Minister dreig wapeneienaars

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het Maandag op ’n perskonferensie ’n nuwe amnestiedatum vir die inhandiging van vuurwapens aangekondig.

Die amnestiedatum verstryk nou op 11 April, nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat sekere bepalings in die nuwe Wet op Vuurwapenbeheer, ongrondwetlik is.

Die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die aansoek gebring. Die aansoek sal op 29 Maart gehoor word.

Mthethwa het gewaarsku dat die “poppe gaan dans” indien mense nie hulle wapens herlisensieer nie.

Hy het gesê die ideaal is uiteindelik ’n wapenvrye Suid-Afrika. Diegene wat tot 20 wettige wapens besit, besit te veel wapens, het die minister gewaarsku.

Talle wapens wat in rooftogte gebruik word, is glo by wettige vuurwapeneienaars gesteel, volgens Mthethwa. Hy het nie kommentaar gelewer op die wapens wat uit polisiestore verdwyn nie.

Vyf jaar gelede, met die vorige amnestie, was dit hoofsaaklik wapeneienaars met wettige lisensies wat hulle wapens ingehandig het.

Al die vuurwapens wat ingehandig word, sal glo eers forensies ondersoek word om te bepaal of hulle vir misdaad gebruik is en daarna vernietig word.

nights gameЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae