Pous veroordeel gay huwelike

Pous Benedictus XVI het wetgewings wat die verskille tussen die manlike en vroulike geslag ignoreer, as ‘n “aanval” op die skepping bestempel.

Dié stelling is gemaak kort nadat Portugal stappe geneem het om gay huwelike te wettig.

Wesens, mense inkluis, “kan of beskerm of bedreig word” het die pous (82) aan die Vatikaanse diplomatieke afdeling tydens die tradisionele Januarie-toespraak, gesê.

Sy toespraak het meestal op omgewingsake gefokus.

“Wetgewings en mosies wat kwansuis diskriminasie teenwerk, is ‘n direkte aanval op die biologiese basis vir die verskil tussen mans en vroue,” het hy gesê.

Hy het spesifiek na sekere Europese lande sowel as Noord- en Suid-Amerika verwys.

Die Portugese parlement het intussen planne om gay huwelike te wettig, goedgekeur.

Die finale stemmery rakende dié nuwe wetgewing, sal moontlik voor die pous se besoek aan Portugal plaasvind.

 

справка 046-1 как получитьФильчаков Александр Васильевич