Tegnologie, kommunikasie en die natuur

Moderne kommunikasie het so vanselfsprekend geword dat die samelewing daarop staatmaak. Onder die gebruike van die internet is elektroniese bankdienste, ouers wat met hul kinders oorsee gesels en werkgewers wat baie aan kantoorhuur bespaar deur personeel van hul huise af te laat werk.

So afhanklik het die samelewing hiervan geword, dat ‘n diensverskaffer wat gereeld van lyn af gaan of ander probleme ervaar, gewoon nie lank in die mark hou nie.

Tog, waar instansies dit kan bekostig, en waar diensonderbrekings rampspoedig is, sal nie net van meer as een diensverskaffer gebruik gemaak word nie, maar van verskillende tegnologie soos om landlyntegnologie, soos ADSL, met radiogolwe aan te vul. Waar instansies nie ‘n gordel, kruisbande en ‘n stywe rek aanwend nie, moet kliënte gereeld gefrustreerd aanhoor dat transaksies nie kan plaasvind nie omdat die instansie van lyn af is.

Wanneer ‘n rugsteunstelsel nie bekostig kan word nie, word na die mees betroubare diensverskaffer gesoek – wat in Suid-Afrika gewoonlik beteken dat iets gesoek word waarin die staat nie ‘n stewige hand het nie.

Maar selfs die heel beste is kwesbaar, en het pas geblyk toe baie kliënte van waarskynlik die mees betroubare luggolf-diensverskaffer bykans twee dae lank van die lug af was nadat stormsterk rukwinde ‘n paar torings omgewaai het.

Presies hoeveel geld die diensverskaffer se kliënte wat grootliks of geheel vir hul inkomste van ‘n werkende internet afhanklik is, kan net geraai word. Die skade is waarskynlik enorm. Die frustrasievlakke sou net in die horrieskaal uitgedruk kon word.

люстры 5 рожковые подвесныеФільчаков прокурор

Partydigheid vir haatspraak

Julius Malema en die ANC-Jeugliga sal nou eers laat in April of vroeg in Mei weet of Malema ‘n tweede keer sy rieme oor haatspraak styfloop. Die klag wat Afriforum gelê het oor die sing van die liedjie, Skiet dood die Boere, sal dan eers in die Hooggeregshof aangehoor word.

Afriforum het die klag teen die ANC self hieroor na bemoedigende samesprekings onttrek. Hoewel die ANC die vroeëre verklaring deur die Hooggeregshof dat die liedjie haatspraak is, op appél neem, meen Afriforum dat dit oor ‘n onbevredigende stel feite handel waar twee vriende mekaar die stryd in die hof aangesê het.

Suid-Afrika stuur op ‘n landswye verkiesing af, en verkiesings in Suid-Afrika is steeds grootliks etniese sensusse, waar spanningsvlakke baie hoog loop. In die verlede is al deeglik getoon hoe doodgewone politiekery as die aanstigting van rassespanning vertolk word, en die stempatrone beïnvloed. Vra maar vir enige kulturele antropoloog hoe Helen Zille se styl van aanvalle op Jacob Zuma swart steun weer in die ANC gekonsolideer het, en selfs Cope in die proses van hierdie gekonsolideerde steun moes afstaan.

Pas het pres. Jacob Zuma ‘n kabinetskommeling aangekondig, of koerante berig oor van sy nuwe aanstellings wat al stywe boetes vir bedrog opgelê is. Ook ander, heel geldige kritiek word teen sommige van die aanstellings geopper. Na verwagting gaan die regering se reaksie wees om harder te dryf met sy mediasnoeringsplanne. Dit, op sigself, skep ‘n gespanne klimaat in die aanloop tot ‘n verkiesing.

Om te argumenteer dat dit bloot munisipale verkiesings is, het kwalik bene om op te staan. Onlangs was die minister van Samewerkende Regering erg in die spervuur omdat hy die opposisie verkwalik oor ‘n persepsie huldig dat sake op munisipale vlak erg haper. Dié minister het nie met die kabinetskommeling in die slag gebly nie.

Die ANC Jeugliga se reaksie op die hofverrigtinge is om Afriforum as ‘n klomp rassistiese kinders wat mal is, uit te skel. Dat Afriforum, as gemeenskapsorganisasie, die sentimente van bitter baie mense verteenwoordig wat saamstem dat ‘n liedjie wat “Skiet die Boere” bewoord, haatspraak verteenwoordig.

‘n Maklike toets om te bepaal of iets op haatspraak of rassisme neerkom, is om bloot die liedjie se bewoording te verander om ‘n ander bevolkingsgroep as teiken vir die skietery te bevat. Dit is hoe eenvoudig dit is, en geen argumente oor ‘n historiese aanloop – veral nie uit ‘n tyd van stryd nie – kan haatspraak as iets anders inkleur nie.

Dat so ‘n saak hof toe moet gaan, of soos in die geval van “Kill the Boer, kill the farmer” op appèl by die Menseregtekommissie moes gaan, en ‘n sokkerstadion daarna boonop na die voorsanger vernoem is, toon dat bitter baie mense openlik haatdraend die statutêre terrein bevolk. En so lank hierdie sentimente openlik gesteun word, sal die slagoffers met rede kan voel dat die motief vir sogenaamde regstellende aksie en transformasie met male fides besaai is.

пазли для дітейданильченко юрій броніславович компромат

Nuwe era met Henry Jeffreys New Age

Die nuus dat Henry Jeffreys, tot onlangs redakteur van Die Burger, die nuwe redakteur van die New Age gaan word, sal deur skeptici met valkoë dopgehou word.

Hoewel Jeffreys met sy aanstelling aangedui het dat die nuwe koerant “‘n unieke en onafhanklike geleentheid aan lesers van dagblaaie bied” sal min mense sy verwysing na die “onafhanklike” nou ernstig opneem.

Die eienaars van die New Age, die Gupta-familie, se bande met die ANC en pres. Jacob Zuma is gewoon te sterk. Boonop het die koerant ‘n eerste, en spesiale opgawe, gedruk met die bykans uitsluitlike doel om dit by die ANC se onlangse kongres in Durban te versprei.

Daardie uitgawe het saamgeval met ‘n waarskuwingsbrief oor persvryheid deur die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers sonder Grense. Toe die ANC nie gehoor nie, het Suid-Afrika kort hierna vyf plekke op die internasionale persvryheidsindeks teruggesak, nadat die land vroeër reeds deur Freedom House tot land wat net gedeeltelik persvry is, geherklassifiseer is.

Om dan te midde hiervan ‘n knieval voor die ANC te doen, en boonop in verskeie opsigte die vlae van ‘n lyfblad te swaai, dui nie werklik op onafhanklikheid nie.

Wat, uit die persoon Jeffreys, kan uit die aanstelling afgelei word?

Jeffreys was redakteur van Beeld, en is maar is ‘n paar jaar gelede as redakteur van Die Burger herontplooi, waarheen hy deur minstens een kornuit gevolg is. By Die Burger het hy, en die adjunk-redakteur Zelda Jongbloed, egter in dieselfde koor begin sing, wat veral gemanifesteer het in dikwels hoogs omstrede rubrieke wat nie net in Die Burger nie, maar ook in van die ander susterkoerante geplaas is.

Skielik is beide saam weg, maar is as rubriekskrywers behou. Dié rubrieke het hul gebruiklike kwota omstredenheid behou.

Beide Jefferys en Jongbloed het geen geleentheid verpas om hul struggle-verlede aan die groot klok te hang nie. Veral Jongbloed het dikwels onsuksesvol die balanseertoertjie van transformasie onder die dekmantel van nie-rassigheid probeer in vee.

Jeffreys het ‘n ruk na sy onverwagse uittog by Die Burger ook nog as die voorsitter van Sanef aangebly. In hierdie hoedanigheid het hy gewoonlik die regte geluide gemaak.

In dié stadium is daar so ver bekend geen aanduiding dat Jongbloed of ander knievallers Jeffreys na die New Age gaan volg nie.

Dit sal interessant wees om nou te sien of Jeffreys en die New Age so sal saamspan dat die koerantwese in Suid-Afrika dieselfde kenmerke van polarisasie dra as dit wat peilings al hoe meer op die land se bevolkingsamestelling van toepassing maak.

Gaan die New Age bloot die naïewe erfenis van die struggle wat in die oë van sommiges erg ontspoor het, en in die oë van ander nooit eens op die spoor was nie, se lewe verleng, of gaan dit soos Malema en ander eis, by die koor van voortgesette revolusie inval?

Min waarnemers sal egter twyfel – die gevaar vergroot dat nog meer Suid-Afrikaners van die werklikhede vervreem gaan raak, en dat nog meer mense hul kruisies gaan trek sonder die vaagste benul van die inhoud van die sosiale kontrak wat hulle teken.

светильники купитьДанильченко Харьков

Ekonomie

Die sterkte van ‘n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter wêreld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan ‘n taamlike gemaklike lewe bekostig.

Dis net jammer van die VSA se hoë werkloosheidskoers.

Ekonome kap terug en wys daarop dat die werkloosheidskoers deels die werkloses se eie skuld is … mense is gewoon nie meer bereid om uit hul gevestigde omgewing te verhuis na die deelstate waar daar wel werksgeleenthede is nie.

Dis is uiteindelik ook die werkloosheidskoers wat Suid-Afrika se skynbaar sterk ekonomie in die bek geruk het. Boonop is daar nie oral eenstemmigheid oor wat die werkloosheidskoers is nie. Baie mense wat as motorwagte en los werkies die pot aan die kook probeer hou maar minder as die tipiese minimum-loon verdien, beskou hulself as werkloos.

Die ekonoom, Mike Schussler, wys daarop dat Suid-Afrika minder werk skep as tipiese konflikgebiede, en boonop dui syfers daarop dat Suid-Afrika in terme van Afrika Suid van die Sahara ook swak vaar.

Selfs al word die regering se werkskeppingsdoelwitte van vyf miljoen nuwe werksgeleenthede oor die volgende tien jaar bereik – gaan eintlik maar steeds die kreeftegang geboer word.

Voeg hierby die feit dat slegs ongeveer ‘n kwart van die geld wat nodig is om die land se padinfrstruktuur in stand te hou jaarliks begroot word, dan skets dit ‘n deeltjie van die probleem. Om die indiensnemingsteiken te behaal is ‘n geraamde groeikoers van 6 % oor die volgende dekade nodig.

Dit sny egter veel dieper. Ten eerste is daar ‘n onbekende getal onwettige immigrante in die land. Syfers van etlike miljoene word beraam.

Tweedens, is daar die kwessie van werksetiek. Dit hou verband met die gees wat die soustrein uitstraal – begunstigdes wat bitter baie vir bitter min werk verdien.

Suid-Afrika het ook die grootste meetbare inkomstegaping ter wêreld. Benewens dat dit tipies op politieke sosioloë se model van relatiewe deprivasie ‘n revolusionêre klimaat skep, dui navorsing ook ‘n regstreekse verwantskap met sosio-ekonomiese en maatskaplike probleme, soos meer drank- en dwelmmisbruik, meer egskeidings, meer misdaad en voller tronke.

Minister Pravin Gordhan se belangrikste boodskap tydens die mid-termyn-aansuiweringbegroting is egter dié dat daar geen ruimte vir korrupsie en leeglêery in poste is nie. Wat dit betref, is voorbeelde van daad by die woord genoem, maar sommer met die aankoopslag van Volksblad vanoggend skree ‘n voorblad-opskrif die boodskap van nog ‘n bedenklike mynreg wat toegeken is. Boonop het die nuus dat die Valke die ondersoek na die omstrede wapentransaksie gesluit het presies die teenoorgestelde boodskap uitgeskreeu.

Die werklike toets gaan nie net kom oor die invordering en omdraai van sente wat rande moet word nie, maar die inkoop aan ‘n stelsel van harde, etiese werk, doeltreffendheid en bekwaamheid.

Die land het verskeie agterstande wat ingehaal moet word. Hieronder tel die herstel van onderwysstandaarde, wat nou onder die swakstes in die wêreld gereken word. Bevolkingsaanwas vind tot ‘n groot mate plaas in daardie deel van die bevolking wat dit die minste kan bekostig, en ‘n enorme druk op die land se ekonomie plaas. Met die president wat self ongeveer 20 kinders het is dit ‘n boodskap wat baie moeilik verkoop kan word.

casino greeceФільчаков Олександр Васильович

Boodskap aan die president?

‘n Voormalige premier van Mpumalanga sal om verskeie redes onthou word, maar nie een positief nie. Hy het immers sy provinsie op so ‘n manier bestuur dat ‘n opposisieleier na sy provinsie as Mamparralanga verwys het. ‘n Voormalige adjunk-president tel self onder diegene wat ‘n gekoopte rybewys bekom het. Die sleureffek word steeds gevoel, soos die nasionale ingryping met vanjaar matriekeksamen nog voor dit begin het.

Daardie premier sal egter veral onthou word vir sy stelling dat dit in die haak is vir politici om kluitjies te bak.

Die persepsie dat dit wat politici kwytraak met ‘n knippie sout geneem moet word, loop veel wyer as Suid-Afrika se grense. Kort voor die internasionale ekonomiese krisis die wêreldaandag vasgevang het, het ‘n moraliteitsaksie in Europa momentum begin opbou, met vernaamste fokus om moraliteit by die pers en die politici op te eis.

Ongelukkig – ongeag hoe politici rasionaliseer oor waarom hulle die waarheid soms strategies buite perke moet aanwend – is dit nie heeltemal ongevraag om politici se omgaan met die waarheid te gogga nie. Selfs op ‘n vraag of die president weer op die punt staan om nog ‘n vrou te vat, moes Suid-Afrikaners vind dat hulle tot op bykans die laaste minuut die kous oor die kop getrek is. Oor beloftes wat dadels opgelewer het hou Suid-Afrika by die beste kluitjiebakkers ter wêreld kers vas.

Dié week het Suid-Afrikaners met groot verwagting uitgesien na ‘n broodnodige kabinetskommeling. Ten spyte van duidelike ontkennings uit regeringskringe, het die afwagting nie getaan nie. Selfs nie die wete dat die president se siening oor bevredigende diens dalk ‘n paar kerwe laer as die algemeen geldende norme is, het die verwagtinge laat verdamp nie. Boonop nader die land nou die pylvak van die landswye munisipale verkiesing, en ‘n skommeling, ongeag die verbetering, sal newe-effekte hê soos dikbek invloedrykes wat meen hulle is met weglatings verneder. Boonop het die bespiegelings bloedweinig moontlik plaasvervangers opgelewer wat die kenners opgewonde gemaak het – die potensiële oes lyk op die oog af maar skraal. Dit het iemand wel opgeval dat een van die moontlike kandidate vir ‘n kabinetspos, Metthews Phosa, onlangs sy deuntjie oor die omstrede mediakwessie verander het en nou een van die president se voorsangers hieroor is.

Die interessantste was egter dat die ontkennings in die wind gemaak is, en as irrelevant tot die waarheid beskou is.

Dit is egter duidelik dat baie meningsvormers, en kenners voor die voet meen dat ‘n kabinetskommeling broodnodig is. Trouens, word al die name van ministers wat die verskillende kenners genoem het, bymekaar gesit, bly bloedweinig oor wat nie die trekpas moes gekry het nie. Deurdat die regering nie deur sy ontkennings die bespiegelings kon hokslaan nie, is Suid-Afrikaners nou oor ‘n tydperk gevoer met die persepsie dat die kabinet grootliks uit paloekas bestaan.

Na strome onvleiende berigte oor ministers se doen, soos die aanskaf van peperduur vuurwaens en nog luukser hotelverblyf, onder meer, en late soos om nie munisipaliteite en dienslewering in die algemeen reg te ruk nie, was ‘n groot deel van die bevolking gereed en selfs begerig om met persepsies gevoed te word dat ‘n aantal ministers in die slag gaan bly.

Indien die bespiegelings oor ‘n kabinetskommeling bloot gerugte gaan bly, kan die hoop steeds bestaan dat die episode vir Zuma en sy kabinet ‘n openbaring was – dat om minister te wees veel meer vereis as om soms in ‘n luukse lugversorgde kantoor te gaan sit. Dat die prestasie-ooreenkomste wat geteken word ‘n bepaalde fokus op die woord “prestasie” het en dat die woord ‘n bepaalde inhoud het.

play free onlineлобановский александр компромат

Grondwetlikheid en ras

Twee skynbaar onafhanklike sake plaas die fokus op grondwetlikheid – oftewel die konsep van ‘n grondwetlike demokrasie.

Die eerste is die aanslag teen grondwetlike beginsels, soos die media-snoeringsplanne, en die tweede die kwessie van ras.

Ter aanvang – die beginsel van grondwetlikheid, in Engels bekend as Rule of Law, word nie oral ter wêreld ewe hartlik omarm nie. In Australië argumenteer die teenstanders dat onverkose regters wat parlementêre besluite kan omkeer, op ‘n aanslag teen die demokrasie neerkom. In ‘n heterogene land sou so ‘n argument uiters gevaarlik wees omdat dit as ‘n pleidooi vir die diktatuur van ‘n meerderheid vertolk sou kon word.

In beskaafde, heterogene samelewings soos Switserland is grondwetlikheid so sterk gevestig dat alles nie eens in geskrewe wette vervat hoef te wees nie. Niemand dink eens daaraan om ongeskrewe konvensies in die tande te skop nie.

In Suid-Afrika is dit egter duidelik dat nougeset gelet moet word daarop dat die beginsels wat die grondwet onderlê, nagekom word.

Of Suid-Afrika ‘n goeie grondwet het, naamlik ’n grondwet wat ontwerp is om die land en al sy mense se belange ten beste te dien, is ‘n ander vraag. Word dit met ander moderne lande wat heterogene bevolkings het vergelyk, selfs dié van die Europese Unie, is Suid-Afrika se grondwet duidelik uit pas.

Dit raak nog meer problematies wanneer die regering die grondwet uitdaag, soos nou met die mediakwessie. ‘n Vrye media word as een van die belangrikste waarborge vir grondwetlikheid beskou, selfs al hou ‘n mens nie altyd van wat in die proses na die oppervlak kom nie. Die regering kan praat tot hy blou in die gesig is, die internasionale gety reageer negatief daarop.

Intussen het die raskwessie ook diep nesgeskop, sodat dié kwessie nou ook in die akademie onder die loep geneem word. Tradisioneel is ras geassosieer met politieke terme soos regs, konserwatief, reaksionêr, en hier te lande, die uitvindsel van verregs. Tradisioneel, hoe verder van hierdie uithoek van die spektrum beweeg word na links, oor die gematigde middelgrond na liberaal en uiteindelik rewolusionêr, hoe minder speel ras ‘n rol.

Vanoggend bespreek prof. Theo Neethling, Kovsies se hoof van Politieke Wetenskap in Volksblad die verskynsel dat die rassekwessie ook sterk figureer in sekere ANC-dampkringe en ook in organisasies soos die PAC. “Sou dit hierdie mense dan ook regs of konserwatief maak?”vra prof Neethling.

Dat die professor nie ‘n denkbeeldige kwessie beet het nie, is duidelik, al het die tans nog vrye pers nie ewe onbevange oor al die manifestasies berig nie.

Die jongste debat is ingelui oor die ABSA-transformasiedebakel gekoppel aan die Curriebeker-borgskap. Met dié debat kwalik in die doofpot, vertoon Sasco-lede ‘n plakkaat met die woorde: A vote for SASCO is a vote for ANC and a vote for anc is a vote for Julius MALEMA. “One Boer one bullet.” Viva Julius malema viva!!! Students please vote for SASCO 100% BLACKS ONLY ORGANISATION (STRICTLY SOUTH AFRICANS) Amandla!!

In plaas daarvan dat die ANC hom hiervan distansieer, is pas berig dat die ANC appèl aanteken teen ‘n vroeëre hofbeslissing wat in effek die sing van die lied, “Skiet die Boere,” as haatspraak verbied.

Uit die FW de Klerk-era is ‘n erfenis van juridiese verabsolutering geërf – ‘n benadering waardeur die reg, en veral grondwetlikheid, sake moet orden, ook hoe bevolkingsgroepe met mekaar oor die weg moet kom. Politieke sosioloë is as’t ware van die toneel geveeg, en politieke wetenskaplikes moes hulle ook sterk staatsregtelik opskerp om relevant te bly.

Die voorbeelde hierbo toon duidelik dat dié benadering ongeveer net so goed slaag soos om gebroke huwelike deur die regsproses van die egskeidingshof te probeer heel.

Ook op ander terreine word die grondwet uitgedaag. In die dae toe die sg Euro-kommunisme in Europa ‘n faktor was, is grondwetlikheid nie werklik uitgedaag nie omdat daardie partye ideologies grondwetlik ingestel was. In Suid-Afrika maak terme soos “the ongoing revolution” steeds deel van die terminologie uit.

Terwyl ‘n minister die media ter wille van staatsveiligheid grootliks wil snoer, sit van die verbaal grootste uitdagers van die grondwet knus in die Kabinet – soos dikwels uit die taalkwessie blyk wat kort-kort in die howe beland, en iemand wat volhou hy het niks verkeerd gedoen nie hou ‘n eetstaking terwyl hy agter tralies is.

Iewers het iets ontspoor.

casino sign upФильчаков прокурор

Die persvryheidsindeks

Die afgelope week het die internasionale persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, daad by die woord gevoeg en Suid-Afrika vyf plekke op die persvryheidsindeks laat daal. Suid-Afrika beklee nou die 38ste plek.

Dit is die tweede terugslag wat Suid-Afrika vanjaar oor persvryheid tref. Vroeër het Freedom House Suid-Afrika se status tot dié van slegs gedeeltelik persvry geherklassifiseer.

Verslaggewers Sonder Grense –of VSG – het onlangs, tydens die ANC se Durbanse kongres, in skerp taal gewaarsku dat die party se beplande mediatribunaal en snoerwetgewing onaanvaarbaar is. In die verslag wat met die jongste persvryheidsindeks gepaard gaan, skryf VSG die land se swakker posisie egter ook toe aan die aanvalle op joernaliste tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Juius Malema se optrede jeens die BBC-joernalis tydens ‘n nuuskonferensie, word ook breedvoerig bespreek. Die woord, bastard, waarmee Malema die joernalis uitgejaag het, weerklink ook in die
verslag.

Die ANC het egter die rug styfgemaak.

Die ironie was dat Suid-Afrika die afgelope aantal jare geleidelik verlore grond op die persvryheidsindeks aan die terugwen was. Vroeg die eeu was Suid-Afrika nog 22ste op die indeks, en die mees persvrye land op die kontinent. Hierna het die ANC egter ook mediasnoeringsgeluide gemaak, en die land het ver teruggesak.Verskeie lande, soos Ghana en Mali, het beter as Suid-Afrika op die indeks gevaar, en het ook steeds beter posisies beklee terwyl Suid-Afrika sy posisie begin verbeter het.

Suid-Afrika se posisie – veral in die Afrikakonteks – klink moontlik nie baie erg nie, maar in die konteks van ‘n land met ‘n grondwetlike demokrasie geskoei op die liberalisme, en slegs een van ‘n handjievol lande wat naas die reg op uitdrukkingsvryheid persvryheid by die naam grondwetlik verskans, is dit kommerwekkend. As die regering ten opsigte van hierdie aspek so wyd met die grondwet omgaan, hoe sterk staan enige ander grondwetlike waarborge?

Baie water het in die see geloop sedert die Engelse koning Payne en sy makkers se ore laat afkap het. Boonop was die laksman nie so lekker oderlê in dié delikate takie nie, en het een se oor aan ‘n draadjie bly hang. Die laksman moes toe meer weer die skavot bestyg om sy brouwerk te voltooi. Wie nie wil hoor nie, het die koning gemeen, moes voel.

Gelukkig vir Payne en sy oorlose makkers het Cromwell kort hierna aan bewind gekom, en is hulle vrygelaat.

Sedertdien het persvryheid so met die demokrasie verweef geraak dat die Belgiese politikus, Yves Leterne, enkele jare gelede persvryheid as die vierde, weliswaar nie-amptelike been van die demokrasie beskryf het.

Die wêreld-ekonomiese krisis het nog ‘n dimensie ingelui. Yslandse bankbase was nog besig om ou konvensies in te span om hul aandeel in die Yslandse bankkrisis te snoer, toe politieke druk dié land op die voorpunt van institusionele mediavryheid geplaas het.

Die ANC swem stroomop, al is daar elemente van waarheid in dat die media die regering van latte voorsien om die pers mee te looi.

Daar is ‘n bepaalde verwantskap tussen ‘n land se stand op die persvryheidsindeks, en sy posisie op ander indekse soos beleggersvertroueindeks en die korrupsiepersepsieindeks. Ook op hierdie indekse is Suid-Afrika se posisie nie wat dit moet wees nie.

лосины для девочки с описаниемДанильченео

Mediavryheid en godsdiensvryheid

“Teen die 11de eeu,” skryf die Wêreldspektrum, “was die hele Europa vir die Christendom gewen.”

Vir die Christen bring dit onwillekeurig ‘n gevoel van blydskap, verl teen die agtergrond van die allerverskriklikste vervolging wat Christene die voorafgaande eeue periodiek moes verduur.

Tien eeue later kondig die media op die voorblad aan dat ‘n groot Suid-Afrikaanse winkelgroep na ‘n bestuursbesluit alle Christelike publikasies van sy rakke verwyder het. Na verskeie uitsprake is dit steeds wasig oor wat die rede was – van swak verkope totdat die winkelgroep nie godsdienstige en politieke publikasies op sy rakke wil duld nie. Beteken dit dat die ANC-gesinde New Age die trekpas gekry het nog voor die eerste uitgawe gedruk was?

Dit is meer as net met ‘n tikkie ironie op dieselfde dag wat oor die besluit gerapporteer is, die persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, ook sy jaarlikse persvryheidsindeks bekend gemaak het waarin Suid-Afrika vyf plekke teruggesak het. As redes word aangevoer die regering se beoogde mediawetgewing, die aanvalle op joernaliste tydens die Wêreldbekertoernooi en die optrede van Julius Malema teenoor ‘n joernalis van die BBC.

Dieselfde dag het die winkelgroep, na ‘n storm losgebars het, sy besluit hersien. Die tydskrifte sal weer op die rakke wees, en voortaan sal die verkope van die tydskrifte hul beskikbaarheid bepaal.

Die besluit om die tydskrifte te verwyder het egter nie die eenparige veroordeling vanuit Christelike geledere gekry wat ‘n mens sou verwag nie. Trouens, op Christelike webwerwe was daar ook steun vir die besluit. Dit sal die tydskrifte, veral die wat agter die deur staan, dus loon om te besin oor wat daartoe gelei het dat die baba met die badwater uitgegooi is.

Waar die 11de eeu se sukses van Christelike uitbreiding as ‘n feitlik ongekwalifiseerde oorwinning beskryf kon word, was dit kort hierna nie so eenvoudig nie. Onder die ergste vergrype was die inkwisisie wat sogenaamde ketters vervolg het. Later het ‘n stryd tussen Rooms-Katoliek en Protestantisme gevolg, wat onder meer ‘n dertigjarige oorlog met die ergste wreedhede denkbaar ingesluit het.

Word briewekolomme in koerante, veral op hul internetweergawe, vandag gevolg is dit duidelik dat die gees van die inkwisisie wyd voortleef. Van die briewe kom neer op ‘n mosie van wantroue in God se ongedelegeerde oordeelsmag – met groot bitterheid word mede-Christene geoordeel en veroordeel omdat hulle nie presies dieselfde glo as diegene wat die oordeel uitdeel nie. Dit is ligjare verwyder van God se beloftes dat Hy self hemelinge sal stuur om die onkruid tussen die koring uit te haal en die oes in te samel. En hier word nie na ekstreme standpunte verwys wat so onder die menslike oordeel deurloop nie, maar sienswyses van hoofstroomkerke.

Die gevolg is dat hierdie debatte ook plek-plek na van die Christelike tydskrifte oorloop, en veral een hom vierkantig in hierdie kamp gaan bevind het. Die betrokke tydskrif het boonop rug styfgemaak en geweier om hom aan die gesag van die persombudsman te onderwerp toe mense wat deurgeloop het besluit het om op te tree. Die tydskrif het ook erg op Christelike webblaaie onder skoot gekom.

‘n Bloemfonteinse gemeente hou nou ‘n reeks preke met die tema wat in hooftrekke daarop neerkom: “In die begin het God die aarde en alles daarop, ook die mens, geskep.Sedertdien skep die mens God.” Inderdaad, word die godsbeeld wat sommige mense gebruik vergelyk met die beeld van God soos veral in die Nuwe Testament geopenbaar word, is daar min, indien enige raakvlakke.

Die gevolg is dikwels dat die baba met die badwater uitgegooi word. Enkele jare gelede het die Europese Unie, toe die deelnemende lande se regerings deur Christen-demokratiese partye oorheers is, ‘n beleidsdokument aanvaar: “Die gevare van kreasionisme in die onderwys.” Dit is ook deur kerklike instansies, en selfs die Rooms-Katolieke Kerk ondersteun.

Dié stap is dadelik as ‘n optrede teen die Christendom voorgehou. Word die dokument self gelees, is dit duidelik dat dit, soos die EU se grondwet, ‘n hoë premie op geloofsvryheid stel. Dit handel oor ‘n kwasi-wetenskap se aandrang om konvensionele wetenskap in skoolleerplanne te vervang.

Geloofs- en persvryheid is duurgekoopte vryhede. Dit kan egter nie so verskans word dat dit instrumenteel word om juis daardie vryhede te verongeluk nie.

Terwyl die winkelgroep se optrede lomp bly, bied dit ook aan Christene en die tydskrifte die geleentheid om te besin oor die sendingtaak, wat nie met ‘n eietydse inkwisisie verwar moet word nie.

sites ukдепутат лобановский

Minister kwaad

Die minister van samewerkende regering, Sicleo Shiceka, is boos omdat opposisiepartye die indruk skep dat plaaslike regerings uitmekaar val. Sickea meen dis net enkele munisipaliteite wat verbrou, en die ander se beeld skaad. Boonop meen hy munisipaliteite het veel daartoe bygedra dat besoekers aan die wêreld-sokkerbekertoernooi ‘n positiewe beeld oor die land het.

Die minister se beskouing sou ernstiger opgeneem kon word, het ‘n klompie realiteite nie ‘n ander beeld uitgestraal nie. Die vernaamste is dat die ouditeur-generaal jaarliks, met die uitsondering van die Wes-Kaap, ‘n gans ander prentjie skilder met meer munisipaliteite wat die toets druip as wat slaag. Deur omkeerstrategie op strategie erken die regering hierdie werklikheid – al is daar bedenkinge of die omkeerstrategieë enige positiewe uitwerking het.

Voeg hierby die waterverslae, en realiteite soos dat die dorp Steynsrus nou al bykans twee weke sonder water sit en ‘n skool pas as gevolg van hierdie feit moes sluit. Kriminele klagtes is teen verskeie munisipaliteite gelê oor die dinge wat in die drinkwater voorkom. Hoë e-Coli-tellings is ‘n algemene verskynsel, iets wat slegs deur menslike en dierlike ontlasting in die water voorkom. E-Coli, wat gewoonlik self net dodelik gevaarlik kan wees as mense se weerstandigheid laag is soos weens Vigs, is eintlik ‘n verklikker dat ‘n gunstige groeimedium teenwoordig is vir die gevaarlike siektes soos cholera en maagkoors, in besonder tifoïde, wat die sterftes by Delmas veroorsaak het. Blou- en groendruppelstatus is glad nie meer ‘n vanselfsprekendheid nie, al ontken die regering dat daar ‘n waterkrisis in die land is.

In dorpe soos Sannieshof is daar basies nog net munisipale dienste omdat dit deur belastingbetalersverenigings gelewer word.

Kort-kort waag ‘n koerant dit om te wys hoe die regering musical chairs speel met onbevoegde kaders wat bloot weer elders ontplooi word. Trouens, die hoof van die ontplooiingstaakspan is self ‘n persoon wat ‘n bedenklike spoor agtergelaat het – eers in Bronkhorstspruit en toe Plettenbergbaai –aldus die ouditeur-generaal.

Staats- en provinsiale departemente en ander dienstegebruikers skuld munisipaliteite in die orde van R56 miljard. As is gedagte gehou word dat munisipaliteite jaarliks reuse bedrae weens oninvorderbaarheid afskryf, dan raak dit al hoe moeiliker en moeiliker om te begryp hoe die minister ‘n ander persepsie kan hê as dat dienslewering skrikwekkend swak is.

Die minister meen munisipaliteite werk omdat daar water in die krane is, krag in die lyne, en daar paaie is en dat verkeersligte werk. Hierdie vernis oor die houtwerk vertel min oor die gehalte van die houtwerk – van inwoners van ‘n provinsiale hoofstad wat kragrekenings kry en teen ‘n hoër tarief as die maksimum-koers aangeslaan word, wie se krag weens sogenaamde wanbetaling ontkoppel word terwyl hulle wel betaal het nie. Dit vertel nie die verhaal van mense wat hul lewe lank vir hul oudag voorsiening gemaak het, en nou hondekos moet eet om hul astronomiese kragrekeings te kan betaal nie. Dit vertel ook nie die verhaal van die minister wie se eie munisipale rekening met ‘n astronomiese bedrag in die rooi was, en ‘n munisipale bestuurder wie se eie munisipaliteit onder administrasie was, wat as LUR vir plaaslike regering aangestel is nie.

Om dit diplomaties te stel: Die minister moet verskoon dat baie mense met hom sal wil ooreenkom om met hom te verskil.

хамам спбtopcargo развод

As die pot die ketel verwyt

‘n Onlangse verkiesingsplakkaat van die studente-organisasie Sasco laat ‘n mens onwillekeurig aan die spreekwoord dink:, as die pot die ketel verwyt.

Die Engelse weergawe: “The pot calls the kettle black,” is dalk meer toepaslik vir die bewoording op ‘n verkiesingsplakkaat by ‘n opvoedkundige inrigting in Kaapstad. Dit lui:

A vote for SASCO is a vote for ANC and

a vote for anc is a vote for Julius

MALEMA

“One Boer one bullet”

Viva Julius malema viva!!!

Students please vote for SASCO 100%

BLACKS ONLY ORGANISATION

(STRICTLY SOUTH AFRICANS)

Amandla!!

Sasco het ook by ander universiteite, soos Tukkies, soortgelyke plakkate probeer vertoon, maar is in die bek geruk.

Die ironie is dat die meeste van die studente wat by hierdie plakkaat betrokke is, gebore sou wees na die laaste apartheidswet in die 80’gerjare geskrap is. Sedert 1994 is hulle die produk van die ANC se rasgedrewe “affirmative action” is.

Dit sou maklik wees om die bewoording toe te skryf aan ‘n klompie verdwaaldes wat nie die ANC se amptelike beleid van nie-rassigheid verstaan nie, maar die feit is dat dit nie die ANC is wat die betrokke studente tot orde roep nie, maar Afriforum Jeug.

Afriforum, ironies, is in veral die onlangse verlede by herhaling in briewekolomme en ander forums as rassisties uitgeskel omdat hulle stemming maak teen die rasgebaseerde transformasie-gekoppelde borgskap vir die Curriebekerreeks.

Trouens, die ANC is ook stil oor die blote bestaan van sulke rasgebaseerde organisasies soos die Black Lawyers Association , die Black Journalist Association en die Black Management Forum .

Dit klink veel eerder asof die ANC glo ‘n veldbrand kan geblus word deur petrol daarop te gooi.

Die ANC wil homself graag in die geskiedenis laat opteken as ‘n party wat goed regeer het – of dan – soos pres. Jacob Zuma dit gestel het – regeer tot die wederkoms. Om te verseker dat die geskiedenis dit so sal onthou, word allerlei snoeringsplanne teen die media beoog, ‘n proses wat nou op sigself die kenmerke van Stalinistiese onverdraagsaamheid begin inneem.

Intussen word heel duidelik nie genoeg gedoen om goeie regering te bewerkstellig waaroor die media kan berig nie. Vanoggend berig Volksblad op sy voorblad oor meer as ‘n duisend inwoners van Kroonstad wat met maagongesteldheid te kampe het, terwyl die munisipaliteit minstens twee strafregtelike klagtes oor die hantering van riool in die gesig staar. Die nabygeleë Steynsrus, wat deur dieselfde munisipaliteit bedien word, is al minstens tien dae sonder water.

Soos sake nou staan gaan die uitroep “Amandla!” vir verskillende mense heel verskillende betekenisse inhou. Die ANC mag Sasco as ‘n klein jakkalsie beskou, maar dit is juis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel.

instagram adsДанильченео

Gevaarligte flikker oor museums

Gewoonlik is daar ‘n regte manier van dinge doen, en daar is ‘n verkeerde manier van dinge doen.

Oor die meriete om museums in Bloemfontein saam te smelt ter wille van die beter aanwending van hulpbronne wat veral kleiner museums – ook in die omgewing – sal bevoordeel kan gedebatteer word. Daar is gereeld berigte oor klein museums in die omgewing van Bloemfontein wat tekens verval toon. By een museum sal ‘n besoeker aan die instansie se “landbou-afdeling” byvoorbeeld gelukkig wees om die stukkies geroeste metaal tussen die lang gras op te spoor.

Wanneer die hoofde van verskeie museums egter in die koerant moet lees dat so ‘n samesmelting beoog word, en boonop dat gesprekke glo al ver gevorder is, begin die gevaarligte reeds flikker.

Kruie die mededelings nog met ‘n taalgebruik wat sommiges as haatspraak beskou, dan is daar bepaald ‘n skroef los. Weer duik die omstrede en gelaaide woord, transformasie, op en dit kort na die ABSA-debakel vir soveel woelinge gesorg het.

Transformasie neem nou – gegewe die taalgebruik – die vorm aan van ‘n heksejag op veral wit mans. Blykbaar is geen taalgebruik erg genoeg om dié spesie mee af te kraak nie, ook nie binne die konteks van sy grondwetlike kultuurerfenis nie.

Onlangs het die ANC-lojalis, dr. Jakes Gerwel, in dieselfde asem wat hy meen die ANC is ‘n vrotsige regering, tog beswaar gemaak dat die ANC dikwels as landsvyand voorgehou word.

Maar walgooi soos hy wil, die tekens dat dit juis die geval is laai op. Sal ‘n regering met edele motiewe so ‘n veldtog op tou sit om die media te muilband en die publiek se reg op inligting te beperk? Beide hierdie regte is in die grondwet verskans. Sal ‘n regering met edele motiewe soveel vrye teuels aan leiers in eie geledere gee wat liedjies aanhef soos “Maak dood die Boere,”?  Nadat Pansat die regering as die grootste oortreder van die grondwet se taalbepalings beskryf het, was die regering reeds verskeie kere in die hof oor taalkwessies. Die jongste toevoeging tot hierdie langerwordende lys is toe die leier van die Christen-Demokratiese Party, ds. Theunis Botha, die onteieningsplanne in die nuwe Groenskrif oor Grondhervorming as diefstal beskryf het. Ook eiendomsreg is in die grondwet, en boonop die Handves van Menseregte, vervat.

Voeg hierby die ritse verslae van die ouditeur-generaal waarin die regering op alle vlakke die kous oor die kop kry. Op die oomblik word baie mense in Bloemfontein se elektrisiteit ontkoppel weens sogenaamde wanbetaling. Verontriefde inwoners moet dan skarrel om hul betalingsbewyse te faks na ‘n lang rits meestal onbeantwoorde oproepe dadels opgelewer het.

Kortom, in Bloemfontein maak dure ervaring dat baie mense transformasie blindelings as ‘n verwoesting van standaarde beskou. Om hierdie woord nou saam met erg gelaaide taal te gebruik om vir die een of ander beter bedeling voorspraak te maak, doen niks anders as die skep van ‘n “ons en julle”-situasie nie.

Nee wat prof. Jakes, soos hulle al lankal sê: Die wind waai wes.

купить диагностику для автоФильчаков прокурор харькова

Grondhervorming en onteiening

Benewens sekere ontstellende aspekte van die Groenskrif oor Grondhervorming wat na die media uitgelek is, spreek die opstellers in die groenskrif self die kommer uit dat van die voorstelle op regsgronde teenspoed kan kry.

Terselfdertyd spreek die prokureurstydskrif, De Rebus, kommer uit oor swak opgestelde wetgewing wat nou endemies word.

Daar is weliswaar ‘n verskil tussen die swak opstel van wetgewing weens onbevoegdheid en juridiese dwaling in ‘n groenskrif weens ‘n verbintenis tot ‘n ideologie wat nie met die grondwet strook nie. Die implikasies verskil ook – die swak opgestelde wetgewing kan hersien word wat ‘n tydsverlies tot gevolg het. ‘n Ideologies-gedrewe groenskrif wat ongrondwetlikhede bevat, jaag gemoedere op en skep juis die soort onstabiliteit wat die grondwet moet neutraliseer. Plaas dit boonop in die konteks waar die regering ook op ander terreine die grondwet uitdaag, soos met mediavryheid en transformasie wat teenstrydig is met die regte van kultuurgemeenskappe.

Uit die groenskrif is dit duidelik dat die opstellers in wese steeds onteiening as die doeltreffendste meganisme beskou om meer grond vir grondhervorming te bekom, en pryse af te dwing. Die blote gedagte dat die finale veto deur die grondeienaar uit die weg geruim moet word, laat die gevaarligte flikker.

Baie van die regs- en grondwetlike kwessies sal groter duidelikheid hê wanneer die hofsaak van Agri SA oor die regering se effektiewe onteiening van die boere se ondergrond finaal besleg is. Dit sal dus moontlik almal loon om die groenskrif, soos dit nou staan, op die ys te plaas tot daardie hofsaak afgehandel is, waarskynlik uiteindelik in die grondwethof, voor ook die wetgewing voortspruitend uit die groenskrif ook in so ‘n regsproses gedompel word.

Die staat behoort hom ook nie te veel oor die oponthoud te verknies nie. Soos sake tans staan is grondhervorming baie selde ‘n sukses, met talle grondhervormingsplase wat in toestande van erge verval en selfs verlate is. Terwyl die staat dan hierdie kwessie regstel kan die nodige kundigheid opgedoen word, ondersoeke na korrupsie wat baie van die grondhervormingsgeld ingesluk het, die dissiplinêre verhore en vele meer afgehandel word. Dit sluit Agri SA se saak by die Menseregtekommissie in wat handel oor gevalle waar die Departement van Grondsake hul waardasies aan die verkoper geheim gehou het, en die boer minder ontvang het as die staat se eie waardasie.

In die finale instansie is daar rede om kommer te hê oor die geloofwaardigheid onlangse mededeling van die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson by Agri SA se kongres, dat die ANC nie meer die kommersiële landbou as die vyand beskou nie. As sy dit werklik eerlik bedoel het, dui die inhoud van die groenskrif daarop dat daar beslis ‘n geval is van die linkerhand wat nie weet wat die linkerhand doen nie.

online casino euданильченко юрій броніславович

Weergee van die geskiedenis

Pas het lande in die Amerika’s ‘n dag lank effektief tot stilstand gekom om Columbus se sogenaamde ontdekking van die Nuwe Wêreld te herdenk. Dit volg kort na Krugerdag, wat as Heldedag bekend was voor dit afgeskaf is. In Suid-Afrika is Van Riebeeckdag, of te wel Stigtingsdag, ook nie meer ‘n amptelike vakansiedag nie.

Die wyse waarop geskiedenis deur latere geslagte weergegee en herdenk word, kan vreemde draai maak.

Vanjaar was ook die vyftigste herdenkingsjaar waarop argeoloë onomstootlike bewyse gevind het dat die Vikings meer as ‘n duisend jaar gelede, dus 500 jaar voor Columbus, kolonies in Vinland, soos hulle die Nuwe Wêreld genoem het, gestig het. Dié kolonisering het met die kerstening van die Vikings saamgeval, en die eerste Christenkolonie in die teenswoordige Kanada is ‘n duisend jaar gelede gestig.

Hierdie kolonisasie het ook nie in die geheim plaasgevind nie. Kort na die kolonisasie begin het, het die pous ‘n kardinaal vir Groenland en Vinland aangestel, en is daar heelwat geskrewe westerse bronne wat hierna verwys.

‘n Kouer tydperk het hierna ingetree sodat die Vikings hul Groenlandse kolonies ontruim het, en die Vinlandse kolonies, onder meer weens skermutselings met die inboorlinge, ook doodgeloop het.

Volgens moderne geskiedskrywers was Columbus deeglik van hierdie geskiedenis bewus, en het selfs die kaart waarop hy staatgemaak het, ‘n verbintenis met die Noormanne gehad. Trouens, teen die agtergrond van onbewese geskiedenis en munte uit onder meer Antiochië, Rome en China wat in die Amerikas ontdek is, lyk dit of Columbus eintlik ‘n baie laat aankomeling in die Nuwe Wêreld was. Dit is egter eintlik net die Viking-kolonisasie wat nou behoorlik gedokumenteer is.

Columbus self, volgens sommige bronne, het tot sy dood geglo hy het ‘n kortpad China toe gevind.

Tog word Columbus se ontdekking steeds gevier as sou hy werklik die ontdekker wees. Sy reise is wel belangrik aangesien dit tot die finale kolonisasie van die Nuwe Wêreld gelei het.

Van die lande weier egter amptelik om die Noormanne se ontdekkings te erken, en volgens argeoloë hou dit verband daarmee dat Columbus se ontdekking as ‘s ‘n trotse element van prestasie deur die Latynse volke ervaar word.

In die VSA word Thanksgiving Day, wat in effek Europese migrasie na die land gedenk, bykans net so groot soos Kersfees gevier. In Suid-Afrika het Stigtingsdag van die amptelike kalender verdwyn, byna asof dit nie plaasgevind het nie.

Twee elemente staan uit. Die eerste is dat geskiedenis veronderstel is om ‘n objektiewe weergee van die verlede te wees, asook ‘n objektiewe uitleg daarvan. In antieke China en in die geskiedenis van ander volke is enorme skade aangerig deurdat opeenvolgende dinastieë deur die verbranding van dokumentasie die spore van die vorige dinastie probeer uitwis het. Vandag word dit voortgesit in die vorm van ‘n selektiewe en selfs verdraaide maar politiek korrekte weergawes van lande se geskiedenis.

Die tweede element is hoe volke hul eie geskiedenis herdenk. Hiervoor moet die Afrikaner, die Griekwa, die Koranna en vele ander – in hierdie stadium in elk geval – self verantwoordelikheid neem.

картаФільчаков прокурор

Demokrasie

Die afgelope week het twee belangrike meningsvormers politieke stellings gemaak wat nie onaangespreek gelaat kan word nie.

Pas het die DA twee tussenverkiesings verloor, of die DA-leier, Helen Zille, wys daarop dat die opposisiestem verdeel was. Dié twee wyke in die Klein Karoo het voorheen aan die OD behoort, maar na die OD en die DA effektief saamgesmelt het, het die twee raadslede by die ANC aangesluit. In die gevolglike tussenverkiesings het die ANC die botoon gevoer. Ikosa en Cope het ook ‘n klompie stemme getrek.

Dit is verstaanbaar dat so ‘n uitslag ‘n groot teleurstelling vir die DA is, wat besig is om as provinsiale regering die ANC-beheerde provinsies uit te presteer, en waar die DA munisipaliteite beheer, feitlik voor die voet ook so maak.

Of dit egter demokraties korrek is om kiesers te verkwalik dat hulle hul demokratiese reg om vir hul eie oortuigings en beginsels stem, is ‘n ander vraag, en die antwoord sluit aan by die ander omstrede uitlating die afgelope week.

Prof. Jakes Gerwel, selferkende ANC-ondersteuner, is in sy rubriek in Rapport ongewoon krities op die ANC, hoewel hy meen dat vorige kritiek uit sy mond al behoorlik geboekstaaf is. Hy het dit egter daarteen dat die ANC dikwels as die landsvyand voorgehou word, wat hy meen onvanpas is selfs al is die ANC, soos hy dit stel, ‘n vrotsige regering.

Sy beswaar is dat ‘n party wat verkiesing na verkiesing in die orde van sestig persent van die kiesers se steun trek, nie as landsvyand voorgehou kan word nie. In ‘n grondwetlike demokrasie is dit egter kwalik die punt, en handel dit eerder oor of ‘n regering die vyand van die grondwet is of nie. Dit open ‘n heel ander speelveld, en kan harde vrae gevra word oor sake soos die beskerming en uitbou van amptelike tale, die passie waarmee korrupsie uitgeroei word, die verbintenis tot skoon en doeltreffende regering soos gemeet aan die hand van ouditeur-generaal-verslae, verbintenis tot persvryheid, verbintenis tot die volkereg soos vereis deur die grondwet, en vele meer.

‘n Regerende party regeer in ‘n demokrasie immers in algemene belang, nie net in belang van sy eie ondersteuners nie. Hier staan die amptelike beleid van kaderontplooiing vierkantig in die pad van demokratiese beginsel en olie die ratte van wanadministrasie.

Teen dié agtergrond behoort dit nie as ‘n groot verrassing te kom dat ‘n persepsie posvat dat die ANC ‘n landsvyand is nie, en so vinnig as moontlik in ‘n verkiesing verslaan moet word. Of die oplossing is om die opposisiestem te konsolideer is ‘n ander vraag. Die DA is immers ‘n uitgesproke liberaal-demokratiese party, vir wie sulke praatjies vreemd behoort te wees. Om die Amerikaanse de facto tweepartystelsel as voorbeeld voor te hou is ook nie korrek nie, weens onder meer die keusevryhede en bykanse afwesigheid van koukus-gebonde standpuntinname, asook weens die rol van belangeinstansies, soos die sogenaamde lobby’s. Op die oomblik maak die belangegroep, die Tea Party, opslae soos dit die Republikeinse Party begin rig. Die Demokrate se teenvoeter, die Coffee Party is veel minder suksesvol.

Zille se houding beteken in effek dat Christenvolkseie, Christen-demkorate, Groenes en vele meer ontkieser word omdat van hulle verwag word om vir ‘n beleid te stem waarmee hulle nie saamstem nie. Beide Ikosa en Cope se beleide staan imemrs nader aan die ANC as aan die DA s’n. Boonop bestaan die gevaar, en het dit al tot die nadeel van die DA so ontplooi, dat so ‘n politieke polarisering met ‘n polarisering van rasse verwar word, en word swart stemme weer binne die ANC gekonsolideer.

Dit herinner aan die ondemokratiese oproepe van: “Moenie jul stemme op klein partytjies vermors nie.” Toe die destydse NP-leier Marthinus van Schalkwyk dit die eerste keer gebruik het, was die DP-leier Tony Leon woedend. Nie lank daarna nie het dit deel van die DA se politieke arsenaal geword. Volgens dr. Roelf Meyer, is juis op die proporsionele kiesstelsel besluit om selfs die kleinste belangegroep verteenwoordiging in die parlement, provinsiale wetgewers en munisipaliteite te verseker, en dus op hierdie liberaal-demokratiese opsie besluit.

As die DA meer stemme buite sy ideologiese basis wil trek, is daar veel wat dit kan doen wat nie ‘n bedreiging vir demokrasie inhou nie. Dit kan byvoorbeeld op nasionale vlak, waar dit baie Afrikaanse stemme trek, die moeite doen om ook Afrikaans in mediaverklarings te gebruik. Veel kleiner partye, met veel minder hulpbronne, doen dit immers.

медицинская справка 086уданильченко юрій броніславович компромат