Die dodetal het Maandagoggend gestyg tot 36 nadat ‘n skip vol asielsoekers naby die kus van Indonesië gesink het. Australië het onder kritiek deurgeloop dat hulle die tragedie toegelaat het.
Die boot, wat sowat 120 asielsoekers vervoer het, het in onstuimige seetoestande gesink. Agt-en-twintig passasiers is gered maar tientalle word nog vermis.
Die Australiese eerste minister, Tony Abbot, sal Jakarta eersdaags besoek om nadat gemoedere opgevlam het oor sy land se afsydigheid oor die sterftes. Abbott het gesê Indonesië is Australië se “belangrikste bondgenoot”.
Intussen het die minister van Finansies, Mathias Cormann sy regering se reaksie op die ramp verdedig. Van die oorlewendes beskuldig Australiese owerhede dat hulle hulpseine van die boot ignoreer het.
Cormann sê die skip het gesink in ‘n gebied wat onder Indonesië se jurisdiksie is, maar dat sy land die nodige bystand verskaf het. – Sapa/AFP
Twee jong mans is dood toe hul ligte vliegtuig in ’n veld langs ’n aanloopbaan in Klerksdorp in Noordwes neergestort het, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê paramedici wat besig was om toerusting in ’n helikopter te laai, het gesien hoe die vlieënier van die vliegtuig Sondagoggend glo toertjies gedoen het.
Die paramedici het skielik ’n harde geluid gehoor net na 11:00 en besef dat die vliegtuig sowat 500 m van hulle af neergestort het.
Die twee jong mans, vermoedelik in hul 20’s, het reeds aan hul beserings beswyk voor die paramedici hul kon bereik.
Plaaslike owerhede is na die toneel ontbied om die ongeluk te ondersoek.
Dié jongspan weet blykbaar hoe om ‘n winkelsentrum te laat implodeer
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het ‘n beroep op die departement van staatsveiligheid gedoen om die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Nairobi te ontleed om Suid Afrika beter te beskerm.
Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe sê die aanval het beklemtoon dat strenger immigrasiewette nodig is.
“Dié aanval beklemtoon die behoefte aan strenger immigrasiewette en -prosesse, om die veiligheidsmaatreëls van Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente te verbeter, asook die monitering van mense se beweging in die algemeen,” lui die verklaring uitgereik deur Mantashe.
Interpol het reeds ’n internasionale lasbrief vir Lewthwaite se inhegtenisneming uitgereik.
Die aanvallers in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi het deur ’n dreineringstonnel onder die winkelsentrum gevlug, nadat hulle glo winkels in die kompleks gehuur het en wapens deur goederehysbakke na betrokke noduspunte geskuif het.
Die ontsnaptonnel is eers 72 uur ná die aanval ontdek. Dit is onwaarskynlik dat die aanvallers nie ondersteuning van ‘n georganiseerde staat gehad het nie.
Somalië, die vermeende tuiste van die aanvallers, is ‘n sogenaamde gefaalde staat. Minder as 40% van die bevolking oor die ouderdom van 15 kan lees en skryf. Wat vroue betref is die persentasie ongeveer 25%. Die gemiddelde kind is nie langer as drie jaar op skool nie.
Vrae oor die enorme skade aan die winkelsentrum het ontstaan nadat drie vloere van die kompleks ineengestort het. Kenners meen dit kon nie deur die aanvallers veroorsaak gewees het nie, aangesien die ineenstorting spesialiskennis sou vereis.
Die skade het egter versekeringseise moontlik gemaak wat nie andersinds sou uitbetaal nie.
Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die departement van binnelandse sake, het gesê Lewthwaite het in Februarie 2011 Suid-Afrika met dié vervalste paspoort verlaat.
Mantashe het ook gesê identiteitsdokumente se onvervalsbaarheid moet opgeknap word en menseverkeer moet beter gemonitor word.
Die groep al-Shabaab, wat bande het met al-Kaida, het aanspreeklikheid aanvaar vir die aanval in Nairobi op 21 September. Sewe-en-sestig mense is in die aanval dood en byna nog soveel mense word steeds vemis.
Hulle is vermoedelik in die puin van die winkelsentrum begrawe.
Dit het intussen aan die lig gekom dat Kanada steun verskaf aan mense van Midde-Oosterse afkoms wat deelneem in die geweldsteater in en rondom Sirië waar die VSA al-Kaida steun.
Duisende vliegtuie by Brittanje se besigste lughawens is in gevaar want vlieëniers word verblind deur laserpenaanvallers.
Hierdie lasers kan ‘n passasierstraler uit die lug haal.
Brittanje se grootste vlieëniersunie is so bekommerd oor ‘n onlangse vlaag voorvalle, dat hulle ‘n noodbulletin aan lede uitgereik het wat hulle adviseer oor hoe om blindheid te verhoed asook verlies van beheer oor hul vliegtuie.
Balpa, die British Airline Pilots’ Association wil nou die wet verander sodat enigeen wat betrap word in die besit van sekere lasers sonder ‘n “wettige rede” tronk toe gestuur word.
Die meeste van die aanvalle is op groot kommersiële vliegtuie, maar selfs militêre vliegtuie word geteiken.
Polisiehelikopters wat misdadigers oor digbevolkte gebiede jaag, word ook gereeld getref.
In die meeste gevalle is dit jeugdiges, maar vlieëniers en sekuriteitsdeskundiges is bekommerd dat terroriste dit ook kan gebruik.
Die voorvalle is almal vervat in amptelike verslae aangemeld by die Burgerlike Lugvaartowerheid.
Vliegtuie word getref soveel soos vyf keer per dag deur hoëintensiteit laserpenne wat aanlyn vir so min as R150 gekoop kan word. Meer kragtige laserpenne kan oor langer afstande trefseker wees.
Hulle word gewoonlik gebruik as hulpmiddels deur onderwysers en dosente, maar kleinhandelaars verkoop ook die meer kragtige toestelle aan sterrekundiges en konstruksiewerkers.
DieOmbudsmanvir kinders inSwedehetSaterdagbesnydenisverbied,‘n praktyk wat hulle meen die basiese regtevan seuns oortree.
“Besnyding van‘n kind sondermedieseregverdigingofsy toestemmingoortreehierdie kindsemenseregte,” hetFredrikMalmberg gesê. Mediese beroepslui was mede-ondertekenare van die verklaring wat gepubliseer isindiekoerantDagensNyheter.
“Die operasie ispynlik,onomkeerbaaren kan lei toternstige komplikasies,“Malmberggesê.
In2001 hetSwedebesnyding gewettig, wat ‘n godsdienstigegesag magtig om dieoperasieuit te voerindien die kindonder tweemaande oud is.As diekind oueras dit,kan slegs deur ‘n dokter uitgevoer word.
Die wetvereis ook die toestemming vandie ouers en vereis dat hulleten volle ingelig isoor die werkingen die implikasies daarvan.
Die wet het voorheen steuninSwede geniet en‘n voorstelin Oktober verlede jaar om besnydingte verbied deur ‘n regse party in Swede, is deur die linkse regering verwerp.
VolgensMalmbergoortree die wet die VerenigdeNasies se Konvensieoor die Regte vandie Kind.
Die Sweedse regeringsê datsowat 3000seunselke jaarinSwede besny word.
In 2012, het‘n hofinKöln, Duitsland, verklaar dat dieritueel ‘n ernstige liggaamsbesering isin‘n uitspraakwat internasionaleoproer veroorsaak het.
DieDuitse parlementlater onder druk geswig en besluit om diepraktyk virgodsdienstige redes toe te laat.
Studies het getoondatmanlike besnydingdie risiko virMIV-infeksieinmansmet sowat60persent verminder. – Sapa/AFP
Prof. Cathy Beukes, hoof van die departement anatomiese patologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het glo haar eie keel met ’n elektriese mes oopgesny, het Beeld berig.
Beukes (64) is Sondagoggend deur haar man, prof. John Shipley, oudhoof van die departement ortopedie by die Universitas-hospitaal, in hul studeerkamer met ’n snywond aan haar keel gekry. Sy was glo al dood.
Die dagblad Beeld sê geen misdaad word vermoed nie. Dit is nie duidelik hoe die verslaggewer tot dié gevolgtrekking gekom het oor die dood van ‘n forensiese patoloog nie.
Volgens die polisie is ’n elektriese mes by haar gevind, maar daar was nog geen nadoodse ondersoek wat die koerant se gevolgtrekking kon bevestig nie.
Beukes is deur prof. Gert van Zyl, dekaan van die UV se fakulteit gesondheidswetenskappe, as ’n “warm mens” beskryf.
Van Zyl sê Beukes het op akademiese gebied aansien geniet. Hy het sy medelye teenoor haar gesin uitgespreek.
Eyewitness News (EWN) berig dat ’n verdagte in Bryanston, Johannesburg, doodgeskiet is nadat aanvallers waarskynlik hul slagoffer vanaf die OR Tambo-lughawe na die huis agtervolg het.
’n Diplomaat is glo beseer. Hy was Saterdagoggend van die lughawe na sy dogter se huis in Bryanston onderweg.
’n Skietery het ontstaan waarin die diplomaat raakgeskiet is. Dis nie bekend of die diplomaat ‘n Suid-Afrikaner is nie.
Volgens EWN het drie verdagtes van die toneel gevlug met baggasie, elektronika en ’n onbekende bedrag geld.
Die lughawensmaatskappy (Acsa) het ’n beroep gedoen op slagoffers van dié soort rooftog om die polisie met soveel moonlik inligting te help, volgens EWN.
Brittanje se regering het ‘n belastingvergunning voorgestel om huwelike aan te moedig. Dit sluit huwelike tussen mense van dieselfde geslag in.
David Cameron, Britse premier, se voorstel dat getroudes – met die uitsondering van topverdieners – belastingverligting van tot £200 pond per jaar per paartjie kry.
As die parlement die voorstel goedkeur, sal die belastingverligting dalk reeds teen April 2015 – net ’n maand voor die algemene verkiesing – in werking tree. Tot 4 miljoen getroude paartjies sal daaruit voordeel trek.
“Al wat ons sê, is dat huwelike goed is vir ons land – dis die hoogste vorm van verbintenis wat regtens moontlik is – en ons wil ons steun daaraan toesê,” het Cameron, leier van die Konserwatiewe Party, Saterdag in ’n artikel in die Daily Mail geskryf.
Hy sê die vergunning sal ook geld vir egpare van dieselfde geslag in siviele verbintenisse en later in huwelike. Mense van dieselfde geslag kan van volgende jaar af trou ingevolge wetgewing wat in Julie bekragtig is.
Die Arbeidersparty sê ander mense word benadeel en dat die voordeel in elk geval weinig werd is gegewe die welsynstoelaes waarop Cameron se regering sedert 2010 besnoei het.
“Hy is so uit voeling uit hy meen mense sal vir £3,85 per week trou,” het Rachel Reeves, ’n LP van die Arbeidersparty, gesê.
Harriet Harman, adjunkleier van die Arbeiders, het op Twitter daarop gewys dat die voordeel net op bestaande huwelike van toepassing is. Iemand wat geskei is en weer getrou het, sal die voordeel trek – maar nie die ouer wat na die kinders uit die eerste huwelik omsien nie.
’n Groep wat hulself Don’t Judge My Family noem, sê die plan diskrimineer ook teen weduwees en wewenaars, enkelouers en saambly-paartjies. Een uit vier Britse kinders word groot in enkelouergesinne.
“Dit gaan daaroor dat ’n denkbeeldige 1950’s-gesin bevorder word en die geld gaan nie aan die gesinne wat steun die meeste nodig het nie. In dié moeilike tye moet die regering gesinne help en hulle nie veroordeel nie,” sê die groep.
Die belastingvergunning was reeds in 2010 deel van die Konserwatiewes se verkiesingsmanifes.
Die Liberaal-Demokratiese Party, die Konserwatiewe Party se alliansievennoot, is gekant teen die voorstel, maar mag buite stemming bly wanneer die wetgewing voorgelê word.
Nick Clegg, leier van die Lib-Dems, het die plan vóór die alliansie-ooreenkoms as “minderwaardige twak” bestempel. – Reuters
Die wêreldwaghondliggaam wat chemiese wapens beheer, se kundiges sal waarskynlik Dinsdag begin om Sirië se voorraad chemiese wapens te inspekteer.
’n Ooreenkoms betreffende die wapenafbouprogram is Vrydagnag ná middernag in Den Haag, Nederland, deur die uitvoerende raad van die Organisasie vir die Afskaffing van Chemiese Wapens (OPCW) bereik.
Die organisasie het ’n beroep op lidlande gedoen om vir die vernietiging van Sirië se chemiese wapens te betaal. Die OPCW het nie self genoeg personeel om die taak te behartig nie en nog kundiges sal aangestel moet word.
Anglo-Amerikaanse intelligensiedienste beraam dat Sirië sowat 1 000 ton sarin-, mosterd- en VX-senugas het wat dekades lank versamel is en op tientalle plekke landwyd geberg word.
Kundiges meen dit gaan riskant en duur wees om die chemikalië op te spoor en te vernietig in dié land, waar meer as 100 000 mense nou al in die burgeroorlog dood en miljoene haweloos gelaat is.
Sirië se chemiese wapens moet binne nege maande vernietig word – ’n proses wat lande soos Rusland en die VSA meer as tien jaar geneem het.
Sirië moet inspekteurs se veiligheid verseker en aan hulle “onmiddellike en onbeperkte toegang” tot alle wapenopslagplekke gee. Die OPCW-inspekteurs het 30 dae om al die opslagplekke wat deur Sirië uitgewys is, te besoek.
Sirië het nie sy eie inventaris van chemiese en ander wapens beskikbaar gestel nie en sekere bergings- en vervaardigingsaanlegte is nog nie bekend gemaak nie. Alle vervaardigingsaanlegte moet teen 1 November vanjaar vernietig word.
Dis nog nie duidelik hoe en waar die chemikalieë vernietig gaan word nie. Dié proses moet teen middel 2014 afgehandel wees.
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad stem eerskomende Vrydag oor die plan. – Reuters