Swartes het nie ‘n saak met anti-apartheidsmuseum nie

Swart inwoners het die sluiting van ‘n museum ter ere van anti-apartheidshelde genoop, en hulle beskuldig nou die owerhede dat hulle ‘n “huis vir dooie mense” gebou het, terwyl hulle in haglike omstandighede moet leef.

Die Red Location Museum in New Brighton Port Elizabeth was nie lank gelede nie, ‘n toeriste-magneet waar honderde “geheuebokse” met die verhale van anti-apartheid-aktiviste, insluitend die voormalige president Nelson Mandela, uitgestal is.

Die moderniteit van die R22 miljoen gebou, wat verskeie internasionale argitektoniese toekennings gewen het, staan ​​in totale teenstelling met die plastiek- en sinkplaatstrukture wat dien as huise vir die omliggende swart gemeenskap.

Hulle het nie ‘n saak met die monument wat vir hulle “bevryding” opgerig is nie en herken niks daarin wat vir hulle van belang is nie.

Die museum is nege maande gelede noodgewonge gesluit na dreigemente deur inwoners om besoekers aan te rand. Pogings om dit te heropen is met gewelddadige oproer begroet.

Die webwerf beweer dit is “gesluit is as gevolg van gemeenskapsprotes”, in een van die oudste lokasies van Port Elizabeth.

Die gebou is nou gestroop deur die mense wat hulself gehelp het aan elektriese bedrading, waterpype, kragproppe, omheining en houttoebehore vir hul plakkershutte.

Sekuriteitswagte is ‘n ruk gelede gehuur om die perseel te patrolleer, maar hulle het hul poste verlaat uit vrees vir hul lewens. Dit is glo voorheen as ‘n “navorsingsfasiliteit” deur geskiedkundiges gebruik.

“Die toestande is erg. Die omheining is in verskeie plekke geknip en daar is geen beligting nie,” sê ‘n wag.

“Selfs die deksels van die dreine buite is gesteel. Dit is gevaarlik, jy weet nie wanneer jy aangeval sal word nie,” het hy gesê.

Chris du Preez, die museum se waarnemende assistent-direkteur, sê dat geen artefakte of dokumente gesteel of beskadig is tydens die plundering nie.

Die museum het die 2006 Lubetkin-prys gekry, toegeken deur die Royal Institute of British Architects as die beste nuwe gebou buite die EU.

Die gebou sal gesluit bly.

Hof beslis in Transnet-pensioenarisse se guns

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Donderdag in Transnet-pensioenarisse se guns beslis het dat hulle wel as ‘n groep teen Transnet en die regering kan eis.

Die kwessie is van 2006 in die parlement geopper deur die VF+, maar sonder sukses. Daarna is die hofproses uiteindelik gevolg.

Jaap Cilliers en Leon Kellerman, albei senior advokate, het die saak op ‘n gebeurlikheidsbasis aanvaar omdat daar soveel menseregteskendings teen die pensioenarisse plaasgevind het.

Van die pensioenarisse wat as leiers en koördineerders opgetree het, soos Piet van Rensburg is intussen oorlede, maar talle ander streeksorganiseerders het ingestaan.

Die bevel is met koste toegestaan teen die respondente, nadat die regter teen die ANC en Transnet beslis het.

Transnet en die regering het hulself waarskynlik ‘n krediet-degradering op die hals gehaal met hul onverskilligheid teenoor wit pensioenarisse.

Dit kan Transnet se uitbreidingsplanne striem met lenings wat moeiliker toegestaan sal word weens ‘n laer gradering.

“Die enigste manier hoe Transnet van hierdie swaard oor sy kop ontslae kan raak, is om so gou moontlik die saak met die pensioenarisse te skik.

“Die proses vorentoe is nou dat daar in talle hoofstroom-koerante advertensies geplaas gaan word om die publiek bewus te maak van die klasaksie en om die wat nie deel daarvan wil wees nie, die geleentheid te bied om uit te teken. Daarna word die volgende hofdatum vasgestel.

“Ons is hoopvol dat die volgende saak nog hierdie jaar kan plaasvind,” het ‘n regsverteenwoodiger namens Transnet gesê.

SA op hoë gereedheid teen Ebola, sê minister

Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Woensdag gesê Suid-Afrika is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en voorsorgmaatreëls word getref om te keer dat die Ebola-virus hierheen versprei.

“Ons bewusmakingsprogramme is uiters effektief,” het Motsoaledi gesê.

Suid-Afrikaners hoef nie paniekbevange te raak dat die Ebola-virus uit Wes-Afrika ‘n gevaar inhou nie.

Sedert die Ebola-epidemie – die grootste tot nog toe in die geskiedenis – het die gesondheidsdepartement in samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes(Nios) kennisgewings aan beamptes by toegangspunte na Suid-Afrika gestuur.

Dit sluit die burgerlugvaartowerheid ook in.

Gesondheidswerkers het ook opdrag gekry om op te let vir reisigers wat onlangs in Wes-Afrika was.

Die virus het reeds tot die dood van meer as 670 gelei.

Kaapse treinstasies gesluit weens oproerige pendelaars

Metrorail moes inderhaas elf treinstasies tussen Philippi en Nyanga op die Kaapse Vlakte sluit weens oproerige pendelaars.

Intimidasie en geweld deur gefrustreerde reisigers is aangemeld nadat duisende gestrand is omdat vandale sinjaalkabels by ‘n sleutelkruising gesteel het.

Sowat 80 treine in die gebied is erg ontwrig, en die skade word op byna twee miljoen rand geraam.

Busdienste sal Donderdag Kaapse pendelaars na hulle werk vervoer.

Duisende pendelaars sal na verwagting die hele Donderdag vertragings beleef.

Die Wes-Kaapse minister van vervoer, Donald Grant, het die dade van vandalisme skerp veroordeel.

‘n Woordvoerder van Metrorail, Riana Scott, het bevestig dat die polisie die misdaad ondersoek. Scott sê die kabels wat gesny is, is multilynkabels en tot 37 dunner kabels is binne in een groot kabel saamgevoeg.

Sy sê hulle reken dat dit sowat twee-en-‘n halfmiljoen rand sal kos om dit te vervang.

NGV het glo nie al Selebi-getuienis blootgelê nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag is volgens berigte besig met ‘n interne ondersoek na die vervolging van die voormalige nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi.

Volgens die koerant The New Age het Selebi se familie en regspan ‘n klag gelê dat die vervolgingsgesag nie al die getuienis in sy besit bekendgemaak het tydens Selebi se hofsaak nie.

Die geskorste hoof van die NVG se eenheid vir integriteitsbestuur, Prince Mokotedi, het aan die koerant bevestig dat die klag ondersoek word.

Mokotedi gaan na verwagting môre sy bedankingsbrief by die NVG indien.

Selebi is in Augustus 2010 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat die hof bevind het dat hy omkoopgeld van die dwelmhandelaar, Glenn Agliotti ontvang het.

Hy is in 2012 op mediese parool vrygelaat.

Bron: RSG

Vermeende kaper in Fourways geskiet

Die bestuurder van ‘n voertuig wat na bewering gekaap is in Randburg, is in deur die polisie geskiet.

Die polisie het die bestuurder agternagesit, in Witkoppenweg en skote op die voertuig gevuur.

Die motor het toe in die heining van ‘n sakeperseel op die hoek van Main- en Witkoppenweg in ‘n heining vasgejaag.

Volgens polisiebeamptes op die toneel is die verdagte voertuig, ‘n silwer Honda Civic deur hulle opgemerk en agtervolg.

The bestuurder is tydens die skietery gewond en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Fourways Review se nuusredakteur, Daniella Potter was op die toneel en het gesê die verkeer in Witkoppenweg was ‘n tyd lank ontwrig, maar is weer normaal.

Oproer by Medunsa omdat studente druip: dis ‘rassisme’

Terwyl die ANC en SAKP gewoonlik ontken dat swartmense onder die vorige regering toegelaat is om wiskunde te doen en om in die medisyne te studeer, weerspreek die bestaan van Medunsa dié stellings.

‘n Voortslepende tudentestaking by dié mediese universiteit om swart dokters op te lei, het oor die afgelope week tot geweldige skade gelei en studente laat niemand op die kampus toe totdat daar aan hul “eise voldoen” is nie. Hulle versper die ingang met brandende buitebande en steek ook voertuie aan die brand.

Onder andere beweer studente dat “rassistiese professore” hulle moedswillig druip. Dis onduidelik of die professore wit of swart is.

Die oproerige studente het aan die polisie in hul Njala-voertuig geskree:

“Ons is nie bang vir hulle nie! Ons soek hulle.”

Die studente word ondersteun deur die swart studente-organisasie, Sasco, wie se woordvoerder verklaar het:

“Die universiteit diskrimineer teen sekere studente en laat hulle opsetlik druip.”

Studente eis ook meer geld van die nasionale studentebeursskema, NSFAS.

 

Israel lag kritiek teen Gasa-aanval af

Israel het 16 000 bykomende reserviste in die Gasastrook ontplooi.

“Die weermag het bykomende reserviste opgeroep om die soldate op die grond ‘n blaaskans te gee. Die totale aantal reserviste in die Gasastrook staan nou op 86 000,” het ‘n woordvoerder vir die Israelse weermag Donderdag gesê.

Die dodetal in die Gasastrook het Donderdag tot 1 363 gestyg.

Meer as 100 Palestyne is Woensdag dood in aanvalle wat onder meer dié op ‘n mark en op ‘n skool van die Verenigde Nasies ingesluit het.

Hamas sê hy het uit selfverdediging verskeie vuurpyle op Israelse gebied afgevuur.

Joodse teenstanders in die land self sê hulle durf nie Israel se optrede meer in die openbaar kritiseer nie. Daar is feitlik ‘n algehele konsensus dat Israel se optrede geregverdig is.

Die Israel Democracy Institute , het in ‘n peiling bevind dat 95% van alle Joodse inwoners die uitwissing van Palestyne voorstaan. Ander peilings het effens minder, maar nog steeds baie hoog, naamlik 86% gemeet.

Israel blyk onbewus te wees van die geweldige negatiewe persepsie wat wêreldwyd heers weens hulle aanvalle. Hul optrede word binne hul eie eggokamer regverdig.

Massive Attack speel vir Palestyne

Die invloedryke Britse groep Massive Attack het in Byblos in Lebanon opgetree om geld vir Palestyne in vlugtelingkampe in te samel.

Dit was hul enigste optrede in die Midde-Ooste opgedra aan die kinders van Gasa. Massive Attack het Israel se slagting van die Palestyne openlik veroordeel.

Die groep het Dinsdagaand opgetree terwyl hul aanhangers Palestynse vlaggies in die lug gehou het.

Robert Del Naja van Massive Attack sê dat een van die digs bevolkte gebiede op aarde gebombardeer word met burgerlikes wat “ongelooflik” verbied word om die gebied te mag verlaat. Hy het Israel se bomaanvalle as ‘n “slagting” beskryf.

Del Naja het in ‘n eksklusiewe onderhoud met AFP gesê Palestyne in vlugtelingkampe in Lebanon leef swaar. Hy het die wêreld se ongeërgdheid gekritiseer. Politici wat stilbly is die heel ergste, het hy gesê. Dit wys dat hulle nie geskik is vir die poste wat hulle beklee nie.

“Wil jy regtig ander mense uitmoor om jouself te beskerm? Dis tog die twintigste eeu waarin ons leef,” het hy gesê.

Tuks-dosent val homself dood

’n Dosent aan die Universiteit van Pretoria het Woensdag van die Geesteswetenskappegebou van die 21ste verdieping na benede geval.

Danny Nortjé-Rossouw (44), ’n dosent in rekeningkunde, is Woensdagoggend op die Hatfield-kampus dood.

Studente was geskok oor die voorval. Die brandweer moes die lyk met ’n hidrouliese hyskraan verwyder.

Die polisie is na die universiteit ontbied en die ingange van die kampus is afgesper.

Volgens die Tshwane-nooddienste, het Nortjé-Rossouw blykbaar van die 21ste verdieping gespring en is op slag dood.