Kabeldiewe vasgevat

Altesaam tien swart mans, waaronder vier van Lesotho en ses plaaslik, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn in verband met kabeldiefstal ter waarde van sowat R250 000.

Polisiewoordvoerder in Noordwes, Sabata Mokgwabone, sê die vermeende kabeldiewe is verlede Donderdag in Mahoganystraat in Klerksdorp se industriële gebied aangekeer.

Hy sê die polisie het ‘n wenk ontvang en die mans betrap. Hulle het koperkabels in ‘n voertuig gelaai. By nadere ondersoek is daar op nog kabels in twee ander voertuie op die toneel beslag gelê.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 20 en 55.

2 thoughts on “Kabeldiewe vasgevat”

Maak 'n opvolg-bydrae