Eie norme, en basta met die wêreld

Te midde van ‘n resessie is Suid-Afrikaners deur verskeie vorme van belasting ingebind by die grootste sportskouspel wat die land waarskynlik in ‘n geruime tyd sal aanbied.

Die 2010- Fifa-wêreldbeker-eindtoernooi is veel, veel groter as die rugby- en krieketbekertoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het. Dit beteken ook dat die w êreld se oë soos selde op Suid-Afrika gevestig sal wees. Die Suid-Afrikaanse regering verwag van honderde duisende mense om groot geld hier te kom spandeer, en baie van die voornemende besoekers verwag van Suid-Afrika om hulle in ‘n omgewing met aanvaarbare norme te ontvang. Die feit dat Suid-Afrika onlangs die status van die wêreld se moordhoofsetel by sy reeds verworwe status as verkragtinghoofsetel gevoeg het, tel nie onder die verwagtinge nie.

Groot beplanning word gedoen en talle maatreëls word getref. Of dit genoegsaam is om ‘n verrotte kultuur om te keer, is iets wat nog gesien moet word.

Die rissiepit, Rhoda Kadalie, klim egter onder die ANC in weens die skynbare sorgeloosheid waarmee die regering homself na die buiteland projekteer. In die mees onlangse Brandpunt in Media 24 skryf sy onder meer: “Nie pligsversuim, kleptomanie, internasionale verleentheid of menseslagting is ‘n diskwalifikasie vir ‘n staatsbegrafnis nie.”

In Volksblad se hoofartikel daarnaas vanoggend word in soortgelyke terme oor die Shaik-verleentheid berig. In hierdie geval lê hef aan met verleenthede skynbaar nog voor as die CDA reg is dat die ligte vingerraps wat Shaik weens parooloortredings gekry het, bloot ‘n voorspel tot volkome kwytskelding is. Die groot verleentheid is, volgens die CDA, daarin geleë dat Shaik se kwytskelding sal kom van dieselfde man wat volgens die hofuitspraak, in ‘n algemeen korrupte verhouding met hom betrokke was – pres. Jacob Zuma self. Die vraag word selfs gevra of so iets grondwetlik kan wees.

Baie gereeld word dié tipe vreemde optredes as deel van Afrikaan wees verduidelik. Die sogenaamde Afrika-kultuur, so lui die argument, regverdig die verleenthede, en basta met die res van die wêreld waar glo ander norme sou geld.

Volkekundiges, of te wel meer polities korrek, kulturele antropoloë, wys egter daarop dat dit wat as Afrikanisties opgedis word, karikature is van werklike tradisies en eerder dui op ‘n kultuur in transito waar die verswakte norme genoeg elemente van kulturele verval en selfs anti-kultuur oplewer.

Kadali neem bloot kortpad, en maak die eenvoudige stelling dat die ANC die kuns vervolmaak het van die goddelike reg om te regeer.

Of soos iemand anders dit gestel het: “Die ANC het nie korrupsie uitgedink nie, net vervolmaak.”  Te veel eietydse Mandaryne word deur die opposisie en media met hul lang vingers in die koekieblik uitgevang en straffeloos toegelaat om soos konings te leef om ‘n skeptiese publiek anders te oortuig.

Tog, al word nuwe norme geskep wat vir die res van die wêreld onaanvaarbaar of minstens onaptytlik is, en al word dit skaamteloos onder die Weste se neuse gevryf, word daar nie geskroom om bakhand af te sit Kopenhagen toe en dikbek met net ‘n half vol beursie terug te keer nie. Trouens, dit was bietjie meer as net bakhand – ‘n bietjie van as ons nie genoeg aalmoese kry nie sal ons voortgaan om die planeet te besoedel.

Trouens, Suid-Afrika behoort van beter te weet as om hom kolletief bakhand by Afrika as geheel te voeg. Suid-Afrika is terdeë bewus daarvan dat die buitewêreld, en in besonder die Europese Unie, sekere Afrikalande as korrupte of disfunksionele state geklassifiseer het en dat hulpfondse nie na daardie lande, soos Zimbabwe, se staatskas gekanaliseer word nie, maar na nie-regeringsorganisasies. En al pas Suid-Afrika sogenaamde Afrikanorme op lande soos Zimbabwe toe, die skenkerlande doen dit nie.

ручной пневмоинструментФильчаков Александр Васильевич

Manto die Bantoe

Die heengaan van Manto Tshabalala-Msimang, wat haar mediese studies aan die “Eerste Leningradse Mediese Instituut” in die voormalige Sowjetunie ondergaan het, het al vir heelwat kommentaar gesorg. Manto het as lid van die ANC-nomenklatoera ‘n tweede lewer vóór ander pasiënte ontvang en het vir haar Afrosentriese menings oor MIV-Vigs wêreldberoemd geword.

‘n Aspek wat meeste mense egter uit die oog verloor, is dat Manto ‘n Bantoe was. Heel waarskynlik is die ANC korrek deur haar te vereer vir haar onverskrokke standpunte wat weliswaar teen gangbare Westerse (wit) opvattings ingedruis het, maar wat konsekwent haar eie Bantoekultuur eerbiedig het. Deel van die ANC-revolusie was immers die verplasing van Westerse wetenskap deur Bantoewetenskap en -gebruike, waaronder tradisionele genesing en voorvaderrituele.

Tydens haar termyn as minister van gesondheid het Manto haar onderskei as die koningin van die tradisionele geneeshere. Diegene wat met haar geloof in die towereienskappe van die Afrika-aartappel, knoffel en beet vir die behandeling van MIV-Vigs gespot het, het nie begryp dat sy bloot haar eie wêreldbeskouing en -kultuur op hierdie land se gesondheidstelsel wou afdwing nie.

Die onlangse Suid-Afrikaanse stelsel het van demografie die allesbepalende faktor in die politiek, ekonomie, opvoedkunde, die reg, wetenskap en die meeste ander gebiede gemaak. Dit spreek dus vanself dat die Bantoekultuur en -wetenskap uiteindelik die Westerse wetenskap in dié land sal verdring, weens die blote feit dat die sprekers van Bantoetale histories ‘n veel hoër bevolkingsgroei as Westerse groepe gehandhaaf het en steeds handhaaf.

Manto se Afrosentriese sienings oor MIV-Vigs was bloot omstrede vanuit ‘n Westerse of blanke oogpunt. Vanuit die Bantoeperspektief het sy die meerderheidsiening in hierdie land verteenwoordig. Soos in die politiek of die geskiedenis, word die wetenskap of die medisyne vandag in Suid-Afrika deur ‘n “demokratiese stem” bepaal. Die waarheid is ‘n meningspeiling. As die meerderheid so glo, is dit die waarheid. Vra maar vir enige joernalis by Naspers of die SAUK, wat hiermee sal saamstem. En indien die meerderheid – sprekers van Bantoetale, wat weer in Nguni, Sotho, ens., verdeel kan word, maar waarvoor die versamelnaam “Bantoe” die enigste gepaste is – voel dat tradisionele kosse of rituele hulle van Vigs kan genees, wie is ons – lede van die minderheid – om daarteen te stry?

Ook Mbeki, hoewel ‘n Afro-Sakser wat deur die Britte opgelei is en lief is om Shakespeare aan te haal, is uiteindelik ‘n Bantoe wat tesame met Tshabalala-Msimang ‘n soort kulturele revolusie van die Maoïstiese tipe in die universiteite, hospitale en die gesondheidsdepartement wou teweegbring. Vir seker is die Bantoenasionalisme – teenoor Amerikaanse swart nasionalisme wat ‘n heel ander, rasgegronde uitgangspunt het – in Suid-Afrika nog lank nie uitgewoed nie. Trouens, volkekundiges en geskiedkundiges praat van die “Bantoe-uitbreiding” wat reeds voor die geboorte van Christus begin het en vanuit die Nigerdelta stelselmatig ooswaarts en suidwaarts uitgebrei het. Hierdie eeue oue beweging word tans, gerugsteun deur die verowerde staatsmag van Suid-Afrika, voortgesit en sal uiteindelik elke mediese fakulteit, elke hospitaal, elke skool, asook die kurrikulum wat in skole behandel word, oorspoel.

In dié opsig was Manto geen “oorblyfsel uit die verlede” nie, maar ‘n baanbreker. Die Bantoerevolusie wat sy en Mbeki begin het, staan maar nog in sy kinderskoene.

фонарь подвесной уличныйДанильченко Харьков

Die begrafnisdiens

Die roudiens word in die KWV se brandewynstokery gehou. Spreker op spreker besing die oorledene se lof, terwyl die bywoners al hoe meer besope raak as gevolg van die gratis versnaperinge wat deur die borge verskaf word. Die oorledene was immers persoonlik verantwoordelik vir ‘n beduidende deel van KWV se omset vir donkiejare al – as’t ware ‘n swart bemagtigingstransaksie op sigself.

Binne die lokaal is daar ruikers van groen plante met lang blare wat onwelriekend is en slakke weghou. By nadere inspeksie blyk dit knoffelplante te wees.

Een van die sprekers is ‘n afgesette amptenaar. Hy haal Shakespeare aan en dring daarop aan dat die oorledene nie gesterf het aan ‘n lewerkwaal nie. Volgens die spreker is daar nie so ‘n siekte soos lewersirrose nie. Hy sê dit is ‘n komplot deur Westerse farmaseutiese maatskappye om Afrikane te probeer wysmaak dat mense lewers nodig het. Hy raak drifting as hy die mening lug dat Westerlinge Afrikane sien as diegene wat soos diere suip en oor geen selfbeheersing beskik nie. Hy hou vol lewersirrose is ‘n sindroom wat per definisie nie noodlottig kan wees nie. Die oorledene is volgens hom dood aan ‘n oormaat gifstowwe in die liggaam, en wys sy gehoor daarop dat sy persoonlike internetnavorsing daarop dui dat daar afvallige wetenskaplikes is wat nie glo dat dit die lewer is wat gifstowwe suiwer nie.

‘n Ander spreker raak emosioneel as hy vertel presies hoe baie die gestorwene vir die Struggle beteken het, terwyl sy in luukse omstandighede aan ‘n Russiese universiteit geleer het hoe om iemand se siekte te diagnoseer met behulp van die ingewande van ‘n varsgeslagte hoender. Hy is weliswaar bietjie vaag oor die presiese bydraes wat sy andersins tot die Struggle gelewer het, buiten vir ‘n paar dramatiese vuisgebare en danspassies, veilig buite bereik van die veiligheidsmagte, maar wys dan daarop dat ‘n gebrek aan enige betekenisvolle bydrae nie verhoed het dat ‘n lughawe na ‘n ander opperste middelmatige vernoem is nie.

‘n Groep betogers sing en dans buite die lokaal. Hulle het vroeër die BBP’s wat die lokaal binnegegaan het, geïntimideer deur hardhandig aan elkeen se kapsel te pluk om seker te maak dat dit nie ‘n raffiapruik is nie.

Uiteindelik is die diens verby. Die meeste van die bywoners is paraplegies dronk en kan nie opstaan nie. Van hulle skree floutjies: “Viva!” en een braak op sy buurman se Armani-gesklede skoot. Diegene wat nie besope is nie neem deel aan ‘n faksiegeveg met lede van ander faksies, maak vuur op die vloer van die lokaal met houtstoele wat hulle stukkend geslaan het, of help hulself aan die dronkes se beursies, selfone en motorsleutels asook ander los voorwerpe wat in die lokaal is.

Die begrafnisstoet wat bestaan uit miljoene rande se blinkswart, Duitse motors met die volle reeks toebehore en getinte ruite beweeg stadig na die begrafnisterrein. Dit is ‘n stadige proses ten spyte van die blou ligte. Die meeste bestuurders se lisensies is by ‘n sjebien gekoop en hulle het geen idee hoe om hulle motors te beheer nie. Verskeie noodlottige voetgangervoorvalle kom onderweg voor en lede van die konvooi brand met aanvalsgewere los op lukrake toeskouers as die toeskouers wil-wil protes aanteken omdat iemand doodgery is. Uiteindelik kom hulle by die teraardebestelling aan. Dis in ‘n land waar Afrika-patats verbou word.

Die erewag is ‘n mislukking. Daar was veronderstel om sewe soldate te wees wat elk drie skote sou afvuur, maar nie een van hulle kan tot drie tel nie en dus was dit van meet af aan gedoem. Vyf van hulle staak in ieder geval omdat hulle gegrief voel omdat hulle nie elkeen ‘n persoonlike bediende het wat hulle kasernes kan skoonmaak nie. Die ander twee kan om die dood nie bedink hoe hulle tussen hulle 21 skote gaan afvuur nie. Hulle bevelvoerder, ‘n illustere MK-kryger wat sewentig van sy eie kamerade per abuis om die lewe gebring het as gevolg ‘n klein glipsie met ‘n kleefmyn, het vergeet om vir hulle ammunisie te gee.

Die grafsteen is in Engels en Russies, en lees: “Hier rus ‘n groot held van die Struggle.” In kleiner skrif onderaan: “(Geborg deur Stolichnaya)”

top online games no downloadФильчаков прокурор

Woorde, soos klere, vir elke plek en geleentheid

Pieter Mulder se boek Kan Afrikaners toyi-toyi? is ’n goeie present vir die Kerskous van vriende en familielede wat nog glo aan die utopie van vreedsame swart-wit naasbestaan. (Regdenkende vriende en familielede hoef natuurlik nie afgeskeep te word nie.) Dit roer gesonde verstand, gebore uit die ervaring van die praktyk, in die pappot van die mitiese reënboognasie. Hoewel die pappot seker lankal vervang is deur ’n emmer van die kolonel se gebraaide hoender, tjips en Coke.

Ek is al geruime tyd besig om die boek te lees (tesame met so ’n dosyn ander), en dis elke keer ’n groot lekkerte om dit weer op te tel en verder te lees. Dis ’n boek wat jy met potlood en liniaal lees, waar jy bladsye met plakkertjies merk, want dr. Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus in die Parlement, trek die gordyn weg voor die vreemde en chaotiese weë van die voormanne en -vroue van ons melanienbevoordeelde landgenote.

Na alles ís ons nie dieselfde nie, dínk ons nie dieselfde nie, dóén ons nie dieselfde nie, ondanks die pienk broeders en susters se sterk aandrang dat daar net ’n pigmentverskil tussen wit en swart is. Nie dat enigeen met net ’n knypie gesonde verstand dit nog nie kon agterkom nie.

Een van die insiggewendste hoofstukke in dr. Mulder se boek gaan oor die waarde van woorde in die swart kultuur. Hy vertel van ’n keer toe dr. Mangosuthu Buthelezi van die Inkatha-Vryheidsparty by ’n jeugbyeenkoms op Ulundi in KwaZulu-Natal ’n woedende aanval op die ANC gedoen het. Die kern van sy boodskap was dat die ANC-leiers baie sleg vir Suid-Afrika is (wat’s nuut?). Wye publisiteit is aan sy toespraak gegee.

Die Maandag in die Parlement ys die blanke lede oor pres. Nelson Mandela se reaksie. Hul teekamer-gevolgtrekking is dat hy Buthelezi uit die Kabinet gaan skop en dat groot spanning en geweldpleging weer tussen ANC- en Inkatha-aanhangers gaan losbars.

Pres. Mandela sit egter ewe rustig en ontspanne in sy sitplek. Dr. Buthelezi kom ingestap. Toe hy verby Mandela loop, groet hy hom met die uiterste respek met sy hande in ’n gebedsposisie en ’n kopbuiging. Die twee wissel ewe gemoedelik woorde en deel selfs ’n grappie of twee.

Die blanke lede is stomgeslaan. Hoe nou? Later hoor dr. Mulder by ’n IVP-parlementslid dat sy “Westerse denke” oor die saak heeltemal verkeerd is. Hy kry toe die volgende lessie in Afrika-politiek:

“Meneer Mandela verstaan dat dáárdie plek, dit is nou Ulundi, vir daardie spesifieke woorde van die naweek gevra het en dat híérdie plek, die Parlement, vir ander woorde vra.”

As hy nie prof. Attie van Niekerk se boek Saam in Afrika gelees het nie, sou hy niks hiervan kon begryp nie, skryf dr. Mulder. Hy haal prof. Van Niekerk soos volg aan: “… dat taal dikwels nie gebruik word om feite en gevoelens waar en betroubaar te formuleer, om dit wat ons die werklikheid noem, presies weer te gee nie … Dit gaan … om voordeel te behaal – om mag, nie soseer om die waarheid nie. Daarom kan heftige woorde van een oomblik met handomkeer die volgende oomblik op hul kop staangemaak word as omstandighede verander. Daarin lê vir die Afrika-mens geen teenstrydigheid nie. Op ’n manier is die ‘ek’ wat nou die een ding sê, nie die ‘ek’ wat netnou ’n ander storie praat nie.” (Prof. Van Niekerk was jare lank sendeling, hoogleraar en studentedekaan by die Universiteit van die Noorde op Turfloop.)

In onderhandelinge kan dié dubbelpratery naïewe, goedbedoelende blankes tot groot nadeel strek. Prof. Van Niekerk verduidelik dat swartmense op een komitee of vergadering een standpunt of strategie geesdriftig ondersteun, terwyl hulle in ’n ander groep presies in die teenoorgestelde rigting werk – met ewe veel geesdrif. “Die teenstrydigheid kan ook oor lang tydperke volgehou word. Die een ding sluit die ander nie uit nie, soos ons dit wil hê,” skryf prof. Van Niekerk.

Is dit waarom die blankes in Suid-Afrika vandag kroonwild is? Omdat F.W. de Klerk en Roelf Meyer en kie naïewe idiote was met geen werklike kundigheid oor die Afrika-psige nie?

Is dit waarom Hansard, waarin die parlementêre debatte woordeliks en volledig aangeteken word, jare agter is? Watter nut het Hansard vir ’n swart regering? As gister se woorde nie vir vandag geld nie, is dit tog sinneloos om sorgvuldig boek te hou van wat gesê word.

’n Mens kan nie help om te dink aan George Orwell se Nineteen Eighty-Four nie, waar die diktatuur stelselmatig die feite in alle geskrewe rekords wat nie met die huidige omstandighede ooreenstem nie, aanpas of uitwis. Daar bestaan nie meer iets soos feite en waarheid nie – alles is relatief tot die gebeure van vandag tot voordeel van die regeerders.

Soos enigeen wat grootgemaak is in ’n Protestantse huis waar leuens verafsku is en jy eerder gestraf is oor ’n leuen as om met die stoutigheid vorendag te kom, is hierdie vertelling van dr. Mulder soos ys teen die rug af.

As jou woord nie jou woord is nie, is ’n beskaafde samelewing nie moontlik nie. Wette en waarborge is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Reg en orde bestaan tot die mate dat die omkoopgeld genoeg is. Korrupsie en bedrog is relatief.

Elke goeie woordjie van Jacob Zuma gestrooi in die rigting van die Afrikaner, elke besoek van hom aan ’n armblanke kamp, is gestroop van enige integriteit. Blote politieke opportunisme.

In sy laaste rubriek het wyle Chris Louw vertel hoe hartlik hy en die ander “lefties” destyds met die uitgeweke ANC-leiers gesels en drome gedeel het van ’n vrye en regverdige Suid-Afrika. Hoe kón sulke gawe manne die “vyand” wees? Te laat het die ontnugterde idealiste ontdek hoe die Afrika-mens in ’n magsposisie (wan)funksioneer … terwyl die hele Afrika as voorbeeld daarvan dien.

In Louw se woorde: “Dinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980’s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.

“Die gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan – demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, ’n regstaat … 
Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.”

Lees Louw se hele artikel en die insiggewende kommentaar van lesers daarop by hierdie skakel: Gereduseer tot slegs 6%.

Ek, vir een, hou glad nie my asem op dat die ANC se erkenning van foute – bv. die Eskom-en-Godsell-debakel, uitkomsgerigte onderwys, korrupsie by die bou van laekostehuise – enigsins veel in die praktyk gaan verander nie. Ten eerste is ’n onbekwame, domastrante, geldsugtige swart amptenaar met ’n magsobsessie ’n koeël op soek na ’n teiken … en die Kabinet, staatsdiens en elke openbare instelling wemel van hulle. Ten tweede: Hoeveel beloftes het ons nie al van die ANC aangehoor wat in die mis van die verlede verdamp het nie? Ten derde: Dis net woorde. Die regte woorde vir die regte geleentheid.

“Integrity is the first fundamental of prosperity. Anyone who has worked closely with Africans for any length of time knows that integrity is virtually unknown amongst them.” – Aanhaling op dié webwerf.

большого размераФильчаков прокурор отзывы

Om met jou ma se verkragter te speel

Vryheid vir rugby verruil?Die rol wat die ligsinnige tydverdryf, rugby, in ons volk se ondergang gespeel het en die voortgesette negatiewe impak daarvan, mag nie onderskat word nie. As Afrikaners met slegs 10% van die entoesiasme waarmee hulle hul gunsteling Engelse sport bedryf hul vryheid sou nastreef, dan kan ons seker binne enkele weke ’n Afrikanerrepubliek bekom. Helaas, hierdie logika ontgaan Afrikaners soos wat hulle hulself bedwelm met die ekstase van die eiervormige Engelse bal wat oor die pale vlieg.

Terwyl die Kaapse koloniste tydens die destydse Britse bewind rugbyspelers geword het, was dit anders vir die burgers van die Boererepublieke. Dit was egter in die krygsgevangekampe van die tweede vryheidsoorlog waar Boerekrygsgevangenes met hul vyand begin speel het nadat hulle die stryd verloor het. Hier het hulle begin om rugbyvriendskappe te smee met die verkragters en moordenaars van hul dogters, vroue en moeders. Dit is ‘n perverse liefdesverhaal wat Afrikaners in die toekoms polities sou ontlont deurdat dit pogings tot groepsaksie “vreedsaam” sou kanaliseer om op ‘n meer “Britse” manier uiting te vind. Cecil John Rodes wou reeds van vroeg die balsport rugby inspan om Kapenaars te deëtnifiseer en het met welslae die 1891-Britse toer na die Kaapkolonie gefinansier.

Dat rugby die Afrikaner se opium is, het die Kommuniste ewenwel begryp. Dis nie om dowe neute dat Mandela die naam ‘Playing the Enemy’ vir sy boek oor die uitoorlê van die Afrikaners gekies het nie. Afrikaners sou immers eerder aan internasionale sport deelneem as om hul vryheid te behou; hul geboortereg verkoop vir ‘n pot lensiesop …

In die era van sportboikotte het Afrikaners gesmag om te mag ‘speel’ met hierdie vyande. Dít terwyl laasgenoemde aktief besig was om die ANC te ondersteun en ons oral denkbaar te ondergrawe. In sy boek, Strooidak en toring, waarin Izak de Villiers onder andere die skandelike oorgawe deur die NP bespreek, sê hy: ”Miskien was ons almal te bewus van hervorming, hervorming, nuwe bedeling, vrede (en rugby)…”

In die relaas van die Amerikaanse joernalis Patti Waldmeir oor die Nasionale Party se oorgawe, Anatomy of a miracle, skryf sy: “Afrikaners had swapped apartheid for rugby, and there was every sign they thought it a fair deal.”

Die rugbybeswyming duur natuurlik voort selfs in die huidige krisis waarin ons leef. Min Afrikaners verstaan veel van Suid-Afrikaanse politiek en nog minder is op enige vlak by hetsy ons bevryding, hetsy enige vorm van Afrikanerweerbaarheid betrokke. Nogtans sit hulle bankvas op die pawiljoen, wanneer 30 uitgevrete imbesiele om des lewens agter ‘n bal aanhardloop.

Behalwe dat Afrikaners aanhoudend deur middel van hierdie onsinnigheid uit die werklikheid ontglip, bied rugby ook ander kontradiksies wat teenproduktief vir ons breër oorlewing is. Die raakpunte wat rugby (en krieket) tussen ons en die Angel-Saksiese wêreldgemeenskap bied, kan slegs negatief op ons inwerk. Per slot van rekening is sportbeoefening ook ’n kultuuraktiwiteit. Die kontak wat sulke sportbyeenkomste met Engelssprekende lande meebring, is nie ‘n goeie ding nie. Dit raak ’n proses van kulturele kontak waar gemene saak gemaak word met volkere wat ons tans steeds negatief gesind is. In die vroeë twintigste eeu het Afrikanerintellekteuele, -politici en skrywers heelwat kontak met ons stamlande: Nederland, Duitsland en Frankryk gehad; ten dele is die opbloei in die Afrikaanse kultuur hierdeur moontlik gemaak. Danksy rugby, is ons deesdae uitsluitlik gerig op Engeland, Australië en Nieu-Seeland.

Min Afrikaners besef in welke swak lig ons nog steeds in Engelssprekende lande beskou word. Die minagting waarmee die breër Angel-Saksiese wêreld ons sien, kom op ’n vorm van volkshaat neer.  Wanneer mens vriendskappe begin bou met mense wat nie jou waardes verstaan of respekteer nie, begin jy gewoonlik jou eie waardes te kompromitteer om sodoende meer aanvaarbaar vir hierdie “vriende” te wees. Hierdie dinamika geld op ’n persoonlike vlak, maar ook op ’n gemeenskapsvlak. Dis om hierdie rede, sowel as vir persoonlike gewin, dat Suid-Afrikaanse krieket- en rugbyspelers (rondom ons internasionale hertoelating) in die vroeë 90s dikwels meer krities teenoor apartheid gestaan het as wat vir hul ondersteuningsbasis sou geld.

Hulle het bande begin smee met mense teenoor wie hulle ’n waardekompromie aangegaan het. Rugby en krieket dra by tot die verinternasionalisering van Afrikaners en dit dra by tot ’n verlies aan identiteit, in ’n milieu waar

ons oorlewing van ’n sterk identiteit afhang.

Deur ons geskiedenis kom die tema van uitverkoop na vore. Dit was sigbaar ten opsigte van Afrikaners wat te verstrengel met die internasionale gemeenskap geraak het, byvoorbeeld Jan Smuts, Pik Botha, die hartchirurg Chris Barnard, ens. Tans is die Hollywood-ster en dowwe blondine van Benoni, Charlize Theron – daardie aartsdissipel van die halfgod Mandela – ook ’n goeie voorbeeld. Met haar swaar en vals Amerikaanse aksent, is sy sekerlik een van die beste voorbeelde van ’n Afrikaner wat op hierdie wyse verinternasionaliseer is.  Hoewel Charlize Theron ná ’n relatief kort periode “veramerikaans” het, het die Australiese aktrise, Nicole Kidman, selfs ná baie jare in Hollywoord haar Australiese aksent behou. Die rede is eenvoudig: Kidman as Australiër is deel van die globale Angel-Saksiese kultuur en dit is aanvaarbaar. Daarenteen moet Theron as Afrikaner haar self deëtnifiseer om aanvaarding te verkry.

Kan enigeen onthou hoe “Engels” Hansie Cronje en sy spanlede geklink het…? Luister gerus na sommige van ons huidige Afrikaner sport-“helde” as hulle praat. Nogtans moet jy nie glo dat solank jy ’n goeie ou Boere-aksent handhaaf jy maar lustig met die rugbybal kan voortdraf nie. Die sielkundige kragte van verinternasionalisering en veral veratlantisering (die verinnerliking van die Angel-Saksiese karakter) strek baie dieper.

Dieselfde kragte wat op Theron inwerk, het ’n  impak op ons rugbyspelers, hoewel in ’n ander konteks. Wanneer hulle teen die buiteland speel, smee hulle bande met veral die Anglo-Saksiese wêreld en dit beïnvloed hulle waardes, gedrag en wêreldbeskouing. Moet ook nie ons rugbyspelers se gedienstigheid aan die Afro-Saksiese ANC onderskat nie. Behalwe dat die ANC nou vir alle praktiese doeleindes hul organisatoriese meesters is, sal enigeen van hulle pronk op ’n foto met ‘n ANC-minister, as dit meer publisiteit en dalk ’n plek in die Springbokspan kan beteken.

Ons rugbymanie dra ’n beeld van normaliteit aan die wêreld uit. In Jacob Zuma se woorde is ’n land wat op sportterrein presteer immers ’n land wat in vrede met homself leef. Is hierdie die boodskap wat Afrikaners aan die buitewêreld wil uitdra?

Onwillekeurig moet mens die vraag stel: “Hoe is dit moontlik dat mense wat uitwissing op elke gebied in die gesig staar meer gemoeid met balspele as hul oorlewing is?” Dit is asof Afrikaners meer as ooit tevore in die balsporte (veral rugby) opgaan. Afrikaners toon bykans geen belangstelling in die politiek nie en dit is asof rugby (net soos charismatiese godsdiens) Afrikaners se verbeelding en groepsmeelwing ten volle gemonopoliseer het. Geen vorme van verset teen die rassistiese diktatuur waaraan ons onderwerp is, interesseer Afrikaners in ‘n beduidende mate nie Nogtans raak hulle liries wanneer hulle hul grootste vyand se sport kan bedryf. Die situasie is erg genoeg om enige denkende mens stom te slaan en telkens kan mens nie anders as om te wonder of so ‘n volk werklik redding verdien nie. Dit is asof Afrikanernasionalisme ten volle deur ‘n soort rugbynasionalisme of dan rugbyisme vervang is. Ek wil dit waag om te se dat ten spyte van al die verskille wat ‘n eeu van volksewolusie opgelewer het, dit veral hierdie afvallige sport van die vyand is, wat die eertydse Afrikaners van die Boererepublieke en die huidige Afrikaners van mekaar onderskei. Miskien is dit die grootste wapen waarmee die Engelse ons ooit kon oorwin, want hiermee het hulle ons volk in gatlike en skrillend juigende pom-pom-waaiende dopamiene junkies verander.

Hoewel dit ’n projek is wat enorme teenstand sal kry, wil ek voorstel dat ons in ’n Afrikanerrepubliek heeltemal met die Engelse spoortsoorte, naamlik rugby en krieket, wegdoen. Ons het nie nodig om hierdie “kultuur”-aktiwiteit, wat groter gemeenskaplikheid tussen ons en ’n steeds vyandige internasionale Engelse gemeeskap bevorder, te beoefen nie.

Inteendeel sou ek wou aanraai dat Afrikanersportdeskundiges na die tekenbord gaan en ‘n totaal nuwe sportsoort ontwerp. So ’n volkseie sportsoort kan deur die skole (Afrikanerdepartement van onderwys) en ander staatsinstellings (Afrikanerdepartement van sport en ’n  Afrikaner-openbare-uitsaaier) gevestig en bevorder word. Net soos Amerikaners met hulle eie voetbal en bofbal, kan ons ons eie sportsoorte ook met groot geesdrif en voortreflikheid beoefen.

In ons huidige krisis waar ons deur radikale problematiek gekonfronteer word, sal Afrikaners self moet oorgaan tot die beoefening van radikale politiek. Die radikalisme wat nou van ons vereis word, beteken dat ons gefokus moet wees en nie langer deur lughartige onsinnighede, soos rugby, verlam word nie. Mag die dag kom dat ons die sport van die moordenaars en verkragters van ons voorgeslagte afsweer!

укладка ламината на паркетФільчаков Олександр Васильович прокурор

Is die meeste rugby-ondersteuners gay?

Watter een sou jy 'n saamrygeleentheid gee?Beeld dra ‘n berig oor Sport24, wat ‘n peiling gedoen het waarin sy lesers ‘n hipotetiese keuse gegee word. Twee rylopers staan langs die pad. Een is John Smit en hy is laat vir ‘n rugbywedstryd. Die ander is die skoonheid (aldus Beeld) Lee-Ann Liebenberg, wat laat is vir ‘n skoonheidskompetisie.

Sowat 63% van die lesers het te kenne gegee dat hulle eerder vir Smit sou oplaai as vir Liebenberg.

Volgens Beeld is dit tekenend van hoe fanaties Suid-Afrikaanse mans glo oor hul sport sou wees.

Ummm….ja. Ek is nie so seker oor Beeld se gevolgtrekking nie. Dis soos om 250kg te weeg maar jouself dan wys te maak dis jou keuse van ‘n naskeermiddel wat jou maak sukkel met die teenoorgestelde geslag.

Is daar moontlik ‘n alternatiewe verduideliking vir die uitkoms van die peiling?

Alternatief 1: ‘n Reusepersentasie Sport24-lesers is gay.

Alternatief 2: Die meerderheid wat aan die peiling deelgeneem het, is fanatiese Haaie-ondersteuners.

Alternatief 3: Me Liebenberg voldoen nie aan die groot meerderheid rugby-ondersteuners se konsep van wie vir hulle ‘n skoonheid sou wees nie. Ek is uiteraard te polities korrek om te durf spekuleer waarom dit die geval sou wees.

продвижениеАлександр Фильчаков прокурор

Roelfie ontbloot

Mnr. Roelf Meyer skryf in Rapport 20091212 “Ons was met die rug teen die muur” en nooi die lesewrs dan om te debatteer. Dit is onduidelik wie die “ons” is. Die bedoeling is seker die NP. Maar, dan verklaar drie oudministers van die NP – Delport, Venter en Fourie – dat hulle op ’n gegewe stadium van die onderhandelinge tot die besef gekom het dat “Roelf Meyer ons aan die ANC uitverkoop het!”.

Roelf vra “hoe sou dit gewees het as ons nie gedoen het wat gedoen is nie”. Wel, so ’n argument is onbewese spekulasie. Sou daar bv. meer boere gemartel en doodgemaak gewees het as die 2000 plus sedert 1993? Ek weet nie! En wat van die geweldspiraal en opwaartse kurwe in korrupsie?

Die vraag is nie of daar veranderinge moes kom , al dan nie. Reeds in die tagtigerjare het ek en ander gepleit vir grondwetlike hervorming binne die raamwerk van Arend Lijphart se konsosiatiewe demokrasie. Toe het liewe Roelf knus in die ministersbanke gesit. Die vraag is of die huidige grondwetlike bestel die antwoord is op die veelvolkige aard van die SA-bevolking?

Om die debat minder filosofies en meer konkreet te maak, wil ek ’n paar beweringe neerpen, wat as vrae op beantwoording wag:

· Dat dit ’n wanperspeisie is dat die huidige grondwet van SA minderheidsregte afdoende beskerm. Wat het van die Volkstaatsraad geword en watter effek het die Kommissie vir Gemeenskapsregte oor 6 jaar onder ANC-voorsitterskap gehad?

· Dat die reeds verworwe status van Afrikaans, soos verskans in die 1993 grondwet, in die 1996 grondwet weggelaat is. Hoekom?

· Dat die gelykheidsklousile (a.9) sodanig beperk word dat voorsiening gemaak word vir werkreservering (affirmative action) en wel te dien effekte dat honderde duisende Afrikaners in dispora leef.

· Dat alle partye – vanaf die regste VF+ tot die linkse SAKP – in terme van een en dieselfde grondwet die land kan regeer. Wat is dan die betekenis van die grondwet?

· Dat met die sertifisering van die 1996 grondwet hoofregter Shascalson verklaar het dat die 34 grondwetlike beginsels nooit weer in grondwetlike wysiginge te berde gebring kan word nie. Wat is dan die waarde van politieke onderhandeling?

· Dat die reg op selfbeskikking nie as deel van die handves van regte ingesluit is nie, maar onder ander bepalinge as artikel 235 bestaan. Hoekom?

Roelf voer geweld aan as faktor waarom die NP met hulle rue teen die muur gestaan het. Is dit vergesog om te verklaar dat die regering-van-die-dag nie die swaarmag effektief gebruik om openbare orde te handhaaf nie? Is dit tipologies van ’n falende staat en wat kan daaromtrent genoem word?

Hy blameer Afrikaners wat nie meer soos Anton Roepert nuwe groot ondernemings skep nie. Is dit nie juis ’n afdoende argument dat sakemanne nie vertroue in die ekonomiese toekoms van SA het nie en dus landuit gaan?

Wat die grondwet betref is daar nog tientalle probleme waarop ek in my artikel op die Praag-webwerf (praag.co.za) uitgewy het en waarop ek nie nou ruimte het om op in te gaan nie.

Vanuit ’n etiese standpunt moet Roelfie maar liewer bely dat hy en die NP die “pot misgesit het” en ons met die gemors gelaat het.

 

самовсасывающий насос для скважиныданильченко юрий брониславович прокурор

Was Dingaan die eerste transformeerder?

Toespraak gelewer op 16 Desember 2009 in die holkrans by die La Rochelle-geloftefeesterrein*

Op Geloftedag herdenk ons die oorwinning van die goeie oor die bose, van die lig oor die duisternis, van die regverdige en godvresende Voortrekker oor die listige, wreedaardige Dingaan. Daar is sekerlik vandag baie Afrikaners wat meen dat Dingaan weereens in ons land aan bewind is, want dieselfde soort wreedhede en gruweldade as wat by Bloukrans en Weenen teen ons gepleeg is, het in die nuwe Suid-Afrika alledaags geword.

Elke tydvak en elke revolusie word deur ‘n begrip of ‘n woord benoem. Daar was die bloedige Franse revolusie, die Oktoberrevolusie van 1917 in Rusland wat die tydvak van kommunisme ingelui het, asook Mao se kulturele revolusie wat ‘n suiwerder vorm van kommunisme en gelykheid aan Sjina moes bring. Hier by ons staan die tydperk 1948-1994 vandag bekend as die sogenaamde “apartheidtyd”. Dis geen onskuldige benaming nie, want in die woord “apartheid” het die vyande van die Afrikaner ‘n towerwoord, ‘n sjibbolet, ‘n vloek gevind waarmee ons vandag lamgelê en van alle regte en menswaardigheid beroof word.

In die toekoms, iewers, wanneer Suid-Afrika hom hopelik uit die huidige greep van boosheid en korrupsie sou ontworstel het, gaan geskiedkundiges, skrywers, filosowe, staatswetenskaplikes en gewone mense waarskynlik na dié periode verwys as die transformasietyd. Een van die beste moderne romans in Afrikaans, deur P.J. Haasbroek, speel in Kambodja af, ‘n land wat insgelyks deur ‘n fanatiese en kommunistiese revolusie verwoes is. Dit heet Die jaar nul. Tydens die revolusie van die Rooi Khmer in Kambodja het vier miljoen mense omgekom. Lede van minderheidsgroepe soos Sjinese handelaars is voor die voet uitgemoor. Die hele bevolking is aan ‘n vorm van politieke terreur blootgestel. Een van die slagspreuke van die Kambodjaanse revolusie was: “Om jou te hou, is geen voordeel nie. Om jou te vernietig, is geen verlies nie.”

Herken ons nie iets van hierdie slagspreuk in die huidige Suid-Afrika nie? Om ‘n Afrikaanse skool of universiteit te behou, is geen voordeel nie; om dit te vernietig, is geen verlies nie. Dieselfde geld ons plaasboere wat in hul duisende al aangeval is en waarna ons regering geen poging aangewend het om hulle te beveilig nie. In die groot stede, waar stedelinge insgelyks deur swerwende boosdoeners geteister word, is tienduisende en selfs honderdduisende mure met elektriese drade en lemmetjiesdraad opgerig, die stille getuienis van ons behoefte aan veiligheid en ons vrees vir die transformasieproses wat besig is om oor ons land te spoel.

Die poging om ‘n nuwe orde in Kambodja tot stand te bring – ‘n jaar nul, ‘n wêreld wat van voor af begin sonder die besmetting van die ou orde – het tot ‘n misdaad teen die mensdom gelei.. Soos die karakter Krishmi in Haasbroek se Jaar nul op bladsy 38 sê: “In die naam van die nuwe orde slaan hulle mense en word die tronke vol. Duisende is al doodgemaak uit ywer vir een of ander ideale orde. Dit lyk my onvermydelik dat elke nuwe orde sy eie drag lyding bring; daaraan kan ons nie ontsnap nie. Daarom dink ek die hel is juis orde, ‘n groot ysige orde van mense wat in rye staan soos bome in ‘n plantasie, roerloos op een plek. In die hemel sing en dans hulle… Jy maak my bang as jy van ‘n Groot Eenheid praat, Ton lon Jin.”

Nes daar in Kambodja in die laat sewentigerjare ‘n volksmoord gepleeg is om ‘n Groot Eenheid tot stand te bring, word daar vandag in Suid-Afrika deur wetgewing, staatsmag, sosiogeniëring en desnoods deur geweld, gepoog om ‘n nuwe orde en Groot Eenheid tot stand te bring. Die sentrale begrip, die groot idee, die revolusionêre strydkreet van ons land ná 1994 is: “transformasie”.

Transformasie is die kleinkind van alle kommunistiese revolusies van die twintigste eeu. Vir baie mense, veral liberale of linkse Afrikaners wat vandag die nuwe orde met soveel ywer dien, is dit moontlik ‘n aanvegbare stelling. Vir hulle is “kommunisme dood” en het dit skadeloos geword. En indien die stelling waar is, is hulle onmiddellike reaksie: “En wat daarvan? Ons het geen beswaar teen kommunisme nie, al het dit 100 miljoen mense in die twingtigste eeu in strafkampe en oorloë laat sterf. Ons enigste beswaar is teen apartheid, teen Afrikanereksklusiwiteit, teen die ou vlag en rassisme.’

Die ou vlag, selfs die kleure oranje, wit en blou van die ou Prinsevlag wat ons voorouers tesame met die Protestantse Bybel in die moedertaal en die Romeins-Hollandse regstelsel hierheen gebring het, gee aanstoot. Maar nie die rooi en geel van die hamer en sekel nie. Aand na aand sien ons dit op die TV-nuus wat deur Riaan Cruywagen in sy vertroude stem gelees word, maar ons is so gewoond daaraan, ons merk dit nie eens op nie. Lede van die ANC-regering spreek mekaar as “kameraad” of “comrade” aan en ook daarmee vind ons niks fout nie. Want het ons nie die nuwe orde, die nuwe wêreld, ons “jaar nul”, met geesdrif omhels nie? En is ons nie almal lief vir Nelson Mandela, die draer van die nommersesrugbytrui wat nou ook deur Hollywood verewig is nie, al is Mandela dan ook die skrywer van ‘n boek met die titel: “How to be a good communist”?

Dus, om ‘n verband tussen transformasie en kommunisme te sien, is geensins omstrede nie. Die voorstanders van transformasie is selfs trots op die herkoms van hul begrip; vandaar ook Suid-Afrika se noue bande met Kuba, een van die laaste plekke op aarde wat nog amptelik onder kommunistiese beheer verkeer.

Vandag, hier, wil ek egter dieper in die verlede in delf, iets wat Van Wyk Louw vir ons so mooi in ‘n gedig gestel het:

En hiermee keer ons langs die wenteltrappe

en die kartelings af na ander jare:

word druïdes van ons volste wete,

word – gemasker – beitelaars op klippe,

wentelaars van klippe tot iets minders

– ja!- as piramides: maar tog séker

hoeders van die eerste weet oor “gode”.

Verder terug as Mandela, wat vir ons transformasie en ‘n kwasikommunistiese revolusie gebring het, staan Dingaan, wie se misdadige optrede direk tot die Gelofte en die slag van Bloedrivier gelei het.

Die Gelofte, soos dit moet, fokus op ons verbond wat met God gesluit is. Dit lui: “Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde, om ‘n gelofte aan Hom te doen dat, as Hy ons beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons dié dag en datum elke jaar as dankdag, soos ‘n sabbat, sal deurbring en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit hom behaag, en dat ons aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

In die strydkreet waarmee Dingaan sy krygers aangesê het om Piet Retief en sy geselskap dood te maak, het hy hulle volgens oorlewering as “wit towenaars” beskryf. Hierin kan ons vele dinge lees, maar vir my dui dit die begin van die transformasierevolusie aan. Immers het Dingaan met sy beskrywing te kenne gee dat Retief-hulle tot ‘n ander kultuur, taal en ras as hy behoort het en daarom verdien het om te sterf. Agterna is hulle op gruwelike wyse doodgemartel en Retief moes aanskou hoedat sy volgelinge een na die ander gefolter is en hul skedels oplaas met knopkieries verbrysel is.

Hierna is 500 vroue en kinders ook op die afgryslikste wyse vermoor. Daar word gesê dat ‘n mens nie die geskiedenis moet misbruik nie, maar is hierdie gebeure nie vandag – te midde van die geweld en transformasie wat ons tans ervaar – soveel te meer relevant en ter sake nie?

Paul Kruger se outobiografie deur D.W. Krüger, wat ‘n maand of twee gelede by PRAAG in ‘n heruitgawe verskyn het, bevat ‘n beskrywing van daardie tonele waartydens ons voorsate uitgewis is, as straf vir hul tog na vryheid die binneland in. In die woorde van Paul Kruger:

„Maar watter verskriklike tonele het ons nie in die ander laer gesien nie. Daar het die lyke van ons mense gelê wat deur ʼn ander afdeling van die Zoeloeleër vermoor is en in hulle bloed gebaai het. Die veld was wit van die vere wat die moordenaars uit die beddegoed van die waens geskud het. Daar was skape wat lewendig oopgesny is en manne, vroue en kinders op die gruwelikste wyse gefolter, vermoor, deursteek en keelaf gesny. Die aasvoëls, wat soos hulle vertel het, so ʼn Zoeloe-impi orals gevolg het, het reeds begin om die dooies te verskeur. Daar het moeders dood gelê asook sterwendes nog met die kleintjies aan die bors gedruk. Ander het met verstyfde arms hulle kinders, deurboor met assegaaie wat die lyke aanmekaar gehou het, omklem. Baie lyke is op die verskriklikste manier mishandel en geskend, en klein kindertjies het gelê waar die barbare hulle neergegooi het, nadat hulle die harsings teen die wawiele uitgeslaan het.” (PK, bll. 28-29.)

In die twintigste eeu, is daar vele boeke oor kommunisme geskryf, veral ná die Russiese skrywer Aleksandr Solsjinitsin se werke in Westerse tale vertaal is. Die strafkampe en gruweldade van kommunisme is ná byna ‘n eeu van sensuur deur die liberale media en veral die Westerse intellektuele en akademici ontbloot vir wat dit is: ‘n mensdaad teen die mensdom, maar ook: primitiewe geweld en moordlus wat in die naam van revolusie en ‘n beter wêreld met groter gelykheid botvier.

Dingaan het nie gelykheid of kommunisme nagestreef nie, maar in sy bereidheid – en sou ‘n mens sê, die gemak – waarmee hy die onskuldige Voortrekkermanne, -vroue en -kinders laat uitmoor het, was hy Suid-Afrika se eerste swart revolusionêr, ons land se eerste transformeerder. Hy het verstaan dat terreur ‘n politieke wapen is wat met welslae aangewend kon word. Waarskynlik was die keerpunt in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis die Kerkstraatbom wat die ANC op 20 Mei 1983 laat ontplof het. Dit was ‘n terreurdaad waarop selfs ‘n Dingaan trots sou kon wees, want 19 onskuldige mense het gesterf en ongeveer 200 is beseer.

Maar anders as die Voortrekkers onder Andries Pretorius in 1838, het hierdie daad van uiterste geweld nie die destydse Afrikanerleiers tot verdediging, straf en geregtigheid aangespoor nie. Dit het tot akkomodering, onderhandeling en uiteindelike kapitulering gelei.

Onlangs het mnr. Roelf Meyer, die hoofonderhandelaar van die Nasionale Party tydens die vroeë negentigerjare, in Rapport geskryf dat hy en sy regering nie anders kon as om aan die ANC en die SAKP oor te gee nie. Hoewel Suid-Afrika destyds ‘n kernmoondheid was, met waarskynlik die vyfde of sesde sterkste weermag ter wêreld, het mnr. Meyer dit goedgedink om alle beheer van die staat – ook oor die weermag en polisie – aan die ANC oor te dra. Hierdie daad van blinde en naïewe vertroue in ‘n gewelddadige en listige vyand, is presies dít wat tot die dood van Piet Retief en sy geselskap gelei het. Ook Retief het beleefd en goedgelowig op Dingaan se versoek om hul wapens buite die kraal te los, gereageer.

Op ‘n meer uitgebreide manier het ‘n onlangse geslag politici die wapens buite die kraal oorhandig en is ons vandag byna meer weerloos as daardie vroue en kinders wat niksvermoedend in 1838 langs die Tugelarivier deur die Zoeloe-impi’s verras is en ‘n verskriklike prys daarvoor moes betaal.

Die transformasie van die Suid-Afrikaanse weermag was waarskynlik die enkele mees belangrike politieke gebeurtenis van die afgelope vyftien jaar. Nie net behels transformasie direkte en verskriklike geweld soos wat Dingaan gepleeg het nie, maar as stelsel en revolusionêre program skep transformasie die potensiaal vir verdere geweld, massamoord en uitwissing.

Deur die geskiedenis het filosowe en politieke denkers daarteen gewaarsku om jou vyand se beloftes op sigwaarde aan te neem. Goedgelowigheid en gebrek aan kennis en insig word gewoonlik baie swaar deur die verloop van die geskiedenis gestraf. Een van die politieke filosowe wat in die Westerse wêreld tot vandag toe gelees word, is Machiavelli. Hy het heelwat te sê gehad oor die mistasting om goeie bedoelings aan jou politieke opponent toe te skryf.

Binne die Calvinisme is ons geneig om te dink dat alles deur God vooraf bepaal word; vandaar dan ook sekere Afrikaners wat vandag beweer dat God die ANC oor ons aangestel het om ons vir ons sondes uit die verlede te straf. Maar by die goddelike wil en predestinasie, is daar ook die menslike wil te voeg. Calvyn was van mening dat die Here diegene help wat hulleself help. Nicolo Machiavelli in Die Prins skryf só oor Italië en oor sy stadstaat Florence:

“Met ons is daar groot geregtigheid, want daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie. Hier heers die grootste bereidwilligheid en waar die bereidwilligheid groot is, kan die moeilikhede nie groot wees nie as u bloot daardie mans volg wat ek onder u aandag gebring het. Wat meer is, hoe buitengewoon is die weë van God nie wat bo alle voorbeelde geopenbaar is: die see is verdeel, ‘n wolk het die weg gelei, die klip het water voortgebring, dit het manna gereën, alles het tot u grootheid bygedra; u behoort die res te doen. God is nie bereid om alles te doen nie en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie.”

Ek herhaal die laaste sin: “God is nie bereid om alles te doen en sodoende ons van ons vrye wil en daardie deel van die glorie wat aan ons behoort, te ontneem nie.” Vanjaar is die 172ste jaar dat Afrikaners Geloftefees hou. Terwyl ons hierdie goddelike ingryping in die lot van ons pioniervoorvaders gedenk, huldig ons terselfdertyd hul moed, intelligensie en deursettingsvermoë. Dít is die aspek waarna Machiavelli verwys as hy sê dat God ons nie van ons aandeel aan die glorie van ‘n veldslag soos Bloedrivier wil ontneem nie.

In dié opsig is Andries Pretorius ‘n interessante figuur in die hele Bloedriviersage. Hy het aanvanklik nie deelgeneem aan die Voortrek nie, maar het wel in die Oos-Kaap verskeie militêre ekspedisies teen die Xhosas aangevoer. Op dié stadium was die Voortrekkers, wat ná die slag van Italeni waar hulle weereens met verliese van die Zoeloes moes wegvlug, hulle eintlik vasgekeer in Natal, wat hulle as die Beloofde Land beskou het. Dit het gereën, hul kruit was letterlik nat en ons kan ons vandag kwalik indink in die moedeloosheid en wanhoop wat daar onder hulle moes geheers het. Maar toe kom die buitestaander, Andries Pretorius, ‘n nuwe leier. Soos Machiavelli ook in Die Prins skryf, skep hopelose, negatiewe toestande dikwels die behoefte aan ‘n nuwe leier wat soos Moses van ouds sal opstaan om sy verdrukte volk uit Egipte te lei.

Die nuwe leier moet buite die ou paradigma, die ou manier van dink en doen, kan tree. Soos ek reeds gesê het, is transformasie soos ons dit in dié land leer ken het, sinoniem met onreg en geweld. Maar geweld self skep onvermydelik buitengewone omstandighede. Immers streef die meeste mense op aarde – selfs in Afrika – vrede en harmonie na. Selfs al is jy vir jou buurman kwaad, gaan val jy hom nie met ‘n AK 47 aan en wis hom en sy gesin uit nie. Daarom verteenwoordig die geweld wat Dingaan se impi’s teen Piet Retief, asook die vroue en kinders by Bloukrans en Weenen gepleeg het, ‘n tree buite alle norme van vreedsame naasbestaan – om van beskawing nie eens te praat nie. Ook die graad van geweld wat tans in Suid-Afrika heers, is geensins normaal nie, maar skep ‘n wêreld sonder grense waar elkeen kan maak soos hy wil. Die geweldenaar, soos Dingaan, tree buite alle logiese of beskaafde denke en word iets dierliks, afskuwekkends en verskrikliks. In Joseph Conrad se beroemde novelle oor Afrika, Heart of darkness, spreek een van die karakters die beroemde woorde: “Die verskrikking! Die verskrikking!” (In Engels: “The horror! The horror!”

‘n Ander skrywer, ‘n Afrikaner wat in Engeland gaan woon het en blykbaar op goeie voet met die Britse koningshuis verkeer het, Laurens van der Post, het op 3 Maart 1954 ‘n lesing aan die Sielkundeklub van Zürich, Switserland gelewer wat agterna in boekvorm uitgegee is as: The dark eye in Africa. Die donker oog in Afrika. Hy het dié uitdrukking ontleen aan ‘n gesegde wat hy in Indonesië gehoor het, “mata kelap”, waar die mees vredeliewende en betroubare persoon skielik besete kan raak en tot geweld en selfs moord kan oorgaan. Dan word daar gesê: Sy donker oog het van hom besit geneem. Van der Post slaag nie werklik daarin om te verklaar waarom daar so ‘n donker oog veral in Afrika bestaan nie. Ons weet dat daar sedert Dingaan en sy Zoeloes se gruweldade miljoene mense op die afgryslikste maniere denkbaar in Afrika uitgemoor is. Tot vandag toe word hierdie dade van verskrikking in verslae van die Verenigde Nasies opgeskryf of hier en daar in boeke of koerante opgerakel. Hier by ons is daar plaasmoorde, huisaanvalle, motorkapings en alles wat daarmee saamhang.

Van der Post het ná die tweede wêreldoorlog bekommerd geraak oor die verandering wat hy in Afrika bespeur het en dit soos volg beskryf:

“Toe ek ná die laaste oorlog teruggekeer het, is ek geskok deur die verandering wat plaasgevind het. Gebeure wat in my kinderdae raar was, het algemeen geword: rituele moorde, mensvretery, geheime organisasies wat teen die wettige gesag agtiteer, blitsige uitbarstings van geweld en moord en soms skynbaar onverklaarbare uitbrekings in gebiede wat vir ‘n lang tyd geen onrus geken het nie. Hierdie dinge was oral besig om toe te neem, asook die ander klassieke tekens van innerlike onrus: ‘n toenemende instroming van ontwortelde mense na die stede, die groeiende aantal gefrustreerde werkloses op straathoeke, tesame met intellektuele wat nie in diens geneem kan word nie, die toename in politieke agitasie en sosiale verwarring, die skynbaar sinnelose breek van winkelvensters en onverklaarbare onluste in beskaafde strate.”

Die vraag wat ons vandag vir onsself moet afvra, is: Hoe het ons voorouers onder veel hagliker omstandighede as ons s’n vandag, daarin geslaag om die sogenaamde “donker oog in Afrika” te tem en sodoende ‘n hele beskawing in dié land te vestig? Wat was daar wat Andries Pretorius, A.H. Potgieter, Paul Kruger en ander gehad het wat ons nie het nie, of waaroor Roelf Meyer en FW de Klerk waarskynlik nie beskik het nie?

Net gister lees ek oor die huidige eerste minister van Finland, Matti Vanhanen, dat hy blykbaar op ‘n keer gesê het dat hy nog nooit raad van enigiemand anders gevra of gevolg het nie. Vir ons Afrikanerleiers wat so lief is om te vergader en te praat, met ons swetterjoel organisasies wat een en almal mekaar se raad of “modelle” volg, is dit nogal ‘n merkwaardige houding vir ‘n leier om in te slaan. Daarin lees ek egter Vanhanen se behoefte om buite die gewone – dít wat die mense sê of glo, die sogenaamde konsensus – te tree en die risiko van eie besluite te neem.

In die lewe van enige volk of enige groep mense op aarde, ‘n dorp, ‘n straat, ‘n gesin, breek daar ‘n tyd aan wanneer die gewone en aanvaarde oplossings nie meer deug nie. Dan verg dit waagmoed, durf en visioenêre leierskap. Soos Machiavelli dit gestel het: “daardie oorlog is regverdig wat nodig is en wapens word geseën as daar geen ander hoop as op hulle is nie.”

Dit klink amper asof ek u soos van ouds voor die slag van Bloedriviet tot oorlog wil oproep. Daar heers vandag groot ontnugtering onder alle Afrikaners van dwarsoor die politieke spektrum, van Breyten Breytenbach tot Eugene Terre’Blanche. Om die volgende vyf jaar in Suid-Afrika te voorspel en om te sê dat daar nie ‘n vorm van oorlog gaan uitbreek nie, is om die minste te sê, moeilik.

Die geskiedenis en die politiek van Suid-Afrika het nie veel verander oor die afgelope 200 jaar nie. Slegs die omstandighede het meer verwikkeld geraak. Die soort oorlog wat ons vandag voer, is nie meer met voorlaaiers en assegaaie nie. Dikwels is dit ‘n oorlog, nie van die swaard nie, maar van die pen. En soos hulle sê, is die pen magtiger as die swaard. Die afgelope paar dekades is die Afrikaner bowenal vasgevang in ‘n propagandaoorlog waar hy gedurig in die beskuldigdebank verkeer, hetsy oor apartheid, hetsy oor “rassisme”, uitbuiting en ander begrippe wat die ANC-bewind met groot stelligheid en behendigheid in die massamedia hanteer.

Die eerste stap, myns insiens, is om buite die gewone te tree, om die reëls en woorde waarin ons vasgedraai is, omver te werp. In die aanloop tot die eerste vryheidsoorlog het die burgers van die ou ZAR met ‘n belastingboikot begin. Daarom vind ek dit interessant dat Hermann Giliomee, die liberale historikus van Stellenbosch, onlangs dieselfde uitspraak gemaak het, dat onder soortgelyke omstandighede as dié waaronder die Afrikaner tans verkeer, ander volkere hulle geredelik tot belastingboikotte gewend het.

Soos wat ons land soos ‘n trein sonder drywer op die rand van die afgrond voortsnel, sal ons, die passasiers, vinnig moet begin planne beraam en dalk sal iemand die bul by die horings moet pak en self in die bestuursitplek moet inspring. As ons kyk hoe vinnig Zimbabwe van ‘n redelik ontwikkelde en welvarende land binne enkele jare tot ‘n mislukte staat van die Afrikatipe verval het, dan het ons ook in Suid-Afrika nie veel meer tyd nie.

Soos Machiavelli ook te kenne gee, is dit tydens krisisse wat die beste in ‘n mens en veral in leiers na vore kom. Tydens die uur van ons angs en verlatenheid vind grootse dade plaas en kan ons daarop reken dat God ons wapens sal seën. Soos keer op keer in die verlede, en veral by Bloedrivier, gebeur het. Dit is juis in die laaste oomblikke van die geskiedenis, as alles rondom ons donker word, dat wysheid oplaas na ons toe kom. Soos die filosoof Hegel gesê het:  “Die uil van Minerva sprei sy vlerke as die skemer daal.” Toevallig het ek onlangs uitgevind dat die vrouefiguur op die koepel bo die Ou Raadzaal in Pretoria van waar Paul Kruger regeer het, wel ‘n afbeelding van Minerva, die Romeinse godin van wysheid, is, dus was ons voorouers ewe bewus van haar!

Daarom moet ons nooit moed verloor nie, al gaan dinge hoe sleg en al lyk die toekoms soms vir ons duister. Ten slotte, soos die digter ID du Plessis dit so treffend gestel het:

Soet is die stryd

Jy sê die stryd is verlore,

Ons nasie te arm en klein,

Ons taal uit ‘n drang gebore

Wat een van die dae verdwyn?

My broer, dit mag heeltemal waar wees.

Wie weet wat die toekoms gaan baar?

Miskien moet ons oormôre klaar wees.

Om weer hierdie droom te laat vaar;

Maar as ons net altyd moet strewe

Na wat tot oorwinning gaan lei,

Wat baat dan die stryd van die lewe

Waarin ons onseker moet bly?

Solank jou bedoelings maar goed is,

Gaan jy jou oor neerlae kwel?

Solank jy volhard en vol moed is –

Dis tog die probeerslag wat tel!

Nee, soet is die stryd vir die stryer,

Al moet hy uiteindelik verloor;

Maar die man wat sy deelname weier,

Is die man wat sy nasie vermoor.

 

* Die La Rochelle-geloftefeesterrein is ongeveer 50km anderkant Carolina op die Amsterdampad geleë. Geloftefeeste word reeds sedert 1914 daar gehou. Vroeër jare het mense reeds op die 15de Desember daar aangekom, braaivleis en Boeresport gehou alvorens die Gelofte op 16 Desember afgelê is. Die Geloftediens en -toespraak vind in ‘n holkrans plaas waarin Boesmantekeninge te siene is, asook ‘n granietsteen wat in die wand ingemessel is met die datum “1938” en die inskripsie: “Om in 2038 geopen te word.”

осушитель воздуха адсорбционногоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Fisiologie van versoening wat faal

Vroeg vanoggend, toe Pumba my vir ‘n wandeling neem, sit hulle ingeryg daar… die werksoekers wat in ‘n lang tou sit by Langenhovenpark se informele indiensnemingsburo.

Dis Versoeningsdag, maar belangriker vir die werksoekers, Geloftedag in een van die mees Afrikaanse woonbuurte in die land. Dit ruk aan my – hordes mense wat ‘n geldjie wat hulle nie het nie opdok aan taxigeld met die hoop om ‘n paar rand te verdien. Omdat dit Versoeningsdag is, loop die staatsgesubsidieerde busse nie. Vanaand, na ‘n dag in die son sonder krane en toilette, moet hulle weer op ‘n manier by hul huise in Botshabelo en ThabaNchu kom…

Hulle – of ten minste die oorgrote meerderheid van hulle – verstaan nie dat hulle die geld wat hulle nie het nie gemors het. Ander vakansiedae is mense immers tuis en baie spring in hul tuine in. Dan kry baie werk.

Wat is vandag anders?

Vroegoggend is die radio op die SABC se aktualiteitsprogram aan. Dis Versoeningsdag voor, en Versoeningsdag agter.

Die gemeenskappe leef by mekaar verby, kennis van mekaar verdwyn, meningspeiling na meningspeiling dui daarop dat die meeste mense meen rasseverhoudinge gaan die kreeftegang.

Tot ongeveer 1988 het Suid-Afrika ‘n amptelike Verhoudingsaksie gehad. Dié aksie was hopeloos te laag gegradeer (die hoogste rang waarvoor voorsiening gemaak is was Assistent-direkteur) en met hopeloos te min personeel om ‘n beduidende indruk te maak. Om die probleem van te min mense te oorkom is hoofsaaklik gefokus op die klein groep dinamika en is hordes Verhoudingskomitees landswyd in die lewe geroep.

Sonder om in te veel detail is te gaan – die stelsel het in ‘n stramheid vasgeval met baie lede wat nie werklik verstaan het wat die funksie van die komitees, of die aksie self nie. Stelsels soos die klein groep stelsels het ‘n sikliese neiging, en daarom is daar tye waar omtrent alle energie in die instandhouding van die stelsel ingaan, en daar in wese geen uitset is nie.

Die regering se destydse desentralisasieaksie het in wese die doodsklok vir die aksie ingelui. ‘n Handjievol relatief junior amptenare het in provinsiale administrasies beland wat die aksie nie altyd goedgesind was nie, soms vyandiggesind, geen begrip van die aksie gehad het nie, dit onderskat het weens die lae gradering, of soos in die geval van die NPA botweg geweier het om die aksie te implementeer.

‘n Interessante waarneming was egter hoe verskillende mense die saak verskillend beskou het. Die TPA het sterk stem gemaak dat “alles sal regkom” as die sosio-ekonomiese gaping tussen wit en swart verdwyn het. Die Kaapprovinsie het hul stelsel van Verhoudingskomitees ten alle koste in stand gehou, en dié komitees het dikwels op infrastrukturele knelpunte gefokus en oorhoofs die standpunt ingeneem dat “alles sal regkom” as apartheid verwyder is.

In die Vrystaat is op ‘n holistiese benadering geskoei op nie-paternalistiese horisontale kommunikasie gefokus. Pretdrawwe, kultuurkonserte en vele projekte is uitgevoer met die fokus op respek vir die mooie in mekaar se kulture.

Met die voordeel van terugskoue kan maklik fout gevind word.

Die FW de Klerk-bewind het ‘n ondersoek waarmee die Maatskaplike Komitee van die Presidentsraad besig was, opgeskort. (Dit help nie om te probeer uitvind hoekom, juis op daardie kritieke tydstip nie – ek het probeer uitvind en het net ‘n skrobbering op die lyf geloop).

Weer eens, met die voordeel van terugskoue, wil dit voorkom asof nog ‘n enkel-dimensionele benadering “oorgeneem” het: Die geloof dat alles met ‘n behoorlike staatkundige model opgelos sal word. Iets wat herinner aan Kwame Nkruma se stelling, met Ghana se onafhanklikheidsaanvaarding: “Ontvang hiermee jul politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.”

‘n Opmerking jare gelede van ‘n skoolseun by die KJA het konstant by my opgekom: “Skaf net apartheid af, dan kom alles reg.” Hy het uiteindelik ‘n aktivistiese predikant van die VGK geword – op die voorpunt van die regstryd teen die NG Kerk in Afrika.

Kort hierna is die Verhoudingsaksie afgeskaf, en ‘n ruk hierna, in totale onafhanklikheid daarvan en sonder om ‘n greintjie kundigheid oor te neem, het die stelsel van Vredeskomitees beslag gekry.

Net ‘n tussenwerpsel: Die Verhoudingsaksie in die Vrystaat het nie politieke standpunt ingeneem nie, en die standpunt gehuldig dat die uiteindelike grondwetlike model die “spontane” produk van ‘n omgewing sal wees waar mense mekaar vertrou – ongeag of dit ‘n konfederale, konsosiatiewe, eenheids- of welke model ook al oplewer. Hierdie standpunt het ook nie in die lug gehang nie. Die destydse president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, het dit immers onverbeterlik gestel met woorde tot die effek dat geen staatkundige model, nie eens die beste grondwet in die wêreld, sal werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie.

In kort, die grondwet is die gevolg van versoening, nie die meganisme tot versoening nie.

Selfs wanneer dit op interstaatlikheid uitloop, bly goeie verhoudinge belangrik. Dit klink vreemd om dié les by die man van bloed en yster, Otto von Bismarck te leer. Bismarck se filosofie was om die vyand na ‘n oorlog nie met die vredesoperasies te verneder nie, om so ‘n meer blywende kans op Vrede te verseker. In latere jare het die keiser sy ore aan ander adviseurs uitgeleen, en is die Franse in die grond verneder deur die keiser in die troonsaal van Versailes te kroon. Hierna, by die geringste, het die Franse en hul bondgenote oorlog teen Duitsland gevoer en is Duitsland waarskynlik vir altyd die Elsas en Lotharinge kwyt.

Om die fisiologie van versoening te verstaan, is dit handig om die proses in die vorm van ‘n behaviourialistiese stelselmodel te verduidelik. In kort behels dit om die doelwit, om versoening te bereik, by die input in te voer, en dit deur verskeie prosesse te neem wat uiteindelik ‘n uitset lewer. Die lys faktore in die model genoem is nie noodwendig volledig nie, dit word bloot as voorbeeld gebruik.

Geloof:

In hierdie model word die aardse neerslag, naamlik godsdiens bedoel. Voorbeelde van godsdiensspanning is wêreldwyd maklik te vinde. Die verdeling van Brits-Indië tussen die Moslem Pakistan, Hindoe Indië en vir alle praktiese doeleindes, Boeddhistiese Sri Lanka is voor die hand liggend. Die Noord-Ierse voorbeeld word teensinnig genoem, omdat ander faktore hier meer bepalend was. Rusland het onlangs weer ‘n groot terreuraanval op ‘n trein beleef weens die optrede van Moslem-terroriste.

In Suid-Afrika word graag opgegee oor hoe ‘n verre oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulsel as Christene beskou. Tog is sake teologies baie uiteenlopend, soos die voorneme om rituale beesslagtings by die 2010-sokkerstadions te doen. Vir baie Christene, wat glo Jesus het aan die kruis die finale offer gebring, is dit ‘n gruwel.

Juridiese:

Hoewel, in beginsel, die grondwetlike model die uiteinde van ‘n versoengsproses moet wees, kan swakhede in die bestaande grondwetlike model ook verhoudinge versuur. ETA se terreur teen Spanje het nie volkome opgedroog na die Baskiese provinsies ‘n redelike vlak van outonomie gekry het nie.

In Suid-Afrika is die lomp grondwetlike beskrywing en die nog lomper wyse waarop die kwessie van regstellende aksie hanteer word, stellig een van die grootste faktore wat versoening in die land beduiwel.

Taal:

Milnerisme het ‘n historiese wond op die Afrikaner se gemoed gelaat. Wêreldwyd het taaldiskriminasie ernstige gevolge. Franco en die Turkse regering het eerder probleme geskep as opgelos deur ‘n verbod op onderskeidelik Baskies en Koerdies geplaas.

Etiek en moraliteit:

Indien eerlikheid in die proses ontbreek, gaan die proses nêrens heen nie. Met die amptelike versoeningsproses by Kovsies word uiters akademiese woorde gebruik, reuse teorieë voorgehou … wat in die lug hang en op sand gebou word. Etiek en moraliteit kan nie los van die ander elemente staan nie, en is ironies juis oneerlik as die uiteinde eers bepaal word, naamlik integrasie (hul woord) en die metodiek dan enkeldimensioneel ontwerp word om daarby uit te kom.

Kultuur:

Baie van die kwessies wat as godsdiens en taal voorgehou word, is in wese kultuuraspekte. Die jarelange stryd om Noord-Ierland het histories meer te make met die vestiging van Skotse setlaars (Protestants) wat op die inheemse Iere neergesien het. Oor tyd het die sosio-ekonomiese onderskeid vervaag.

Rituele slagtings word dikwels genoem as van die vernaamste redes waarom godsdiens- en kultuurassimilasie in Suid-Afrika nie voorsien word nie.

Histories:

Wanneer verskillende gemeenskappe verskillende en dikwels konflikterende historiese persepsies het, is daar dikwels ingeboude spanning. ‘n Tipiese gevolg is wanneer een gemeenskap berou van ‘n ander opeis, terwyl daardie gemeenskap se historiese persepsie dit nie begryp nie, of selfs voel die skoen sit aan die ander voet.

Getalle:

Internasionaal word in grondwette en die volkereg minderheidsregte erken, en daar is goeie redes hiervoor. Die Hutu – Tutsi – massamoorde is maar een manifestasie.

Ruimtelik:

Ruimtelike ordening as meganisme om spanning te verlig is ‘n wêreldwye verskynsel. Nigerië het na die Biafraanse oorlog sy binnelandse grense herskik om meer met die etniese verspreiding ooreen te stem. Pas het Indië sy voorneme bekend gemaak om ‘n nuwe, etniese deelstaat te vorm, of die Ghurkas begin ook agiteer vir ‘n eie deelstaat. Die Israels-Palestynse kwessie is ‘n teksboekmodel.

Dit slaan egter ook op die mikrovlak neer, soos wanneer twee bure se gebruike wedersyds onversoenbaar is. Die een sal ‘n bees ritueel in sy agterplaas slag, en die ander sal die DBV, die munisipaliteit se gesondheidsafdeling en ander wetstoepassers op hom probeer loslaat.

Opsommend, dit is duidelik dat al hierdie faktore nie net ‘n rol speel nie, maar baie selde nie onderling deur mekaar beïnvloed word nie.

Gebreke in die model van sosio-ekonomiese deprivasie

Hierdie model teer op die konsep dat spanning, selfs ‘n rewolusionêre klimaat, ontstaan wanneer die gaping tussen verwagtinge en die werklikheid te groot word.

Die vernaamste probleem met dié model is dat dit skematies slegs geldig uitgedruk kan word wanneer dit op ‘n grootliks homogene gemeenskap uitgedruk word.

Wanneer meer as een gemeenskap gemeet word, kan dit gebeur dat die verwagtinge van twee of meer gemeenskappe weerskante van die werklikheid kan wees. Die spanningsvlak kan dan nie gemeet word tussen verwagtinge en die werklikheid nie, maar tussen die persepsies van verwagtinge van die verskillende gemeenskappe.

Verder te dit nie net op die sosio-ekonomiese betrekking nie, maar op weer eens elke denkbare moontlike terrein. Een gemeenskap mag moontlik pres. Jacob Zuma steun is sy siening dat die nasionale Vervolgingsgesag ondergeskik aan die uitvoerende gesag moet wees, terwyl ‘n ander deel weer nog meer juridies-verwante sake los van die beheer van die uitvoerende gesag wil maak en by die onafhanklike juridiese gesag wil voeg.

Die een groep wil moontlik sterk fokus op moedertaalonderrig, terwyl dit spanning skep met diegene wat om welke rede ook al graag hul onderrig in Engels wil ontvang.

In plaas van om dié kompleksiteit op ‘n plat vlak uit te druk, is ‘n beter model dalk iets soos die vooraansig van ‘n dik kommunikasiekabel wat deurgesny is, met ‘n horde geïnsuleerde draadjies waarvan sommige so ver as wat binne die kabeldikte moontlik is.

Slot

Sonder ‘n holistiese benadering waar mense van verskillende dissiplines op gelyke voet saamwerk nie, gaan die hantering van versoening in die land gebrekkig en gefragmenteerd bly.

Het die afskaffing van apartheid alle probleme opgelos?

Toe nou nie – die meningspeilings wys anders. Die Malemas dryf skynbaar doelbewus die wig dieper in. Pansat het lank reeds bevind die owerheid self is die grootste skender van taalregte (wat in die grondwet verskans word).

Dikwels kry die media die skuld – soms verdiend maar al te dikwels as die draer van slegte tyding.

Die werksoekers hierbo genoem verstaan nie hoekom hulle vandag in die son bly sit nie. Die gaping in begrip vir mekaar is ligjare verwyder van destyds toe die regering kort-kort as die pawpaw die fên geslaan het vir oom Wymie ingeroep het. Oom Wymie op wie akademies neergesien is maar wat sonder geleerde woorde en akademiese lesings die “kenners” se brouwerk kon kom regmaak omdat hy verstaan het. Ons is weer terug met spanne institute en sentrums wat die jargon en kommerwekkende syfers uitspoeg, maar die oom Wymies wat iets daaraan kan doen het nie ‘n plek in die reusagtige kabinet of belangrike adviseurstoel nie.

Herman Toerien was die laaste hoof van die Verhoudingsaksie in die Vrystaat. Hy het afgesien van ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap ook universiteitskwalifikasies in ekonomie en Staatsreg.


справка 086 у купитьалександр лобановский супермаркет класс

Wat Emile Durkheim ons kan leer

Met die onlangse heengaan van Chris Louw het dit my – en ongetwyfeld baie ander – se aandag weer hervestig op daardie somber, introspektiewe eienskap van die Afrikaner, naamlik om ‘n mens se eie lewe te neem.

Vir vele jare was Afrikaners ‘n groep mense met ‘n hoë selfmoordsyfer. Wanhoop en uitsigloosheid was dikwels gemeld as vernaamste redes om oor te gaan tot hierdie ekstreme daad. As gevolg van die algemeenheid van hierdie verskynsel, en die feit dat die selfmoordsyfer onder swart Suid-Afrikaners verdrievoudig het sedert die Nuwe Suid-Afrika, kan ons konkludeer dat hierdie verskynsel nie soseer ‘n persoonlike of psigiese oorsaak het nie, maar ‘n sosiale oorsaak.

Sekerlik die mees toonaangewende denker op hierdie gebied is die Franse sosioloog Emile Durkheim (1858 – 1917) wat ‘n uitgebreide studie oor selfmoord gedoen het net so voor die begin van velede eeu.

Durkheim het die voorkoms van selfmoord geneem oor vier verskillende geloofsgoeperings, te wete Jode Katolieke, Protestante en ateïste, en sy bevindings het uitgewys dat die aantal selfmoorde respektiewelik toegeneem het onder hierdie groepe, met Jode die laagste en ateïste die hoogste. Interessant genoeg het Jode die hoogste persentasie geestessiektes gehad vanwee jarelange, sluimerende Jodehaat, maar desondanks was hul selfmoordsyfer die laagste.

Om hierdie verskynsel te verklaar het Durkheim gekyk na die mate van samehang in hierdie groepe en het inderdaad gevind dat die mate van sosiale steun die belangrikste bepalende faktor was. Jode se steun vir mekaar en ateiste se min steun vir mekaar was die belangrikste bepaler van selfmoord.

Durkheim het sy studie uitgebrei na die struktuur van die samelewings en nog verdere interessante gegewens ontdek. Ons kan die voorkoms van selfmoord op twee verskillende asse plaas, te wete integrasie en regulasie.

Die mate waartoe iemand geïntegreerd is in ‘n samelewing kan bepalend wees vir selfmoord. Waar persone te min geïntegreerd is, is hul kans op selfmoord hoog. Dink byvoorbeeld aan die eensames en buitestaanders. Hierdie tipe selfmoord het Durkheim ‘egoïstiese selfmoord’ genoem. Waar integrasie te hoog is, neem die kans op selfmoord eweneens toe, hoewel in hierdie geval speel idealisme ‘n rol hierby, soos die Japanese Kamikaze vlieëniers of Al-Kaida selfmoordmartelaars; ‘n verskynsel van Durkheim ‘altruïstiese selfmoord’ genoem het.

In die geval van regulasie sien ons dieselfde verskynsel na vore tree. Waar die mate van regulasie in ‘n samelewing te swak is, is die selfmoordsyfer hoog. De swak regulasie, dienslewering en derglike kenmerke van die nuwe Suid-Afrika wat wys op ‘n verval in maatskaplike regulasie, veroorsaak ‘n verhoging in die selfmoordsyfer, wat Durkheim ‘anomiese selfmoord’ genoem het (‘anomie’ beteken wetteloosheid). Waar regulasie egter te streng toegepas word, neem die aantal selfmoorde weereens toe.

Goeie voorbeelde hier is kommunistiese lande, veral onder Stalin en Mao se heerskappye het mense ervaar dat hul eie lewens geen waarde meer het nie, en dat alles wat hulle doen in diens is van die hoër ideaal, vreemd aan hul direkte belewenisse; ‘n verskynsel wat Durkheim ‘fatalistiese selfmoord’ genoem het.

As ons die psige van die volk wil red is dit ‘n goeie idee om hierdie bogenoemde paradigma wat Durkheim aan ons gebring het te begryp en te gebruik as moontlike riglyn. Net soos die Jode wat al 2000 jaar van aanvalle jeens hul groep moes afweer en oorlewingstegnieke versin, is dit tyd dat Afrikaners aan dieslefde tegnieke moet begin dink, hoewel hierdie tegnieke al eerder in die verlede toegepas was in die vorm van kerke, onderwys en taal. Ek dink dit is eerder ‘n kwessie van nuwe lewe inblaas en pogings daarstel om die rykdom van skrywers en denkers van weleer te herrys vir die jonger geslag.

Ek dink ‘n goeie begin sou wees om die woorde van Vader Kestell uit te roep, naamlik: “‘n Volk red homself”.

 

для девочкиДанильченко Юрий прокурор