Die Boere het nooit, soos die Engelse, vir die swartes gesê 'Aap, wat bent je een mooie jonge', net om hulle daarna tog op 'n manier te verneuk nie. Daar is, glo ek, meer sprake van wedersydse agting tussen Boere en swartes as tussen Angel-Saksers en swartes.
Daarom: Dr Mulder verstaan die konsensuskultuur van Afrika beter as die DA wat wil konfronteer. Ja, in 'n Westerse konteks werk konfrontasie, maar in Afrika moet 'n ander plan gemaak word.
Verder: Deur dr Mulder (wat by verre nie 'n ANC-bondgenoot is nie) 'n kabinetspos aan te bied, erken Jacob Zuma verskeidenheid en etnisisteit, en dit kan positief werk vorentoe.
Dit is sekerlik nie 'n uitgemaakte saak dat dr Mulder se toetrede noodwendig 'n nuwe dag vir die Afrikaner sal laat breek nie, maar ek wil tog pleit dat ons oopkop sal bly: In geen post-1994-bedeling het die Afrikaner enige inspraak gehad nie – kom ons kyk wat gebeur nou.
