Twee terroriste in SA se visier

Twee vermeende terroriste is onlangs in en na Suid-Afrika in afsonderlike voorvalle vasgetrek, het die Valke Sondag gesê.

In die eerste voorval, is ‘n vermeende ekstremis, wat reis op ‘n paspoort van die Verenigde State van Amerika via Turkye, by die OR Tambo op 16 Desember gevang, het Media24 berig.

“Hy was reeds gemerk deur Interpol,” het die Valke se woordvoerder Hangwani Mulaudzi gesê.

“Hy is toegang tot die land geweier en moes terug na Turkye.”

In die tweede voorval, wat ook plaasgevind het verlede maand, is ‘n Irakse man wat probeer het om te vlieg uit Turkye na Suid-Afrika gekeer. Hy is deurgang geweier deur die Turkse owerhede. Hy is daarna in hegtenis geneem.

“Hulle voel hy huldig ekstremistiese menings… [volgens] hul eie intelligensie,” het Mulaudzi gesê. Suid-Afrikaanse wetstoepassing wag nou vir ‘n verslag van Interpol oor die aangeleentheid om meer besonderhede te bekom.

Die Sunday Times berig dat die Irakse man bedrywig was vir die Islamitiese staat en hy is ‘n bommaker. Die Irakse ambassadeur Saad Kindeel het volgens die koerant gesê dat die man “nie wou kom na Suid-Afrika om vir ISIS te werf nie, maar om ‘n spesifieke teiken wat later aangeval sou word, te identifiseer”.

Intussen het Mulaudzi gesê gesê dat Suid-Afrikaanse amptenare waaksaam bly en skakel met ander wetstoepassingsagentskappe om die bedreigings van terrorisme die hoof te bied.

“Suid-Afrika is nie immuun teen hierdie voorvalle nie.”

Hy het gesê interne bedreigings van terroriste-aktiwiteit kon ook nie geïgnoreer word nie.

Veediewe in Kimberley nog soek

Die polisie in Kimberley sê niemand is nog in hegtenis geneem nadat 78 skape hierdie week by die Veemark Vleismark in die stad gesteel is nie.

Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê die skape is Donderdag by die vleismark gesteel.

Hy sê lede van die veediefstaleenheid het die spoor van die veediewe tot so ver as 10 km van die vleismark gevolg waar daar toe op die ingewande van 34 skape afgekom is.

Dit wil voorkom of die booswigte volgens Tawana die karkasse en vel saam met hulle geneem het. Die polisie het Vrydagoggend 21 van die 78 gesteelde skape naby die plaas Eureka gevind.

Tawana sê dat hulle elke leidraad opvolg in ’n poging om die veediewe vas te trek.

Bron: OFM Nuus

Universiteite word oorval deur onderpresterende matrieks

Suid-Afrikaanse universiteite word oorval deur voornemende studente met duisende hoopvolle aansoekers wat reeds lang rye vorm by die verskillende kampusse in die land. Kommer heers dat die oorlading weer na geweld gaan lei.

Die oorvloed studente is die gevolg van aangepaste matriekslaagsyfers asook ‘n belofte van studiebeurse en hulle is waarskynlik nie goeie universiteitsmateriaal nie, gemeet aan die matriekuitslae.

Saam kan die 17 universiteite net sowat 60 000 eerstejaar-studente aanvaar, terwyl meer as 150 000 matrieks met universiteitstoelating geslaag het.

Die meer as 70 persent van kandidate wat Wiskundige Geletterdheid geslaag het, se gemiddeld was slegs 37 persent vir 2015. Vir die meeste ander vakke lyk die gemiddeldes ewe sleg.

Volgens die Economist kom Suid-Afrika se onderwysstelsel tweedelaaste uit 76 lande op die ranglys van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling ten spyte daarvan dat miljarde in die onderwys gestort word.

Suid-Afrika bestee baie meer geld aan onderwys as ander lande, te wete 6,4 persent van die land se BBP terwyl die EU se gemiddeld slegs 4,8 persent is.

By die Noordwes Universiteit se Mafikeng-kampus bou kommer op oor oorlading nadat die aanvanklike teiken van drieduisend reeds oorskry is.

‘n Woordvoerder van die studenteraad, Bongani Mahlangu, sê gewoonlik word 2800 nuwe studente aanvaar, maar die inname staan reeds op 3100. Mahlangu sê die kampus het 14 000 aansoeke ontvang.

Die universiteit het intussen studente verseker dat die registrasieproses Maandag glad sal verloop, het RSG berig.

Die Nelson Mandela Universiteit werk dag en nag om die invloei van studente-aansoeke vir toelating in 2017 te hanteer.

Die universiteit se kommunikasiebestuurder, Zandile Mbabela, sê die instelling het vanjaar reeds meer as 110 000 aansoeke ontvang teenoor die sowat 80 000 wat verlede jaar verwerk is.

Die universiteit kan slegs 6 500 eerstejaar-studente hanteer. Mbabela sê laat aansoeke word tot die einde van die werksdag aanvaar en word verwerk soos dit ontvang word.

Hy sê voornemende studente moet kennis neem daarvan dat sekere van die kursusse reeds vol is en kan op die universiteit se webtuiste gaan vasstel watter programme reeds gevul is.

Gefrustreerde studente wat Donderdag probeer het om by die Sentrale Universiteit van Tegnologie in Bloemfontein te registreer, sal vandag moet terugkeer weens die stadige registrasieproses.

Hulle sê sommige studente moes weens tegniese probleme met die registrasie huis toe gaan. Sommige het gekla dat hulle ver gereis het en nie verblyf het nie, en ook nie geld het om terug te kom nie.

Die sentrale universiteitsbestuur het intussen gesê dat hoewel die nasionale studentehulpfondsskema nie klasgelde vir eerstejaars betaal nie, studente aanvaar word wat deur die skema goedgekeur is.

Polisie soek na Overberg se brandstigters

Die Kaapse Metroraad sê die polisie se hulp is ingeroep om die onlangse brande naby Somerset-Wes en Grabouw in die Overberg te ondersoek.

Owerhede glo dat van die brande met opset gestig is, het RSG berig.

Die skade word op sowat 54-miljoen geraam. Brandbestryders was gisteraand nog besig om te verhoed dat die brand in die Hottentots-Hollandsberge na Stellenbosch versprei.

Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith sê hulle werk saam met die polisie ná inligting van ooggetuies ontvang is.

Smith het mense met inligting gevra om na vore te kom. Hy sê twee van die brande wat in Grabouw gewoed het, is moontlik die werk van brandstigters.

Eskom gaan wanbetalers se krag afsny

Die Pretoriase Hooggeregshof het AfriForum se aansoek om te verhoed dat Eskom kragvoorsiening aan munisipaliteite weens wanbetaling afsny, met kostes van die hand gewys. Regter Hans Fabricius het beslis dat munisipaliteite verantwoordbaar gehou moet word.

Dit is meestal munisipaliteite in die Vrystaat wat geraak word. Afriforum het aangevoer dat dit onregverdig teenoor belastingbetalers sal wees as Eskom die krag afsny, maar SANCO se woordvoerder, Jabu Mahlangu sê hulle is teleurgesteld in die munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap wat Eskom meer as 10 miljard rand skuld.

SANCO het gevra dat die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake munisipaliteite wat Eskom geld skuld, onder administrasie plaas.

Vroeër het Eskom ingestem om die afsny van kragvoorsiening uit te stel sodat die munisipaliteite reëlings kan tref om hul skuld te betaal. Die kragvoorsiener se bestuurshoof, Matshela Koko het die hofbeslissing verwelkom.

Regter Fabricius het beslis dat Eskom nie `n verpligting het om krag aan belastingbetalers te voorsien nie. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid.

Die Pretoriase Hooggeregshof het verlede week Afriforum se dringende aansoek van die hand gewys wat Eskom wou keer om dié munisipaliteite se krag af te sny. Eskom sal vanaf 16 Januarie begin om hulle kragtoevoer te beëindig.

‘n Woordvoerder van die Musina-munisipaliteit in Limpopo, Wilson Dzebu, sê die munisipale raad oorweeg dit om dissiplinêre aksie teen sy munisipale bestuurder, Johnson Mathivha, in te stel oor finansiële wanbestuur.

Volgens Dzebu is die raad bekommerd oor die skuld van meer as `n honderd-miljoen rand aan Eskom. Die munisipaliteit het ook net twaalf persent van die R35-miljoen van die munisipale infrastruktuurtoelaag bestee. Dzebu sê die munisipaliteit het op ‘n spesiale raadsvergadering besluit dat die burgermeester en munisipale bestuurder die kwessie moet oplos.

Sekere munisipaliteite skuld Eskom sowat nege miljard rand in agterstallige betalings.

AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met die beslissing van die Pretoriase Hooggeregshof dat Eskom wel kragvoorsiening aan munisipaliteite mag afsny.

SA wil bande met Wes-Sahara versterk

Suid-Afrika wil ekonomiese en politieke bande met Wes-Sahara versterk.

President Brahim Gahli van die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek is op ‘n werksbesoek in Suid-Afrika.

Hy vergader vanoggend met president Jacob Zuma. Bande tussen die twee lande dateer terug uit die stryd teen “apartheid en kolonialisme”.

Wes-Sahara is die enigste land in Afrika wat nog gekolonaliseer is en is jare reeds in ‘n geskil met Marokko gewikkel.

Die woordvoerder van die presidensie, Bongani Ngqulunga sê Suid-Afrika steun die vryheid en selfbeskikking van die mense van Wes Sahara.

Die Polisariofront het formele erkenning van 37 lande, en het lidmaatskap in die Afrika-unie. Marokko het voorheen erkenning of ondersteuning vir sy posisie in die gebied van verskeie Afrika-regerings en die Arabiese Liga verkry.

Sedert 2006, het geen ander lidland van die Verenigde Nasies Marokkaanse soewereiniteit oor Wes-Sahara erken nie.

Onderwysdepartement gloei oor anonieme ‘prestasies’

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het die distrikte bekend gemaak wat die beste in vanjaar se matriekeindeksamen gevaar het.

Die vak met die meeste onderskeidings was Afrikaans as tweede taal, terwyl landbouwetenskap die minste gehad het.

Die slaagsyfers vir wiskunde en wetenskap het effens gestyg, maar die gehaltebeheerliggaam, Umalusi het vroeër al sy kommer daaroor uitgespreek.

Die voorsitter, John Volmink het wiskunde uitgesonder as die vak waarin leerlinge swak vaar. Dit is bekend dat die departement die gemiddeld jaarliks moet aanpas met soveel as nege persent om die swart wanpresteerders deur te kry.

Motshekga het die aankondigings in Midrand gemaak waar vanjaar se matriekslaagsyfers bekend gemaak is. Die uitslae toon dat meer as 60 000 van die bykans 670 000 matrieks wat vir die eksamen ingeskryf het, nie eksamen geskryf het nie.

Slegs die leerders se eksamennommers word gepubliseer. Die matriekuitslae is van sesuur vanoggend af by skole, in koerante en aanlyn beskikbaar.

Omdat die presteerders nie meer by naam genoem word soos voorheen nie, maar slegs per eksamennommer, moet die bekendmaking van sogenaamde presteerders met ‘n sak sout geneem word, aangesien dit moeilik verifieerbaar is.

Motshekga sê die Overberg in die Wes-Kaap het die hoogste slaagsyfer van 92,7 persent gehad. Die Vrystaat het vanjaar die hoogste slaagsyfer in die matriekeindeksamen met 93 persent.

Die Wes-Kaap is in die tweede plek gevolg deur Gauteng, Noordwes, die Noord-Kaap, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Oos-Kaap.

Vanjaar se nasionale matriekslaagsyfer staan op 72,5 persent – effens beter as verlede jaar se syfer van 70 persent.

Motshekga sê meer leerders het met universiteitsvrystelling geslaag en meer as 100 skole het geen druipelinge nie. Waarskynlik is die meeste van dié skole Afrikaans.

Duisende matrikulante het oral in Suid-Afrika begin fees vier nadat hulle hul uitslae gekry het.

Altesaam 442 672 leerlinge het die 2016-matriekeindeksamen geslaag, die tweede grootste getal leerlinge in die geskiedenis.

Sowat 50 persent van leerlinge oor die land heen het toelating tot graad- en diplomastudies ontvang.

Die Adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, sê leerlinge en leerkragte het hul goed van hul taak gekwyt.

Hy sê leerlinge, ouers en ander familielede het ook ‘n waardevolle bydrae gelewer tot die klas van 2016 se suksesvolle skoolloopbaan. Hy haal ook sy hoed af vir die departement se harde werk ondanks talle uitdagings.

Burundi se minister in sluipmoord doodgeskiet

Burundi se minister van die omge­wing­ en water, Emmanuel Niyonkuru­ (54), is Sondag in die vroeë oggendure op pad huis toe in die hoofstad, Bujumbura, doodgeskiet, het Pierre­ ­Nkurikiye, polisiewoordvoerder, getwiet.

Die African News Agency berig ‘n jong vrou wat saam met Niyonkuru was, is saam met die eienaar van ‘n kroeg wat Niyonkuru gereeld besoek het en twee veiligheidswagte wat sy huis bewaak het, deur die polisie vir ondervraging in hegtenis geneem.

Pres. Pierre Nkurunziza het sy skok oor die moord uitgespreek.

“Dié misdaad sal gestraf word,” het hy gesê. Die president het daarna verwys as ‘n sluipmoord.

‘n Vrou is sedertdien in verband met die voorval in hegtenis geneem, het Al Jazeera Sondag berig.

Die moord, die eerste op ‘n kabinetslid­ sedert Nkurunziza in 2015 vir ‘n omstrede derde termyn as staatshoof gekies is, volg op ‘n relatief rustige paar maande in die konflik­geteisterde land waar twee etniese groepe mekaar gereeld die stryd aansê.

Genocide Watch beskryf Burundi as een van die lande waar volksmoord ‘n besonder hoë waarskynlikheid het om plaas te vind.

Nkurunziza het op Twitter sy medelye met Niyonkuru se familie uitgespreek en “aan alle inwoners van Burundi” gesê die moordenaars sal swaar gestraf word.

Minstens 500 mense het reeds gesterf en 300 000 het landuit gevlug sedert onluste in April 2015 begin het. Die regering blameer die moorde op buurland Rwanda.

Intussen het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma,­ voorsitter van die Afrika-unie se kommissie, op Twitter haar medelye ­uitgespreek en die moord op Niyonkuru skerp veroordeel as ‘n “barbaarse daad” wat ‘n deeglike ondersoek van die Burundiese regering sal vereis.

Tanzanië dank krag-hoof af na verhogings

Tanzanië se pres. John Magufuli het die hoof van die staat se elektrisiteitsmaatskappy Sondag afgedank nadat die maatskappy tariewe verhoog het, ‘n stap wat die president sê sy planne in die wiele sal ry om die Oos-Afrikaland te industrialiseer.

Waarskynlik sal dit ook sy politieke loopbaan help.

Tanzanië se elektrisiteitsreguleerder het Donderdag planne goedgekeur om elektrisiteitstariewe van Tan­zanië se elektrisiteitsvoorsieningsmaat­skappy (Tanesco) met 8,53 persent te verhoog, minder as die helfte van wat die nutsmaat­skappy sê nodig is om verliese te verminder.

Pres. Magufuli se kantoor het die afdanking­ van Tanesco se besturende direkteur, Felchesmi Mramba, in ‘n verklaring aangekondig, het Reuters berig.

Ure voor die aankondiging van die afdanking het die president die prysverhogings gekanseleer.

“Dit is onaanvaarbaar terwyl ons planne maak om ‘n vervaardigingsbedryf te bou en te verseker dat meer burgers toegang tot elektrisiteit het,” het Magufuli in ‘n verklaring gesê.

Ongeveer 40 persent van Tanzanië se bevolking van ongeveer 50 miljoen mense het toegang tot elektrisiteit en die regering hoop om dit tot 75 persent teen 2025 te vermeerder.

Sedert hy ‘n jaar gelede aan bewind gekom het, het Magufuli dosyne staatsamptenare afgedank as deel van ‘n teenkorrupsieveldtog en om nuwe stukrag vir doeltreffende regering mee te bring.

Hy het ‘n dosent aan die staatsuniversiteit van Dar es Salaam, Tito Esau Mwinuka, as waarnemende besturende direkteur van Tanesco aangestel.

Die elektrisiteitsmaatskappy wou aanvanklik ‘n tariefverhoging van 18,19 persent instel om ‘n verliesmakende tendens uit te wis en skuld aan onafhanklike kragprodusente en brandstofvoorsieners te betaal.

Die tariefverhoging sou op 1 Januarie in werking getree het.

‘n Suid-Afrikaanse Nuwejaar: 31, ook onwettiges, in ‘n taxi

‘n Eg-Suid-Afrikaanse Nuwejaarsverhaal: ‘n Oorlaaide swart taxi wat onwettige immigrante vervoer van Zimbabwe.

‘n Taxibestuurder is in hegtenis geneem naby Mokopane Maandag wat na bewering sy voertuig met 31 passasiers volgeprop het – dubbel die getal van die 15-sitplekke waarvoor die voertuig bedoel is.

Nog erger, is daar gevind dat sommige van diegene wat hy vervoer het, onwettig in die land is.

Limpopo se departement van vervoer was verstom toe hulle die 15-sitplek Quantum Maandag van die pad aftrek.

“Ons was geskok oor hoe dit oorlaai is. Dit is onaanvaarbaar, ons kan nie mense met op ons paaie hê sonder gehoorsaamheid aan die reëls van die paaie nie,” het die departementele woordvoerder Joshua Kwapa sonder ironie verklaar.

Hy het gesê die taxibestuurder, uit Zimbabwe, is in hegtenis geneem en oorhandig die polisie sodat hulle sy optrede kan ondersoek.

Kwapa het gesê polisiebeamptes het bevind dat 14 van die passasiers nie die nodige dokumente het om in die land te wees nie.

“Binnelandse Sake is ingeroep om die ongedokumenteerde immigrante wat op reis was uit Zimbabwe na Gauteng te bring,” het hy gesê.

Kwapa het gesê die polisie is besig met verdere ondersoeke.

Die taxibestuurder staan ​​tereg op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur, en die oorlaai van ‘n voertuig.
Hy sal aanstons verskyn in die Mokopane-landdroshof.