praag.co.za

Madonsela lei die grondgrypers teen Zoeloes

Written by

in

,
Paul Mashatile
Paul Mashatile

Die Openbare Beskermer, Thuli Mandonsela, het in die jongste skermutseling oor lukratiewe regeringsposte gesê daar is “georkestreerde pogings” om die integriteit van haar kantoor onder verdenking te bring.

Madonsela, die Britte se liefling, is tans besig met ‘n suiweringsveldtog teen president Zuma se vertrouelinge in aanloop tot die verkiesing.

Die verskoning wat die OB gebruik is dat daar te veel “korrupsie” bestaan. Die korrupsie in die ANC is egter vanaf 1994 tasbaar.

Dit is bekend dat Madonsela ook nie ondersoeke teen haar eie ondersteuners van die anti-Zuma-faksie onder leiding van die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, onderneem nie.

Regeringsamptenare wat skuldig is aan korrupsie moet summier afgedank word, het Mashatile vroeër gesê.

Mashatile het self al miljarde op “kultuurfunksies” verkwis.

“Ons moet korrupsie uitroei. Ons moet nie na altwee kante van die storie kyk wanneer mense van ons openbare hulpbronne steel nie,” het Mashatile tydens ‘n paneelbespreking deur die Swart Bestuursforum in Johannesburg gesê verlede jaar.

“Ons moet hulle afdank sodat daardie hulpbronne gebruik kan word waarvoor dit bedoel is.” Hy het bygevoeg dat die gebrek aan herverdeling van grond die groot probleem is.

“Swart mense geniet steeds nie die besit van grond nie. Dit is ‘n probleem.”

Madonsela het Dinsdag teen Pansy Tlakula van die OVK te velde getrek oor ‘n “onreëlmatige” huurkontrak.

Madonsela se jongste verklaring is gerig teen die minister van Visserye, Tina Joemat Petterson, se besluit om die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria te vra om Madonsela se verdoemende verslag te hersien.

Volgens die verslag het die Minister belastingbetalers se geld verkwis.

Madonsela sê die korrekte prosedure sou wees vir Joemat- Petterson om die kwessie na president Jacob Zuma te verwys en te wag totdat hy daaroor besin het.

Die Openbare Beskermer stel vandag ook haar verslag oor veiligheidsopgraderings by Nklandla bekend.

Die grondgrypers onder leiding van Madonsela wil toenemende politieke druk op die Zoeloe-faksie plaas deur klagtes oor net sekere politieke figure se korrupsie te belig en te sorg dat daar geen ondersoeke teen hul eie faksie onderneem word nie.

Naspers en RSG herhaal klakkeloos en blindelings die propaganda waarvan die uiteindelike doelwit grondgryp is, sonder om hul lesers en luisteraars oor die agtergrond in te lig.

Die Vryheidsfront Plus, die PAC, COPE en IVP het die regering gevra om die bevindinge van die Openbare Beskermer oor die veiligheidsopgradering by Nkandla te respekteer.

Corne Mulder van die VF+ sê die regerende party ondermyn Hoofstuk 9-instellings waarvan die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie deel vorm.

Comments

7 responses to “Madonsela lei die grondgrypers teen Zoeloes”

  1. Trippie vir Front Nasionaal Avatar
    Trippie vir Front Nasionaal

    “Swart mense geniet steeds nie die besit van grond nie. Dit is ‘n probleem.”

    OI VEY – inderdaad ‘n probleem, gaan na die mier luiaard, kyk na sy weë en word wys !

    Moet alles wat die Blanke besit, en ek voeg maar weer my holruggeryde rympie by, met bloed en sweet voor gewerk is – net oorgegee word, mahala, verniet, sommer net so ?!?!

    Kyk, ek is goed opgewerk vanoggend, my moer-meter behoorlik in die rooi … ek is GATVOL om vir die gepeupel te sorg, SONDER MY TOESTEMMING !

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Wonder of dit dit weer is maar ek self is vanoggend skoons skuins befoeter oor al hierdie goed.

      1. Trippie vir Front Nasionaal Avatar
        Trippie vir Front Nasionaal

        Rooikop, vir alle “praktiese” doeleindes – die son sal WEER vir ons skyn !

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Ek glo so Trip

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “Swart mense geniet steeds nie die besit van grond nie. Dit is ‘n probleem” – Die groot probleem is dat die staat die grootste grondbesitter is – daarna die hoofmanne onder wie se trustee/kuratorskap die vorige tuislande is – VAT AL daardie grond en verdeel dit tussen die massas – maar nee, dit is nie julle oogmerk nie. Die oogmerk is om die blanke se goed te vat. Om die blanke by te kom.

    In die proses d0ns hulle die ekonomie net verder op en niemand kan oorleef nie – dus kan niemand ook meer belasting betaal nie dus gaan almal vrek van die honger soos in ZIM (buiten natuurlik die klein groepie elite wat vir hulleself sorg.)

  3. Willy Avatar
    Willy

    Grondvergrype, herverdeling van grond en die onteining van grond is daar baie voorbeelde wat gebeur net na ‘n paar maande waar die swartes uitvoer plase verniet gekry het. Hierdie patete kritiseer die boer van alles wat sleg is met die monde vol kos waar hy die grond bewerk dat hulle pense vol bly.
    Sprekende voorbeeld is die parlement.

  4. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Die moment wat Front Nasionaal in die parlement is, moet alle Afrikaner instellings weer opgradeer word na hulle vorige glorie.
    Net soos wat daar nou etlikke eksklusiewe “Swart Forums” bestaan, net presies so sal ons ook weer maak.

Leave a Reply