Kan die VF+ Midvaal by DA afvat?

Johann Wingard skryf in Die verhaal van twee partye, deel II: "Dus, as die DA Kaapstad kan vat, kan die VF+ Pretoria vat. "

Midvaal-munisapaliteit is, soos ek verstaan, die enigste munisipaliteit in Gauteng wat deur die DA beheer word. Hier word strate geteer en puik munisipale dienste gelewer.

Midvaal lê tussen Alberton en Vereeniging. Lank gelede was dit Dr Verwoerd se setel. Dit was ook 'n KP vesting in die tagtigerjare.

Die demografie is omtrent 50/50. Indien Drieriviere (Vereeniging) daarin slaag om by Midvaal ingelyf te word, sal dit die DA aansienlik versterk.

Nou wonder ek of die nasionale VF+ bewus is van Midvaal en of hulle dit by die DA sal kan afvat? Die plaaslike VF+ het beter dinge om te doen as om verkiesings te wen…

печи дляФильчаков прокурор харьков

Kerkstraatbom: van terreurdaad tot terreurstaat

Vandag gedenk ons weereens een van die verskriklikste dae in ons geskiedenis. Op 20 Mei 1983 het die Kerkstraatbom wat deur die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, gestel is in die middestad van Pretoria tydens die middagspitstyd ontplof. Negentien mense is gedood en 200 beseer. Sommige oorlewendes is permanent geskend en het ledemate of hul sig verloor.

Terwyl Eugene de Kock, Janus Walusz, Clive Derby-Lewis en ander tot vandag toe in die tronk sit, is een van die persone wat met die bom gemoeid was, Aboobaker Ismail, deur die WVK kwytgeskeld. Die topbestuur van die ANC, waaronder Mandela, wat die bevel gegee het om burgerlikes op dié manier aan te val, het nooit verantwoording vir hul misdaad gedoen nie en ook geen amnestie ontvang nie.

Die Suid-Afrikaanse Weermag is vandag bykans totaal deur die voormalige terroristeleër van Umkhonto we Sizwe oorgeneem, met alle hoë militêre poste wat deur oud-MK-bevelvoerders beset word.

By die baie flaters wat die Nasionale Partyregering begaan het, was dit destdys 'n groot fout om nie onmiddellik militêr teen die ANC op te tree en die gruweldaad met byvoorbeeld 'n lugaanval op die MK-basis naby Lusaka te vergeld nie. 

Weens die swakheid en onnoselheid van die ou regering het terreur in Suid-Afrika geslaag. Sedertdien word ons politiek deur vrees bepaal en besluite word dikwels ná intimidasie geneem wat niks minder as kapitulasies verteenwoordig nie.

Die terreurdaad van 1983 het tot 'n terreurstaat gely waar alle burgers gedurig met die vrees van gewelddadige aanvalle, rooftogte, moorde en verkragtings moet saamleef. Volgens die Stockholm-sindroom kry die slagoffers dikwels hul folteraars lief; vandaar die ophemeling van die ANC en die lafhartige moordenaars van Umkhonto we Sizwe deur 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse media wat vandag swyg oor die gruweldaad van 26 jaar gelede.

Die onregte wat daar tans teen die Afrikaner in Suid-Afrika gepleeg word, is legio. Terwyl die juk van die vars onregte en geweld op ons druk, mag ons nooit 20 Mei 1983 vergeet nie.

Die skanddaad van daardie dag staan gebrandmerk in ons geskiedenis soos 11 September 2001 in die Amerikaanse.

интернет магазин детских товаровДанильченко

Hoe irrelevant Beeld en Rapport geword het

Die ou Naspers of dan vandag se Media24 kan dit nie verdra dat hy nie meer so maklik Afrikaners se menings kan vorm nie. Gister se Rapport spandeer bladsye om die VF+ af te maak as ’n óf ’n Judas óf ’n Piet Retief, tog dink 81% van die stemmers in Rapport se meningspeiling dat Mulder die regte ding gedoen het.

Praat mens met boere op grondvlak is die meeste baie positief oor Mulder se aanstelling en sê openlik hul sou hom verkwalik het indien hy nie die pos aanvaar het nie. 

Vir dekades lank het Naspers die waarheid gemanipuleer om die destydse NP-regering aan bewind te hou en toe die skrif aan die muur is, het die einste Naspers saam met De Klerk en kie. gat-om-geswaai om skielik die ANC en mnr. Mandela aan ons te bemark en ons die beloofde land in te lei. Keer op keer is die openbare mening deur effektiewe propaganda gevorm en Afrikaners ’n rat voor die oë gedraai.

Toe verskyn mnr. Zuma op die toneel en skielik word bladsye en kolomme gebruik om blankes met vrees te vervul en Zuma as ’n tweede Mugabe af te maak. Eers toe die publiek se eie woede oor Thabo Mbeki behoorlik vlamgevat het, het Tim en kie. saggies en baie huiwerig kritiek teen hom begin uitspreek.

Tydens mnr. Zuma se eerste hofsaak toe derduisende swartmense straatblokke vol gepak het om Zuma te ondersteun, het Tim en die vervelige ou Harold Pakendorf week na week aan die hele land vertel hoe yl Zuma se steun nou eintlik is. Die Zunami het net groter geword en ná die ANC se Pietersburgkonferensie moes hul hul woorde sluk.

Toe saal hulle die DA en Cope-perdjie op. Cope gaan 20% steun kry, Cope is oppad om die regering te word. Opskrifte soos “Die ANC gaan steier” was elke week te sien. Ná die verkiesing, toe die ANC skaars gesteier het, toe word die VF+ tot niet verklaar. Die VF+ gaan begrawe word, die VF+ is irrelevant ens, ens. Groot gewag word van die 0,8% steun gemaak, niks word gesê dat die VF+ in der waarheid getallegewys meer stemme gekry het as in die vorige verkiesing nie. 

 

Die feit dat die ANC skaars 4 % steun afgestaan het word verswyg. So ook die feit dat mnr. Zuma deur meer mense in die parlement tot president verkies is as wat deur die ANC verteenwoordig word, word gerieflikheidshalwe geignoreer. Die gevreesde twee-derde meerderheid waarmee blankes afgedreig is om vir die DA te stem, is duidelik nog daar as mens kyk wie sit in die opposisie-banke. 

 

Rapport slaan nou die VF+-kitaar vir die derde week in ’n ry, maar Afrikaners in die algemeen klink of hul die VF+ en Zuma in ’n positiewer lig sien as voor verkiesingsdag. Lees mens kommentare op Rapport se blad is Afrikaners toenemend verbitterd teenoor Rapport se afskuwelike polities korrektheid. Die term Afrikaanses word gebruik wanneer dit die koerant pas en dan word daar weer omgedraai en praat die koerant namens ons, die wit Afrikaners.

 

Mens kan jouself ook die vraag af vra hoeveel skade het hierdie publikasies hulself aangedoen met die ponie-agtige beriggewing oor Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen. Steve se nuutste cd het reeds die 20 000 kerf verbygesteek voor dit beskikbaar gestel is. Die meeste Afrikaners is volwasse genoeg om te besef hierdie mense se na-uurse bedrywighede het min met hul talente te doen en beskou die soort beriggewing net soos Zille se aanmerkings oor Zuma se drie vrouens bloot as onsmaaklik.

 

Media24 het tred met die werklikheid verloor. Sy magtige propaganda masjien kan glad nie meer openbare mening in die land as geheel swaai nie omdat bitter min swartmense toegang tot koerante het en miljoene mense steeds ook ongeletterd is. Onder gegoede blankes is daar ’n toenemende negatiwiteit teenoor die hoofstroommedia en het toegang tot internet het baie gehelp om menings elders te vorm. Rapport se kwynende sirkulasiesyfers spreek vanself.

принцессы диснейtopcargo отзывы сотрудников

Stil katelkruipers!

Moet tog nie julle laat mislei deur die vreespolitiek en valse propaganda van Naspers nie want dis nog steeds gemik teen die belange van die Afrikaner soos voorheen. Gogga-maak-vir-baba-bang massahisterie.

Ons weet mos hoe werk die Afrikaanse media met ons koppe. 'Anti-politiek' is nie ‘n beginsel nie. Dis hoogstens bedoel om druk uit te oefen maar sal nooit die ANC uit die kussings lig nie. Dis politieke hardlywigheid.

Anti-politiek is nou suksesvol gebruik om al die banggatte op loop te jaag insluitende die AWB, HNP, DA, COPE in, met slegs een uitsondering naamlik die 150 000 VF+ kiesers. Mulder het bewys dat hy nie bang is nie – die hart van ‘n leeu van Wes Transvaal.

Hy het die VF minus verander in ‘n plus. Hy skrik vir niks. Die groot gesanik oor verbeeldingsvlugte van die sogenaamde tawwes kan veeleerder as verraad beskou word waaroor die geskiedenis sal oordeel. ‘n Soort Boerehippiekultuur van selkastyding en selfbejammering en rigor mortis. Dis die ‘ek-het-jou-mos-gesê’ hoogheiliges onder die katelkruipers wat kla.

Verraad sou wees om nie alles vir ons vryheid te probeer nie – dit is wanneer die manne van die muise onderskei word. In die werksplek werk die meeste mense daagliks intiem saam met die ANC-mense vir hulle eie ekonomiese vryheid. Hoekom word Mulder anders beoordeel?

Toegegee dat Mulder se voorganger Balldrik du Toit so ‘n verraaier was – ja. Maar mens kan mos ons man se arms versterk en nie weghol nog voor die oorlog begin het nie. Dan praat mense so maklik van oorlog en stryd en die wonderlike ‘Volk’ wat soos spoke verdwyn as daar iets gebeur waarmee ons klaers nie saamstem nie.

Maar ek weet van ander volksgenote, volkshelde wat vir geen duiwel stuit nie – maar nou in die tronke sit omdat hulle mense skandalig van hulle vergeet het waar hulle onder die katels lê en raas.

Diegene wat altyd wes kyk sal nooooit die son sien opkom nie!

earrings forФильчаков прокурор харькова

Geld wat verdwyn by Tshwane se munisipaliteit

Die SAUK het Sondag 10 Mei 2009 'n verdere program aangebied waarin die voorkoms van witboordjiemisdaad in die Tshwane-munisipaliteit bevestig word. Dit kom nadat munisipale klagtes teen sulke onthullings van die hand gewys is. Dit volg ook op die ANC-oorwinning in die verkiesing van 22 April 2009 waarin die nuwe President van Suid-Afrika, Jacob Zuma, plegtig belowe het dat streng opgetree gaan word teen ANC-lede wat hulle mag misbruik en/of nie hulle werk doen nie. Interessant is dat president Jacob Zuma bevestig dat hy en sy familie die Presidensie in die Hoofstad "Tshwane" sal betree.

Inderdaad 'n vreemde sameloop van omstandighede wat sal lei tot die eerste gewetenstoets gedurende die eerste 100 dae van president Jacob Zuma se regeringstydperk.

Tshwane-munisipaliteit se ANC-raadslede het figuurlik baie braaf soos die geskiedkundige kaptein Tshwane sonder onderbroek die bestuur van die munisipaliteit voortgesit en sonder 'n sweem van verontwaardiging die "kontantvloeiprobleem" afgelag met 'n dubbelbelastingaanslag vir die maand op al die betalende belastingbetalers. Dit is sonder twyfel hoogs onwaarskynlik dat dit sonder meer geduld kan word omdat dit 'n presedent skep vir ongehoorde maatreëls van die Mugabe-tipe.

Die ANC-raadslede het die meerderheid en weier om die saak in raadsvergaderings te bespreek waar dit sodoende op rekord geplaas kan word. Die finansiële bestuurder van die munisipaliteit is 'n ondergekwalifiseerde swartvrou wat ondersteun moet word deur konsultante maar ten spyte daarvan klaarblyklik witboordjiemisdaad goedkeur.

Tans word die regsgeldigheid van die vooruitbetaalbaarheid van belasting bevraagteken asook die voorbeeld wat daar gestel gaan word vir ander munisipaliteite wat die mag het om belasting te hef "wanneer nodig". Klink baie soos die ou feodale heersers van die middeleeue, nie waar nie?

In daardie tye kon en het die bevolkings wat daardeur geraak is, gestaak en klippe gegooi, maar in ons moderne tyd is daar meer gesofistikeerde tegnieke van burgerlike koërdinering en gesprek. Die Belastingbetalersvereniging is in staat om inwoners te verteenwoordig by die munisipaliteit waar hulle moet kan verduidelik hoe die sweer uitgesny kan word. Maar dit is duidelik dat die verantwoordelikheid op elke belastingbetaler rus om self verantwoordelikheid vir sy dienste en belastingpligtigheid te aanvaar.

'n Goeie voorbeeld is 'n jaar terug gestel met die beurtkragprobleem waar mense die verantwoordelikheid geneem het vir hulle eie krag met opwekkers. Kontak die Belastingbetalersvereniging. Maak egter intussen seker dat die rekeninge tussen die verwagte betalings differensieer sodat dit duidelik is wat vooruit betaal word en wat nie. 

Die ironiese sy van die saak is dat die munisipaliteit reeds oor miljoene rande se deposito's beskik wat waarskynlik wederregtelik bestuur is, omdat dit oënskynlik "verdwyn" het – konsultante ten spyt.

casino sign up bonusФільчаков Олександр Васильович

Afrikaners vandag

Dis tyd dat ons die waarheid in die oë kyk. Die Afrikaner as kollektiewe entiteit is tot niet. Ons kollektiewe bewussyn is oor die afgelope 200 jaar gekweek uit die loutering van twee vryheidsoorloë en omstandighede wat samewerking tot 'n oorlewingsmeganisme verhef het. Sedertien is hierdie kollektiewe bewussyn polities gemanipuleer om 'n nuwe blanke volk ryp te druk deur die apartheidsjare. Om hierdie nuwe volk teen die getalle monster van die swartes te beskerm, moes die kollektiewe status ten alle koste behou en uitgebou word, en dit was ook so. Die onuithoudbare onregverdigheid en diskriminasie van Apartheid was uiteindelik 'n groter krag wat hierdie kollektief langs sy natuurlike nate en verdelinglyne laar skeur het. Verdelingslyne wat net nie weer saamgevoeg kon word na De Klerk se oorgawe nie.
 
Die rede waarom die huidige geslag Afrikaners nie weer vry sal wees nie, is omdat hulle nooit weer met die stigma van Apartheid wil en kan saamleef nie. Dit is die enkele groot faktor wat alle pogings tot hereniging onder Afrikaners sonder uitsondering laat sneuwel het. Of Afrikaners wel 'n saak het, hang net van hulle self af, maar die probleem lê juis by die 'Hulle' wat maar net nie weer wil heg nie. Sentiment is bloot net nie meer effektief nie – ons voorvaders se offers net nie meer groot genoeg nie.
 
Daar is wel 'n nog groter krag wat voortspruit uit die natuurlike behoefte van die kultuurmens. Dis die kohesie van soortgelykheid. Die implikasies hiervan werk deur op alle terreine, van sportgebied tot in die kerk en staat. Dit impliseer opsigself dat ons kollektief afgebreek is tot op plaaslike vlak waar ons in ons gemeenskappe verkeer. Dit is dan ook ons uitdaging vir vandag in die NSA. Prakties beteken dit dat as jy as Afrikaner wil leef, jy eenvoudig moet verskuif na 'n plaaslike ruimte waar jy onder eendersdenkende Afrikaners tuis kan voel en 'n vrugbare en veilige bestaan kan maak. Ek weet van 'n klompie vriende- en familiegroeipunte waar dit juis toegepas word. Hieruit kan groter raakpunte weer opgebou word, maar van die Kaap tot in die Transvaal sal ons nooit weer kollektief kan wees nie. In hierdie ruimtes bly Afrikaners voortleef in 'n postmoderne styl sonder om te veel te tob oor ons amptelike status, want daarvan is daar niks meer oor nie.
 
Dis 'n bitter pil om te sluk vir baie Afrikaners, maar kyk dit nou maar eenmaal in die oë, ons Afrikanerryk het vir goed sy einde bereik. Dit gaan baie frustrasie spaar as ons net eers weer ons plek kan vind in die NSA. Wie weet, vorentoe mag ons wel weer 'n eie land hê, maar dit sal gebore wees uit die praktiese en nie sentiment nie.

free blackjack no downloadЛобановский

En nou VF+?

Die Afrikanervolksparty is deur sommiges in die verlede gekritiseer oor sy fel kritiek jeens die Vryheidsfront Plus. Ons is selfs as skeurmakers uitgekryt omdat ons “mede-Afrikaners” se “goeie bedoelings” met ons volk bevraagteken het.

Met die aankondiging van Zuma se kabinet moes die Afrikanervolk nou kennis neem dat dr Pieter Mulder die pos van adjunkminister van landbou gaan beklee. Dus, Mulder sal saam met kommuniste en Afrikanerhaters soos Blade Nzimande en Jeremy Cronin in Zuma se kabinet sit! En derduisende VF+-ondersteuners het vir hierdie party gaan stem omdat Mulder en sy trawante hulle belowe het dat die VF+ die ANC gaan beveg!

Met hierdie aankondiging is die VF+ waarskynlik finaal ontbloot vir wat hy werklik verteenwoordig: ‘n Judasbok wat vir sy ondersteuners gelieg het oor sy werklike motiewe, dog hulle in die proses in die kraal van die vyand inlei. Dit behoort nou vir selfs die getrouste VF+ ondersteuner duidelik te wees dat die VF+ nie vertrou kan word met die belange, (en veral die toekoms), van die Afrikaner nie. Maar dit was vir baie van ons reeds lankal duidelik.

Die VF+ sal hierdie gebeure nie oorleef nie. Daar heers waarskynlik by baie van hulle ‘n gevoel van ontnugtering en absolute teleurstelling oor hierdie nuwe verwikkelinge. Na my mening het die leiers van die VF+ vooraf geweet dat dit sou gebeur en waarskynlik soos een man gestem het vir Zuma as president. Nie dat hulle vier stemme ‘n verskil kon maak nie, maar feit is dat so ‘n aanstelling met ‘n quid pro quo gepaardgaan. En tyd sal leer wat die omvang van hierdie oor-en-weer beloftes gaan behels. Waarskynlik het dit onder meer daarmee te doen dat Mulder moet sorg dat die regterkant betrek word by “onderhandelinge vir ‘n volkstaat” (soos vanaf 1994 tot en met die ontbinding van die Volkstaatraad), en daarby dat hierdie onderhandelinge, (soos in die verlede), uitgerek word om enige verset teen hierdie bose bestel in die kiem te smoor.

Mulder sal nie in die kabinet van Zuma kan agiteer vir die belange van die Afrikanervolk nie; hy is immers nie gekies as minister vir Afrikaner-landbousake nie. Hy het trou gesweer om die grondwet te onderhou. Dit is nou ‘n grondwet wat in die naam van “menseregte” en “demokrasie” die Afrikaner se ondergang bewerk. As minister sal hy nie net hierdie eed moet herhaal nie, maar sal die laaste sweempie van verset wat die VF+ probeer voorhou het, uitgewis word. Hy sal derhalwe moet meehelp in dit wat die grondwet ten doel stel, naamlik blanke onteiening!

Dat die VF+ ná hierdie stap nog enigsins praat van “vryheid” vir die Afrikaner, maak ‘n bespotting van die woord, van die Afrikaner se stryd, en bowe-al, van die waarheid. Wie op hierdie stadium nog glo dat die VF+ die belange van die Afrikaner verteenwoordig, glo waarskynlik ook in die bestaan van Rooikappie.

справки купитьлобановский александр харьков

Geluk aan dr. Mulder

Die DA se kleinlike aanval op dr Mulder het net weereens aan my bewys dat die ou Prog-party totaal uit voeling met die politieke situasie in Suid-Afrika is. Manie van Dyk se dagdroom dat die DA in beginselvaste opposisiepolitiek glo en nie bereid is om insette van binne te lewer nie kan sekerlik in Europa en daardie nare klein eilandjie werk.

Die realiteit is ongelukkig in Afrika dat opposisiepartye soms vir 'n hele geslag lank nie kans sal kry om van binne insette te lewer nie, bloot omdat opposisiepartye so min die kans kry om regeerders te word. 
 
Soos Dan Roodt tereg skryf in sy rubriek Pieter in die leeukuil, het Mulder en sy party in die huidige bestel die regte besluit geneem. Die klein olyftakkie wat gegee is, kan nie weggeklap word nie. Boonop word die takkie uit die landbou aangebied. Dit is sekerlik die bedryf wat Afrikaners tradisioneel die naaste aan die hart lê. 
 
Volgens dr Mulder was selfs die ietwat regse Transvaalse Landbou-unie ten gunste van sy aanvaarding van die pos. Zuma is 'n uitstekende strateeg en indien Mulder goed doen in sy pos is die kanse natuurlik baie goed dat verhoudinge tussen die regering en die Afrikaners drasties sal verbeter. Zuma is waarskynlik teen dié tyd deeglik bewus daarvan dat Zimbabawe se wiele finaal afgeval het toe landbou as offer gebruik is om ontevrede oorlogsveterane te paai. 
 
Dit lyk of ons nuwe president verder dink as wat die meeste mense hom sou toegee. Sy stap om die ministerie van verdediging se naam na Verdediging en Militêre Veterane te verander, dui myns insiens daarop dat hy ontevrede MK-soldate ook gaan akkomodeer om sodoende nog n potensiële konfliksituasie te ontlont. Die landbou en oorlogsveterane was in Zimbabwe die twee botsende belangegroepe wat ons buurstaat oor die afgrond gesleep het. MK-soldate wat gegriefd voel omdat hulle deur politici vergeet is, hou inderwaarheid 'n gevaar vir politieke stabiliteit in Suid-Afrika in.

купить тамбов диагностическое оборудованиеАлександр Фильчаков прокурор

Blankehaat afwesig waar Britte afwesig is

Jacob Zuma is veel meer van 'n tradisionele Afrika-swarte, in teenstelling met sy voorgangers wat meer as net half-Engels is. Ek wil die stelling maak dat, waar Engeland en die Anglikaanse Kerk ook al in Afrika betrokke was, daar 'n halfgebakte blankehaatnalatenskap is. U sal weet waarvan ek praat; ons het al almal met swart amptenary te doene gehad.

Op 'n besoek aan Namibië 'n paar maande gelede, was die ontspanne, en oor die algemeen vriendelike houding van die swartes opvallend. Dit wil ek toeskryf daaraan dat hulle merendeels met Boere en Duitsers te doene had.

Die Boere het nooit, soos die Engelse, vir die swartes gesê 'Aap, wat bent je een mooie jonge', net om hulle daarna tog op 'n manier te verneuk nie. Daar is, glo ek, meer sprake van wedersydse agting tussen Boere en swartes as tussen Angel-Saksers en swartes.

Daarom: Dr Mulder verstaan die konsensuskultuur van Afrika beter as die DA wat wil konfronteer. Ja, in 'n Westerse konteks werk konfrontasie, maar in Afrika moet 'n ander plan gemaak word.

Verder: Deur dr Mulder (wat by verre nie 'n ANC-bondgenoot is nie) 'n kabinetspos aan te bied, erken Jacob Zuma verskeidenheid en etnisisteit, en dit kan positief werk vorentoe.

Dit is sekerlik nie 'n uitgemaakte saak dat dr Mulder se toetrede noodwendig 'n nuwe dag vir die Afrikaner sal laat breek nie, maar ek wil tog pleit dat ons oopkop sal bly: In geen post-1994-bedeling het die Afrikaner enige inspraak gehad nie – kom ons kyk wat gebeur nou.

вино бардолино ценаФильчаков Александр Васильевич

Voortrekkermonument verkoop onvanpaste goedere

Bravo aan die Verkennersjeug van Pretoria! Ek was self onlangs by die Voortrekkermonument en was geskok om te aanskou dat daar kondome, babelaaspille en Afrika-voorvaderafgodsbeeldjies in die geskenkwinkel verkoop word.

Wat moet buitelandse toeriste van die Afrikaner dink? Dat ons afgodsdienaars is wat te veel drink en dat ons moraliteit so laag is dat ons kondome op enige denkbare plek moet koop?

God waarsku ook dat ons geen afgode voor sy aangesig mag bring nie. Die Voortrekkermonument het 'n verbintenis met die Gelofte van 16 Desember 1838, daarom dat die sonstraal juis op 16 Desember deur die koepel skyn. Vir baie mense is die Voortrekkermonument ook die huis waarna in die Gelofte verwys word. Daarom is dit onaanvaarbaar dat daar afgodsbeelde by die monument verkoop word.

Het die bestuurder van die Monument, Gert Opperman, dan respek vir niks of niemand?

светильники дляФильчаков прокурор