Jan van Niekerk, lid van die Vrystaatse Wetgewer vir die VF Plus, sê dit is presies die rede waarom die VF Plus die doodstraf vir moordenaars en verkragters eis. Misdadigers skrik nie meer vir die strawwe wat hulle opgelê word nie, daarom pleeg hulle sulke onmenslike dade soos hierdie.
Die VF Plus wil hiermee sy innige simpatie met die dokter en haar familie betuig en sal, alhoewel dit nie die onmenslike gebeurtenis ongedaan sal maak nie, haar aanraai om die hospitaal verantwoordelik te hou vir die feit dat sy nie veilig in haar werkplek was nie. Dit is ‘n regering se primêre plig om aan sy burgers ‘n veilige werk- en leefruimte te verseker. Hierdie barbaarse gebeure getuig daarvan dat die regering nie daarin slaag nie.
Die VF Plus verstaan ten volle die dokters by Pelonomi se houding dat hulle nie voort sal gaan om nagskofte te werk nie, aangesien daar van geen mens onder sulke omstandighede verwag kan word om sy eie lewe in gevaar te stel nie. Die feit dat selfs die veiligheidswagte vir hul lewe vrees in die donker gange is ‘n sprekende bewys van hoe onveilig dit veral vir vroulike dokters moet wees om in Pelonomi-hospitaal te werk.
Die regering moet besef dat baie mense se lewens op die spel is as dokters weier om snags by die Pelenomi-hospitaal te werk. Dit is die department se verantwoordelikheid om toe te sien dat dokters in ‘n veilige omgewing mense se lewens kan verbeter en selfs red.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.