
Monsters is daarna weggestuur vir toetse. Sy ouers sê hy was nie siek nie.
Jansen ontken mediaberigte oor aanval op Afrikaners
Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, sê sy argument oor taal in onderwys is verdraai om ‘n mediabohaai te skep, sê
“Dit verbaas my steeds hoe ‘n versigtige argument oor taalinklusiwiteit ernstig verdraai kan word vir die maksimum mediabohaai,” twiet Jansen op Twitter in reaksie op ‘n berig oor ‘n lesing wat hy in September gelewer het.
Beeld het Woensdag berig Jansen het gesê blanke skole en universiteite wat eksklusief Afrikaans is, hou ’n ernstige gevaar in vir rasverhoudinge in Suid-Afrika.
Jansen se uitlatings is gemaak terwyl hy die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing op 18 September gelewer het.
Volgens hom beteken dit “Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees”.
Jansen het as oplossing vir swak prestasie deur die leerlinge wie se inheemse moedertaal swak onderrig word, voorgestel dat Engels as onderrigtaal ingestel word – van die grondslagfase tot op universiteitsvlak.
“Hier is een groot langtermynoplossing vir die onderwyskrisis: onderrig elke onderwyser en elke kind van dag een af in Engels, pleks daarvan om die las te verswaar wat veroorsaak word deur swak moedertaalonderrig in die grondslagfase.”
Hy het uitgewys moedertaalonderrig waarborg nie beter uitslae nie.
Jansen het verwys na ’n “revolusie” oor taalgebruik op die UV-kampus, waar “menseverhoudings uitgepluis is vóór taalverhoudings. Deur swart en wit studente saam te bring as mense… het die strak lyne rondom mededingende tale begin vervaag.” – Sapa
Die Kleurling rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê wit Afrikaanse skole en universiteite hou ’n ernstige gevaar vir rasverhoudinge in Suid-Afrika in.
Prof. Jonathan Jansen, wat sy tweedehandse multikulturele idees uit die VSA kry om sy anti-wit agenda te dryf, het tydens ‘n lesing by die universiteit dié mening uitgespreek.
In Suid-Afrika is wit Afrikaners ‘n minderheid, in teenstelling met Amerika waar swartes ‘n minderheid is. Die Kleurling is duidelik nie bewus van dié belangrike onderskeid waar minderhede beskerming behoort te geniet nie.
Die uitgesproke Afrikanerhater Jansen sê jongmense moet saam leer en leef om die “letsels en die rowe van ons verlede te verreken”. Daarom moet “Engels, eerder as Afrikaans, sal die taal van versoening in hierdie land moet wees”.
Dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur vir kultuur by die ATKV en ’n lid van die Taalraad, sê Afrikaanssprekendes en Afrikaners het Jansen se uitlatings ondersteun. Hy het gesê mense moet na kritiese stemme soos dié van Jansen luister.
“Afrikaans het inderdaad ’n groot bydrae om te maak, al is dit net om van sy skynheiligheid ontslae te raak,” het Titus gesê.
Jansen het as oplossing vir swak prestasie deur die leerlinge wie se inheemse moedertaal swak onderrig word, voorgestel dat Engels as onderrigtaal ingestel word – van die grondslagfase tot op universiteitsvlak.
“Hier is een groot langtermynoplossing vir die onderwyskrisis: onderrig elke onderwyser en elke kind van dag een af in Engels, pleks daarvan om die las te verswaar wat veroorsaak word deur swak moedertaalonderrig in die grondslagfase.”
Jansen het gister by navraag gesê die English Academy of South Africa se Percy Baneshik-gedenklesing wat hy op 18 September gelewer het, “gaan eintlik meer oor Engels as oor Afrikaans”.
In dié lesing het hy verwys na die “dilemmas van taal in skool- en universiteitsopleiding”.
“Swart ouers verkies dat hul kinders in Engels leer… hulle maak die korrekte berekening dat die hele ekonomie in Engels georganiseer is en daarom is hul kinders se kans op sukses soveel groter in die koloniale taal.”
Jansen het in die lesing aangevoer Afrikaanse taalaktiviste verstaan dié beginsel glad nie en probeer daarom om nie-Engelse tale onder ’n “politieke sambreel” in te skuif “in ’n baie simplistiese poging om die enigste taal te bevorder wat (benewens Engels) as ampstaal vir dekades onder apartheid status en finansiering geniet het.”
Hy het uitgewys moedertaalonderrig waarborg nie beter uitslae nie.
Jansen het aan Beeld gesê hy verwys na ’n “rewolusie” oor taalgebruik op die UV-kampus, waar “menseverhoudings uitgepluis is vóór taalverhoudings. Deur swart en wit studente saam te bring as mense… het die harde lyne rondom mededingende tale begin vervaag.”
Jansen het gesê dit beteken nie “die einde van Afrikaans” nie, maar bloot dat Engels die speelveld gelyk maak vir gewone gesprekke in historiese Afrikaanse universiteite.
Hy het gesê as Engels die gedeelde taal is, moet daar ook ernstige vrae oor dié taal as ’n politieke kultuur in Suid-Afrika gevra word.
Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gister gesê min van Jansen se stellings “is op wetenskap gegrond”.
Hy het Jansen se uitsprake as “onverantwoordelik” beskryf omdat dit “nie behoorlik gegrond en deurdag is nie”.
Prof. Cathy Beukes, hoof van die departement anatomiese patologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het glo haar eie keel met ’n elektriese mes oopgesny, het Beeld berig.
Beukes (64) is Sondagoggend deur haar man, prof. John Shipley, oudhoof van die departement ortopedie by die Universitas-hospitaal, in hul studeerkamer met ’n snywond aan haar keel gekry. Sy was glo al dood.
Die dagblad Beeld sê geen misdaad word vermoed nie. Dit is nie duidelik hoe die verslaggewer tot dié gevolgtrekking gekom het oor die dood van ‘n forensiese patoloog nie.
Volgens die polisie is ’n elektriese mes by haar gevind, maar daar was nog geen nadoodse ondersoek wat die koerant se gevolgtrekking kon bevestig nie.
Beukes is deur prof. Gert van Zyl, dekaan van die UV se fakulteit gesondheidswetenskappe, as ’n “warm mens” beskryf.
Van Zyl sê Beukes het op akademiese gebied aansien geniet. Hy het sy medelye teenoor haar gesin uitgespreek.
Mnr Ben Pretorius, ’n pensionaris van Stilbaai, monitor die media landswyd oor aanvalle van swart op wit. Die volgende verslag pas van hom ontvang:
Graag hou ek verslag nr. 2 aan u voor oor die voortgesette aanvalle op boere en bejaardes. Die berigte strek oor die periode 30 Augustus tot 7 September 2013 en is gerapporteer in Beeld en Die Burger. Nuus24 / News24 is nie meer beskikbaar op internet nie. Geen berigte in Rapport en Sunday Times opgetel nie, ook bykans niks op RSG of e-TV nie.
Wat erg interessant is, is dat geen aanvalle sedert 7 September gerapporteer is nie. Was daar geen aanvalle of is die media gemuilband? Het die mediabase dalk van my vorige skrywe kennis geneem en die openbare media gemuilband? Ek verneem graag van u kommentaar in die verband.
Die volgende insidente het plaasgevind 30 Augustus – 7 September 2013:
30/8/13: Lena – Maria Jackson, 62 jarige weduwee, is op plaas suid van PMB met strykyster gebrand, messe gesny en beroof / 2/9/13: Boer, Garth Johnson, (67) Waterval-Boven, in huis geskiet. Sterf in sy vrou se arms. Niks gesteel nie / 4/9/13: Tukkie-student verjaag 4 rowers wat hom en sy meisie aanval deur ‘n Bybelvers hard op te bely in parkie in Andriesstr, Pretoria / 6/9/13: Twee Zimbabwiërs skuldig bevind aan moord op Nederlander, Albert De Jongh (66) op 24 Okt 2011. Het hom met pangas doodgekap en beroof / 6/9/13: Man van Springs word by sy huis oorval en beroof 6/9/13: Martin van der Linde (67) Sasolburg, deur rowers aangeval, aangerand en probeer versmoor met duvet. Moes 43 steke kry / 6/9/13: Derick Cave en gaste aaangeval deur drie rowers in Victory Park, JHB, tydens kragonderbreking. Een rower gewond in skermutseling / 6/9/13: Cas Calitz (84) Vereeniging, aangeval, aangerand en vasgebind deur vier rowers, met swart plastieksak oor kop getrek en gebind om hom te versmoor. Het gat in sak gebyt om te oorleef / 7/9/13: Elsabeth du Bruyn (71) weduwee en boer, Brandfort, oorval en vermoor in haar huis.
In teenstelling met bogenoemde, verklaar die Minister van Polisie op 4/9/13 dat die Valke die moorde op Polisiebeamptes sal ondersoek. Geen melding van bg insidente nie.In dieselfde week verklaar die Kommisaris van Polisie dat almal in SA veilig is. RSG rapporteer oor oorstromings in China, die dodetal en aantal beseerdes. Ook oor bus in Guatamala wat oor afgrond stort. In detail die aantal dood, beseer, rigting waarin bus gery het en die dorp waar dit plaasgevind het.
Die riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, vloei moontlik in die Ecorivier wat aansluit by die Hennopsrivier.
’n Lekkasie by ’n mangat in Irene kan moontlik bydra tot die toenemende besoedeling van die Hennopsrivier.
Riool wat by ’n mangat in ’n verlate veld langs Nellmapiuslaan uitstroom, het moontlik in die Ecorivier gevloei wat aansluit by die Hennopsrivier.
Die ingenieursafdeling van die Tshwane metro het reeds ondersoek by die lekkasie ingestel. Een van die ingenieurs het gesê dat hy ongeveer ’n jaar gelede die lekkasie aan die metro gerapporteer het, maar die lekkasie is nie herstel nie.
Intussen het riool uit die mangat gestroom en ’n vlei in die veld gevorm.
Daar is drie mangate in dié omgewing langs die Centurionse lisensiekantore is. Een mangat is langs die pad, ’n tweede een is waar die vlei gevorm het en ’n derde een wat die moontlike verstopping veroorsaak.
Die besoedeling is onlangs deur elektrisiëns ontdek toe hulle die kragdrade in die veld herstel het.
Intussen duur die stryd voort vir diegene wat verantwoordelikheid moet neem om die besoedeling in die Hennopsrivier te prober keer. – looklocal.co.za
Gemeet teen die agtergrond van Suid-Afrika se kil behandeling van die Europese Unie (EU), veral rakende die eensydige terugtrede uit bilaterale beleggingsverdrae, sal die Vryheidsfront Plus die beoogde nuwe Beleggingswet fyn monitor om seker te maak dit voldoen aan die vereistes van die land se EU-handelsvennote, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.
Dit het die afgelope maande reeds duidelik geblyk dat die EU, en in besonder belangrike lidlande soos Duitsland, geen geheim daarvan maak dat hulle glad nie ingenome is met die behandeling wat hulle van Suid-Afrika kry nie. Duitsland is veral bekommerd oor wat die uitwerking vir beleggings in Suid-Afrika gaan wees indien die regering nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland hernieu nie.
Die protes wat adv. Alberts aangeteken het teen die moontlikheid dat die ANC-regering moontlik nie sy bilaterale beleggingsverdrag met Duitsland gaan hernieu nie, het so wyd weerklink dat Duitsland se ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, hom genooi het om oor die aangeleentheid te gesels.
Volgens adv. Alberts sal hy die regering se oënskynlike ‘obsessie’ met Brics met die ambassadeur bespreek om te verhinder dat Suid-Afrika sy tradisionele handelsvennote versaak.
Dr. Freitag het in ‘n onlangse toespraak gesê dit is ‘ononderhandelbaar’ vir voornemende beleggers om in ‘n omgewing te belê waar daar nie onnodige risiko’s is nie.
Hy het ook gewaarsku dat dit veel moeiliker is om vertroue met ‘n handelsvennoot op te bou as om dit te verbreek.
Volgens adv. Alberts is die verhoudinge tussen Suid-Afrika en sy handelsvennote van die EU reeds in sulke troebel water dat die land gewis beleggings sal verloor indien die beoogde Beleggingswet, wat alle bilaterale beleggingsverdrae gaan vervang, nie die regte seine aan die EU stuur nie.
Ander kwessies wat adv. Alberts met dr. Freitag sal bespreek, gaan rondom probleme wat ‘n effek het op Suid-Afrika se makro-ekonomie, soos die ANC se obsessie oor grond sonder om die ekonomiese impak van blindelingse hervorming in ag te neem.
Op die agenda sal ook wees plaasmoorde wat die landbousektor wesenlik beïnvloed en die algemene ekonomiese rigting van die ANC wat deur rasgegronde ingrypings soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie die ekonomie verwring en dooddruk.
“Ons moet hieroor gesels aangesien die land geweldige sosiaal-ekonomiese uitdagings het rakende armoedeverligting in die algemeen wat alle rasse, swart en wit, raak,” sê adv. Alberts.
Dit is ‘n donkere dag vir ‘n land as sy Nasionale Kommissaris beweer dat misdaad onder beheer is as die moordsyfer styg tot 16 259 gevalle per jaar. Dit beteken dat byna 2 moorde per dag ekstra gepleeg word om die totale aantal moorde op byna 45 per dag te staan te bring!
Plaasmoorde toon ‘n nog meer onrusbarende prentjie. In dieselfde tydperk het plaasmoorde met 34% gestyg tot 68 in 2012/2013 teenoor die 50 moorde in 2011/2012. Plaasaanvalle het toegeneem van 112 gevalle tot 176 gevalle. Omdat plaasaanvalle gereken word as aanvalle op mense en nie op eiendom nie, kan aangeneem word dat baie van hierdie aanvalle niks anders is nie as poging tot moord, wat suksesvol afgeweer kon word.
“Wat nog meer ontstellend is, is die polisie se oënskynlike argeloosheid oor hierdie situasie. Op die SAPD se amptelike webwerf is die bladsy oor ‘Farm Attack’ onder ‘Crime Prevention’ al vir maande ‘under construction’, wat daarop dui dat hulle hoegenaamd geen erns toon met hierdie misdaad nie,” sê mnr. Henry Geldenhuys, Adjunk-President van TLU SA en Voorsitter van die Veiligheidskomitee. “Omdat die polisie hardnekkig weier om plaasmoorde as ‘n aparte misdaad kategorie te toon in sy statistiek is hy dus nie eens bewus van hierdie onrusbarende toename in plaasaanvalle nie. Daarby moet in gedagte gehou word dat TLU SA se databasis op plaasaanvalle en -moorde waarskynlik onvolledig is omdat ons net aangewese is op die terugvoer van ons lede of wat die media rapporteer, en wat ons dan verifieer. Die prentjie kan dus selfs slegter daar uit sien,” sê mnr. Geldenhuys.
Sedert 1 April vanjaar tot op hede toon TLU SA se databasis 37 moorde in 110 plaasaanvalle. As hierdie tendens sou voortduur tot aan die einde van die huidige verslagjaar, sal plaasmoorde op 74 te staan kom uit 220 aanvalle, wat ‘n verdere styging van 24% sal verteenwoordig.
“Die feit dat die kommissaris reken dat misdaad onder beheer is, dui daarop dat boere geen verhoogde belangstelling in hulle probleme moet verwag van die polisie nie, en gevolglik moet voortgaan met hulle selfbeskermings opleidingsprogramme en opknapping van hulle veiligheidsmaatreëls,” sê mnr. Geldenhuys.
Drie swart mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n 13-jarige meisie en ’n 50-jarige man verlede jaar in Muldersdrift vermoor het, het skuldig gepleit.
Die drie het ook skuldig gepleit op ’n reeks ander misdade, het The Star berig.
Alfred Zwane (27), Samson Mandlezi (23) en Manir Lubisi (27) het Maandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof skuldig gepleit op nege van die tien aanklagte teen hulle.
Die drie het skuldig gepleit op aanklag van die moord op die 13-jarige Alyssa Botha op 5 September verlede jaar en ook op die moord op André Jordaan (50) op 13 September.
Alyssa is ten aanskoue van haar 17-jarige suster Meghan doodgeskiet en hul pa, Anton, is in die aanval gewond.
Die mans het ook skuldig gepleit op aanklagte van roof, diefstal, poging tot moord, aanranding en inbraak.
In elk van die aanvalle het die mans hul slagoffers oorval terwyl hulle by die huis was, of net by die huis aangekom het.
Zwane, Mandlezi en Lubisi is op 14 September in hegtenis geneem.
Die polisietwee swartes in hegtenis geneemná die moordvan ‘n71-jarigeafgetredeskoolhoof,watdoodgeskiet istydens ‘nrooftog by syhuisZeerustoor die naweek, het Beeldberig.
SollieBothaen sy vrou,Elsais aangevalinhul huisopSaterdagnag,nadat hulleteruggekeer het van ‘nplaasliketroue.
Hul volwassedogter het veellaterby die huis aangekomen besefiets is verkeerdtoe syligteindie huis sien wat aan is.
Syhet tweemansvriende gaan haal,waar hulledie liggaam vanhaarpa, watin die kopgeskietis, ontdekhet.
ElsaBothawas vasgebindop haarbed.
Sy het lateraan die polisie gesêhullehetwakker gewordtoe hulle ‘n geraasindie huiskort voor middernag gehoor het.
SollieBothahet gaan ondersoek instelenafgekom optweerowersinsy huis.
Hulle het homindiegesig geskiet en ‘n vuurwapen teensy vrou sekop gehou enhaar beveel om‘n kluisleeg te maak.
Die twee mans hetlatergevlugmet ‘n aantalhuishoudelikebesittings. – Sapa