Die werkersvakbond NUMSA beskuldig die ANC daarvan dat hy nie swart werkers as mense erken nie. Die vakbond se hoofsekretaris Irvin Jimhet Sondag dieJoeSlovo-gedenklesinginQueenstown, in die Oos-Kaap gelewer.
Jim sê die regerende party verwag van die land se arm mense om nederig en nie-gewelddadig te wees nie, ten spyte daarvan dat hulle wat hy noem, klein en afbrekende lone uit die koloniale era kry.
“As gevolg vandievoortgesettelaeen gewelddadigekolonialeloon vandieswart werkersklas, kan onsgeweldadige enmilitantestakingselke dag sien,”het hy gesê.
Jim sê as dit nie spoedig deur die ANC aangespreek word nie, sal die gewelddadige en militante oproer toeneem.
“Onsbase endie ANC-regeringwil hêons moet oorleefop lae,wredeen gewelddadigekolonialeloneen intussenmoet onsnederig,vriendelik wees, nie-gewelddadigen maklik om temanipuleer enhanteertydens stakings.“
Hyhet verder gesê:“Beidewitmonopolie-kapitaalenonsANC-regering dink op een of ander manierdieswart werkersklasmoettevrede wees metonsminderwaardigkolonialelone enminderwaardigeonmenslikesosialeomstandighede.” – salabournews.co.za
Beeldmateriaal wat voorheen nie beskikbaar was nie en wat die polisie se verklarings weerspreek oor hulle rol in die moorde is deur die Marikana se ondersteuningskommittee verkry.
Die beeldmateriaal wys glo hoe polisiebeamptes hulle pistole uithaal voor die beweerde aanval deur mynwerkers.
Dit wys ook hoe mynwerkers rustig aangestap kom en nie op die polisie afgestorm het soos voorheen beweer is nie.
Sowat 270 Lonmin-myners, wat op 16 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is toe 34 mynwerkerks by Marikana in Noordwes doodgeskiet is, sal ook vandag in die Garankuwa-landdroshof noord van Pretoria verskyn.
Die myners staan tereg op aanklagte van openbare geweld wat tydens ‘n onbeskermde staking by die Lonmin Platimun-myn plaasgevind het.
Die Marikana-kommissie van ondersoek na die dood van 44 mense tydens die voorval sal ook in Pretoria voortduur. – RSG
Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het in Washington gesê Suid-Afrika het hoë morele standaarde en internasionale respek verloor wat die land gehad het toe dit ‘n demokrasie geword het.
Sy het die Oliver Tambo-gedenklesing by die gesogte Georgetown Universiteit in Washington gelewer.
Ramphelehet gepraatoor haar verkose onderwerp“Hulde aan OliverTambodeur die herstel vandie belofte vanvryheid.“
VoormaligePresidentThaboMbeki,aartsbiskopDesmondTutuendie Minister van Finansies, Trevor Manuel,hetvoorheendie lesing gelewer.
Ramphele het te velde getrek teen die kiesstelsel waar parlementslede nie direk deur kiesers aanspreeklik gehou word nie.
Sy sê die onlangse onthullings oor wanadministrasie by die OVK het die publiek se vertroue geskaad.
Sy het ook president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy die regstelsel manipuleer om aanklagte van korrupsie te systap.
Sy hetgesê Suid-Afrika sebuitelandse beleidis uit pas metdiebeginsels van menseregtein die Grondwet, met verwysing naZimbabwe,DarfoerenBirma endieweiering om aan dieDalaiLama‘n visum toe te staan om dieland te besoek.
Sy hetdiebeleidsposisies vanhaar partyuitgelê en gesê daar is‘nbehoefte aan ‘ngemeenskaplike Suid-Afrikaanseidentiteit in‘n landwaaretnisiteit, godsdiensen klasmense se aandag aflei.
Vredessamesprekings tussen die regering in die DRK en M23 rebelle is weer opgeskort.
Albei partye het kop uitgetrek kort nadat VN gesante gewaarsku het dat ‘n ooreenkoms bereik moet word om die rebellie, wat reeds 18 maande aan die gang is, te beëindig.
Die Kongolese regering sê die samesprekings is gestaak omdat daar nie ‘n ooreenkoms is oor amnestie vir die M23 rebelle nie en hul inlywing in die land se weermag.
Die rebelle het bevestig dat daar nog verskille is, maar sê hulle sal na die onderhandelingstafel terugkeer. Die regering het vroeër reeds gewaarsku dat die samesprekings op n mislukking afstuur. – RSG
‘n Versoek om die grafte van dr. Hendrik Verwoerd en sy sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas, tot nasionale erfenisterreine te verklaar, is ingedien.
Christian Martins, ANC-MPL, het dié versoek in ‘n brief aan die Nasionale Erfenisraad gemaak. Die brief is Maandag aan die media vrygestel.
Martins, ‘n Kleurling, het in die brief gesê Suid-Afrika se geskiedenis sal onvoltooid wees sonder Verwoerd, die sogenaamde argitek van apartheid.
Verwoerd het vanaf 2 September 1958 tot 6 September 1966 as Suid-Afrika se eerste minister gedien, toe hy in die destydse Volksraad deur Tsafendas aangeval is.
“Dimitri Tsafendas en Hendrik Verwoerd het dalk die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis ná die oorlog meer as enigiets verander toe Tsafendas die ‘argitek van apartheid’ doodgesteek het,” het Martins gesê.
Martins het gesê hoewel Tsafendas ongeskik verklaar is om verhoor te word, toon navorsing dat hy presies geweet het wat hy doen en die sluipmoord vooraf beplan het. – Sapa
Mosambiek se opposisieparty, Renamo, het verklaar dat die vredesverdrag wat in 1992 met die regerende Frelimo-party gesluit is, tot die verlede behoort.
Dié aankondiging volg nadat ‘n aanval deur regeringsoldate op Renamo se hoofkwartier geloods is.
Volgens Renamo het die Mosambiekse weermag die party se basis in die sentrale Sofala-provinsie aangeval waarna die Renamo-leier, Alfonso Dhlakama, skuiling moes soek in die Gorongosa-gebergtes.
Hy is volgens berigte nie beseer nie en steeds gesond.
Volgens die nuuswebwerf Bloomberg hou Frelimo die opposisieparty verantwoordelik vir aanvalle op openbare vervoer.
Verskeie pogings om die verskille tussen Frelimo en Renamo by te lê, het misluk.
Mosambiek gaan volgende jaar na die stembus in ‘n algemene verkiesing.
Die Suid-Afrikaanse swemmer Roland Schoeman het weereens sy staal gewys toe hy twee goue medaljes in die Doha-been van die 2013 Fina Wêreldbyeenkoms gewen het.
Die 33-jarige Schoeman het goud gewen in die 50 m-vlinderslag en -borsslag, terwyl Chad Le Clos ‘n derde goue medalje vir Suid-Afrika in die 200-vlinderslag verower het.
Myles Brown het ‘n silwer medalje vir Suid-Afrika verower toe hy net-net in die 400-vryslag vir mans teen Robert Hurley van Australië verloor het. – Sapa
‘n 27-Jarige swart man in hegtenis geneem in verband met nog ‘n moord by Marikana buite Rustenburg, het Noordwes polisie gesê.
Die mans is in die Groep 5-seksie van die Lonminmyn in hegetenis geneem, waar die moord gepleeg is.
Die aanvaller het sy slagoffer in bors bors gesteek en hy is op die toneel dood.
Gerugte wil dit hê dat die moord verband hou met die twis tussen die twee strydende vakbonde, maar die polisie sê dit is nie bekend of die oorledene aan een van die strydende vakbonde, die NUM of Amcu behoort het nie.
Die NUM-leierskap sal Maandag met die polisie vergader oor vordering in die ondersoek na die moord van een van die takvoorsitters by die Westelike platinum-afdeling naby Koppie verlede week.