Die pas aangestelde LUR vir onderwys, Barbara Creecy, het in 'n verklaring die betrokke personeel verseker dat sy haar "persoonlike aandag" aan die saak sou skenk totdat alle personeel betaal is.
Die departement het die fout toegeskryf aan skole wat in gebreke gebly het om kontrakte vir tydelike personeel te verleng. Nuut aagestelde personeel is ook nie op die sentrale salarisdatabasis aangebring nie, wat daartoe gelei het dat hulle nie betaal is nie.
Personeel wat nie salarisse ontvang het nie, is op tydelike kontrakte of is nuut aangestel.
Die salarisse van 1060 personeellede sal Maandagnag verwerk word, met die geld wat na verwagting op Maandag 18 Mei in hul bankrekeninge sal wees.
"Namens die departement wil ek om verskoning vra aan elke personeellid wat hierdeur geraak is," het Creecy gesê.
"Daar rus 'n verpligting op ons as 'n departement om te sorg dat basiese administratiewe prosedures, soos dat personeel betyds betaal behoort te word, nagekom word."
'n Verdere 140 personeellede se besonderhede is foutief op die departementele stelsel en word tans een na die ander gekorrigeer.
"Op die oomblik is 150 skakelbeamptes besig om elke skool in die provinsie te bel om seker te maak dat niemand deur die stelsel geglip het nie."
Creecy het die departement aangesê om die dokumentasie te hersien wat van skole na hoofkantoor oorgedra word ten einde seker te maak dat inligting betyds ontvang en akkuraat verwerk word.

'n Spaanse TV-kanaal, Cuatro, is in die spervuur omdat hulle die San in Namibië glo uitgebuit het vir 'n realiteitsprogram wat deur 'n Australiese maatskappy verfilm is.
Pous Benediktus XVI het sterk steun vir 'n Palestynse staat uitgespreek tydens sy besoek aan Bethlehem in Israel.
'n Zambiese hof het gesê daar sal later die maand besluit word of 'n Britse hofbeslissing teen eks-president Frederick Chiluba is Zambië geldig is om die terugbetaling van gesteelde fondse moontlik te maak. Chiluba was vanaf 1991 tot 2001 staathoof.