Partydigheid vir haatspraak

Julius Malema en die ANC-Jeugliga sal nou eers laat in April of vroeg in Mei weet of Malema ‘n tweede keer sy rieme oor haatspraak styfloop. Die klag wat Afriforum gelê het oor die sing van die liedjie, Skiet dood die Boere, sal dan eers in die Hooggeregshof aangehoor word.

Afriforum het die klag teen die ANC self hieroor na bemoedigende samesprekings onttrek. Hoewel die ANC die vroeëre verklaring deur die Hooggeregshof dat die liedjie haatspraak is, op appél neem, meen Afriforum dat dit oor ‘n onbevredigende stel feite handel waar twee vriende mekaar die stryd in die hof aangesê het.

Suid-Afrika stuur op ‘n landswye verkiesing af, en verkiesings in Suid-Afrika is steeds grootliks etniese sensusse, waar spanningsvlakke baie hoog loop. In die verlede is al deeglik getoon hoe doodgewone politiekery as die aanstigting van rassespanning vertolk word, en die stempatrone beïnvloed. Vra maar vir enige kulturele antropoloog hoe Helen Zille se styl van aanvalle op Jacob Zuma swart steun weer in die ANC gekonsolideer het, en selfs Cope in die proses van hierdie gekonsolideerde steun moes afstaan.

Pas het pres. Jacob Zuma ‘n kabinetskommeling aangekondig, of koerante berig oor van sy nuwe aanstellings wat al stywe boetes vir bedrog opgelê is. Ook ander, heel geldige kritiek word teen sommige van die aanstellings geopper. Na verwagting gaan die regering se reaksie wees om harder te dryf met sy mediasnoeringsplanne. Dit, op sigself, skep ‘n gespanne klimaat in die aanloop tot ‘n verkiesing.

Om te argumenteer dat dit bloot munisipale verkiesings is, het kwalik bene om op te staan. Onlangs was die minister van Samewerkende Regering erg in die spervuur omdat hy die opposisie verkwalik oor ‘n persepsie huldig dat sake op munisipale vlak erg haper. Dié minister het nie met die kabinetskommeling in die slag gebly nie.

Die ANC Jeugliga se reaksie op die hofverrigtinge is om Afriforum as ‘n klomp rassistiese kinders wat mal is, uit te skel. Dat Afriforum, as gemeenskapsorganisasie, die sentimente van bitter baie mense verteenwoordig wat saamstem dat ‘n liedjie wat “Skiet die Boere” bewoord, haatspraak verteenwoordig.

‘n Maklike toets om te bepaal of iets op haatspraak of rassisme neerkom, is om bloot die liedjie se bewoording te verander om ‘n ander bevolkingsgroep as teiken vir die skietery te bevat. Dit is hoe eenvoudig dit is, en geen argumente oor ‘n historiese aanloop – veral nie uit ‘n tyd van stryd nie – kan haatspraak as iets anders inkleur nie.

Dat so ‘n saak hof toe moet gaan, of soos in die geval van “Kill the Boer, kill the farmer” op appèl by die Menseregtekommissie moes gaan, en ‘n sokkerstadion daarna boonop na die voorsanger vernoem is, toon dat bitter baie mense openlik haatdraend die statutêre terrein bevolk. En so lank hierdie sentimente openlik gesteun word, sal die slagoffers met rede kan voel dat die motief vir sogenaamde regstellende aksie en transformasie met male fides besaai is.

пазли для дітейданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae