Arcelor Mittal van rassisme beskuldig

Mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier vir Gauteng, het Arcelor Mittal daarvan beskuldig dat hy gemeenskappe verdeel oor die gevolge van ‘n swart ekonomiese bemagtigingstransaksie in die Vaaldriehoek.

Dit volg na ‘n aankondiging in die Emfuleni-raad dat Arcelor Mittal in terme van ‘n swart ekonomiese bemagtigingstransaksie ‘n gemeenskapstrust wil oprig in die Vaaldriehoek waarin die gemeenskap bevoordeel moet word.

Mittal vereis dat ‘n raadslid uit die Emfuleni-stadsraad genomineer word om as lid op die trust te dien. As vereiste word dit uitdruklik gestel dat die raadslid onder andere swart moet wees. Die uitgebreide definisie van swart (African, Indian, Chinese or Colored) word gebruik.

Die oprigting van ‘n gemeenskapstrust op die wyse sluit dus wittes uitdruklik uit en bevoordeel slegs ‘n gedeelte van die reeds verarmde gemeenskap.

Mnr. Nic Janse van Rensburg, VF Plus-raadslid vir Emfuleni, het dit beaam deur te sê dat die transaksie, die oprigting en bestuur van die trust sal lei tot verdere polarisasie in dié gebied en ook in die Emfuleni-stadsraad.

“Indien die oprigting van die trust op hierdie wyse voortgaan, behoort die benaming van die trust beskryf te word as ‘n eksklusiewe swart gemeenskapstrust,” het Mulder gesê.

Die wyse waarop swart ekonomiese bemagtiging sedert sy ontstaan in Suid-Afrika toegepas word, kom neer op industriële sabotasie en die skep van nuwe onregte wat in die toekoms as menseregteskending onthou sal word.

Die volgehoue weerhouding van geleenthede van ‘n spesifieke rassegroep, lei tot die verdere uitvloei van kundigheid uit Suid-Afrika en dui op ‘n staat wat reeds gefaal het.

туника для девочки своими рукамиФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae