US-studente s? dis Afrikaans se Soweto

Lede van die Adam Tas-studentevereniging van die Universiteit Stellenbosch het gister 'n lys van griewe oor US se taalbeleid by die Kasteel in Kaapstad afgelees.

Nico de Wet, Adam Tas-voorsitter, meen die US het dubbele standaarde toegepas. Die vereniging glo die US-raad sou gistermiddag ’n besluit oor die afdwing van Engels bekragtig. Hulle beskou die stap as soortgelyk aan die apartheidsregering se destydse besluit om Afrikaans as onderrigtaal op swart leerders af te dwing.

Mnr. Mohamed Shaikh, die US se senior direkteur: kommunikasie en skakeling, hetgesê dat hulle “so gou doenlik” verslag sal lewer van die raadsbesluit.

Op ’n spesiale raadsvergadering vroeër vanjaar is besluit dat parallelmedium-onderrig in plaas van van dubbelmedium-onderrig (die T-opsie) van aanstaande jaar af in die eerste studiejaar in vier groot US-fakulteite – ekonomiese en bestuurswetenskappe, natuurwetenskappe, agri-wetenskappe en ingenieurswese – sal geld.

Adam Tas meen dié beleid sal diversiteit en transformasie teenwerk omdat Engels Afrikaans in die praktyk uiteindelik gaan oorskadu. “Navorsing het getoon dat kleiner tale soos Afrikaans in die verlede by ander fakulteite aan die US en ander universiteite uitgedryf is,” het De Wet gesê.

Die US wil net in die eerste jaar aan studente vryheid van hul taalkeuse gee, het De Wet gesê. Van die tweede jaar sal klasse 50% in Afrikaans en 50% in Engels aangebied word, ongeag watter taal studente praat.

"Soos wat studente in Soweto die keuse ontneem is om hul hooftaal van onderrig Engels te hê, word huidige en toekomstige Afrikaanse studente in Stellenbosch dit tans ontneem vir Afrikaans.”

гайковертОлександр Фільчаков прокурор

Onderwyser vas vir moetiemoord

'n Onderwyser van Mpumalanga (47) word daarvan verdink dat hy 'n sesjarige dogtertjie vir moetie vermoor het. Die polisie in Tonga het gesê hy sal tot Donderdag moet wag voordat hy vir borg sal kan aansoek doen.

Kaptein Amos Mashele sê die onderwyser, John Ndlovu, en sy medeaangeklaagde Thabile Msini, 29, het Maandag vlugtig voor die hof verskyn op aanklag van moord.

Hulle word daarvan verdink dat hulle Dimakatso Mahlalela vir moetie doodgemaak het. 'n Nadoodse ondersoek het bevind dat die kind se ingewande, privaatdele, lippe en vingers verwyder is.

Haar liggaam is op 26 April drywend in die Nkomazirivier gevind. Die aangeklaagde verkeer steeds in aanhouding.

центробежные насосы для воды промышленныепрокурор Фильчаков

VSA stuur Kirk na inhuldiging

ImageDie VSA sal 'n  hoëvlakafvaardiging gelei deur  handelsverteenwoordiger Ron Kirk na die inhuldiging van Jacob Zuma as president van Suid-Afrika stuur, het die Withuis Maandag in 'n verklaring gesê.

Kirk sal op 9 Mei na Pretoria vergesel word deur senior lede van Barack Obama se administrasie. Die name van die lede in die groep is nie in die verklaring bekend gemaak nie.

Zuma sal op Woensdag amptelik in die parlement aangewys word as president nadat sy party, die ANC, met 'n 66% meerderheid in die vierde demokratiese verkiesing gewen het.

"Die VSA wens die mense van Suid-Afrika geluk met nog 'n suksesvolle verkiesing – die vierde ná apartheid – en sien uit daarna om nou saam te werk met die nuwe administrasie in Suid-Afrika," het die Withuis bygevoeg.

casino noпрокурор Фильчаков

IVP ontken dat Buthelezi siek is

ImageDie IVP het Maandag mediaberigte ontken waarin beweer word dat Dr Mangosuthu Buthelezi inderhaas na 'n hospitaal gebring is.

"Die IVP-president is blakend gesond en het verlede week 'n roetine ondersoek ondergaan," het die party se voorsitter Zanele kaMagwaza-Msibi gesê.

"In teenstelling met kwaadwillige mediabeweringe, het die IVP-president die afgelope naweek tuis in Mahlabathini deurgebring."

Die berig van Buthelezi se ongesteldheid het in die Zoeloenuusblad, die Ilanga verskyn. Sy het 'n beroep op die media gedoen om af te sien van sensasiesoekende, onware beriggewing wat tot spanning en druk in IVP-geledere kan lei.

Senior IVP-leier Blessed Gwala het aan Sapa gesê Buthelezi het Maandag saam met hom 'n uitvoerende vergadering in Durban bygewoon. "Hy is op die oomblik hier by my. Hy is gesond. Ons is regtig geskok deur die berigte in die media."

lovetopcargo отзывы

Mulderbroers moet liefs professore word

Anton Barnard se Gedagtes oor 'n toekomsvisie vir die VF+ is baie deurdag en goed gestel.

Goed genoeg om kommentaar en ook wat kritiek te lewer.

Behalwe wat hy oor Orania skryf stem ek met die meeste saam.

Synde 'n verstokte HNP-er moes dit my eintlik koud laat of die VF+ wel of nie oorleef nie. Die VF het egter 'n rol te speel en wel vir die jonger geslag (nou nog) Afrikaners.

Jong mense dink radikaal. Hulle wil skree vir 'n span en deelneem aan 'n sport, al is dit 'n verkiesing. Die HNP neem nie deel aan hierdie sport nie en sal dus nooit 'n massa jong mense agter hulle kry nie. Die VF+ neem egter wel deel en kan en moet daardie taak vervul.

Jy skets die probleme duidelik. Saamgevat: Die VF+ is 'n middel-van-die-pad party. Vir transformasie, maar nie soos nou nie. Ens. Hulle is te redelik en sonder vuur en passie.

Jou raad aan die VF: Hou op louwarm te wees, sal egter op dowe ore val, want die huidige VF+ kan nie anders nie. Die kern van die probleem, wat jy (uit ordentlikheid?) nie noem nie, is naamlik die twee gebroeders Mulder wat die VF+ oorheers en sy beeld bepaal.

Ek het geaarsel om dit so reguit te stel want die Mulders is, myns insiens, veral as ek hulle families sien, agtenswaardige en ordentlike burgers van die samelewing. In die politiek en ter wille van die toekoms van die Afrikaner moet mens daar egter aan verby sien.

Die Mulders is beroepspolitici en maak uit die politiek 'n bestaan. Hulle mis helaas die vuur en passie wat nodig is om 'n politieke party met sukses te lei. Hulle mis ten enemale die charisma van 'n Eugene Terreblanche of 'n Helen Zille. As hulle die VF+ bly lei sal die party voortploeter tot hulle aftrede. Dit is ook die enigste en ernstige rede dat al die stemmers in die buiteland Mulder en die VF+ so wreed in die steek gelaat het.

Anton vra dat die party sy beleid duideliker moet stel, soos om te sê wat hulle met "Vryheid vir die Afrikaner" bedoel en hoe hulle 'n volkstaat wil vestig, ens.

Anders as intellektuele stel die jongere garde, en eintlik die hele volk, glad nie belang in definisies en 'n duidelike uitspel van beginsels nie. Hulle wil dat 'n leier kragdadig optree en dreig: Ons eis.., ons wil.., anders gaan ons.., ens. Dit sit nie in die Mulders se bloed nie (deesdae praat mens van gene).

Wat hulle wel doen, is beeldpoets ('n pragtige Afrikaanse woord).

Aan die Universiteite van die Vrystaat en Pretoria (met Stellenbosch is ek nie op die hoogte nie) maak die VF+ met elke studenteraadsverkiesing skoon skip tot bedroewenis van die bestuur van daardie universiteite.

Onmiddelik duik dr Pieter op om saam met daardie jong mense vir 'n foto te paradeer. Asof hy aandadig aan die studente se sukses is. Daardie sukses is ondanks hom en die kieser voel sulks instinktief aan.

'n Ander keer sien mens Mulder parmantig langs Mbeki staan nadat hulle sogenaamd (asof die ANC hom enigiets van Mulder en sy VF+ aantrek) samesprekings gevoer het. Is ek die enigste een wat hom aan daardie foto vererg het?

Ter wille van die Afrikanerjongmense en dus die Afrikaner se toekoms sou my raad (wat waarskynlik net so op dowe ore sal val as joune) wees: Geagte here Mulder, kry 'n professoraat aan Potch of 'n ander universiteit en bly die VF+ van agter die skerms van goeie raad bedien.

Wat Orania betref, verskil ek hewig van Anton Barnard wat skryf dat dit "kennelik 'n interessante eksperiment (was), maar ongelukkig het dit nie gewerk nie".

Orania het weliswaar nie die groei getoon waarop ons almal gehoop het nie. Tog bestaan Orania en lewe.

Dit word, sover ek kan beoordeel, goed bestuur en is goed georganiseer. Daar is 'n infrastruktuur. Dit is 'n Volkstaat in die kleine.

Wat die toekoms betref, kan enigiets gebeur, al sien ek nie dat Orania sommer tot niet sal gaan nie. Hulle grootste probleem vir nywerheidsontwikkeling is die groot afstand teenoor die markte.

As daar egter eers net een Afrikanerondernemer of desnoods 'n Portugees sou wees, wat strontsiek is vir Cosatu, stakings, misdaad, die rassetelkaart, bemoeienisse van die Departement van Arbeid en ander frustrerende amptenary, hom daar vestig en werkers nodig het, en hy maak 'n sukses daarvan, kan hy die katalisator wees vir verdere vestigings en moontlike vinnige uitbreiding.

Goed, jy glo dalk nie in drome nie, maar jy glo tog wel dat Suid-Afrika verder afwaarts kan daal. Omstandighede kan so verander dat hierdie droom bewaarheid word.

Dan bespiegel jy oor die moontlikheid van 'n volkstaat, dalk êrens in die Wes-Kaap of 'n deel van Pretoria. Ek weet nie hoe mens die samewerking van die ANC-regering hiervoor sal kry nie.

Jou vergelyking met die Palestyne en die Baske se gedeeltelike selfregering gaan nie op nie. Daardie twee volke het histories al hul eie geografiese gebiede. Die Afrikaner moet dit nog soek.

Op die oomblik is daar, behalwe Orania, nog twee klein volkstate, naamlik Kleinfontein oos van Pretoria en die een by Balmoral. Almal het maar hul eie probleme, maar as jy op 'n Sondag deur Kleinfontein sou ry, sou jy verbaas wees oor wat jy daar sien. Behalwe die dorp met 'n wildpark is daar ten suide nog 'n gebied met kleinhoewes. (Ek besit 'n nog onbeboude een daar).

In die brosjure van Kleinfontein word gepraat van die ideaal van 'n Gemenebes van vrye Boere-Afrikanervolkstate. Daardie ideaal (nou in jou woorde:) beteken vir my 'n visie van "regering deur Afrikaners, oor Afrikaners, vir Afrikaners".

Ek glo in en ondersteun daardie ideaal.

современную люструАлександр Фильчаков Васильевич

Afrikaners is weer relevant

Dit is noodsaaklik dat ons na die afgelope verkiesing nie in ‘n gemoedstoestand van negatiwiteit verval nie en die geleendhede wat die huidige situasie aanbied raaksien.

Een van die meer positiewe verwikkelinge is dat die Afrikaner weer relevant in die Suid Afrikaanse politiek geword het. Veral vir die DA, was die Afrikaanse stem van kardinale belang, en dit lyk of die ANC onder Zuma voelers uitsteek vir Afrikaanse kundigheid om die verval van dienslewering te bekamp.

Die uitdaging sal wees om Afrikaners as politieke mag te mobiliseer tot voordeel van toekomstige Afrikanerbelange, maar hiervoor is ‘n toekomsvisie nodig wat as inspirasie sal dien, en dit is net hier waar ons met ‘n probleem sit..

Tans is daar geen politieke rolspeler wat so ‘n toekomsvisie aan die Afrikaner bied nie, met die gevolg dat daar geen realistiese alternatief vir die Afrikaner is as om vir die DA (met sy uitstekende negatiewe politieke veldtog) te stem nie..

En wat kan so ‘n toekomsvisie behels? Wat motifeer die Afrikaner tans en wat het hom die afgelope twee eeu aangespoor? Die opbou van eie kultuur en opleidingsinstellings lyk op die oog af belowend; maar vir die gewone Afrikaner wat kop bo water moet hou onder ‘n toenemende agtergrond van wetteloosheid en burgerlike verval, beteken dit nie veel nie. As dit by  fisiese, ekonomiese en kulturele sekuriteit kom is die enigste langtermynoplossing ‘n sekere mate van  selfbeskikking.
 
Dit is dus vreemd dat daar in ‘n gebied soos Pretoria/Centurion  waar honderde duisende Afrikaners gekonsentreer is; niemand tot dusver  probeer het om Afrikaners polities te mobiliseer met ‘n visie van streeksautonomie nie. So ‘n kernstreek kan fisiese; ekonomiese n kulturele sekerheid aan die Afrikaner bied, iets  waarna hulle op die oomblik smag.

Weereens word daar nou ook verwarring geskep tussen die term Afrikaner, wat blank is, en dié wat slegs Afrikaans praat, die sogenaamde Afrikaanses of Afrikaanssprekendes en daarbenewens van 'n verskillende etniese groep is .

Naspers is links en die verkeerde opsie, net soos Zuma wat tot nou toe net die regte verkiesingsgeluide gemaak het.

купить домкратыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Afrikaners laat hulle aan die neus lei

Ek stem saam die Afrikaner is in 'n politieke wildernis en partypolitiek gaan ons nêrens bring in die huidige bestel nie. Die Afrikaner is tans verdeeld en volgens my is daar 3 hoofgroepe: die nie stemmers (hoofsaaklik regses), die wat VF+ stem en derdens die DA  stemmers en ander liberales wat net 'n sterk opposisie in die parlement wil hê.

Waar ek nie saamstem nie is sy historiese agtergrond. Die idee dat die term Afrikaner geskep is uit "Cape Dutch" en dies meer wat aangehaal is, is volgens my nie heeltemal korrek nie.

In ensiklopedieë is die term "Afrikaner" wel bekend as iemand van blanke Europese en Kaaps-Hollandse afkoms, ander taal/volksgroeperinge het natuurlik ook 'n rol gespeel in die vorming van die Afrikaner soos ons vandag is.

Die Afrikaner het mettertyd al in die 18e eeu ontstaan as nasate van Hollanders, Duitsers, Hugenote en met die Trekboere, later Voortrekkers, se uittog  uit die Kaap het die nuwe groep Boere/Afrikaners ontstaan. Die "Cape Dutch" wat egter agtergebly het in die Kaap, het veel later ook verafrikaans maar het ook nog maar meestal Hollands of Engels gepraat. Met die  gelydelike "Afrikaansing" van Kaaps-Hollands  het die Afrikaner en sy taal meer begin groei teen die latere jare van die 19e Eeu en met die vestiging van die ZAR(later Transvaal) en Oranje Vrystaat. Joiners, hensoppers , hanskakies was eintlik die verraderllike pro-Britse deel van sogenaamde Afrikaners, die Bittereinders die meer getroue deel.

Post Anglo-Boereoorlog het Afrikaners in 2 groepe verdeel- Die Pro-Britte wat onder Jan Smuts, Louis Botha was en die Nasionaliste onder JBM Hertzog  wat gekant was teen deelname saam met Brittanje in die sg. 1ste Wêreldoorlog wat eintlik net 'n Europese oorlog -"The Great War" was.

Hoekom ek bogenoemde noem, is om te wys dat die Afrikaner tans, soos in die verlede, baie verdeeld is.

 
Ons grootste probleem is oortuigende leierskap en die Afrikaners (ongelukkig baie wat ook in die buiteland is) wat weereens soos in die referendum voor '94 en die NP van daardie tyd hul aan die neus laat lei of liewer verlei deur partye soos DA, COPE en selfs die ANC.

магазин игрушекФильчаков прокуратура харьков

Gedagtes oor ‘n toekomsvisie vir die VF+

ImageDit is uiteraard maklik om vingers te wys na die VF+ n.a.v. sy vertonings by die stembus sedert 1994. Waarom verkies ‘n groot meerderheid Afrikaners om eerder te stem vir ‘n party wat deur nie-Afrikaners gelei word en wie se beleidsrigtings meestal ‘n blote na-apery van die ANC s’n is, naamlik die DA? Ons kan gerieflikerwys probeer om die VF+ se leierskap te blameer, maar die beste stuurmanne staan hoeka mos aan wal.

Kom ons wees dus meer positief. As jý die VF+ moes adviseer, watter raad sou jy die VF+ wou gee? Hoe kan dít wat die VF+ aan die kieser bied, meer markgerig word?

As ek deur die VF+ aangestel sou word om strategiese leiding te gee, wat sou my raad wees?

Daar is drie groot probleme wat ek (en ek is kennelik ‘n ondersteuner van die VF+ by die stembus) raaksien. Dié probleme is:

1) ‘n Dubbelsinnigheid in die party se boodskap en ideologie;

2) nie genoeg differensiasie tussen die VF+ en ander partye nie;

3) ‘n gebrekkige of onuitvoerbare visie.

Bostaande probleme is verwant aan mekaar, en dikwels is een of meer ‘n gevolg van die ander.

My eerste beleidsverandering sou dus wees om die dodelike dubbelsinnighede in die VF+ se boodskap nekom te draai. Hier is ‘n voorbeeld: die VF+ is glo ten gunste van transformasie, maar nie die manier waarop dit toegepas word nie. Daardie boodskap is dubbelsinnig en verwarrend, en ook toevallig presies wat Cope of die DA sê. Dit onderskei nie die VF+ van die ander nie.

Die meeste blankes, myself inkluis, haat regstellende aksie egter met ‘n passie, en sien dit aan vir die rassisme wat dit is.

Beleidsvoorstel nommer een, dus: hou op om louwarm te wees. Regstellende aksie en transformasie is anti-blanke rassisme, en moet onverbiddelik beveg word. Sê dit hardop en sê dit herhaaldelik. Suiwer en vereenvoudig die party se ideologiese boodskap, dus.

Beleidsvoorstel nommer twee, wat ook te make het met dubbelsinnigheid: Die VF+ se webwerf praat steeds oor ‘n volkstaat in die Noord-Kaap, maar geen partyleier sal waag deesdae om dit nog hardop in die openbaar sê nie. Is Orania en die volkstaat daar steeds amptelike VF+-beleid, vra die verwarde kieser soos ek myself af?

Raak dus ontslae van Orania, die albatros om die VF+ se nek. Blankes gaan eenvoudig nie uit hetsy Kaapstad, hetsy Pretoria-Oos, na Orania verhuis nie. Orania was of is kennelik ‘n interessante eksperiment, maar dit het ongelukkig nie gewerk nie. Al wat dit tans doen, is om vir die VF+ ‘n verleentheid te skep.

Beleidsvoorstel nommer drie, wat gekoppel is aan Orania: besin oor wat die woord “vryheid” in die naam VF+ in praktiese terme beteken, as dit dan nie ‘n volkstaat in die Noord-Kaap is nie. Indien “vryheid” nie vryheid vir Afrikaners van uitheemse volke se dwingelandy beteken nie, hoe differensieer die VF+ homself dan van die DA, as Cope, die VF+ en DA almal sê hulle is lojale Suid-Afrikaanse partye, verbind tot die begrip van multikulturalisme en ‘n reënboognasie?

Dit is hier waar die party se visie ook ter sprake kom.

Vir my beteken vryheid ‘n paar dinge. Een is dat ek as Afrikaner vry wil wees van ‘n Zimbabwe-lot wat Suid-Afrika in die toekoms gaan tref, en alreeds in proses is. Dit beteken ook dat ek nie onder die heerskappy of dwingelandy van vreemde volke wil verkeer nie, insluitende onder Engelse dwingelandy soos Helen Zille s’n. Ek wil geregeer en geadministreer word deur Afrikanerpolitici en -staatsamptenare en my belasting aan ‘n Afrikanerregering betaal, belasting wat aan mý belange bestee moet word.

Dus: die “vryheid” in VF+ beteken vir my ‘n visie van regering deur Afrikaners, oor Afrikaners, vir Afrikaners.

Die gevolg hiervan sal wees dat Afrikaners nie in die onafwendbare Afrikalot wat die meeste lande ná Oehoeroe tref, en ook Suid-Afrika se voorland is, hoef te deel nie.

Hoe voltrek mens daardie visie? Indien dan nie ‘n Orania-volkstaat nie, wat dan? Ek sou sê die visie behoort gebou te word op aanvanklike selfbeskikking binne die grense van Suid-Afrika, met ‘n model geskoei op die Baske of Palestynse Owerheid s’n.

Dit behels met ander woorde ‘n owerheid vir Afrikaners, maar sonder aanvanklike territoriale afstigting. Dit sou beteken dat Afrikaners ons eie owerheid verkry, die AO, wat magte het om byvoorbeeld ‘n eie polisiemag daar te stel, om staatsdiensfunksies vir Afrikaners te vervul en waaraan Afrikaners belasting sal betaal.

Die uiteinde van bostaande proses sal wel territoriale selfbeskikking wees, in een of meer geografiese gebiede, wat byvoorbeeld ‘n deel van die Wes- of Suid-Kaap of Pretoria kan insluit.

Bostaande sou ‘n enorme differensiator tussen die VF+ en die DA wees. Die DA sou dan dié blanke en bruin party wees wat aspirasies het om die hele Suid-Afrikaanse reënboognasie te regeer, terwyl die VF+ hom vir ware Afrikanervryheid sal beywer, en op Afrikaners sou toespits. Dit maak die VF+ onbeskaamd pro-Afrikaner, en pro-vryheid, in die letterlike sin van die woord, iets wat geen ander party is nie.

Dit is ook ‘n duidelike en uitvoerbare visie; die groot gros Afrikaners hoef nie te verhuis nie, maar kan wel oor hulself regeer. Weer eens, daar is internasionale presedente. Die Palestyne op die Wesoewer woon in ‘n gebied wat deur Israel beset word, maar het nietemin hulle eie owerheid. Dit kort weliswaar visie en die politieke wil, maar is dit nie wat 'n politieke party behoort te verskaf nie?

Ter opsomming: alhoewel ek nie persoonlik dink die VF+ hoef in sak en as te sit nie, is daar duidelik ‘n probleem in dié sin dat die party nie daarin slaag om die steun wat hy verdien onder Afrikaners te verkry nie.

Die VF+ kan óf op sy huidige koers bly voortgaan en in die volgende verkiesing weer 150 000 of minder stemme kry, óf hy kan himself omvorm in ‘n party wat ‘n dinamiese en helder visie het en hom onderskei van al die ander ANC-Lites soos Cope of die DA. Die VF+ kan ‘n party word wat werklik aanklank by Afrikaners vind.

Dit sal weliswaar ‘n geweldige paradigmaskuif (om nou ‘n cliché te gebruik) en politieke moed van die party vereis, maar die alternatief is om op die huidige frustrerende wyse voort te ploeter na ‘n onsekere toekoms, met Afrikaners wat ons lot toenemend by 'n Engels-gedomineerde party gaan ingooi.

сайт легоФильчаков Александр Васильевич

ANC en VF Plus besit saam ‘n tweederdemeerderheid

Soos 'n ander skrywer vermeld het, is dit werklik verblydend om te sien dat daar soveel deelname aan ontledings ná die verkiesing is. Was dit nie vir die VF+ se powere vertoning nie sou dit seker nie so wees nie, so ten minste het dit een goeie gevolg gehad. Dit is veral Johann Wingard en Anton Barnard se jongste rubrieke wat my inspireer om die debat verder te voer. Beide noem die interessante moontlikheid dat die VF sigself om strategiese redes skaar met die ANC. So 'n verhouding sou baie interessante moontlikhede inhou. Ek wil egter waarsku daarteen dat die VF+ nie versmelt met die ANC indien so 'n opsie moontlik sou word nie. Ons het gesien wat gebeur met partye (soos die NNP) wat versmelt met die ANC. Hul leiers raak gehate figure en hulle moet die ANC se beleid in die geheel opneem.

'n Samewerkingsooreenkoms tussen die VF+ en die ANC mag alleen gebeur as dit beteken dat die Afrikaner se belange streng en konsekwent daardeur gedien word. Dit is dus absoluut noodsaaklik dat die VF+ 'n party in eie reg bly. Die VF+ se identiteit as Afrikanerparty is die belangrikste bate wat dit het. Dit is die enigste party wat aanspraak daarop kan maak dat dit namens Afrikaners praat.

Om die akkoordmodel beter te demonstreer, maak dit sin om na die huidige Nieu-Seelandse regering te kyk. Die Nasionale Party het einde verlede jaar die Arbeidersparty by die stembus verslaan. In Nieu-Seeland is dit die praktyk dat die twee groot rolspelers nl. die Arbeidersparty en die Nasionale Party, met die vorming van 'n regering, alliansies met kleiner partye aangaan. Dit maak 'n breë konsensusregering moontlik. Hoewel eerste minister John Key se Nasionale Party met hul oorwinning verlede jaar meer as voldoende stemme gewerf het om gemaklik op hul eie te regeer, het hierdie sentrumregse party 'n allianse met die minderheids-etnies-linkse Maori-party aangegaan. Behalwe dat hierdie reëling die NP se beeld versterk as 'n demokratiese instelling wat in belang van die totale bevolking regeer, skep dit ook vir hulle 'n veilige agterdeur. Laat ek verduidelik: In Nieu-Seeland is die termyn tot die volgende algemene verkiesing slegs drie jaar. Te midde van die huidige wêreldekonomiese krisis gaan dit baie moeilik wees vir John Key se regering om aan die verwagtinge van kiesers te voldoen. Sou nóg die NP nóg die AP in die volgende algemene verkiesing 'n volstrekte meerderheid verkry, het die NP goeie alliansievennote wat dit die nodige meerderheid kon gee om weer die regering te vorm.

Die twee partye het dus nie saamgesmelt nie maar wel 'n samewerkingsooreenkoms onderteken waarna verwys word as 'n "confidence and supply agreement". In ruil het die Maori-party enkele kabinetsposte ontvang, bv Maori-sake. Terselfdertyd het die NP afstand gedoen van sy aanvanklike plan om die histories gewaarborgde Maori-setels van die parlementêre lys te verwyder.

Behalwe dat 'n soortgelyke reëling tussen die VF+ en die ANC enorme voordele vir Afrikanerselfbeskikking kan inhou, kan dit ook strategiese voordele vir die ANC inhou. Laat ek hieronder lys:

1) Die mees voor die hand liggende voordeel is dat so 'n samewerkingsooreenkoms die ANC die tweederdemeerderheid, wat daardie party so intens begeer, sal gee.

2) In die huidige ekonomiese krisis gaan die falende staatsmasjienerie van die ANC net selfs meer sukkel om dienste te lewer. Soos Anton Barnard reeds genoem het, kan ANC-stadsrade se dienslewering, met die hulp van Afrikanerkundiges, gelig word tot dieselfde vlak as waarvoor die DA sigself tans op die skouer klop.

3) Met Afrikaners aan Zuma se kant en die nodige toegang tot hulpbronne gaan die liberale Afrikaanse en Engelse establishment waaronder die DA, die pers ens. opdraende pad beleef, mits ons ons kundigheid reg aanwend.

4) Afrikaner- tegniese deskundiges, sowel plaaslik as in die diaspora, kan gewerf word om ontwikkelingsprojekte en industrieë op te rig waaruit die ANC-staat direkte voordeel sal trek. Sulke projekte kan selfs staatsbesit wees en sodoende bevredig dit die ANC se linkse alliansievennote. Weens die rol wat Cosatu en die SAKP gespeel het in die verkiesing van Zuma as ANC-president, sal hy 'n manier moet vind om hulle tevrede te hou.

5) Laastens sou mens kon argumenteer dat die ooreenkoms heelwat Afrikaner-DA lede van die parlement, provinsiale wetgewers en stadsrade voldoende kan beïndruk sodat hulle met die volgende verkiesing na die VF+ sou verpas. Hulle sou egter eers moet sien watter voordeel so 'n ooreenkoms vir die Afrikaner inhou. Tot die ANC se bevrediging sou dit die DA se greep op sekere streke kon beëindig.

Die voordele wat 'n amptelike akkoord met die ANC vir die Afrikaner inhou, is sekerlik voor die hand liggend. Dit gaan ooglopend rondom Afrikanerregte en selfbeskikking. Die verkryging van 'n ministerie van Afrikanersake soortgelyk aan ander lande waar etniese minderhede (bv die Maori's in Nieu-Seeland, die Duitsers in België, e.a.) hul eie sake bedryf, sou die doelwit wees. So 'n regeringsdepartment kan die volgende mandaat geniet:

1) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor Afrikaneronderwys binne 'n eie sake-model;

2) Die verkryging van landwye en eksklusiewe beheer oor alle Afrikaner-musea, -monumente en ander kultuurgoedere;

3) Die implementering van Afrikanerpolitieke selfbeskikking binne 'n eie geografiese gebied met duidelike doelwitte en 'n tydsraam wat die heersende party vooraf onderteken;

4) Die toekenning van 'n aansienlike begroting aan die ministerie van Afrikanersake vanuit die nasionale begroting waarmee ons bg. kan implementeer;

So 'n Afrikanerprojek kan egter alleen slaag as alle Afrikanerorganisasies wat sigself vir Afrikanerselfbeskikking beywer daarby betrek word. Hoewel die VF+ die amptelike voertuig kan wees, sal dit nie werk as die VF+ 'n ekslusiewe benadering neem en net hul eie strategiese vennote daarby betrek nie. So 'n projek sou 'n kans gee vir die VF+ om veld onder die breë Afrikanerbevolking te wen, maar slegs as dit by wyse van insluiting en konsensus te werk gaan. Die VF+ sal 'n Afrikanerberaad van enersdenkende organisasies moet byeen roep. Terselfdertyd sal die VF+ sy voelers na die ANC moet uitsteek. As 'n breë front kan Afrikaners dan met Zuma se ANC in gesprek tree. Dit is egter van kardinale belang dat die VF+ sy oënskynlike verleentheid oor Afrikanerselfbeskikking afskud.

отбеливание зубов zoomФильчаков

Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

ImagePremier Silvio Berlusconi van Italië se vrou wil glo van hom skei.

Die ANSA-nuusagentskap sowel as die dagblaaie La Stampa en La Repubblica het berig me. Veronica Lario het ’n prokureur aangestel om ’n skeisaak te begin. Met die stap het sy ook verklaar dat sy nie 'n geveg op tou wil sit nie.

Berlusconi se kantoor wou nie gister op die bewerings kommentaar lewer nie.

“Ek is genoodsaak om hierdie stap te doen,” het Lario glo aan La Stampa gesê.

Sy het verlede week haar woede uitgespreek oor berigte dat Berlusconi se politieke party TV-verhoogmeisies en opkomende aktrises as kandidate vir die Europese parlement beskikbaar gestel het. Sy was ook siedend omdat hy glo ’n 18-jarige tiener se verjaardagpartytjie in Napels bygewoon het.

Dit is maar die premier se vrou se tweede persverklaring. In die eerste het sy in 2007 'n openbare verskoning geëis omdat haar man 'n kaalborsster aangestel as minister.

Die paartjie is in 1990 getroud en het drie kinders.

справка в тренажерныйtopcargo отзыв