Franse Kommunis verskyn as kloon voor sy aanhangers

Die Franse ver-linkse kandidaat Jean-Luc Melenchon het aan sy ondersteuners as ‘n hologram Sondag by ‘n byeenkoms naby Parys verskyn.

Die hol figuur van ‘n ver-linkse is ‘n tegnologiese eerste vir ‘n presidensiële veldtog in Frankryk.

Melenchon het in persoon naby die sentrale Franse stad Lyon opgetree, maar ook verskyn voor sy surrogate in ‘n konsertsaal 450 kilometer verder in Aubervilliers, naby Parys deur ‘n blote druk van ‘n knoppie.

Hy het melodramaties die tegnologie geprys as ‘n “simbool van die vindingrykheid in die ode aan die wonder van die menslike verstand”.

Hy is nie die eerste politikus om sulke tegnologie aan te wend nie. In 2014, het Turkse premier Erdogan ‘n groot hologram van homself getoon om sy presidensiële statuur te verhoog, terwyl Narendra Modi sy teenstanders met ‘n veldtog vol hologramme van sy toesprake in dorpe regoor Indië uitgestof het.

Die hologram van die politikus en presidensiële kandidaat het sonder ‘n tegniese probleem verloop, hoewel sy stem gedemp geklink het.

Gerugsteun deur die Kommunistiese Party, was hy in Lyon in ‘n poging om opkomende ster Marine Le Pen teen te werk.

“Ek het geweet Le Pen hou haar byeenkoms in Lyon. Ek het nog nooit die normalisering van haar party aanvaar nie. Macron het ook besluit om sy vergadering in Lyon te hou. Ek wou dus die drie groot ideologiese families van hierdie land wys, die gemeenskapspolitiek van mev Le Pen, die liberalisme en die ekologiese en sosiale onverskilligheid van mnr Macron demonstreer. En ons s’n, universalistiese humanisme.”

Beide Len Pen en Melanchon is eurosceptici en veroordeel globalisering, maar hulle verskil skerp oor immigrasie.

Die skare in Parys het opgespring en foto’s met hul selfone geneem elke keer as die hologramkandidaat sy verskyning gemaak het. Baie was meer geïnteresseerd in die tegniese vertoon as in sy toespraak.

“Ek is self my eie kloon, ek weet wie die klone van ander is!” het hy voortborduur terwyl sy beeld oor die lewende figure op die verhoog in Parys geloop het.

Die meningspelings wys dat Melenchon nie veel van ‘n kans staan om deur te dring na die tweede ronde nie. Die hologram was dalk ‘n aanduiding daarvan.

Kabeldiewe vasgevat

Altesaam tien swart mans, waaronder vier van Lesotho en ses plaaslik, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn in verband met kabeldiefstal ter waarde van sowat R250 000.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Sabata Mokgwabone, sê die vermeende kabeldiewe is verlede Donderdag in Mahoganystraat in Klerksdorp se industriële gebied aangekeer.

Hy sê die polisie het ‘n wenk ontvang en die mans betrap. Hulle het koperkabels in ‘n voertuig gelaai. By nadere ondersoek is daar op nog kabels in twee ander voertuie op die toneel beslag gelê.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 20 en 55.

De Klerk vaar uit teen Zuma die dag waarop hy ANC-ontbanning prys

Die voormalige staatspresident, FW de Klerk, sê Suid-Afrika het uitgevaar teen Jacob Zuma.

Hy het by die jaarlikse konferensie van die FW de Klerk-stigting gepraat ter viering van 27 jaar sedert sy toespraak in 1990, waartydens hy die ontbanning van die ANC en vrylating van terroriste aangekondig het, maar die ironie bly De Klerk steeds ontwyk.

De Klerk sê belangrike nasionale instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag, die Valke, elemente in die polisie, die Intelligensiediens en moontlik die openbare beskermer word ondermyn om politieke teenstanders se monde te snoer.

Die vyandigheid teen Thabo Mbeki as president, met die hulp van die voormalige ANC-jeugliga leier Julius Malema, deur Zuma, het die regering se beleid van ekonomiese groei gekelder.

Dit is nie duidelik hoe Mbeki sou kon help om ekonomiese groei te bevorder nie, aangesien hy van die wit “setlaars” wou ontslae raak.

De Klerk se toespraak was ‘n cliché-belaaide aanval op Zuma.

Brandbestryding sukkel met Du Toitskloof se vlamme

Die Du Toitskloof-pas bly gesluit terwyl brandbestryders steeds poog om ‘n brand te blus wat oornag bo teen die bergpas buite die Paarl uitgebreek het.

Ten minste vier helikopters en 50 brandbestryders is ontplooi.

Inwoners is uit nabygeleë huise na veiligheid geneem met die brand wat buite beheer woed en oor die pad gespring het.

Motoriste word aangeraai om die Hugenote-tonnel op dit N1 as alternatiewe roete te gebruik.

Nuwe OB wys op Madonsela se misbruik van staatsfondse

Die Openbare Beskermer, Busi Mkhwebane, sê haar voorganger het ‘n duur ampsmotor bly gebruik ten spyte daarvan dat haar termyn verstryk het.

Die OB sê geld moes van Thuli Madonsela afgetrek word vir ‘n duur BMWX6 asook skade aan die motor na ‘n ongeluk.

“Ons praat van belastingbetalers se geld,” het Mkhwebane by ‘n media-inligtingsessie gesê.

Die New Age het berig dat die skade ‘n bedrag R750 000 beloop, maar die waarnemende uitvoerende hoof van die OB se kantoor sê dis minder.

Madonsela se seun het in 2012 met die motor deur ‘n tuinmuur gery.

Mkhwebane het ook aangedui dat sy die DA gaan dagvaar oor bewerings dat hulle haar ‘n spioen genoem het.

Sy sê die party het genoeg kans gehad om verskoning aan te teken, maar het tot dusver dit nog nie gedoen nie.

“Ek dink nie dié instansie sal daarvan hou om deur ‘n spioen gelei te word nie,” het sy gesê met verwysing na die pos van die OB.

Die DA het beweer dat sy ‘n spioen in China was terwyl sy daar die land se missie verteenwoordig het.

Mkhwebane was daarvoor verantwoordelik dat Madonsela aangekla is omdat sy inligting aan eNCA laat uitlek het in die vorm van ‘n klankgreep oor president Zuma se beweerde staatskaping.

Nuwe Amerikaanse minister van Buitelandse Sake ingehuldig

Die Amerikaanse president, Donald Trump se nuwe minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson is in die Withuis ingehuldig.

Die Senaat het met 56 stemme teenoor 43 vir Tillerson gestem. Tillerson is die voormalige bestuurshoof van die oliereus, Exxon Mobil.

Trump het tydens sy inhuldiging gesê dit het tyd geword vir ‘n nuwe perspektief met betrekking tot buitelandse kwessies.

Hy het ook gesê Tillerson kan groot uitdagings verwag van die Midde-Ooste en die res van die wêreld. Trump se hoofstrateeg, Steve Bannon is ook tydens die seremonie ingehuldig.

Ondersoek teen Gerrie Nel geopen net drie dae voor hy na Afriforum is

Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag Shaun Abrahams het ‘n ondersoek gelas na Gerrie Nel en ander senior aanklaers net drie dae voor Nel bedank het om by Afriforum aan te sluit.

Abrahams het ‘n senior aanklaer in KwaZulu-Natal gevra om hom te voorsien van ‘n vorderingsverslag wat verband hou met bewysstukke wat vervals is.

News24 berig dat Nel deel was van ‘n klag wat deur ‘n Laudiumse sakeman teen hom aanhangig gemaak is asook teen aanklaers in Pretoria.

Nel het Maandag bedank om aan te sluit by AfriForum as hoof van sy private vervolgingseenheid. Die kwessie is ‘n kopseer vir die organisasie wat nie as ‘n organisasie vir uitsluitlik Afrikaners gesien wil word nie. Dit gee daartoe aanleiding dat daar geen locus standi vir vervolging in openbare belang kan wees nie.

Die klagte, wat op 20 Desember verlede jaar geregistreer is, hou verband met ‘n aanklag oor ‘n gepeuter met bewyse.

Dit is duidelik dat Nel onder druk verkeer het in die Nasionale Vervolgingsgesag voor hy weg is, net vyf jaar voor aftrede, na’n 36-jaar loopbaan waarin hy met sukses Afrikaner “regses” vervolg het.

Glynnis Breytenbach, DA-parlementslid, sê dit is onwaarskynlik dat die DA gebruik sal maak van AfriForum se private vervolgingsdienste ten spyte van haar kritiek op die NVG.

Trump se verhouding met Rusland stuur skuddings deur VN

President Donald Trump se goeie verhouding met Rusland het gesorg vir skuddings in die Verenigde Nasies, want Amerikaanse bondgenote is bekommerd dat ‘n vennootskap tussen Washington en Moskou ‘n historiese magsbalans wat dateer uit die Koue Oorlog, kan ondermyn.

Die vyf vetolande van die Veiligheidsraad, waarop 15 lede dien, is tradisioneel in twee kampe verdeel: Frankryk, Brittanje en die VSA (die P3) teen Rusland en China.

Maar Amerikaanse vriendskaplike betrekkinge met Rusland kan die VN se siening van konflikte in Sirië en die Oekraïne raak.

‘n Belangrike toets kom in Februarie, wanneer die Oekraïne die Veiligheidsraad se roterende presidentskap sal hou. Die land is diep bekommerd oor die volgehoue ​​steun van die Raad rakende sy aansprake op die Krim en die konflik teen sy eie mense op sy oostelike grens.

Die nuwe rigting deur die Amerikaanse president kan die ontplooiing van vredesmagte of veroordelings oor menseregteskendings direk raak. Terwyl die vyf permanente lede besluite kan veto, maak hulle gewoonlik staat op meerderheid ondersteuning van ander lede van die Veiligheidsraad.

Buitelandse diplomate “sal blind navigeer” met Trump, sê Richard Gowan, van die Europese Raad op Buitelandse Betrekkinge. “Baie verwag van hom om nouer met Rusland te bewerkstellig, maar is nie seker hoe ver dit sal gaan nie.

Onderonsies met Beijing oor handel en Taiwan, kan die dinamika van die Veiligheidsraad verander.

Dit voorspel niks goeds vir die Oekraïne nie, want die huidige regime hoop dat ander lande sal voortgaan om die referendum deur Rusland in die Krim te veroordeel. Die beleërde opposisie in Sirië kan uiteindelik ook inplof.

Brittanje is diep bekommerd dat Trump se verhouding met president Vladimir Poetin Russiese belange sal bevorder in Oos-Europa, volgens twee senior amptenare, wat aan Bloomberg gevra het om nie geïdentifiseer te word nie.

China het reeds Rusland gesteun in vyf besluite oor Sirië sedert 2011.

Die VN-resolusie van die Veiligheidsraad in Desember, wat krities was teenoor Israel se nedersettingsbeleid, gaan waarskynlik nog vir meer ontsteltenis sorg.

Die Trump-administrasie het intussen ‘n diep wantroue teenoor onverkose multilaterale instellings soos die VN getoon.

Afriforum se vervolgingseenheid dien nie Afrikaners nie sê Gerrie Nel

Die politiek-korrekte staatsaanklaer, Gerrie Nel, het ontken dat die burgerregtegroep, Afriforum se private vervolgingseenheid slegs tot voordeel van Afrikaanssprekendes sal wees.

Nel het Dinsdag aangekondig dat hy die Nasionale Vervolgingsgesag ná 35 jaar se diens jaar gaan verlaat, om by Afriforum aan te sluit. Hy begin vandag met sy nuwe werk.

Nel het die versekering aan OFM gegee “dat hy nog nooit ‘n politieke agenda gehad nie”.

Vyf vas wat LUR en ander se huise afbrand

Vyf swartes is in hegtenis geneem nadat die huis van Noordwes se LUR vir onderwys, Sello Lehari, afgebrand is.

Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die vyf sal na verwagting in die Moretele-landdroshof in Temba vandag verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van brandstigting en openbare geweld.

Masondo sê die verdagtes is in hegtenis geneem in Moeka Village naby Makapanstad Saterdagaand na gewelddadige betogings oor ‘n gebrek aan water in die gebied. Ander huise en voertuie is ook beskadig tydens die betogings.

Lehari was voorheen die burgemeester van die Moretele Munisipaliteit, waaronder Makapanstad val.

Noordwes Premier, Supra Mahumapelo, het afbrand van provinsiale LUR vir onderwys se huis, sowel as ten minste drie ander tydens die opstand veroordeel.

Mahumapelo sê die burgemeester en raadslede in die munisipaliteit is gevra om ‘n gemeenskapsvergadering oor die aangeleentheid vir Donderdag te belê.

Hy het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom en die polisie geloof vir hul vinnig optrede in die arrestasies van vyf verdagtes.