Duitsers drink minder bier

Image

Merkel, wat glo rooiwyn verkies, drink bier

Duitsers drink al hoe minder bier. Op grond van skattings deur die brouersvereniging, het die verbruik van bier in die eerste halfjaar van 2009 met meer as vyf persent gedaal. So 'n skerp afname is nog nooit beleef nie, sê die voorsitter, Michael Weiß.

Die jaarlikse verbruik per kop mik nou na die 100-liter kerf – in 2008 was dit nog 111,1 liter. Faktore wat hiertoe aanleiding gee, is werksonsekerheid, wat verbruik in die algemeen strem, en die onlangse rookverbod in kroeë

'n Toename in verbruik word eers teen 2012 verwag.

Een Duitser wat egter rede het om meer bier te drink, is die kanselier, Angela Merkel. Onlangse meningspeilings toon aan dat haar Christen-Demokratiese Unie heel waarskynlik die Duitse verkiesing later in die jaar gaan wen, en hierdie keer dalk sonder om 'n koalisie te vorm met die Sosiaal-Demokrate (SPD). Die linkse SPD se steunbasis hou aan om te krimp en dit wil lyk of dit 'n Europese tendens uitmaak, met die Arbeiders in Engeland wat ook toenemend by die stembus slae kry.

преимущества и недостаткиФільчаков Олександр Васильович

Afgedankte kry administrateurspos

Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.

Hy het in Mei saam met 18 medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn op onder meer twee aanklagte van rampokkery wat spruit uit ’n ondersoek na Mangaung (Bloemfontein, Thaba Nchu en Botshabelo) se finansies.

Hy verskyn weer op 9 Desember in die hof in die strafsaak teen hom.

Chris Hattingh, DA-leier en LPW in Noordwes, het gesê dit is skandalig om Matlole aan te stel om administrateur te wees van ’n munisipaliteit wat deurspek is met bedrog, korrupsie, wanbestuur en wanbesteding.

Die provinsiale regering is glo bewus daarvan dat die aanstelling kritiek kan ontlok maar Matlole se woordvoerder sê die administarteur is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Matlole is in 2006 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy op 72 klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind is.

free online casinoФільчаков прокурор

Beeld van wit dogtertjie moet boek oor swart tiener verkoop

Justine Larbalestier, 'n wit Australiese skryfster, het uitgevind toe sy haar boek aan Bloomsbury-uitgewery voorgelê het, dat swart mense op boekomslae nie verkoop nie. Haar boek vir jong volwassenes, Liar, handel oor 'n swart dogtertjie Micah wat graag wil ophou om leuens te vertel.

Die uitgewer het, tot die ontsteltenis van die skrywer, die beeld van 'n wit dogtertjie op die omslag gebruik. Die omslagkeuse het die geloofwaardigheid van haar werk ondermyn, sê sy.

Larbalestier het intussen verneem dat feitlik alle uitgewers verkies om nie swart mense op boekomslae te gebruik nie omdat dit nie verkoop nie. Skrywers vertel trouens dat boeke met swartes op die omslag dikwels nie in dieselfde rakke uitgestal word nie, maar in 'n afsonderlike afdeling geplaas word, indien die boekwinkels nog enigsins sulke boeke aanvaar.

In Larbalestier se eie woorde is die hoofkarakter 'n "baie geloofwaardige" swart kind wat 'n kompulsiewe leuenaar is. Sy sê sy het baie hard gewerk aan die grondslag van die boek, naamlik 'n karakter wat die deursnee swart Amerikaanse tiener verteenwoordig.

ползунки и распашонки для новорожденных купить дешевоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Krothuise in Luanda platgestoot vir sokker

Tweehonderd Angolese het Dinsdag buite die parlement betoog teen die vernietiging van hulle huise. 'n Nie-regeringsorganisasie sê die stap het 15 000 mense sonder 'n dak oor hulle koppe gelaat.

Volgens ooggetuies het die die polisie die skare wat geskree het 'gee ons ons huis terug' gou uiteengejaag. Regeringsministers binne die parlementsgebou was nie bewus van die gebeure buite nie.

SOS Habitat sê 3 000 huise is platgestoot oor die afgelope paar dae in die suidelike deel van die hoofstad Luanda en 15 000 mense waaronder talle kinders is dakloos. Die organisasie sê dit is 'n menseregteskending omdat die slagoffers nie nuwe tuistes gegee is nie.

Die vernietiging van die huise is die jongste in 'n reeks vasvataksies deur die plaaslike regering om "anargistiese" nedersettings te tem. Gedurende die oorlog het talle die platteland verlaat om hulle in Luanda te vestig.

Die gebied wat tans geteiken word, staan bekend as Irak en Bagdad en is naby die stadion wat vir die 2010 Afrikabeker van Nasies beplan word. Amptenare sê die grond is in "openbare belang" opsy gesit.

Die betoging het waarnemers verbaas in 'n land waar die regering en polisie nouliks uitgedaag word.

Ten spyte van Angola se olierykdom, leef meer as tweederdes van die bevolking in volslae armoede op minder as twee dollar per dag en meer as die helfte het geen toegang tot sanitasie nie.фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаФильчаков прокурор

JM Coetzee weer vir Man Booker-prys benoem

Image

JM Coetzee

Nobelprysouteur J.M. Coetzee, wat tans in Australië woon maar in Suid-Afrika gebore is, is weer genomineer vir die Man Booker-prys, Brittanje se voorste letterkundeprys. Hy kan die eerste skrywer word wat die prys drie keer wen.

Die prys is in 1983 vir Life and times of Michael K en weer in 1999 vir Disgrace aan hom toegeken. Hy het die Nobelprys vir letterkunde in 2003 verower.

Coetzee is Dinsdag vir die vierde keer vir die prys benoem.

Coetzee is op die langlys uit 130 romans vir Summertime, die derde boek van sy outobiografiese drieluik. Die ander twee is Boyhood (1997) en Youth (2002).

Die kortlys word op 8 September aangekondig en die wenner op 6 Oktober.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеАлександр Фильчаков

Liewer Bangjan…

In die jongste verslag oor plaasmoorde en ander moorde op blankes in Suid-Afrika, toon Adriana Stuijt van Censorbugbear dat al hoe meer inwoners van die luukse woonbuurtes in die oostelike dele van Pretoria beroof, verkrag, gemartel en vermoor word.

Die vraag het nou ontstaan:"Is Pretoria nog veilig?"

Het dit nie tyd geword dat Afrikaners teen 'n tempo van "3 000 per dag" uit die misdaadgeteisterde gebiede van ons land, na veiliger gebiede moet verhuis nie?

Toe die ou NP-regering in die tagtigerjare die reuse woonbuurt – Khayelitsha – op die Kaapse vlaktes aangelê het, het Xhosas uit die Oos-Kaap teen sowat 1 000 per dag die Kaapse Skiereiland binnegestroom. En, onlangs toe die ANC-regering besluit het om die land se grens met Zimbabwe oop te gooi, het Zimbabwiese burgers teen 3 000 per dag oor die grens na Suid-Afrika gestroom.

Wat is dan fout met die Afrikaner? Waarom wil die Afrikaner nie na 'n veiliger plek verhuis nie? Die Afrikaner word teen 'n tempo van gemiddeld 5 tot 7 per dag vermoor, en die uittog uit S.A. na die buiteland is gemiddeld 150 per dag. Toegegee, die Afrikaners is veel minder as die swartes, maar in persentasie uitgedruk is die Afrikanervolk aan die verloorkant.

Ek begryp dat mens nie jou werk sommer net so kan opgee en trek nie, maar as in ag geneem word dat 500 000 Afrikaners werkloos en of verarm is, en seker net soveel al slagoffers van geweldsmisdaad, en of roof en diefstal was, dan is dit moeilik om te verstaan waarom daar nie veel meer Afrikaners, meer dikwels, hul goed vat en na die westelike deel van ons land verhuis nie.

Plekke soos Lambertsbaai, Melkbosstrand, Kleinmond, Gansbaai, Struisbaai, Mosselbaai, George, en Jeffreysbaai aan die kus, asook binnelandse oorde soos Orania, Vanderkloof, Carnarvon, Calvinia, Clanwilliam en vele ander, bied groot moontlikhede vir ondernemers. Begin 'n sakeonderneming in een van genoemde plekke, en adverteer poste vir werknemers binne die Afrikanergemeenskap.

Lesers sal verbaas wees om te sien hoe die Afrikaner sal begin belangstel om te trek sodra hulle sien dat kapitaal in groeiende hoeveelhede na genoemde plekke herlei word.
Die volk het 'n keuse: Bly waar julle is, en sien hoe dat die Afrikaner stadig maar seker uitsterf, of trek na 'n veilige hawe waar mede-volksgenote reeds in beduidende hoeveelhede saamtrek. "Liewer Bangjan as Dooiejan".

правило укладки ламинатаtopcargo отзыв

‘Rentekoerse gaan nie verder verlaag word nie’

Die Buro vir Ekonomiese navorsing het Dinsdag gesê verdere rentekoersverlagings gaan nie in die afsienbare toekoms aangekondig word nie.

Die Buro se ekonoom Hugo Pienaar het in ’n verklaring oor vooruitsigte vir die derde kwartaal van 2009 gesê dubbelsyfer loonskikkings in ’n hele aantal sektore asook aanduidings dat die ergste resessie dalk verby is, gaan die koerse vir die volgende 12 maande dieselfde hou.

Nadat die repokoers met 450 basis punte tussen Desember 2008 en Mei 2009 verlaag is, het die Reserwebank die koers onveranderd teen 7,5 persent in Junie gehou.

”Die besluit in Junie kan gesien word as ’n pouse in die siklus om te sien watter impak die rentekoersverlagings gaan hê. ’n Alternatiewe interpretasie is dat ons die einde van die geldelike verligtingsfase bereik het en die koers gaan vir eers onveranderd bly teen 7,5 persent.”

Die buro is steeds bekommerd oor die vooruitsig van verbruikersbesteding vanweë werksverliese.

bride to be necklaceАлександр Фильчаков Васильевич

As jy nie werk nie, moet jy nie eet nie!

Ek het onlangs vir die eerste keer deur 'n dokument geblaai: Verslag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley 2-5 Oktober 1934.

Daar is drie besondere punte wat ek wil uitlig. Dit toon weereens vir my dat hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

1. Diepe afhanklikheid van God Drieënig

In die openingsrede, wanneer daar oor oplossising gepraat word, meld ds. van Huysteen:

"Die ewige waarheid so helder en duidelik verkondig deur die onfeilbare woord van God, toon ons aan in Ps 127:1 'As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou, as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.' Ons wil dit uitspreek as ons heilige oortuiging dat ons pragtige en haas volmaakte organisasie, ons deeglik voorbereide stukke en ons ernstige beraadslaginge weinig vrug sal dra, as ons nie in diepe afhanklikheid van die Almagtige die saak aanpak nie, en as ons nie gewillig is om die volmaakte voorbeeld te volg van ons Grote Leermeester, wat alleen die wonderlike Oplosser is van al ons probleme, tydelik en geestelik."

2. Die ongelooflike orde, volledigheid en logies praktiese implementeerbaarheid van die besluite

Die logiese orde wat gevolg is: ondersoek, besluite en handeling, met ander woorde: die Hoof, die Wil en die Hand tree een na die ander op.

Ek sal later by 'n paar interssante besluite kom, maar kyk bv. na die volgende uit dr Verwoerd se stuk:

Voorstelle om die vraagstuk van blanke armoede te beveg gaan in vyf rigtings, nl.:

1. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van die gewone gemidelde burger.

2. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van diegene net bo die armoede grens.

3. Maatreëls tot voorbehoeding van diegene wat nie beskerm kan word teen tydelike ekonomiese verdrukking nie.

4. Maatreëls tot ekonomiese opheffing van reeds verarmdes.

5. Maatreëls tot maatskaplike opheffing van reeds verarmdes.

Die kongres het o.a. bespreek;

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Verbetering van behuisingtoestande

·         Ontwikkeling van die plattelandse verpleegingsdiens

·         Ontspanning en vermaaklikheid vir minderbevooregdes

·         Subsidiëring van welvaartswerk

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en Jeugmisdaad

·         Werkverruiming in die stedelike werkkringe vir mans

·         Skepping van werksgeleenthede

·         Werkverskaffing en versorging van vroulike werksters

·         Tydelike werksverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses

·         Werkverskaffing op die platteland

·         Dwangkolonies en Kerknedersettings

·         Die posisie van die kerk

·         Die Christelike idiaal in maatskaplike werk

·         Vraagstuk as sielkundige-opvoedkundige

·         Skoolstelsel en leerplan

·         Gesondheidsonderwys

·         Beroepsleiding, Beroepopleiding en Volwasse opvoeding

·         Maatskaplikke Implikasies van die Christelike Evangelie.

Die lys verstom my met sy volledigheid, en dít in 1934!

3. Praktiese uitvoerbaarheid van die besluite wat geneem is

“Aanhef

Onder die diepe besef dat die bouliede tevergeefs arbei as die Heer die huis nie bou nie,en dat die wagters tevergeefs waak as die Heer die stad nie bewaar nie, lê die Kongres onder biddend opsien tot God die volgende besluite aan die volk voor:

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Behuising

·         Gesondheidsdiens op die Platteland

·         Ontspanning en vermaaklikheid

·         Subsidieering van welvaartswerk

·         Binnemuurse liefdadigheid

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en jeugmisdaad

·         Maatreels tot veruiming vir mans on stedelike werkkringe

·         Die skepping van groter werksgeleenthede

·         Maatreels tot verkryging van 'n meer rasionele uitplasing vir werk

·         Werkverskaffing aan en versorging van vroulike werknemers

·         Tydelike werkverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses deur werkloosheids- en Siekteversekering

·         Werkveruiming op die platteland deur die algemen bevordering van Landbou

·         Spesiale werkverskaffing op die platteland aan blanke armes

·         Dwangmaatreëls vir volwassenes

·         Kerknedersettings en arbeidskolonies

·         Sentralisasie van skole

·         Agterlike en vertraagde kinders

·         Sertifikate

·         Skoolbiblioteke

·         Voorskoolse opvoeding

·         Opleiding van onderwysers

·         Inskerping van gewoontes en geesteshoudings

·         Gesondheidsopvoeding

·         Beroepsleiding

·         Beroepsopleiding

·         Volwasse opvoeding”

Honderd en Agt (108) besluite in total.

Vir my was die implementering van dwangkolonies vir mense wat nie wou werk nie iets wat ek nooit aan gedink het nie. Die Nuwe Testamentiese Bybelse beginsel dat as jy nie werk nie moet jy nie eet nie blyk vir my die motiveering te wees.

Bogenoemde is vir my vreeslik interesant, want die geskiedenis herhaal homself maar telkens. My brief is baie oppervlakkig, en ek probeer geen stelling daarmee maak nie. Dit sal net vir my insigewend wees indien daar iemand is wat 'n artikel wil skryf oor die Kongres, met spesiale verwysing na hoe dit so suksesvol geimplementeer is dat ons teen die jare sewintig 'n groot middelklas geskep het, en werkloosheid op 'n laagtepunt was.

casino strategy slotsФильчаков прокурор отзывы

Die tweede gedenkmuur

‘n Aantal jare was daar groot omstredenheid toe die ANC sy sogenaamde “Vryheidspark” in Pretoria opgerig het. Die

Image

Vryheidspark se muur van herinnering het die ANC se “helde” van sy sogenaamde vryheidsstryd gedenk.

Hierdie sogenaamde helde was uiteraard niks van die aard nie. In werklikheid was hulle ‘n besmetting van boewe, terreursaaiers en kriminele skuim; moordenaars van onskuldige mense wat nie eens een vierkante sentimeter grondgebied militêr kon bevry nie. Op die ANC se muur van herinnering is daar ook die name van Kubaanse aggressors, wat hul bewind se Marxistiese ideologie op Afrika wou kom afdwing het. Daar was egter diegene in blanke geledere wat ontsteld was omdat gestorwe blanke soldate en dienspligtiges se name nie ook op die ANC se skandmuur sou verskyn nie.

Ek was nie een van hulle nie.

Ek het inteendeel die besluit van die ANC heelhartig gesteun. Dit sou vir my as voormalige dienspligtige ‘n uiterste klap in die gesig gewees het om op enige manier geassosieer te word met die ANC se sogenaamde helde. Dit sou ‘n onreg teenoor my gevalle mede-soldate gewees het om ‘n muur te moes deel met die ANC se sogenaamde helde.

Ek verwelkom daarom met groot blydskap die besluit om ‘n muur van herinnering by die Voortrekkermonument op te rig. Anders as Beeld, wat steeds die uitgediende evangelie van ‘n sogenaamde reënboognasie probeer predik. Beeld is opgeklits omdat daar nou twee mure gaan wees, maar dit spreek slegs van hoe uit voeling Naspers met die werklikheid is.

Die twee mure se simboliek strek uiteraard veel verder as blote aparte monumente aan enersyds soldate en andersyds die plaag wat eersgenoemde moes beheer. Dit spreek ook luidkeels van die volslae mislukking van die reënboognasie, ‘n links-liberale versugting na iets wat fundamenteel onwerkbaar en gedoem was. Die simboliek van die ligging van die tweede gedenkmuur, by die Voortrekkermonument, is insgelyks diepgaande.

Ek meen dat die ANC, interessant genoeg, geen beswaar sou hê teen die aparte gedenkmure nie. Dit is ‘n voldonge feit dat die ANC steeds Thabo Mbeki se twee-nasies siening aankleef. Tweedeklasburgerskap vir blankes, en die gevolglike skeiding van Suid-Afrika in ten minste twee volke, swart aan die een kant en Afrikaners en ander blankes aan die ander kant, is inderdaad ANC-beleid. Praktyke soos regstellende aksie, die veldtog teen Afrikaanse skole en kultuur en die uitwissing van blankes se geskiedenis is ‘n blote praktiese vergestalting van hierdie ideologie.

Die aparte gedenkmuur by die Voortrekkermonument is derhalwe ‘n baie welkome verwikkeling, wat ‘n terugkeer na realisme oor die wenslikheid van skeiding tussen volke verteenwoordig. Mag dit die voorspel wees tot selfs ‘n groter skeiding tussen die volke wat die geografiese streek Suid-Afrika bewoon.

встраиваемые светильники называемыеФильчаков прокурор