Nuwe OB wys op Madonsela se misbruik van staatsfondse

Die Openbare Beskermer, Busi Mkhwebane, sê haar voorganger het ‘n duur ampsmotor bly gebruik ten spyte daarvan dat haar termyn verstryk het.

Die OB sê geld moes van Thuli Madonsela afgetrek word vir ‘n duur BMWX6 asook skade aan die motor na ‘n ongeluk.

“Ons praat van belastingbetalers se geld,” het Mkhwebane by ‘n media-inligtingsessie gesê.

Die New Age het berig dat die skade ‘n bedrag R750 000 beloop, maar die waarnemende uitvoerende hoof van die OB se kantoor sê dis minder.

Madonsela se seun het in 2012 met die motor deur ‘n tuinmuur gery.

Mkhwebane het ook aangedui dat sy die DA gaan dagvaar oor bewerings dat hulle haar ‘n spioen genoem het.

Sy sê die party het genoeg kans gehad om verskoning aan te teken, maar het tot dusver dit nog nie gedoen nie.

“Ek dink nie dié instansie sal daarvan hou om deur ‘n spioen gelei te word nie,” het sy gesê met verwysing na die pos van die OB.

Die DA het beweer dat sy ‘n spioen in China was terwyl sy daar die land se missie verteenwoordig het.

Mkhwebane was daarvoor verantwoordelik dat Madonsela aangekla is omdat sy inligting aan eNCA laat uitlek het in die vorm van ‘n klankgreep oor president Zuma se beweerde staatskaping.

ANC-Jeugliga wens Madonsela geluk met haar DA-veldtog

Thuli Madonsela is deur die ANC-Jeugliga ‘n DA-marionet genoem. Die voormalige openbare beskermer, Madonsela het geweier om kommentaar te lewer op die uitlek van die klankopname van haar onderhoud met president Jacob Zuma.

Madonsela het glo die DA se verkiesingsveldtog afgeskop met die ondersoek na die beweerde staatskaping.

Die ANC-jeugliga het op ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg by monde van die jeugliga-woordvoerder Mlondi Mkhize ‘n beroep op die ANC-leierskap gedoen om hulle nie aan die verslag te steur nie want dit is niksseggend.

“Dit is ons oorwoë mening dat die openbare beskermer baie goed weet dat sy die bekendstelling van ‘n DA-veldtog voor 2019 se nasionale en provinsiale verkiesings behartig. Ons is van mening dat daar nie genoegsame bewyse is in die dramakwien se verslag nie. As die ANC-jeugliga wil ons haar graag sterkte toewens met haar DA pogings.”

Ontleders en politici bestudeer nog die verslag van 350 bladsye van die Openbare Beskermer wat vrygestel is deur ‘n bevel van die hooggeregshof in Pretoria.

Moontlike inmenging by ondernemings in staatsbesit was een van die aspekte uitgelig deur die voormalige openbare beskermer, Madonsela.

Sy sê die minister van openbare ondernemings Lynne Brown het na bewering die Denelraad ontbind om die Guptas tegemoet te kom.

Nog Nkandla-modder

‘n Groep joernaliste het weer president Jacob Zuma se woning op Nkandla besoek.

Hulle is selfs getrakteer op ‘n demonstrasie van swembadwater wat vuur kan blus, maar die jongste besoek kon blykbaar steeds nie politieke vure blus nie.

Die voorsitter van die Parlement se Adhockomitee oor Nkandla, Cedric Frolick, sê daar is nog geen besluit geneem om die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, te vra om voor die komitee te verskyn nie.

Die DA dring steeds daarop aan dat president Jacob Zuma ook voor die Parlementêre Adhoc-komitee moet verskyn om sy weergawe oor die veiligheidsopgraderings by sy privaatwoning op Nkandla te gee.

Die party sê die pryse op die veiligheidsopgraderings is doelbewus gelaai om ander projekte in die President se privaatwoning te subsidieer. Dieselfde argitek was by altwee projekte betrokke.

Madonsela het in haar verslag oor Nkandla regstellende stappe aanbeveel. Een van die aanbevelings is dat die President ‘n gedeelte van die geld moet terugbetaal wat bestee is aan opgraderings wat nie met veiligheid verband hou nie.

Frolick sê partye in die komitee is verdeeld oor Madonsela se moontlike verskyning voor die komitee.

Verlede week het joernaliste beperkte toegang gehad toe die parlementêre ad hoc komitee die president se privaatwoning besoek het. Die Nasionale Redakteursforum het egter oor die beperkings gekla.

Joernaliste sal die regering se geriewe binne die perseel besoek wat in verskeie verslae oor die veiligheidsopgraderings gemeld word.

Intussen berig die SABC dat Madonsela bereid is om voor die Nkandla-komitee te verskyn, indien sy gevra word om dit te doen. Madonsela se woordvoerder, Kgalalelo Masibi, het bevestig dat sy geneë is om te verskyn.

Madonsela het gedreig om die hof te nader indien sy nie toegelaat word nie om te verskyn om haarself te verdedig teen ANC-bewerings dat sy die land mislei het oor die bouwerk.

Die komitee is aangestel om die minister van polisie, Nathi Nhleko se verslag oor sekuriteitsopgraderings by Nkandla se ondersoek. Madonsela se ondersoek na Nkandla het aanbeveel dat Zuma moet betaal vir die verbeterings wat nie met veiligheid verband hou nie.

Lede van die komitee het Madonsela se verslag verlede week gekritiseer en opposisiepartye meen sy het ‘n reg om op die kritiek te reageer.

Madonsela lei die grondgrypers teen Zoeloes

Paul Mashatile
Paul Mashatile

Die Openbare Beskermer, Thuli Mandonsela, het in die jongste skermutseling oor lukratiewe regeringsposte gesê daar is “georkestreerde pogings” om die integriteit van haar kantoor onder verdenking te bring.

Madonsela, die Britte se liefling, is tans besig met ‘n suiweringsveldtog teen president Zuma se vertrouelinge in aanloop tot die verkiesing.

Die verskoning wat die OB gebruik is dat daar te veel “korrupsie” bestaan. Die korrupsie in die ANC is egter vanaf 1994 tasbaar.

Dit is bekend dat Madonsela ook nie ondersoeke teen haar eie ondersteuners van die anti-Zuma-faksie onder leiding van die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, onderneem nie.

Regeringsamptenare wat skuldig is aan korrupsie moet summier afgedank word, het Mashatile vroeër gesê.

Mashatile het self al miljarde op “kultuurfunksies” verkwis.

“Ons moet korrupsie uitroei. Ons moet nie na altwee kante van die storie kyk wanneer mense van ons openbare hulpbronne steel nie,” het Mashatile tydens ‘n paneelbespreking deur die Swart Bestuursforum in Johannesburg gesê verlede jaar.

“Ons moet hulle afdank sodat daardie hulpbronne gebruik kan word waarvoor dit bedoel is.” Hy het bygevoeg dat die gebrek aan herverdeling van grond die groot probleem is.

“Swart mense geniet steeds nie die besit van grond nie. Dit is ‘n probleem.”

Madonsela het Dinsdag teen Pansy Tlakula van die OVK te velde getrek oor ‘n “onreëlmatige” huurkontrak.

Madonsela se jongste verklaring is gerig teen die minister van Visserye, Tina Joemat Petterson, se besluit om die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria te vra om Madonsela se verdoemende verslag te hersien.

Volgens die verslag het die Minister belastingbetalers se geld verkwis.

Madonsela sê die korrekte prosedure sou wees vir Joemat- Petterson om die kwessie na president Jacob Zuma te verwys en te wag totdat hy daaroor besin het.

Die Openbare Beskermer stel vandag ook haar verslag oor veiligheidsopgraderings by Nklandla bekend.

Die grondgrypers onder leiding van Madonsela wil toenemende politieke druk op die Zoeloe-faksie plaas deur klagtes oor net sekere politieke figure se korrupsie te belig en te sorg dat daar geen ondersoeke teen hul eie faksie onderneem word nie.

Naspers en RSG herhaal klakkeloos en blindelings die propaganda waarvan die uiteindelike doelwit grondgryp is, sonder om hul lesers en luisteraars oor die agtergrond in te lig.

Die Vryheidsfront Plus, die PAC, COPE en IVP het die regering gevra om die bevindinge van die Openbare Beskermer oor die veiligheidsopgradering by Nkandla te respekteer.

Corne Mulder van die VF+ sê die regerende party ondermyn Hoofstuk 9-instellings waarvan die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie deel vorm.

IVP druk Madonsela oor Nkandla-verslag

IVP-leier Buthelezi daag Madonsela uit
IVP-leier Buthelezi 

Die Inkatha Vryheidsparty het ‘n beroep op die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela gedoen om haar verslag oor die veiligheid-opgraderings by president Jacom Zuma se Nkandla-woning onmidellik vry te stel.

Die voorsitter van die party, Blessed Gwala het op ‘n massavergadering, nie ver van die huis af nie, gesê belastingbetalers is daarop geregtig om te weet hoe hulle geld aangewend word.

Die Nkandla-munisipaliteit is onder IVP-beheer.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het gister gesê die verslag moet onmiddellik vrygestel word en hy hoop dat dit nie op 9 Februarie sal gebeur en president Jacob Zuma se staatsrede sal oorskadu nie.

Madonsela het vroeër gesê van die partye wat in die verslag genoem word, het vir uitstel geva. Sy sal dit volgende maand vrystel. – RSG