Wapeneienaars moet lisensies vroegtydig hernu

Wapeneienaars word daaraan herinner dat hulle hul vuurwapenlisensies vroegtydig moet hernu.

Die vergunning om laat aansoekers te akkomodeer, is pas deur die polisie se hoofkantoor ingekort en daar gaan glo streng teen opgetree word teen diegene wat nie betyds hul aansoeke indien nie.

Dit is volgens die polisie se Ethel Linström, en volg na sekere wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet.

Die meeste vuurwapenlisensies is tien jaar geldig. Lisensies, permitte of sertifikate vir vuurwapens wat sedert 2004 uitgereik is, sal in aanmerking kom vir hernuwing, aangesien handwapens vir selfverdediging net vir vyf jaar geldig is.

Ingevolge artikel 24 van die Wet moet wapeneienaars voortaan ten minste 90 dae voor hul lisensie verval, dit laat hernu.

Indien hulle nie binne dié tyd aansoek gedoen het nie, het wapeneienaars volgens Linström verskillende opsies.

Die wapens kan ingehandig word by die polisie, of by wapenhandelaars op nuwe kode gelys word terwyl die aansoek gedoen word, het Linström gesê.

Nog ‘n moontlikheid is dat ‘n uwe aansoek deur ‘n nuwe eienaar gedoen word nadat die wapen aan ‘n nuwe eienaar geskenk word.

Wapeneienaars wat hul lisensies tot dusver laat hernu het, is oor die hoof gesien en kon die afgelope vyf jaar hul lisensies hernu ondanks die verbod op laat hernuwings.

Vuurwapens

“Die opmerking van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit dat afgestuur word op ‘n Suid-Afrika waar slegs die veiligheidsmagte wapens sal dra, bring ongelukkig ‘n nuwe dimensie aan die omstredenheid waarin die burgery se gesukkel om lisensies vir hul vuurwapens te kry, reeds gedompel is. Sommige aansoekers wag nou reeds twee jaar of langer om te hoor of hul wapenaansoeke goedgekeur is sonder om enigiets te hoor, en word nou met hierdie stelling gekonfronteer. So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Die verklaarde voorneme om misdadigers sonder wapens te laat deur dit bykans onmoontlik te maak vir wetsgehoorsames om wapens te besit, hou om verskeie redes nie water nie. Misdadigers gaan nie hul onwettige wapens inhandig nie, en selfs al sou hulle dit op ‘n manier kwyt wees, leer die geskiedenis dat hulle binne ‘n ommesientjie kan herbewapen deur onder meer staatsarsenale te plunder, polisiebeamptes te beroof, of dit uit buurlande in te smokkel. Kort voor lank is die misdadigers herbewapen, en die onskuldige burgery weerloos.

Die argument volg dieselfde soort drogredenasie as die argument dat polisie- en weermaglede beter besoldig moet word om te keer dat hulle by misdade betrokke raak.

“Die grondwetlike vryhede wat Suid-Afrikaners op papier het, beteken immers min as hulle in hul eie fort-tipe huise toegesluit is, om dan maar net in hul inrypaaie, winkelsentrums en ander openbare plekke aangeval en selfs vermoor te word.

“In die geval van die jongste plaasmoorde het die slagoffers juis altyd die kluis laat oopstaan sodat enigeen kan sien hulle het nie vuurwapens en kontant in die huis nie. Na hulle bloedig aangerand is, is hulle met ‘n vuurwapen geskiet wat die aanvallers saamgebring het.

“Ons stem saam dat vuurwapeneienaars behoorlik opgelei moet wees en dat die besitreg aan streng keurings- en bergingsvereistes moet voldoen. Om wetsgehoorsames in die wêreld se moord- en verkragtingshoofsetel te ontwapen kom neer op die staat se versaking van sy grondwetlike verantwoordelikhede van sy burgers. Die soort BBP-beskerming wat Julius Malema kry is immers nie almal wat bedreig word – al die land se burgers – beskore nie.”

 

пальто для девочкиАлександр Фильчаков

‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’

Die dood van ‘n drie-jarige kleuter wat glo deur ‘n skietmal-polisieman doodgeskiet is, was “pure misdaad”, het Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris se woordvoerder luidens ‘n verklaring gesê.

“Mense hoor wat die kommissaris juis nie sê nie,” het Nonkululeko Mbatha gesê.

“Wat (Cele) gesê het, is dat lede van die polisie beslissend en na gelang van die omstandighede moet optree en reageer wanneer hulle lewe bedreig word,” het hy gesê.

“Die polisie kan nie sterf met wapens in hul sakke nie.

“Dit is egter pure misdaad wanneer die polisie op ‘n motor of ‘n drie-jarige kind in die straat skiet. Die kind het nie eens rond gehardloop nie. Waar was die bedreiging?

“Die polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie en dié wat wel doen, sal teenoor opgetree word,” het Mbatha gesê.

Atlegang Phalane (3) het Saterdagaand buite ‘n familielid se huis in die noorde van Johannesburg gesterf.

Die polisieman het Phalane doodgeskiet nadat hy ‘n pyp wat die kind in sy hand gehad het, vir ‘n vuurwapen aangesien het.

 

одноразовые слюнявчики купитьлобановский класс харьков

Verligting oor wapenuitspraak

Image

Sy sal nou weer rustig kan slaap…

Die SA Jagters- en wildvereniging het die tussentydse hofbevel verwelkom en gesê dit sal tydelik verhoed dat meer as 'n miljoen Suid-Afrikaanse wapeneienaars om middernag op 30 Junie tot misdadigers verklaar word.

Regter Bill Prinsloo het Vrydag 'n dringende hofbevel in die Pretorasie Hoëhof toegestaan wat die geldigheid van alle wapenlisensies onder die Wapens- en ammunisiewet van 1969 verleng, afhangend van die uitslag van 'n aansoek om dele van die nuwe Wet op vuurwapenbeheer ongrondwetlik te verklaar.

Die nuwe wet het in 2004 in werking getree, maar is kragtens skedule 1 van die wet oor 'n vyfjaarperiode ingefaseer, 'n periode wat op 30 Junie ten einde loop.

Die wet dwing gelisensieerde vuurwapeneienaars om vir hul lisensies heraansoek te doen, waaronder ook aansoeke om bevoegdheidsertifikate; indien nie, moet hulle van hul vuurwapens ontslae raak, of dit aan die staat vir vernietiging oorhandig.

Die wet kriminaliseer wapeneienaars wat nog nie vir die hernuwing van hul lisensies aansoek gedoen het nie.

Hulle loop die gevaar van kriminele vervolging en kan tot 'n jaar tronkstraf gevonnis word omdat hulle nie aansoek gedoen het nie en 'n verdere maksimum van 15 jaar vir die onwettige besit van 'n vuurwapen.

Die regsverteenwoordiger van die Jagtersvereniging, George Nell, het die uitspraak as "uistekend" beskryf.

Hy sê dit was van nasionale belang, nie net vir die Jagtersvereniging nie, maar vir alle privaatwapeneienaars.

"Ek dink die SAPD en die owerheid behoort na die uitspraak te kyk en miskien ag op die positiewe aspekte daarvan te slaan en die boodskap op 'n meer positiewe manier aan die publiek oor te dra, asook om hul eie sake in orde te kry."

Nell sê die hoofaansoek sal waarskynlik slegs oor ses of agt maande aangehoor word en sou, indien dit slaag, deur die Grondwethof bevestig moet word.

Die nasionale woordvoerder vir die polisie, Phuti Setati, het gesê die uitspraak sou nie die toepassing van die nuwe wet keer nie.

"Alles gaan voort, maar omdat daar nog 'n aansoek hangende is, bly alle lisensies wat onder die ou wet toegestaan is, geldig. Alles word nou gestaak totdat die aansoek afgehandel is," het hy gesê.

Setati meen die polisie respekteer die uitspraak en "gaan dienooreenkomstig handel".

"Ons gaan die uitspraak bestudeer en sal seker maak dat dit na binne en buite behoorlik deurgekommunikeer word.

Prinsloo het bevind dat die Jagtersvereniging 'n sterk prima facie-saak betreffende die hoofaansoek het, waarin hulle aanvoer dat die nuwe wet onregmatig die reg van gelisensieerde wapeneienaars beperk om wapens te besit en dat hulle daarom nie vervolg behoort te word vir die besit van vuurwapens wat hulle wettiglik bekom het nie.

Die vereniging voer verder aan dat die nuwe wet eienaars van vuurwapens arbitrêr van hul wapens ontneem en dat dit nie rasioneel is nie, aangesien daar geen bewys hoegenaamd bestaan dat wettige wapenbesit tot die verspreiding van onwettige wapens in Suid-Afrika bydra nie.

Prinsloo het verklaar dat die vereniging insgelyks 'n sterk saak daarvoor uitgemaak het dat die SAPD nie oor die vermoë beskik om aan die oorweldigende logistieke eise rondom die toepassing van die nuwe wet te voldoen nie.

Slegs die helfte van meer as 700 000 aansoeke om bevoegdheidsertifikate is oor die afgelope 5 jaar afgehandel en dit was 'n "voldonge feit" dat die registrateur nie oor die volgende 5 jaar die oorblywende 700 000 aansoeke sal kan afhandel nie.

Prinsloo het gesê dat die saak duidelik dringend en van nasionale belang was, aangesien die sperdatum net om die draai is.

Hy het voorts gesê dat die aansoekers oor die afgelope nege jaar konstant met die polisie in verbinding was. Sommige van hul belangrike vertoë is nie beantwoord nie en hulle het beslis nie gesloer nie.

"Die grondwetlike regte van honderde duisende wettige lisensiehouers is op die spel," het die regter gesê.

"…Die hof het die jurisdiksie om tussentydse verligting toe te staan om onreg en lyding te verhoed."

интернет магазин малышДанильченко