Cope ‘gedope’ om te ‘hope’

In beginsel pak Cope nou ‘n belangrike saak aan – om ‘n beleid vir die party te vind. Leiers sal eers later gekies word.

Of dit in die realiteit van Suid-Afrikaanse politiek die regte punt is om te begin, sal die tyd leer. Beleid weeg eenvoudig nie in Suid-Afrika swaar nie, soos onlangs ook opgemerk deur die Vrystaatse leier van die DA.

Dit is ook pas weer duidelik gedemonstreer toe die ANC se jeugleier, Julius Malema, ‘n voorlegging oor nasionalisering voor ‘n parlementêre portefueljekomitee gemaak het en goed ontvang is. Malema het selfs ter stawing uit die Freedom Charter aangehaal. Kort hierna ontken pres. Jacob Zuma dat die ANC ‘n nasionaliseringsbeleid het.

Dat Cope so lank kon bestaan en selfs in die parlement verteenwoordig kon wees sonder ‘n beleid, is ook nie nuut nie. Ook die ID van mev. Patricia de Lille het ‘n geruime tyd bestaan voor die party homself oplaas as deel van die sosiaal-demokratiese ideologie verklaar het. Nou gaan die ID skynbaar by die liberaal-demokratiese DA aansluit.

Ander faktore soos die charisma van ‘n leier of ‘n historiese verloop speel duidelik ‘n groter rol, en verklaar deels ook hoekom Suid-Afrika, sy groot selfverklaarde Christenbevolking ten spyt, geen groot Christen-demokratiese blok het nie, soos wél in Europa die geval is.

Cope is om verskeie redes ‘n groter rolspeler in die Suid-Afrikaanse politiek as wat sy getalle aandui. Die euforie waarmee dit van stapel gestuur is, het dadelik ‘n groot impak op die laaste verkiesingsuitslae gehad. Partye soos die UDM, IVP en veral die ACDP is swaar deur die euforie getref. Dit is al drie partye wat deur hul leierskapstyl grootliks om die persona van individue gebou is, individue wie se politieke brandstof boomskraap begin word.

Selfs die DA is veral buite die Wes-Kaap geraak hierdeur deurdat baie ontnugterde kiesers waarskynlik hul kruisies weens die Zille-euforie agter die DA sou trek as Cope nie soos ‘n goed-georkestreerde massa-euforie oor die land geswiep het, en ‘n milde media-vakansietydperk beleef het nie.

Ironies het Zille se anti-Zuma-veldtog waarskynlik weer baie swart potensiële Cope-ondersteuners terug in die ANC-kraal gedryf. ‘n Wit vrou wat ‘n swart man met baie vroue so disrespekvol behandel gaan in tradisionele geledere gewoon nie goed af nie.

Kort na Cope se toetrede tot die parlement het dit egter geblyk dat sake nie wel was nie. Prominente leiers het gedros, en faksies het ontstaan.

Uiteindelik het die twee vernaamste stigtersfigure, Lekota en Shilowa, teenoor mekaar te staan gekom. Vir Lekota is dit ‘n tipe de ja vu. As aangestelde Vrystaatse premier het die destydse president, Nelson Mandela, gehoop dat sy vriend en vertroueling die steun van die mense sou kry. Lekota kon egter nie, ten spyte van inmenging van Mandela, die populisme van Ace Magashule stuit nie.

Nou herhaal die geskiedenis hom. Die afloop van hierdie leierskapstryd is belangrik vir die toekoms van die party.

Ten regte of ten onregte geniet Lekota tradisioneel baie blankes se steun, en speel hy ‘n belangrike rol – danksy die huidige stelsel van basies aangestelde leiers – om van Cope ‘n nie-rassige party te maak. Byt Lekota die onderspit, en verlaat hy die party, sal Cope onder Shilowa waarskynlik net nog ‘n swart party met ‘n charismatiese leier wees. Die siklus, soos met die UDM na die vertrek van Roelf Meyer, sal voltooi wees.

Of die party sal groei en die ANC beduidend verswak, of soos die UDM sal krimp en stagneer, sal net die tyd leer. Vir Shilowa, as Xhosa, te midde van ‘n ANC onder ‘n “hundred percent Zulu boy” en tekens van ongelukkigheid, is die tyd dalk meer geskik vir Shilowa as toe Holomisa die pad aangedurf het.

Misluk Cope as nie-rassige party sal die vertroue in nie-rassige politiek ‘n knou weg hê, en sal partye wat op hoofsaaklik blanke belange fokus waarskynlik in statuur van belangrikheid groei. Cope se lot raak die hele Suid-Afrikaanse politieke landskap.

гайковерт воздушныйалександр лобановский супермаркет класс

Eendjies in ‘n ry

Met die Bulle se huidige opmars na die Super 14 het lawwe Lulu Pretoria se naam stilletjies na Tshwane probeer verander – ‘n stap wat, voorlopig minstens, omgekeer is.

Met die oë van die wêreld nou, op die vooraand van die Fifa-toernooi vierkantig op die land, word ‘n ANC-jeugliga-voorlegging oor die nasionalisering van myne en banke goed deur die ANC in die parlement ontvang.

Die Noorweegse regering lê ‘n diplomatieke klag teen die omstrede Jimmy Manyi omdat hy tydens ‘n amptelike vergadering sy eie sakebelange probeer bevorder het. Hierdeur plaas Manyi homself nie net op twee stoele met botsende belange nie, maar minstens drie, waarvan minstens twee teen landsbelang indruis – terwyl hy as DG van Arbeid minstens vierkantig landsbelange behoort te dra.

Intussen word die aanduidings al hoe sterker dat die konsolidering van die konsep, The King can do no wrong, vir pres. Jacob Zuma vorder. Die DA kla onder meer dat die president weier om parlementêre vrae oor sy versuim om belange te verklaar, te beantwoord. Vroeër het Zuma se regspan in verweer op ‘n hersiening van die besluit om ‘n rits kriminele aanklagte teen Zuma te laat vaar, aangevoer die Suid-Afrikaanse president is, soos die Franse en Amerikaanse presidente, vir die duur van hul bewind immuun teen vervolging is. In werklikheid is net die Franse president immuun, en soos dit onlangs geblyk het, toepaslike vervolging vind wel plaas na die bewindstydperk. Dit word nie onder die mat ingevee nie.

Die president deel ‘n landelike gemeenskap mee dat die voorvadergeeste mense sal siek maak wat van die ANC af dros. Nog voor dit behoorlik opslae kan maak, word skadebeheer toegepas en verduidelik dat dit basies as grap bedoel is. Dit het egter ‘n tradisionele beesslagting en allerlei voorvadergeeste-rituele in Soccer City voorafgegaan. Oor laasgenoemde is daar ‘n vreemde media-stilte. Dit kom ook kort na Zuma weer die Allerhoogste as lojale ANC-lid ingespan het.

Allerlei verklarings word gebruik om te verduidelik dat die misdaadsituasie hier nie so erg is soos wat die statistiek dui nie. Terselfdertyd word regse aktiwiteite egter aan die groot klok gehang – waarskynlik in ‘n poging om die sokker-euforie te gebruik om die regse sentimente te marginaliseer. In die praktyk dra dit egter waarskynlik meer tot polarisasie by.

Is dit ‘n geval van ‘n regering wat strategies lomp is wanneer die oë van die wêreld daarop gerig is, en nie besef hoe skadelik nasionaliseringspraatjies is nie? Is dit ‘n geval van ‘n regering wat meen dat die land die luukse het om ‘n muishondstatus te oorleef soos Hugo Chavez noiu doen, en Ghaddafi en Fidel Castro lank gedoen het? Chavez en Ghaddafi het egter die luukses van olie, en Castro is deur die voormalige USSR gerugsteun. Malema meen China sal instap en kom deel as myne genasionaliseer is.

Of…benut die regering nou die euforie blatant om sy penne ten opsigte van grondhervorming, regstellende aksie, nasionalisering en vele meer ‘n ent verder in te slaan?

Presies wat gaan die karakter van die land wees na die euforie bedaar het?

pour chatалександр лобановский харьков класс

Die regte Suid-Afrika

Op die vooraand van die Fifa-wêreldbeker word verskillende gesigte van Suid-Afrika voorgehou. Aan die een kant word ‘n beeld voorgehou van ‘n skoon en parate Suid-Afrika wat gereed is om die skouspel aan te bied. Groot gewag word gemaak van hoe gul die Bulle se rugby-ondersteuners in Soweto ontvang word…

As veiligheidsrisiko word Suid-Afrika nou as ‘n land van medium-bedreiging gelys, en is in effek die 49ste gevaarlikste land.

‘n Bekende veiligheidskenner verduidelik dat die misdaadsyfers ‘n skewe beeld skets aangesien in die meeste gevalle die slagoffer van moord en verkragting sy of haar aanvaller ken of geken het. Die implikasie is dat buitelandse besoekers dus nie werklik bedreig word nie, want hulle ken in alle waarskynlikheid nie iemand hier nie. Dit geld egter nie die slagoffers van misdade soos gewapende roof nie. Plaasmoorde kan ook selde na huismoles teruggevoer word.

Word die internet egter bekyk waar Suid-Afrikaners hul gevoelens plaas sonder dat iemand dit sensor, duik ‘n effense ander beeld op. ‘n Oud-joernalis merk op dat berigte oor pres. Jacob Zuma se jongste blaps – om ANC-ondersteuners te waarsku om nie uit die party te dros nie omdat die voorvadergeeste hulle daaroor sal siek maak – maar effentjies die pers gehaal het, en waar dit wel die pers gehaal het is dit gou van die internet-weergawes verwyder of die kommentaarkolomme gesluit. Op die oog af het baie media, veral met staatsverbintenisse, soos RSG, hard probeer om die “metafoor” en “grap” in sy dreigement raak te sien.

Vanoggend lui ‘n opskrif: “Vergewingsgesindheid van swartes nie onuitputlik.” Dit verwys na die minister van landelike ontwikkel en grondhervorming se parlementsrede, en ‘n waarskuwing dat ware versoening nie kan plaasvind sonder dat die “grondvraagstuk” ingevolge die regerende party se Polokwane-besluite opgelos is nie.

Pas is met harde syfers bewys dat die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, dwaal met syfers oor grondhervorming, en wat aanvaar kan word die ANC se persepsies onderlê. Die implikasie is problematies, want nou word versoening gekoppel aan die nakom van vereistes wat nie op feite geskoei is nie. 

Terwyl ‘n deel van die media saamspan om die positiefste moontlike klimaat vir die komende toernooi te skets, al sluit dit skynbaar die toeverf van krake in, het ‘n onafhanklike uitsaaier uit sy pad gegaan om die ongelukkigheid in ‘n deel van die Afrikaner-gemeenskap as ‘n soort bedreiging deur kômmin kakie-ducktails voor te hou.

Een van die persone wat op beeld vasgevang is, het ‘n T-hemp gedra wat ‘n groot deel van die, noem dit regse verset, se emosies ondervang: “Malema se mo*r, ek bly ‘n Boer.” Malema se uitsprake het kort-kort opgeduik, asook die beduiwelende rol wat hy speel in die versoeningsproses.

In ‘n gesprek op dieselfde kanaal met die ANC se sekreteris-generaal, Gwede Mantashe, is dit duidelik uitgespel wat die ANC as grondslag vir versoening beskou – die uitwissing van die leefstylgaping tussen baie wittes, en baie swartes. Op ‘n bisarre manier word dit gekoppel aan die ANC se beleid van nie-rassigheid.

Solank as wat ‘n benadering van die slag van die gans wat die goue eiers lê onderliggend is, en as voorbehoud geld vir versoening, so lank gaan polarisasie ruim gevoed word. Die aanspreek hiervan kan nie tot na die sokkertoernooi wag nie. Onder die verf word die krake groter. Euforie het die geneigdheid om ‘n nare babelas te laat, en dui op ‘n onderskatting van die komplekse en multi-dissiplinêre aard van versoening. 

гаражный подъемникАлександр Фильчаков прокурор

Godsiens misbruik vir politiek

Onlangs het pres. Jacob Zuma daarop aanspraak gemaak dat die Here van die ANC se stigting af deel van die party was. Hierdie aanspraak volg op ander verstommende aansprake soos dat die ANC tot die Wederkoms sal regeer, en dat mense Zuma moet volg soos hulle Jesus gevolg het.

Soos te wagte sal wees, was daar heftige reaksie hierop.

‘n Christen word egter aan sy vrugte geken, en op die oog af klop sake nie hier nie. Oor die kwessie van Zuma se veelwywery is daar binne teologiese kringe ‘n effense verdeeldheid, maar oor sy buite-egtelike kinders kon hy uiteindelik nie agter sy kultuur skuil nie, en moes hy die land om verskoning vra.

Pas het Zuma egter sy jongste verklaring gedoen oor hoe God as’t ware lid van die ANC is, of hy verklaar by ‘n vergadering dat die voorvadergeeste diegene wat die ANC verlaat aan die kaak sal stel en dat hulle siek sal word. Dit volg nie lank nie nadat Zuma gesê het swart mense is moreel verplig om vir die ANC te stem.

Hierdie bontpratery oor Godsdiens staan voorts in die konteks dat pres. Zuma ‘n nasionale debat aangekondig het waar oor moraliteit besin gaan word, en moontlik herdefinieer gaan word want tans word te veel sake as verkeerd beskou wat sommige kulture as aanvaarbare praktyke beskou.

Suid-Afrika is egter nie ‘n ekonomiese en kulturele eiland nie, en die norme wat internasionaal geld, gaan op Suid-Afrika van toepassing bly. Die belangrikste aanduider is dat die Wêreldbank korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms beskou.

Kritiek op Zuma om as’t ware die tokkolossie in te span om te keer mense dros van die ANC, beteken allermins dat Suid-Afrikaners die Here uit die politiek kan sluit. Die Christen is immers ‘n instrument van God – in sy kerk, sy gesin, die skoolbeheerraad en so ook in die parlement. God is egter nie die mens, ook nie die Christen, se instrument nie.

Dit geld ook Zuma, selfs nie eens as hy die onvoorwaardelike steun van die Inter Faith Leadership Forum het nie, wat volgens aanduidings in ieder geval van die ANC se godsdienslessenaar af beheer word.

Zuma se optrede is egter nie net vanuit ‘n moraliteits- en godsdiensoogpunt ontstellend nie. Dit plaas bedenkinge oor sy begrip oor wat die demokrasie behels. ‘n Regerende party probeer sy bewindslewe rek deur so goed as moontlik in algemene belang te reageer.

In verskeie opsigte faal die ANC, sodat selfs prominente lede sê die ANC het sy morele kompas verloor. Tydens die ANC se bewind het die grypsug en tenderpreneurskap beduidende afmetings aangeneem, en het die inkomstegaping tot die hoogste meetbare vlak ter wêreld gestyg.

Die regering voel die gevolge nou wel deeglik. Op die vooraand van die Fifa-sokkertoernooi sukkel die land om vervoerstakings die hoof te bied. Hierdie stakings is hoofsaaklik die gevolg daarvan dat, na voorheen met die vakbonde ooreengekom is op ‘n enkelsyferverhoging vanjaar, die bestuur ‘n 14 % verhoging aan homself gaan toeken het.

In Europa en elders het hierdie grypsug, wat mildelik tot die onlangse wêreld ekonomiese krisis bygedra het, veroorsaak dat lande belangrike moraliteitsbeginsels in hul herstelplanne ingeskryf het. Die ontsteltenis was dus groot toe dit rugbaar word dat een van die Amerikaanse maatskappy wat staatshulp ontvang het, van dié geld gebruik het om van sy top-mense bonusse van miljoene dollar betaal het.

Om die slagoffers van grypsug met die tokkolossie bang te maak – dit gaan in geen moraliteitsboekie die pyp rook nie – maak nie saak hoe dit herdefinieer word nie.

хамам в квартирелобановский александр отзывы

Grondoudit al uitweg

Uit ‘n ellelange artikel deur die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson die naweek in Rapport, is dit duidelik dat persepsies oor grondbesit in die land nou so ver van mekaar verwyder is dat ‘n grondoudit die enigste manier is om dit op te klaar. Tot dusver het die regering vierkantig vasgeskop daarteen en met feite volgehou wat net die regering nog glo.

Joemat-Pettersson het haarself in die artikel boonop geen guns bewus nie deur ‘n geykte stelling wat maklik weerlê kan word. Sy het naamlik gesê buite die 13 % oppervlak van die voormalige tuislande, kon swart, bruin en Indiër geen grond besit nie.

Of sy bloot moedswillig of per abuis vergeet het van die bruin landelike gebiede wat saam, volgens sommige bronne, sowat 2 miljoen Ha beslaan het, is nie bekend nie. Dit is egter ondenkbaar dat sy nie van die lang geskiedenisse van gebiede soos Genadendal, die Richtersveld, die Oppermansgronde en talle ander sou weet nie. Indiërboere besit al baie lank suikerplase.

Boonop is die bevolkinsgsregistrasiewet en die groepsgebiedewet in 1991 afgeskaf nadat die instromingsbeheerwet reeds in 1986 afgeskaf is. Die staakundige hindernisse vir ander groepe het dus voor 1994 verval en swart mense, ook uit die buurlande, het hierna begin grond koop. Hulle is later deur magnate soos Tito Mboweni gevolg.

Haar syfers is dus nie net foutief nie, maar verouderd.

Hierteenoor dui sommige opnames dat swart mense reeds in die orde van 40 % en selfs meer landbougrond besit.

Die groot verskil tussen die syfers is deels daaraan toe te skryf dat die minister se syfer van 87 persent in wit boere se besit in 1994 nie net grond in swart, bruin en Indiërbesit insluit nie, maar ook staatsgrond soos staatsplase en weermaggronde, natuurparke, lughawens, paaie stede en vele meer.

Dat die oordrag teen ‘n tempo plaasgevind het wat vir die regering onaanvaarbaar is, is egter ook so. Oor wie die skuld hiervoor moet kry, is daar meningsverskil. Terwyl die owerheid die skuld op boere plaas, het selfs adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, tydens ‘n vergadering van landboubedrywe gevra dat georganiseerde landbou ‘n versoek moet rig vir die instelling van ‘n klagtedirektoraat in die Departement van Grondsake. Hy het, toe hy gemeen het die media is nie teenwoordig nie, gesê sy eie kantoor kan nie voorbly om al die klagtes te hanteer nie.

Meer onlangs het die Grondeisekommissaris verskeie hofsake verloor veral omdat die kommissarisse geweier het om van feite kennis te neem en volhard het om met ongeldige grondeise hof toe te gaan. Bykans geen boer het nie al ‘n dik pak korrespondensie met Grondsake wat gewoon nie beantwoord is nie.

Die regering se reaksie op die onverkwiklikheid is ook kommerwekkend. Nie alleen is die regering uiters suinig met die veroordeling van plaasaanvalle nie, die regering stel maatreëls voor asof dit in reaksie is op die landbou se beweerde halstarrigheid – waaronder gereelde uitsprake en selfs ‘n gesneuwelde wetsontwerp om plase te onteien, of tot nasionale bate te verklaar en so in effek te onteien, en nou die gedagte van 40 % swart aandeelhouding. Dat artikel 25 van die grondwet grondeienaarskap beskerm, veral omdat dit boonop deel van die handves van menseregte uitmaak, word blykbaar nie as hindernis vir grondgrypplanne beskou nie.

Die tragedie is dat min van die oorgedraagde grond nog produktief is. In die Vrystaat het amper ‘n 100 eens produktiewe plase na oordrag sedert 1994 in onproduktiewe eenhede verval.

Steeds word surrealistiese uitsprake gemaak soos dat landelike armoede aangespreek word deur onder meer bestaansboerdery, of die uitdeel van plasies waarvan die oppervlaktes van tussen een en tagtig hektaar genoem word. Enige landbou-ekonoom sal uitwys dat hierdie oppervlaktes, tensy uiters intensief en teen hoë koste aangewend word, nie armoede gaan teenwerk nie maar in die hand gaan werk.

Joemat-Pettersson het goed begin, maar sake lyk nou minder belowend. Soos sy selfs skryf: Die wittebrood is nou verby.

 

no depositлобановский александр жена

Reaksiepolitiek

Twee bykans onverwante sake toon hoe kiesers op die politieke landskap kan, en behoort te reageer.

Pas is bekend gemaak dat partypolitiek as deel van studentepolitiek waarskynlik by Kovsies afgeskaf gaan word. Terselfdertyd toon ‘n opname in Nederland dat politieke partye in Nederland verbaal meer regs afslaan vir die komende algemene verkiesing as wat selfs die partye se eie verkiesingsmanifeste aandui.

Dit is ‘n bekende feit dat politiek in Wes-Europa ‘n groot regse oplewing beleef.

Die ontleedmes hieroor is uit, en die argumente is soortgelyk as hoekom die kiesers in verskeie Wes-Europese state die liberalisme – eintlik permissiwiteit – van die laaste kwart van die vorige eeu die rug toegekeer het en Christen-demokratiese Partye in effektief post-Christelike lande aan bewind gestel het.

Nou wil dit oppervlakkig voorkom asof die Christen-demokratiese era dalk ‘n soort van tussenfase kan wees vir ‘n skuif na nog verder regs.

Die antwoord is heel waarskynlik soortgelyk as dit wat die op die oog af die polariserende karakter van studentepolitiek op voormalige Afrikaanse universiteite kenmerk.

Met die oopstel van hierdie universiteite het die dinamika vinnig verander. Dit het gepaard gegaan met ‘n noodwendige afskaling van Afrikaans, en is nie oral ewe knaphandig aangespreek nie. Dieselfde links-radikale politiek wat studentepolitiek op die ou swart kampusse gekenmerk het, het oornag ook op die tradisionele Afrikaanse kampusse kom nesskop. Dit het die dieselfde soort van studenteprotes ingesluit.

Skielik was daar nie meer ruimte vir die sogenaamde middelgrond nie. Tradisionele Afrikaanse studente-organisasies moes partypolitiek amalgameer of verdwyn.

Ook hierop reageer universiteitsowerhede nie altyd met Salomo se wysheid nie. In die klaskamers word die teorie geleer van elke aksie wat ‘n teenreaksie tot gevolg het, maar as dit in die praktyk neerslag vind, word kopgekrap en opnuut reaktief opgetree.

Die opkoms van Christen-demokrasie in Wes-Europa is onder meer toegeskryf aan ‘n oorversadigheid van permissiwiteit soos seks-winkels op straathoeke, bordele, aandrang op die wettiging van dagga en ander dwelms, gru-reaksie op massaslagtings deur aborsies en ‘n koerslose jeug wat hulle tot sake wend soos die Baader-Meinhoffs. ‘n Tweede faktor is die invloei van mense uit Oos-Europa met konserwatiewer Christelike waardes wat op die bevolking afgegee het.

‘n Persepsie bestaan voorts dat baie van die misdaad ook na immigrante uit minder ontwikkelende lande teruggelei kan word.

Te midde van die opskiet van moskees het die selfversekerdheid  post-Christelikheid as mode sy glans verloor.

Die oorkoepelendheid van die Europese Unie het tot gevolg dat plaaslike nasionalisme, selfs dit wat amper vergete was, op die een of ander wyse weer lewend geword het. Skotse en Walliese parlemente is ingestel, en word na hul webwerwe gekyk, straal die trots uit die kwaliteit daarvan. Vlaandere raak nukkerig met sy blok-aan-die-been, maar meerderwaardige Walloniese landsgenote. Die Friesiese kultuur blom en verskillende dialekte daarvan word afgestof. Brabants het sy eie Bybelvertaling gekry.

Universiteitsowerhede wat meen om studente, met verreweg beter kwalifikasies as die gemiddelde Suid-Afrikaanse kieser, kunsmatig van die natuurlike verloop van studentepolitiek te beroof, herinner aan lesse wat Lord Milner ook al hier op Suid-Afrikaanse bodem moes leer.

Spreek eers die oorsake aan. Die simptome sal self daarop reageer.

 

 

avto-mechanic.ruлобановский депутат

Protesaksie teen misdaad

Vandag hang die land se vlae by wyse van spreke halfstok. Protesaksies teen misdaad, wat deur Solidariteit gereël word, word landswyd gehou.

Min sake het die aandag op die land se misdaadvlakke gefokus soos toe die presidensie vroeër vanjaar geweier het om kruiwavragte vol protesmemorandums teen misdaad in ontvangs te neem. Dié blaps is later reggestel.

Met Suid-Afrika wat onlangs die titel van die wêreld se moord-hoofsetel by sy voorheen verworwe titel van verkragtingshoofsetel gevoeg het, spreek dit vanself dat die fokus in die land deurgaans op misdaad sal val.

Met die een oog op die misdaadvlakke, is die ander oog op die polisie se vermoë om die misdaad aan te spreek. Dit is nog maande voor die volgende misdaadstatistieke beskikbaar gestel word, en ‘n polemiek het reeds daaroor losgebars.

Intussen gaan minstens een GPF ‘n brief van protes aan die polisiebestuur rig omdat daar nou selfs op hierdie vlak opdrag is om misdaadstatistiek in die omgewing, van die publiek te weerhou. Hierdie GPF meen dit is onredelik van die bestuur om te vra vir gemeenskapsbetrokkenheid, maar dan diegene wat wel deelneem, so te behandel. Hierdie GPF verwoord bloot die ongelukkigheid wat die opdrag landswyd tot gevolg het.

Boonop word vandag berig dat genl. Cele en sy span in die parlement met die roede te make gekry het omdat hulle lastige vrae nie kon beantwoord nie, en toe uitstel gevra het om voor te berei. Een van die vrae wat nie beantwoord kon word nie, is hoe gemiddeld R139 miljoen gespandeer kon wees in die bou of verbetering van 23 polisiekantore.

Gereelde berigte verskyn waaruit dit wil voorkom asof die ras-kwessie eerder as bekwaamheid die norm vir die lot van lede van die polisie is. Dit strek aan aanstelling tot bevordering tot dissiplinêre optrede. Politieke en vakbond- affiliasies tel gereeld ook skynbaar meer as reg en verkeerd.

Oor die kwessie van die opheffing al dan nie van die moratorium op die aanstelling van reserviste kom dit voor asof die linkerhand nie weet wat die linkerhand doen nie. Beide kampe het amptelike dokumentasie wat hul standpunte onderskraag.

Die polisie se forensiese afdeling het ontsaglike agterstande.

Gelukkig is daar ook baie goeie en knap polisielede soos die oorvol tronke getuig.

Met die Nampo-oesdag onderweg, val die fokus ook nou weer op die muur van herinnering op die oesdagplaas waar die name van duisende vermoorde plaasaanval-slagoffers aangebring word – ‘n lys wat ontstellend vinnig aangroei.

Dit spreek vanself dat die land se probleme nie opgelos gaan word as die fondamente van moraliteit nie reg gelê is nie. Dit is al oor en oor bewys dat die uitdeel van kondome as teenvoeter vir Vigsverspreiding die teenoorgestelde uitwerking het omdat dit die gedagte aan bandelose seks legitimiteit verleen.

Met bykans 800 000 babas wat reeds sedert die wettiging van aborsie in Suid-Afrika wettig geaborteer is, word geen sinvolle boodskap oor die waarde van ‘n menselewe uitgestuur nie.

Te midde hiervan het die president te midde van weerstand aangekondig dat ‘n debat oor die herdefiniëring van moraliteit gevoer gaan word. Aan die bod is die “lastigheid” dat te veel kwessies waarmee sommige kulture geen probleme het nie, deur die geldende norme as verkeerd beskou word. In ‘n land waar korrupsie ‘n endemiese omvang aangeneem het, is dit speel met vuur.

 

 

free casino slotsданильченко юрій Харків

Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop

Enkele dae nadat die ANC se dissiplinêre komitee besluit het sy jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy ‘n opdrag geïgnoreer het om nie meer “Skiet die Boere” te sing nie, is nog ‘n plaasmoord gepleeg.

Dié keer was dit mnr. Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as ‘n boer wat baie goed vir sy plaaswerkers was. In ‘n vroeëre, dubbele Vrystaatse plaasmoord, is die bejaarde egpaar as filantrope beskryf.

‘n Redakteur van ‘n klein Afrikaanse koerant skryf in reaksie op ‘n nuusverklaring oor Strydom se moord dat sy onthou hoe ‘n voorval enkele jare gelede, toe ‘n sakeman ‘n swart man agter sy voertuig aangesleep het, tot internasionaal opslae gemaak het. Dat Strydom ook, volgens die getuienis op die toneel, skynbaar agter sy bakkie aangesleep is, het kwalik die nuus gehaal, laat staan nog opslae maak.

In Suid-Afrika is daar in verskeie kringe, ook die regering, ‘n ergerlikheid weens die groot klem wat op plaasmoorde geplaas word. Daar is egter verskeie redes waarom dit soveel aandag geniet.

Die internasionale moordkoers word op 5 per 100 000 per jaar geraam, met dié van Wes-Europa op een. Suid-Afrika se moordkoers is egter net minder as 50 per 100 000 per jaar, met onder meer die Mediese Navorsingsraad wat meen dit is aansienlik hoër. Formeel word die moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap danksy bendebedrywighede op ongeveer 90 per 100 000 per jaar geraam wat as die hoogste moordkoers vir ‘n identifiseerbare groep in die wêreld beskou word.

Interpol beraam egter die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere op meer as 300 per 100 000 per jaar. Dit klink op die oog af of dit nie so baie kan wees nie, bloot omdat daar lank nie meer naastenby ‘n 100 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is nie.

Nog ‘n rede waarom plaasmoorde soveel aandag trek, is die ontsettende wreedheid waarmee dit in baie gevalle gepleeg word. Van ‘n bejaarde se voetsole afskil om te wys waar ‘n nie-bestaande kluis is, tot die keel afsny van ‘n Belgiese burger. Met byna elke plaasmoord lyk dit of die aanvallers vrye teuels aan hul verbeelding gegee het om innoverende wreedheid op te dis.

Weens die onderlinge band van boere, die tipe self-aangewesenheid, die regering se onhulpvaardige reaksie (indien enige) in terme van veroordeling, die regering se gereelde beskuldigende vingerwysings na boere en ‘n verskeidenheid ander faktore, het dit verskeie sielkundiges al laat reageer dat hulle hier met iets anders te make het as die trauma wat gewoonlik op ‘n moord volg.

Sommiges beskryf dit as ‘n manifestasie van viktimonologie – ‘n trauma wat nie weggaan nie.

Selfs die huidige minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se aanvanklike belowende wegspring met die landbou het nou in die gebruiklike retoriek verval wat die bewindstydperk van Lawwe Lulu en Dirk du Toit gekenmerk het. Die omgewingsdruk in die ANC is skynbaar net te sterk om geykte persepsies blywend te verander.

Dit beteken nie dat enige ander moord minder veroordelingswaardig is nie. Of die boef nou ‘n veiligheidskompleks ingedring en iemand in die privaatheid van haar eie slaapkamer onteer en vermoor, en of dit ‘n dronknes-messtekery is, dit bly erger as die blote statistiek. Sokker-euforie te midde van hierdie syfers herinner aan ‘n dop teen depressie. Dit help vir die oomblik maar dit verdiep die depressie en neem nie die oorsaak weg nie.

 

the best gameАлександр Фильчаков Васильевич

Sokkerstert as sambok

Binne enkele weke breek die grootste sportgeleentheid aan wat nog in Suid-Afrika en op die kontinent gehou is. Dit is ‘n uithangleentheid soos min wat vir die spartelende regering soos manna uit die hemel kom.

…Of is dit?

Al hoe meer mense en instansies besef hoeveel waarde die regering aan die geleentheid heg, en begin nou planne smee om daardeur konsessies van die regering te probeer afdwing.

Die seisoen van stakings duur voort met die vervoerstaking wat nou ongemaklik naby aan die sokker draai. Verskeie diensleweringsbetogings het al plaasgevind, en die massa-aksie teen misdaad wat deur Solidariteit gelei word, gaan waarskynlik ook die grootste van sy soort ooit in Suid-Afrika wees.

Bewaringskundiges wil ook die komende toernooi gebruik om ‘n mynmaatskappy te stuit wat met ‘n oop steenkoolmyn in die Mapungubwe wêrelerfenisgebied begin het. Dié myn val boonop in ‘n oorgrens-bewaringsgebied ook. Suid-Afrika se geskiedenis oor wêrelderfenisgebiede is juis nie iets om op trots te wees nie, met Unesco wat al met stappe begin het oor Suid-Afrika se oortredings en voeteslepery in die Vredefort-koepelgebied. Ook hier is berig dat ‘n Australiese maatskappy na die proklamering nog prospekteerwerk gedoen het.

Robbeneiland is ook kort-kort in die spervuur, en onlangs is berig dat plakkers ‘n informele nedersetting in die Wieg van die Mensdom-erfenisgebied opgerig het – boonop op grond wat weens dolomitiese formasies nie vir huisvesting geskik is nie.

Pas het die ANC ‘n klag teen Julius Malema teruggetrek oor sy volharding om ‘n omstrede liedjie met die woorde: Skiet die Boere” te sing, of nog ‘n boer, mnr. Johan Strydom, is vermoor. Ontstellende berigte oor plaasmoorde het reeds die buitelandse pers gehaal voor die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche die oë van die wêreld daarop gevestig het. Plaasmoorde is egter nie al ontstellende voorvalle van misdaad nie.

Terwyl die regering normaalweg dawerend swyg oor plaasaanvalle, is dit nie skaam om ontstellende kaf oor die landbousektor aan die groot klok te hang nie. Selfs die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson wat belowend begin het, sing nou voor in hierdie koor en gedra haar soos te veel ANC-ministers wat nie vir afsprake opdaag nie – gewoonlik omdat hulle oorsee is.

Opsommend word probleme ontken of afgemaak.

Maar toe ‘n groepie regses aangekeer is, is ‘n nuuskonferensie belê asof ‘n reuse regse komplot om die sokker met aanvalle te teiken ontbloot is. In waarskynlik die mees amateuragtige strategiese kommunikasie-aksie ooit, is ‘n persepsie by die buiteland geskep wat waarskynlik te make het met ‘n magsvertoon wat vir die binnelandse gehoor bedoel is dat die regering ‘n regse bedreiging lag-lag die hoof kan bied.

Sommige faktore wat tot ‘n ongunstige persepsie oor Suid-Afrika lei kan nie op die regering se brood gesmeer word nie. ‘n Enkele individu kan groot amok maak, of dit nou met ‘n fisiese wapen of toegang tot die internet is.

Dit verhoog daarom die druk op die regering om dit wat hy kan aanspreek behoorlik aan te spreek. Die verhogings wat die vervoer-semi-staatsinstellings aanbied is waarskynlik nie onredelik nie, maar die hele prentjie verander in die lig daarvan dat die bestuur aan hulself veel groter verhogings toegestaan het. Kenners waarsku al lank dat die inkomstegaping in Suid-Afrika gevaarlik groot is.

Om so op te tree dat die herstel van Vrystaatse paaie eers na die sokkertoernooi plaasvind, is ondenkbaar dom.

Baie Suid-Afrikaners is bekommerd dat die toernooi vir Suid-Afrika ‘n verleentheid gaan oplewer, en daar is genoeg regeringsgeskepte redes om hier en daar bedenkinge te troetel. Om daardie mense as dislojaal en selfs as verraaiers af te maak help ook nie.

справка отданильченко юрій броніславович компромат

Lojaliteit en ‘n bisarre Suid-Afrika

Opposisiepartye is oor die algemeen nie konstruktief nie, en by implikasie nie lojaal nie. Dit is ‘n veralgemening dat Suid-Afrikaners nie positief oor die land is nie.

Dit is min of meer die kernagtige samevatting van pres. Jacob Zuma oor wat in die land aan die gebeur is – ‘n president met toenemende kenmerke van iemand wat homself in ‘n ivoortoring toesluit.

Terwyl dit blykbaar ‘n baie ernstige oortreding is om Zuma met oud-pres. Thabo Mbeki te vergelyk, word die ooreenkomste hieroor duideliker. Mbeki sal lank onthou word vir sy oogklap-optrede toe hy gemeen het peilings oor werkloosheid en armoede is oordrewe, want hy sien dit dan nie.

Zuma is ontevrede omdat die ANC nie soveel krediet kry vir prestasies as waarop die ANC aanspraak maak nie.

Die soort aansprake wat die ANC graag maak is die hoeveelheid gedienste persele wat beskikbaar gestel is, die hoeveelheid HOP-huise wat gebou is, en die hoeveelheid mense wat nou welsynstoelaes ontvang.

‘n Mens hoef nie die hulp van ‘n “negatiewe” opposisieparty te hê om te verstaan dat die instroming van miljoene onwettige immigrante – danksy onbeskermde grense en korrupte amptenare – die beskikbare werksgeleenthede dreineer, die dienste uitput en sommer op die koop toe Suid-Afrikaners op ‘n ongekende skaal aan dwelm- en prostitusiesindikate blootstel nie. Derduisende goed-opgeleide Suid-Afrikaners werk oorsee.

Pas het dit bekend geword dat die Vrystaat se haglike paaie eers na die komende sokkertoernooi aandag gaan kry. Intussen het die agterstand in finansies vir padinstandhouding tot ongeveer R75 miljard aangegroei. Klinieke sit gereeld sonder medikasie en hul erwe groei toe onder onkruid.

‘n Minister gaan verkla Skoor by die Speaker, haar broer, oor die parlement wat so ongeskik met haar is om hul grondwetlike oorsigplig oor haar te wil uitoefen.

Die land se komende waterkrisis blyk groter te wees as die kragkrisis, maar die minister sien geen krisis nie. Munisipaliteite is aldus die Ouditeur-generaal byna voor die voet in tamatiestraat, en heelwat hiervan in die rioolstraat.

Die terugtrek van die mees ernstige klagtes teen Julius Malema sal nog lank as ‘n klad teen die ANC staan.

Hierdie is maar enkele aspekte.

Teen hierdie agtergrond is dit pikant om opposisiepartye van dislojaliteit te beskuldig asof hulle onpatrioties is. Het dié toestande argumentsonthalwe in Nederland ontstaan, sou ‘n regerende party se ore veel meer getuit het, en bowendien sou so ‘n party se tassies al lankal gepak gewees het. ‘n Party met genoeg patriotisme, wat byvoorbeeld erns sou maak met die uitroei van korrupsie en onbevoegdheid, sou aan bewind gestel word.

Volgens Zuma jaag opposisiepartye net koerantopskrifte na.

Vandag is een van die treffendste opskrifte, sonder dat dit aan ‘n opposisieparty toegeskryf kan word Tim du Plessis se Brandpunt in Volksblad: “Onthul: ANC se nuwe DNS. Korrupsie en verryking die gom wat hulle deesdae bind.”

Mnr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA, wel buite konteks aangehaal, verklaar in vandag se Volksblad: “Ek dink in ons demokrasie het partye nog nie die nodige politieke volwassenheid bereik nie en kiesers stem nog met hul emosies.” Die standpunt word lankal deur beginselgedrewe partye gehuldig.

Dié standpunt word blykbaar gedeel deur pres. Zuma gedeel in sy oproepe op swart kiesers dat hulle moreel verplig is om vir die ANC te stem.

Peilings en feite soos die emigrasie toon dat Suid-Afrikaners, en nie net die minderheid Afrikaners nie, oor die algemeen nie baie positief oor die land is nie. Die fout hiervoor lê nie voor die minder positiewe mense nie. Dit is gewoonlik juis mense wat trots op hul land is en skaam kry vir die misdaadkoers, die agteruitgang van die padnetwerk, HOP-huise wat gesloop moet word, riool wat in die strate afloop en ‘n onderwysstelsel wat nou as van ‘n laer standaard as dié van verskeie Sub-Sahara-Afrikalande insluitende dié van Zimbabwe beskou word.

Dit is mense wat graag deur arbeid en hul hardverworwe kwalifikasies vir hul gesinne wil sorg, maar wat weens hul velkleur nie geleentheid kry nie.

Dit is nie hulle wat nie hul dag in die hof gekry het nie, en dit is nie hulle wat ritse vroue aanskaf en dan nog boonop buite die huwelik gaan kinders verwek nie.

Dit is ook nie hulle wat vra dat die land se morele kodes opnuut bespreek en geformuleer word sodat ander waardes ook staanplek kan kry nie.

‘n Ware demokrasie is robuus en Zuma moet verlief neem dat ‘n ivoortoring die ideale teiken vir kleilatgooi is.

name slot machine selectorлобановский александр фото

Inheemse tale se stryd

Hoe nader ‘n verkiesing word, hoe belangriker word die handhawing van die ander tien amptelike tale se status. Skielik praat ministers wat voorheen nooit ‘n woord in Afrikaans gesprak het nie, met wisselende mates van vermoë die taal op TV.

Verder van ‘n verkiesing, en Afrikaans moes hom na die grondwethof wen om die regering se onwillige agterent in rat te kry om ‘n taalwet, wat die grondwet vereis, op die wetboek te kry. Dit was nie soseer die draling met die wet wat gepla het nie, maar die regering se repliek op die hofaansoek, naamlik dat Afrikaans self vir sy gebruiks-agteruitgang en juridiese onderploeging verantwoordelik gehou word.

Maar maak Afrikaanssprekendes hul stem bietjie dik, al is dit om vanuit gewoonlik uiters gematigde oord ‘n bietjie briek aan te slaan met die aftakeling van Afrikaans soos by die US, dan is dit nie lank nie of ‘n minister of twee spring iewers woedend op en pak uit oor diegene wat transformasie in die wiele ry. Soms word dit blatant gestel dat die aandrang op ‘n regverdige aandeel vir Afrikaans deur baie mense as ‘n politieke daad van aggressie teen hulle vertolk word.

Afrikaans se stryd om oorlewing is veelvlakkig. Verskeie eens Afrikaanse landboukolleges is dit glad nie meer nie. Die momentum was blykbaar om ook die ander volledig te verengels omdat, soos dit verklaar word, die primêre opleidingsteiken swart, bruin en Indiërboere is.

Afrikaanse studente by Potchefstroom se landboukollege, wat as die Pampoenboere bekend staan, kla al lank dat daar erg teen Afrikaans gediskrimineer word. Uiteindelik het Afriforum by die Departement van Landbou aangedring dat die hoof, na ‘n lang reeks insidente wat ook op ander vorme van moontlike wanbestuur dui, ontslaan word.

Toe volg die proses van Afrikaanse diskriminasie by die Grootfontein-kollege by Middelburg in die Karoo waar die oorgrote hoeveelheid studente Afrikaanssprekend is. Tot die Departement van Landbou se krediet is skaars stem dik gemaak, of die departement het onderneem om die proses te staak.

Die les is dat groot waaksaamheid aan die dag gelê moet word, en dat elke aksie van Milnerisme van die kleinste en laagste vlak, tot die hoogste vlak, aangespreek moet word. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie.

Dit is byvoorbeeld ook duidelik dat die entoesiasme waarmee op pleknaamveranderinge aangedring word, veel minder is as die name Engels is.

Ongelukkig is Pansat tandeloos, en die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe disfunksioneel, wat in effek slegs die howe ooplaat.

Maar elkeen kan sy deeltjie doen. Maak dit duidelik waarheen ‘n mens se geld gaan, en as dit dan na ‘n instansie moet gaan wat teen Afrikaans diskrimineer, maak dit iewers, soos briewe aan koerante of op die internet, duidelik dat dit onder protes is. Die feit dat Afrikaans van die nuwe gedrukte note verwyder is, beteken nie Afrikaanssprekendes se koopkrag is opeens daarmee heen nie.

Burgerlike organisasies se rol as bemiddelaars, en as dit nie help nie, as drukgroepe, is onontbeerlik.

Die vragte Afrikaanse literatuur wat die lig sien, vertel nie die volle verhaal nie. Slegs ‘n klein persentasie word vir die uitgee van harde kopie gekeur. Die leeueaandeel byt in die stof wens ‘n verskeidenheid redes. Wat vaktaal betref, raak dit al moeiliker om Afrikaanse inligtingsbronne te bekom, in skrille kontras met die groot ywer waarmee Afrikaanse entoesiaste bykans onmiddellik na Afrikaans amptelike status verwerf het, vir ensiklopediereekse en ander vakboeke gesorg het.

Die internet het ‘n noodgedwonge aflaaiplek vir Afrikaans geword wat nie in harde kopie die paal haal nie. Ongelukkig veroorsaak dit dat spel- en taalfoute, wat danksy die skoolstelsel floreer,  ongeredigeerd aan lesers opgedis word. Maar dit leef, al is daar nie soos by die gedrukte weergawe groot literêre en ander pryse ter sprake nie.

подвесной светильник армстронгФильчаков прокуратура харьков

Malema…nog steeds

Volgens die Suid-Afrikaanse reg is iemand onskuldig tot sy skuld bewys is. Heelwat lastersake in Suid-Afrika volg nadat iemand sonder ‘n skuldigbevinding as iets geëtiketteer is.

Die ANC se interne verhoor rondom Julius Malema behoort volgens dieselfde beginsels hanteer te word. Drie van die vier klagtes teen hom is egter laat vaar, waaronder die feit dat hy weer die liedjie, “Skiet die Boere”, gesing het na pres. Zuma gelas het dat die liedjie nie meer gesing word nie.

Tog is dit insiggewend waaraan Malema wél skuldig bevind is: Hy het naamlik in die openbaar gekla dat nie eens oud-pres. Thabo Mbeki het hom getugtig soos wat Zuma dit doen nie. Veral uit die vonnis, wat onder meer bepaal dat hy behandeling vir die beheer van sy woede ontvang, is dit duidelik dat sy optredes oor klagtes wat laat vaar is, wel deeglik verreken is. Dié vonnis sou veel beter pas by sy singery en veral die verleentheid wat hy die land besorg het met die uitjaag van ‘n BBC-joernalis tydens ‘n nuuskonferensie.

Dit blyk dat die drie klagtes as deel van ‘n pleitooreenkoms laat vaar is. So is heelwat van Malema se opgeblase statuur behou, maar ongelukkig is die polariserende effek van sy optredes op die Suid-Afrikaanse bevolking nie verreken en minstens ten dele ontlont nie. Hieroor is daar nog ‘n regsproses in die openbare regstelsel, waaronder ‘n verhoor voor die gelykheidshof.

Die beslissing dat die drie klagtes laat vaar word, het egter ook ‘n impak op Suid-Afrika se internasionale betrekkinge. Die belangrikste hiervan is die impak op Suid-Afrika se bemiddelingsrol in Zimbabwe. Malema het Suid-Afrika in die verleentheid gestel deur blatant kant te kies vir Robert Mugabe. Tegnies staan dié kantkiesery nou.

Presies hoe belangrik die komende gelykheidshof- en moontlike ander verhore geword het, blyk uit die bewoording van Malema se verskoning, wat hy as deel van sy vonnis moes aanbied. In dié verskoning wat hy aangebied het moes hy die verskoning rig aan die president van die ANC, die ANC en die publiek oor die algemeen.

Dit is egter waarvoor hy verskoning moet vra wat die smakie van pikantheid dra: Hy is jammer dat hy die ANC-president se statuur aangetas het, en dat hy verdeeldheid binne die ANC veroorsaak het. Dat die publiek in die algemeen hiervoor verskoning gevra moet word, dui daarop dat die dissiplinêre komitee ‘n ongesonde onvermoë het om die ANC van die staat te onderskei. Binne ‘n demokrasie is dit immers juis ‘n goeie ding as daar krake in ‘n te sterk regerende party kom, wat bowendien noustrop trek om in die beste belang van die land te regeer.

In vandag se dagbladpers word onder meer berig oor die agterstand van bykans R75 miljard in padonderhoud, terwyl Vrystaters blykbaar tot na die wêreldbeker sal moet wag voor die haglike padtoestande aangespreek word.

Van sterk voornemens om korrupsie vas te vat het na ‘n jaar op die troon nog bykans dadels gekom.

Op die telbord van optredes blyk darem nou dat ‘n belhamel wat die land oneindige skade berokken het, polarisasie die hoogtes ingjaag het, nou die man vir wie hy eens bereid was om ander dood te maak, om verskoning moes vra weens oneerbiedigheid teenoor die einste persoon, die president self.

Die hele oefening, so lyk dit, was bloot om bietjie gesag aan Zuma se beeld as uitrafelende president te gee. Die ANC se belange is ook loshande bo dié van die land gestel.

Landsbelang is nou terug in die openbare regstelsel.

play clue classicДанильченко Юрий отзывы

Hoes of betaal is die wet wat nie faal

Vanoggend berig Volksblad, pas na pres. Jacob Zuma sy nooiensjaar op die troon voltooi het, van ‘n departement wie se posbus nie betaal is nie, met die gevolg dat aansoeke om vakatures na die aansoekers teruggestuur is. Die woordvoerder vir die departement sê, sou dit blyk die geval te wees, sal die poste opnuut geadverteer moet word.

Die heradvertering sal oneindig meer kos as wat dit sou kos om die posbus betyds te betaal.

In dieselfde stad, soos in verskeie ander munisipaliteite, dra staats- en provinsiale departemente se wanbetaling van munisipale rekeninge ruim by tot die munisipaliteite se noustrop-trekkery.

Talle klein sake-ondernemings trek noustrop oor staats- en semi-staatsinstellings wat eenvoudig voete sleep met die betaling van diensverskaffers. Die vreemde is dat van hierdie ondernemings, met hul onbetaalde fakture in die hand, nie by banke oorbruggingsfinansiering kan bekom nie. Dit het ‘n aardskuddende rimpeleffek deur die ekonomie as die staat se skuld nie as sekuriteit vir oorbruggingsfinansiering beskou word nie.

Op die makro-skaal het die wêreldmarkte pas ‘n loesing gekry oor die Griekse ekonomiese krisis. Boonop het Griekeland, vergeleke met ‘n land soos Spanje wat dalk volgende witpens boontoe kan dryf, ‘n piepklein ekonomie.

Herstel was gou, toe ‘n reddingsboei deur sterker ekonomieë aangebied is, maar die belangrike was dat hierdie reddingsboei voorwaardes bevat soos ‘n perk op salarisverhogings en die alte ruim bonusse, en dat belasting verhoog moet word. Die Griekse staatsdienswerkers het nog vir oulaas met gewelddadige betogings aan die illusie van ‘n Utopia probeer klou, wat bloot die hulpverleners se skeptisisme oor die regruk verhoog het.

In Suid-Afrika is die begrotingstekorte by minstens sommige van die departemente van gesondheid – selfs met reuse vakaturelyste – nie goeie nuus vir die ekonomie nie. Die land se vergrote werkloosheidskoers toon immers dat daar ‘n groot behoefte is om elke denkbare pos te vul.

Die tekorte op die paaiebegroting het ‘n regstreekse impak op die land se makro-ekonomie.

Dit is duidelik dat die land hom in ‘n posisie bevind waar hy die sente moet omdraai, en terselfdertyd geld in omloop moet plaas om die ekonomie te stimuleer. Die Reserwebank speel ‘n belangrike rol, maar daar is tog ‘n paar lesse wat uit die Griekse tragedie te leer is:

–          Sorg dat produktiwiteit in pas is met jou land se handelsvennote, wat in effek die hele wêreld is. Wanneer produktiwiteit te laag daal, word dit relatief goedkoper om dieselfde vervaardigde produkte van oorsee in te voer as om dit plaaslik te vervaardig.

–          Daar is geen plek vir korrupsie en onbekwaamheid nie. Die wêreldbank beskryf korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms. Selfs al is die betrokkenes nie in staat om die skadelikheid van hul optredes te begryp nie, is dit geen rede om die blinde oog daarop te draai nie, en nog minder om die onderliggende etiek hieraan te herdefinieer sodat sekere skadelike praktyke hier te lande aanvaarbaar word nie.

–          Ekonomies maak dit sin om die produktiewe werkskeppingsektor ryk te laat word, omdat daardie sektor as enjinkamer vir die ekonomie dien. Die bottel bars egter as die onproduktiewe sektor op dieselfde wyse beloon word, en veral hierdie ruim, gewoonlik staatsbesoldigings – benut om luukshede soos peperduur vuurwaens in toe voer. Suid-Afrika is nou die land met die grootste meetbbare inkomstegaping ter wêreld.

‘n Korrupte en parasiet-gedrewe kultuur sal enige ekonomie laat sukkel, ongeag hoeveel myne so ‘n land het – genasionaliseer of andersins. As Zuma in sy tweede jaar meer vertroue as in sy eerste wil inboesem, sal hy korrupsie en onbekwaamheid, moet aanspreek. Dan is daar geen ruimte vir kaderontplooiing nie. Politiek-wetenskaplikes meen egter so iets sou te veel van pres. Zuma se styl tot dusver afwyk om ‘n ‘n realistiese verwagting te wees.

casino gameФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma – een jaar op die troon

Die gebruik om ‘n nuwe regeringshoof se prestasies na een jaar te ontleed is dikwels nie baie billik nie. In die geval van pres. Jacob Zuma behoort die billikheidsvereiste nie te geld nie, omdat hy tegnies ‘n voortsetting is van die bewind van dieselfde party. Verder is die komende Fifa-eindtoernooi so ‘n omvangryke gebeurtenis dat die land nie nou ‘n regeringshoof kan bekostig wat hom nog die luukse gun om sy voete te vind nie.

Die voortsetting van ANC-bewind is ongeveer waar die ooreenkomste tussen oud-pres. Thabo Mbeki en pres. Zuma eindig.

Mbeki en sy klein intellektuele Sanhedrin het vanuit ‘n ivoortoring regeer, en was spottenderwys net vir blits-ampsbesoeke op eie bodem. By so ‘n geleentheid is hy in die parlement getakel oor ‘n saak wat al weke in die media woed,  en het dit geblyk dat hy geen kennis daarvan gedra het nie. Hy was dikwels heeltemal uit voeling met die werklikheid.

Zuma se bewindstyd van goeie voornemens word miskien ten beste geïllustreer deur die syfers wat pas bekend gemaak is dat werkloosheid in die land gestyg het. Dit is ‘n emmer koue water in die gesig van die man wat teikens vir die vermindering van werkloosheid gestel het.

Sy Vrystaatse kornuit, Ace Magashule, het voor die bewindsaanvaarding by ‘n Salga-kongres ‘n Zuma-stelling ge-ego en gedreig dat onbekwame en korrupte burgemeesters en munisipale bestuurders die trekpas gaan kry, en is uitgelag. Min het nog verander om die teendeel te demonstreer.

Munisipale stakings, afgewissel met oproer teen power munisipale dienslewering, word met groeiende iesegrimmigheid deur die owerhede beantwoord namate die sokker – oor presies ‘n maand, nader kom.

Eskom trek nog noustrop met kragvoorsiening en geoordeel na woongebiede wat nou al hoe gereelder sonder taal of tyding in die duister gelaat word, is beurtkrag stil-stil weer ingevoer.

Misdaadvlakke, veral geweldsmisdaadvlakke, het skynbaar nou so nesgeskop dat dit nie oornag in die bek geruk gaan word nie.

Die staat het die afgelope jaar in verskeie grondwetlike sake die onderspit gedelf, hoewel sommiges nog onder appèl is.

Waarskynlik die grootste blaps van Zuma se nooiensjaar was om sy eens troue jeugleier, Julius Malema, tot kroonprins te salf. Pas het dié kapokhaan, wat eens gedreig het om te skiet ter wille van Zuma, na ‘n dissiplinêre verhoor tegnies op die monteerbaan beland het, weer openbare uitsprake van minagting teen Zuma gemaak. Zuma se versekerings aan die queen dat die ANC nie nasionaliseringsplanne het nie, is deur Malema weerspreek.

Malama se rol in die hemelhoë vlakke van polarisasie in die land moet nie onderskat word nie.  In die onlangse volkstaatdebat wat veral op die internet gewoed het, het Malema se rol soos taks opgeduik.

Zuma het verder die onderskeiding dat die internasionale media groot gewag oor hom gemaak het. Ongelukkig, vir hom, was die nuuselemente wat die meeste internasionale blootstelling in groot koerante soos die New York Times gekry het, opmerkings van ‘n klein party dat Zuma se veelwywery die land na die Donker Eeue terugsleep, en dat sy buite-egtelike kinders herinner aan ‘n Bill Clinton, Tiger Woods en Koning Henry VIII in een.

Zuma het uiteindelik die bykans ondenkbare gespreek deur te sê alles wat verkeerd loop kan nie meer op apartheid se brood gesmeer word nie. Jimmy Manyi en ander het egter nie gehoor of verstaan nie.

Sy bewind kan ten beste opgesom word as dat dit moeilik is om alles vir almal te wees. Sy veelgeroemde trieng-trieng om toeganklik vir die publiek se klagtes te wees kom volgens die jongste aanduidings met sowat een persent van die oproepe ontvang die mas op, en van dié sake wat opgevolg word, blyk bitter weinig die gewenste resultate op te lewer.

Al wat met stelligheid gesê kan word is dat Zuma in sy bewindstyd goed daarin slaag om in die nuus te bly – al is dit dikwels vir die verkeerde redes.

пескоструйная камералобановский политик