Meningsvryheid getoets

’n Hofsaak wat volgende week in Nederland begin en die perke van spraak- en meningsuiting deeglik gaan beproef, is ook vir Suid-Afrika van belang.

In hierdie hofsaak word die nuusmaker-parlementslid, Geert Wilders, van “haatsaai” en “groepsbelediging” aangekla, wat in Nederland twee verskillende misdrywe is en vir beide kan ‘n maksimum-vonnis van ‘n jaar gevangenisstraf opgelê word.

In Suid-Afrika sou dit waarskynlik klagtes van haatspraak en kriminele laster tot gevolg gehad het. Die appèlhof in Suid-Afrika het onlangs bevestig dat die klag van kriminele laster nie weens onbruik verval het nie.

Die kruks van die saak is dat spraakvryheid en uitsdrukkingsvryheid nie onbegrens is nie, en afgesien van ‘n rits sivielregtelike moeilikheid, nog vir ‘n man ‘n gesonde klomp strafregtelike moeilikheid op die hals kan haal.

Wilders se vervolging is ietwat ongewoon aangesien die vervolging nie deur die Openbare Ministerie, wat met ons Nasionale Vervolgingsgesag vergelyk kan word, ingestel is nie, maar deur die Amsterdamse Geregshof.

Sy teenspoed spruit uit uitsprake oor Moslems, die Islam en die Koran. Wat veral die rooi vlag vir die hof was, was ‘n opmerking dat die Islam soos Nazisme is, en dat die Koran die Islam se Mein Kampf is omdat dit glo uitdelging voorstaan.

Die verhoor moet nog plaasvind, maar tog het Suid-Afrikaners hierby ‘n belang.

Die belang spruit nie soseer oor die gemeenskaplike Romeins-Hollandse regstelsel nie, maar ‘n bepaling in die Suid-Afrikaanse grondwet dat by die uitleg van Handves van Menseregte, buitelandse regspraak in berekening gebring kan word.

Die vind van die beperkings van regte soos die reg op vryheid van uitdrukking (art 16) is om verskeie redes nodig, soos dat een stel regte van een persoon kan bots met die grondwetlike regte wat ‘n ander het. Terwyl die een dus ‘n reg op uitdrukkingsvryheid het, het ‘n ander die reg op waardigheid (art 10), privaatheid, geloofsvryheid en byvoorbeeld ook waar van toepassing, kinderregte.

Nog ‘n beperkende gronde is beperkings wat wetgewing daarop plaas, hoewel onderhewig aan voorwaardes dat die beperkings nie van so ‘n aard mag wees dat dit die reg heeltemal vernietig nie.

Die kort en die lank is, iemand het nie maar net ‘n vry sê oor ‘n ander nie, en die tipe moeilikheid wat ‘n mens jouself op die hals kan haal wissel van die aard, byvoorbeeld met mondelinge uitsprake iets soos crimen injuria, met iets op skrif (gepubliseer) kriminele laster, of op die sivielregtelike terrein, laster.

Haatspraak dui eerder op die aantasting van ‘n groep se waardigheid, en so is na ‘n groot gesukkel daarin geslaag om die slagspreuk, Kill the Boer, kill the farmer, tot haatspraak te verklaar. Die handves van menseregte se hofies waaronder ‘n mens die riglyne sal soek sluit in taal- en kulturele regte (art 30, saamgelees met art 31), en godsdiens (art 15). In die praktyk sal art 9 (3) waarskynlik, via die verbod op diskriminasie, kategorieë stel wat nie beledig mag word nie, en dit sluit kategorieë in soos ras, geslag, oriëntasie en gestremdheid.

Om in die praktyk te demonstreer hoekom hierdie norme met effense juridiese akrobasie ter sake kom:

Om die regstreekse norme sonder konteks te gebruik, sou iemand byvoorbeeld gekrenk voel as iemand hom uitskel as: “Jou Afrikaner,” of “Jou Christen.”?

Hierteenoor is mens bykans gewaarborg om hewige reaksie te ontlok as iemand toegesnou word: “Jou k***r,” “jou vuil Boer,” “jou moffie” of “jou kruppelgat.”

Wanneer die “bedoelde” kategorieë doelbewus beledig word, deur iets vulgêrs of onwaar by te voeg, kan godsdiensgroepe wél as groep eksepsie neem, soos Moslems se besware by die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kulturele regte. Christengroepe se soortgelyke klagtes oor sake soos die onderstebo uitbeelding van die kruis in ‘n bioskoopbekendstelling is egter nie deur die Kommissie hanteer nie. Volgens ‘n joernalis wat dit ondersoek het, het die Kommissie in ‘n stadium nog geen klag van Christengroepe hanteer nie.

Die uitspraak in die Wilders-saak sal minstens beproefbare riglyne verskaf wat groepe hier kan gebruik om mense voor ‘n soort strafhof te bring vir uitsprake soos dié van Malema na Caster Semanye se terugkeer uit die buiteland.

 

play casino onlineАлександр Фильчаков прокурор

Vuurwapens

“Die opmerking van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit dat afgestuur word op ‘n Suid-Afrika waar slegs die veiligheidsmagte wapens sal dra, bring ongelukkig ‘n nuwe dimensie aan die omstredenheid waarin die burgery se gesukkel om lisensies vir hul vuurwapens te kry, reeds gedompel is. Sommige aansoekers wag nou reeds twee jaar of langer om te hoor of hul wapenaansoeke goedgekeur is sonder om enigiets te hoor, en word nou met hierdie stelling gekonfronteer. So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Die verklaarde voorneme om misdadigers sonder wapens te laat deur dit bykans onmoontlik te maak vir wetsgehoorsames om wapens te besit, hou om verskeie redes nie water nie. Misdadigers gaan nie hul onwettige wapens inhandig nie, en selfs al sou hulle dit op ‘n manier kwyt wees, leer die geskiedenis dat hulle binne ‘n ommesientjie kan herbewapen deur onder meer staatsarsenale te plunder, polisiebeamptes te beroof, of dit uit buurlande in te smokkel. Kort voor lank is die misdadigers herbewapen, en die onskuldige burgery weerloos.

Die argument volg dieselfde soort drogredenasie as die argument dat polisie- en weermaglede beter besoldig moet word om te keer dat hulle by misdade betrokke raak.

“Die grondwetlike vryhede wat Suid-Afrikaners op papier het, beteken immers min as hulle in hul eie fort-tipe huise toegesluit is, om dan maar net in hul inrypaaie, winkelsentrums en ander openbare plekke aangeval en selfs vermoor te word.

“In die geval van die jongste plaasmoorde het die slagoffers juis altyd die kluis laat oopstaan sodat enigeen kan sien hulle het nie vuurwapens en kontant in die huis nie. Na hulle bloedig aangerand is, is hulle met ‘n vuurwapen geskiet wat die aanvallers saamgebring het.

“Ons stem saam dat vuurwapeneienaars behoorlik opgelei moet wees en dat die besitreg aan streng keurings- en bergingsvereistes moet voldoen. Om wetsgehoorsames in die wêreld se moord- en verkragtingshoofsetel te ontwapen kom neer op die staat se versaking van sy grondwetlike verantwoordelikhede van sy burgers. Die soort BBP-beskerming wat Julius Malema kry is immers nie almal wat bedreig word – al die land se burgers – beskore nie.”

 

пальто для девочкиАлександр Фильчаков

Chinese uitvoer spring

Kort op die nuus dat China vir Duitsland as die wêreld se grootste uitvoerder verbygesteek het, kom die nuus dat China se uitvoere die afgelope Desember 17,7 % meer was Desember ’n jaar tevore. China het in November verlede jaar goedere ter waarde van $10,7 biljoen uitgevoer teenoor Duitsland se $10,5 biljoen.

Die verhoogde uitvoere is ’n maatstaf vir die herstel van die wêreldekonomie, en stimuleer weer Chinese invoere, veral van ru-stowwe. In Desember was die verhoging 55 %, terwyl 42 % meer ystererts verlede jaarr ingevoer is, 63 % meer koper en 164 % meer alluminium.

 

освещение потолка наtopcargo

Asmal kies maatskappye se kant in Apartheidhofsaak

Die voormalige minister van onderwys, Kader Asmal, sal na verwagting aan die kant van multinasionale maatskappye wees tydens ‘n apartheidserahofsaak wat Maandag in New York sal hervat.

“Kader Asmal is aan die kant van die maatskappye,” het prof. Marjorie Dobson, nasionale direkteur van die groepe gesê.

Daar sal ook Maandag bespreek word of die suidelike distrikshof in New York oor die jurisdiksie beskik om te saak te verhoor.

“Daar sal 15 minute van kruisondervraging wees aan albei kante deur die regter, gebaseer op die argumente wat ingedien is. Ons is van mening dat die hof wel oor die jurisdiksie beskik,” het Dobson gesê.

Die maatskappye wat gedagvaar word sluit in: Barclays, Daimler, Ford, Fujitsu, General Motors, IBM, Rheinmetall en UBS.

Dié groepe word daarvan beskuldig dat hulle hulp en bystand aan alle apartheidsaksies verleen het deur besigheid met die apartheidsregering te doen.

 

casino online free bonus no depositАлександр Фильчаков Васильевич

Pous veroordeel gay huwelike

Pous Benedictus XVI het wetgewings wat die verskille tussen die manlike en vroulike geslag ignoreer, as ‘n “aanval” op die skepping bestempel.

Dié stelling is gemaak kort nadat Portugal stappe geneem het om gay huwelike te wettig.

Wesens, mense inkluis, “kan of beskerm of bedreig word” het die pous (82) aan die Vatikaanse diplomatieke afdeling tydens die tradisionele Januarie-toespraak, gesê.

Sy toespraak het meestal op omgewingsake gefokus.

“Wetgewings en mosies wat kwansuis diskriminasie teenwerk, is ‘n direkte aanval op die biologiese basis vir die verskil tussen mans en vroue,” het hy gesê.

Hy het spesifiek na sekere Europese lande sowel as Noord- en Suid-Amerika verwys.

Die Portugese parlement het intussen planne om gay huwelike te wettig, goedgekeur.

Die finale stemmery rakende dié nuwe wetgewing, sal moontlik voor die pous se besoek aan Portugal plaasvind.

 

справка 046-1 как получитьФильчаков Александр Васильевич

Minister dreig wapeneienaars

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Maandag op ’n perskonferensie ’n nuwe amnestiedatum vir die inhandiging van vuurwapens aangekondig.

Die amnestiedatum verstryk nou op 11 April, nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat sekere bepalings in die nuwe Wet op Vuurwapenbeheer, ongrondwetlik is.

Die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die aansoek gebring. Die aansoek sal op 29 Maart gehoor word.

Mthethwa het gewaarsku dat die “poppe gaan dans” indien mense nie hulle wapens herlisensieer nie.

Hy het gesê die ideaal is uiteindelik ’n wapenvrye Suid-Afrika. Diegene wat tot 20 wettige wapens besit, besit te veel wapens, het die minister gewaarsku.

Talle wapens wat in rooftogte gebruik word, is glo by wettige vuurwapeneienaars gesteel, volgens Mthethwa. Hy het nie kommentaar gelewer op die wapens wat uit polisiestore verdwyn nie.

Vyf jaar gelede, met die vorige amnestie, was dit hoofsaaklik wapeneienaars met wettige lisensies wat hulle wapens ingehandig het.

Al die vuurwapens wat ingehandig word, sal glo eers forensies ondersoek word om te bepaal of hulle vir misdaad gebruik is en daarna vernietig word.

nights gameЛобановский

Politieke gesprek met Carel Boshoff IV, Dan Roodt, Kallie Kriel en Danie Goosen

Alle PRAAG-lesers word uitgenooi na die tweede politieke oopgesprek rakende die huidige situasie en die pad vorentoe vir die Afrikaner in Suid-Afrika – ‘n nugtere blik, sonder politieke retoriek. Die sprekers is Carel IV Boshoff van Orania, Dan Roodt van Praag, Kallie Kriel van Afriforum/Solidariteit en Danie Goosen van die FAK. Daar sal ook tyd wees vir bespreking uit die gehoor.

Datum: 15 Januarie 2010
Tyd: 19:00

Aangebied deur Diamantvallei Landgoed, ongeveer 20km oos van Pretoria. Padaanwysings kan verkry word by www.diamantvallei.co.za . Ligte verversings sal verskaf word en ‘n kontantkroeg is beskikbaar. Bywoning is gratis, maar donasies is welkom om kostes van sprekers en verversings te dek. Almal is welkom, maar laat weet asb. indien moontlik, sodra u seker is of u kom, sodat ons ‘n idee kan kry van getalle: aanvaar die uitnodiging op facebook of e-pos: stoman@diamantvallei.co.za of skakel tel. (012) 736 2154

Is jy ook keelvol vir tweedeklasburgerskap? Grief dit jou ook dat jou Afrikanerskap polities inkorrek is? Voel jy dis tyd om vas te skop? Kom praat saam daaroor – nugter en realisties. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem as jy ‘n verskil wil sien. Niemand gaan dit vir ons gee nie, ons moet dit self doen.

кукольный домик купитьЛобановский

Peiling oor volkstaat op Beeld-webwerf

Nuwe berig:

{jathumbnail off} prinsevlagDie meningspeiling oor ‘n Afrikanervolkstaat op Beeld se webwerf is gister gesluit met ‘n oorweldigende meerderheid wat óf heeltemal ten gunste óf voorwaardelik ten gunste van ‘n volkstaat is. Die finale stemming in die referendum-om-onafhanklikheid-in-die-kleine lyk soos volg:

Sou jy dit oorweeg om in ‘n volkstaat te bly?

Ja: 56% 6191 stemme

Nee: 27% 2941 stemme

Dit hang af: 17% 1912 stemme

‘n Rubriekskrywer van Beeld, Pieter du Toit, het dit op hom geneem om die koerant en webwerf se lesers te betig oor hul steun vir ‘n idee wat hy as “doogebore” beskou. Du Toit se rubriek, Volkstaat hou g’n heil in, het ontsteltenis onder sommige lede van die Vryheidsfront Plus veroorsaak omdat Du Toit se halsstarrige verdediging van die status quo vir hulle “werklikheidsvreemd” aandoen.

‘n Lewendige bespreking met waarskynlik die meeste deelnemers ten gunste van Afrikaneronafhanklikheid vind tans op sowel die kommentaarafdeling van Pieter du Toit se rubriekbladsy as op dié bladsy op praag.co.za plaas.

Kenners is dit eens dat die skielike uitbarsting van ‘n volkstaatdebat in die blaaie van Beeld, wat as ‘n hoofstroom-, liberale koerant beskou word, swanger aan politieke implikasiese vir Afrikaners én die land in sy geheel is. Die politieke debat in Afrikaans en in Engels in Suid-Afrika loop hiermee ook dermate uiteen dat ‘n mens reeds van “twee lande”, ‘n Afrikaanse en “Engelse, Mzansiese” kan praat.

Eerste berig: Maandag, 11 Januarie 2010 14:32

Die webwerf van die Johannesburgse dagblad Beeld, beeld.com, hou vandag op hul voorblad ‘n elektroniese meningspeiling met die vraag: “Sou jy dit oorweeg om in ‘n volkstaat te bly?”

Sommige lesers sien die peiling as ‘n referendum-in-die-kleine oor Afrikaneronafhanklikheid en moedig hul vriende en kennisse aan om “Ja” te stem. Tot dusver het lesers só gestem:

Ja: 54% 2346 stemme

Nee: 27% 1193 stemme

Dit hang af: 19% 814 stemme

 

тамбов пеногенераторы,Олександр Васильович Фільчаков

Kwaliteit van leierskap laat veel te wense oor

“As ‘n mens die TV-onderhoud van pres. Jacob Zuma met e-TV na die afloop van die ANC se 90ste verjaardag kan met twee woorde opgesom word – onpresidensieel en onvoldoende,” aldus die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Terwyl hy besluiteloos voorgekom het, het hy vaaghede en veralgemeneings ingespan in antwoord op sake van nasionale belang. Hy het oor kwessies soos die onafhanklikheid van die vervolgingsgesag, nasionalisasie en die impak op buitelandse beleggings, die swak opvoedkundige uitslae, werkskepping en die moontlike vrywaring van Shabir Shaik met vernuftige voetwerk die sake so ontduik dat kykers niks wyser is nie.

“Die skuld vir ANC-mislukkings is opnuut op die verlede geplaas, en oplossings in die toekoms is beloof wat opnuut beteken dat die teenswoordige in die gange van vergetelheid moet verrot.

“Dit het, volgens Zuma, agt maande geneem om die nuwe regering saam te stel en dat prestasie nou aan die beurt gaan kom. Op munisipale vlak is egter nog bitter min reggeruk, en ons hou in die komende jaar weer verkiesing wanneer die proses van voor af begin word. Die bedoeling van ‘n monteerbaan is dat hoë gehalte voltooide produkte gelewer word, nie hersirkuleer en net herontwerp word nie.

“Pres. Zuma wys op die nypende tekort aan vaardigheid in die staatsdiens. Hy en die ANC word die afgelope 16 jaar van goeie raad bedien oor hoe om die probleem aan te spreek, en ook wat om nie te doen nie. Met ongeveer ‘n miljoen kundige Suid-Afrikaners in die buiteland is die grondslag van brouwerk voor die hand liggend.

“Is dit die kwaliteit van die leierskap waarmee Suid-Afrika in die toekoms mee opgesaal moet sit?”

 

casinoДанильченео

Plakkers bestook huise met petrolbomme

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die Tshwane-metroraad strenger moet optree teen onwettige grondbesetters naby Laudium wat teen hulle uitsetting betoog. Sommige huise van inwoners van Laudium is met petrolbomme bestook.

Grond wat deur PPC-sement besit word is onwettig beset en PPC het ‘n hofbevel in die Gautengse Hooggeregshof verkry dat die plakkershutte verwyder moet word. Die plakkers het geweier en word nou daarvan beskuldig dat nabygeleë huise in Laudium deur hulle geteiken word vir petrolbom-aanvalle.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, moet daar met ‘n ystervuis opgetree word wanneer betogers handuit ruk en inwoners aanval.

Die VF Plus het die ANC-beheerde metroraad daarvan beskuldig dat onwettige grondbesettings stil-stil toegelaat word en dat die metroraad eers optree wanneer besighede en inwoners deur ‘n langdradige en duur hofproses gegaan het om ‘n hofbevel te verkry.

Daar is talle areas in Pretoria waar die metroraad toegekyk het hoe onwettige grondbesetting en plakkerskampe in gevestigde woonbuurte ontstaan.

“’n Verantwoordelike stadsadministrasie wat vir sy inwoners omgee behoort onwettige grondbesetters te verwyder lank voordat dit in ‘n ernstige probleem ontaard”, het Beyers gesê.

 

free casino downloadsАлександр Фильчаков Васильевич