Verkragters ‘gedra hulle soos diere’

Die mans wat twee vroulike paramedici aangeval en een verkrag het, het hulle soos diere gedra, het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.

“Dit is baie skokkend om te hoor dat mense wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer op so ‘n wrede manier aangeval is…Daardie misdadigers het hulle soos diere gedra,” het Zuma tydens ‘n besoek aan die Roodepoortbrandweerstasie gesê.

Drie mans het op 6 Maart die vroue oorval toe hulle in Durban Deep in Roodepoort aangekom het om ‘n kleuter wat brandwonde opgedoen het, te help.

Volgens die polisie het die trio die manlike paramedici gedreig en gesê hulle moet weghardloop anders word hulle geskiet.

Zuma het gesê hy het met die slagoffers, hul gesinne en die hoof van nooddienste in Roodepoort gepraat en die polisie ondersoek die saak.

“Ek is bly dat die paramedici steeds bereid is om ná die voorval te werk. Die misdadigers moet so gou as moontlik in hegtenis geneem word.

Hy het gesê die gemeenskap moet saam met die polisie werk om misdaad te beveg.

финская сауна ценылобановский александр дочь

Nog ‘n boer in Limpopo vermoor

Nog ‘n boer van Limpopo is die sesde plaasmoordslagoffer in dié provinsie sedert die begin van Februarie.

Frik van Deventer, 64, is die naweek koelbloedig doodgeskiet op sy plaas, Langwater, in die Waterbergstreek.

Hy is met ’n kopskoot noodlottig gewond, terwyl sy vrou vasgebind en aangerand is.

Die twee rowers het ‘n vuurwapenkluis op die van Deventers se bakkie gelaai en daarmee weggejaag.

Volgens Beeld het hulle later die bakkie gerol en daarna vermoedelik te voet verder gevlug.

Niemand is nog vir die moord gearresteer nie.

Die Limpopo-moord kom slegs ’n dag nadat Jan Wheeler op ‘n plaas naby Marble Hall vermoor is.

play real slots online win real moneyпрокурор Фильчаков

Boer in Limpopo vermoor

‘n 65-jarige boer is Vrydag buite Marble Hall vermoor, het polisie in Limpopo gesê.

“Die verdagtes het vanoggend toegang tot die huis bekom deur die agterdeur te breek. Hulle het Jan Wheeler in die slaapkamer oorweldig,” het supt. Ronel Otto gesê.

Hy was herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.

“Die verdagte het gevlug nadat hy ‘n paar elektriese huishoudelike toebehore geneem het.”

Hulle het weggejaag met Wheeler se wit bakkie.

Volgens Otto is die polisie op soek na vyf mans wat met die voorval verbind word.

instagram promotion appданильченко юрій броніславович

Julius Malema – bevryder van die blanke

Heelwat mense is baie kwaad vir Julius Malema. Dr Pieter Mulder het ‘n klag teen Malema gaan lê by die SAPD. Steve Hofmeyr weier om saam met ons president te braai, omdat die ANC nie vir Malema in die bek wil ruk nie. Dít, en stellig ‘n titseltjie professionele jaloesie. As daar een man is in Suid-Afrika wat besiger is as Steve met die skoner geslag, is dit oom Jacob.

Met respek aan almal wat kwaad is vir Malema, ek dink hulle mis die punt. Kom ons neem dr Mulder as voorbeeld. Alhoewel hy en die VF+ hard probeer, stem minder as 200 000 kiesers vir hulle. Afrikaners is hoogstens louwarm teenoor die VF+.

Mens kan hoegenaamd nie dieselfde sê oor blankes se gevoelens teenoor Malema nie. Louwarm is die meerderheid van ons beslis nié waar dit by Malema kom nie. Inteendeel; die blote noem van Malema se naam in meeste blankes se teenwoordigheid is gewaarborg om hul bloeddruk te verhoog na gevaarlike vlakke. Julius Malema is veel meer effektief as ‘n vormer van blanke menings as wat enige Afrikanerorganisasie of -party ooit kan wees.

So tien, vyftien jaar terug was meeste van hierdie einste blankes egter ironies genoeg meegevoer deur die gees van euforie wat saam met die aankoms van die sogenaamde reënboognasie gekom het. Menige blanke het ‘n nattigheid in die oog gekry toe die voormalige saboteur – aan sommiges as Madiba bekend – François Pienaar se nommer-6-trui aangetrek het daardie dag op Ellispark. Die hagiografieë en lofsingery in die liberale pers aan Mandela en al wat ‘n ander middelmatigheid in die ANC was, byvoorbeeld Oliver Tambo, het hiertoe bygedra.

Ons blankes het onsself probeer oortuig dat Suid-Afrika op ‘n manier anders sou wees. Die pers, gelei deur ANC-rasieleiers soos Mad Max du Preez, het ons dag ná dag vertel welke wonderwerk die NSA kwansuis sou wees, en baie van ons het geglo dat ons tog ánders was. Ons het gerieflikheidshalwe die oorweldigende getuienis van bykans elke land noord van ons grense geïgnoreer.

Malema het hierdie illusie nekom gedraai. Hy is die argetipe van die Afrika-politikus: onnosel, opruiend, gierig, korrup, noem maar op. Malema sien homself skynbaar as ‘n Struggle-held, al het die Struggle verander in ‘n struggle vir tenders en geleenthede om die belastingbetaler te plunder. Hy is weliswaar ‘n opruier par excellence. Hierin is hy weliswaar suksesvol. Ten spyte van sy akademiese prestasies (aldan nie), is dit nie slegs die ongewaste swart massas wat Malema vir ‘n held aansien nie, maar ook die intellektuele onder die jong swartes. Malema het byvoorbeeld sy nuutste haatspraak teen blankes voor ‘n studentegehoor gepleeg, een wat hom luid toegejuig het.

Malema is egter sowat dertig jaar te laat om die swart massas te bevry. Hulle het reeds hulle Oehoeroe, maar is skynbaar steeds nie tevrede nie, want hulle gooi steeds klippe en brand steeds biblioteke af. Daar is wel diegene wat in die proses is om deur Malema bevry te word. Die geweldige ironie is dat daardie bevrydes blankes is. In ‘n klassieke geval van die wet van onbedoelde uitkomstes, is Malema besig om die oorblywende reënboognasie-illusies, dié wat nog kon staande bly in die aangesig van ongebreidelde misdaad, verval, korrupsie en wanbestuur, te vernietig – by blankes, van alle mense!

Malema is besig om blankes te bevry van ons wanpersepsies, van ons illusies, van ons gebrek aan realisme oor hoe dinge in Afrika werk. Ek sê dit al lankal: elke keer as Malema sy mond oopmaak, genees hy nóg 1 000 blankes van hulle geestesongesteldheid bekend as liberalisme. Dit is slegs die agtergelatenes, rubriekskrywers vir Rapport, onder andere, wat steeds ‘n wanhopige dog verlore stryd voer teen die gees van realisme wat Malema bykans op eie houtjie onder blankes kom vestig het.

Ek sien hierdie nuwe gees van realisme (asook Malema self) as ‘n uiters positiewe verwikkeling. Realisme is ‘n voorvereiste vir daadwerklike probleemoplossing. Omdat blankes deur Malema bevry is van ons illusies dat Suid-Afrika en die ANC op ‘n manier anders sou wees as enige ander Afrika-piesangrepubliek, kan ons nou meer realistiese planne begin maak as om ons hoop te vestig op die fundamenteel onwerkbare reënboognasie. Malema het op eie houtjie vermag wat al die blanke organisasies wat al vir jare lank probeer om blankes attent te maak op die realiteite, nie kon regkry nie.

Viva Julius Malema, die bevryder van die blanke!

Lees ook ander artikels op Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

кэктопкарго отзывы

Mynhuise moet vasgevat word

Dit is hoogtyd dat mynbestuurders vervolg word omdat hulle toelaat dat besoedelde water in ons spruite beland.  Hierdie is egter nie die eerste keer dat die Blesbokspruit besoedel word nie.  Dit is ‘n aaneenlopende tendens.

Die VF Plus kla sedert die begin van 2008 by owerhede om water in die Blesbokspruit te toets en myne wat hulle skuldig maak aan storting hof toe te vat.

Mnr. Wiebe Schultz, VF Plus raadslid van Ekurhuleni Metroraad, sê in 2008 is die drinkwater van die Rolanda Community Hall, Balfour polisiestasie en ‘n laerskool getoets.  Die uitslag was onrusbarend.

‘n Mens sal verwag dat dit juis die Mandela en Zuma-familie is wat versigtig sal wees om hulle nie aan sulke dade skuldig te maak nie.  Dit het weereens bewys hulle gee nie ‘n flenter om vir die omgewing of die voortbestaan van die nageslag nie.

Die VF Plus sal die Blou Skerpioene aanmoedig om hul werk te doen en myne aan die kaak te stel wat die natuur vernietig en mense se gesondheid benadeel.  “Ons het die afgelope jare reeds met baie inwoners oor die probleem gepraat en sal voortgaan om so te doen.  Saam sal ons druk op die regering plaas om mynhuise te stop.”

как называется доска с парусомлобановский александр харьков

Moordadige bestuurders moet in hulle spore trap

“Die Vryheidsfront Plus is deur die ouers van Yvonne van Deventer, wat hierdie jaar deur ‘n taxi op 13 Januarie 2010 doodgery is asook die ouers van Hanjé Pistorius, wat verlede jaar haar been verloor het weens ‘n roekelose motorbestuurder, gevra om die klagtes teen die betrokke aangeklaagdes van nalatigheidsmisdrywe na opsetsmisdrywe te verander.

Die VF Plus het onderneem om met die betrokke aanklaers te skakel en hulle te oortuig, soos die party suksesvol gedoen het in die Bernadine Kruger-saak waar die taxibestuurder toe wel aan moord skuldig bevind is, dat opsetsmisdrywe gepleeg is deur die onderskeie aangeklaagdes,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor Vervoer, gesê.

“Die VF Plus het ook verneem dat die staat moordklagtes gelê het teen die motorbestuurders wat die afgelope week vier persone in Soweto tydens ‘n onwettige motorresies doodgery het. Dit is ook goed dat een van die bestuurders, Jub Jub wat ‘n bekende media-persoonlikheid is, aangekla is sonder enige spesiale behandeling. Dit is tyd dat bestuurders ook besef dat hulle voertuie potensiële moordwapens kan wees en daarom moet daar voorbeelde gemaak word van moorddadige bestuurders,” het Alberts ook gesê.

In die saak van Yvonne van Deventer gaan geargumenteer word dat die staat sal slaag met ‘n moordklag. Die feite dui daarop dat die betrokke taxi in die aand sonder enige ligte aan deur die vierrigting stopstraat gejaag het en Yvonne noodlottig getref het. Volgens die strafregleerstuk van dolus eventualis sal die optrede as opsetlik beskou kan word, omdat die bestuurder die moontlikheid van ‘n noodlottige botsing kon voorsien en homself met daardie moontlikheid versoen het.

In die saak van Hanjé Pistorius word tans gepoog om die aanklagte van roekelose bestuur na die van aanranding en poging tot moord te verander. In die geval dui die feite ook daarop dat die bestuurder kon voorsien dat as hy te na aan Hanjé sou verby ry, hy haar gevolglik kan tref, beseer en selfs dood.

In beide gevalle sal siviele eise ook oorweeg word en in die geval van Bernadine Kruger het die VF Plus ‘n regsopinie aangaande siviele eise van ‘n advokaat ontvang wat binnekort bekend gemaak sal word.

play n goФильчаков прокурор

Voorkom eerder plaasmoorde as Vigs

Wel, 'n mens kan altyd klere daarvan maak... kondoomrokEk lees nou dat die ANC-massas vir Vigs getoets gaan word. Die ander lagwekkende foefie is dat daar nou kamtig ‘n reusevoorkomingsveldtog van stapel gestuur gaan word – hou asem op – deur die uitdeel van kondome.

Kan die onnosele mense nie maar begin om te dink nie, of is so iets nie moontlik in ANC-geledere nie? Hulle deel al kondome uit vanaf 1994. Waarvoor gebruik hulle die lateksgoedjies? Dit sal ons nooit weet nie, want so wragtag die goed word seker geëet, so min resultate het ons al van die tonne gratis kondome gesien. Leer eerder morele waardes aan, maar in fauna-geledere is dit ook nie moontlik nie.

Nou word daar boonop beplan om kitsvigstoetse uit te voer. Wat hulle nie in ag neem nie, is dat die toetse geweldig sensitief is vir raklewe, hitte en uitdroging. Dink hulle nou werklik dat, deur massas van die toetse na die afgeleë gebiede te stuur, hulle tot ‘n gepaste statistiese gevolgtrekking sal kan kom? Weereens blanke belastinggeld wat vermors word.

Kyk eerder na die plaasmoorde, want Vigs kan en sal nie in Suid-Afrika nek omgedraai word nie – nie nou nie en ook nie oor 10 jaar nie.

большой теннис шараповаФильчаков прокурор

Waarom ‘n ‘Tshwane-Beeld’?

Graag lewer ek hier kommentaar oor die brief, “Beeld is die beste waghond in die land” wat Vrydag in daardie koerant verskyn het, want op die brieweblad is daar nie plek vir kommentaar nie, seker omdat Beeld homself dan ooplaat vir kritiek.

As Beeld die beste waghond in die land is, hoe verklaar jy dan die “Tswane-Beeld”? Dít nadat die hof bevestig het:  Pretoria is nog steeds Pretoria! Twee briewe wat ek al aan Tim du Plessis, redakteur van Beeld, in dié verband gestuur het, is nie geplaas nie en Beeld probeer dit doodswyg. Nee wat Beeld, doen lustig mee aan die marginalisering van die witmense. Dis duidelik: al wat belangrik is, is ons geld.

Die berigte oor die moord en doodslag en korupsie is slegs om ons emosies op te jaag en sensasie te wek, sodat ons die koerant moet koop. Ek is diep teleurgesteld en is besig om alle respek vir Tim Du Plessis en Beeld te verloor.

Naskrif: ek het hierdie beswaar op Beeld se webwerf probeer plaas, maar weereens sonder sukses. Tim, ek probeer ’n versoenende pad stap en wil nie graag in ’n konfrontasie met Beeld betrokke raak nie. Waneer hoor ons jou kant van die saak? Ons is moeg om gemarginaliseer te word. Hoe verskil jou en Beeld se optrede van Nomvula Mokonyane s’n want vir julle almal is ons geld genoeg maar ons erfenis beteken niks? Kan nie wag om van jou te hoor nie.

гидроизоляционная смесьлобановский александр

Praat is klaar

Liewe mede-nie-liberale Afrikaner. Min van ons mense besef die uiterste gevaar waarin ons ons tans bevind. Selfs ons kinders se veiligheid is nou radikaal in gedrang. Die ANC-regime het inderdaad ons eie kinders van ons vervreem; hulle het ons geskiedenis uit hul boeke gehaal en verdwaal sonder riglyne gelaat. Die volgende generasie gaan nie eens weet wie hulle is of was nie en dit word erger.

Elke soort openbare diens is reeds in duie of is spoedig afgrond toe. Die kommerwekkendste is natuurlik ons land se veiligheidsdiens. Om korrupsie toe te smeer, is vir die kommunistiese regime baie belangriker as nasionale veiligheid. Daar bestaan reuseleemtes in ons nasionale veiligheidstelsel. Die nuutste wat kop uitsteek, is die ontvoering en uitvoer van jong wit dogters; my dogter is jou dogter as dit by hulle veiligheid kom. Ons as verantwoordelike mens behoort hulle ten alle koste te beskerm.

Daar is skielik ‘n hewige styging in dié gruwelike misdaad, ons kinders wat as prostitute uitgevoer word. Dit is so verskriklik, dit maak my naar. Dink tog daaraan: dit kan jou dogtertjie wees wat volgende is. Om staat te maak op die polisie vandag is ‘n hopelose saak en onverantwoordelik. Tog sit ons terug en wag op beter dae. Elke dag wat verbygaan, is soos ‘n dier wat brandsiek is; hy sal nie vanself beter word nie.

Het Retief nie met sy bloed aan ons gewys dat jy nie met hulle kan onderhandel nie; waarom probeer al die Afrikanerorganisasies nog? Die tyd van praat is inderdaad verby. Daar is maar een oplossing: Ons moet ons veiligheid in ons eie hande neem. Dit is nie ons reg nie maar ons plig! Paraatheid en selfbeskerming was nog altyd ‘n tradisie onder ons mense, wat die afgelope tyd verwaarloos is.

Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika. Dit het ons herhaaldelik gesing en tog net daar laat staan. Kom ons staan tog vir eenmaal op en beskerm ons vrouens en kinders. Kom ons hou op praat en wys die vyand en die wêreld dat ons nog ‘n volk is. Kom ons maak ons voorvaders trots op die feit dat hulle geveg nie tevergeefs was nie. Dit is tyd dat ons wapens opneem en onsself beskerm teen ons vyand, ons geskiedenis terug eien en ons deur ons eie mense gelei word.

Soos Prediker 3:1-8 lui:

1 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,

3 ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red, ‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,

4 ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans,

5 ‘n tyd om klippe weg te gooi, ‘n tyd om hulle bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af,

6 ‘n tyd om aan te skaf, ‘n tyd om te laat wegraak, ‘n tyd om te spaar, ‘n tyd om weg te gooi,

7 ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat,

8 ‘n tyd om lief te hê, ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog, ‘n tyd vir vrede.

Die Afrikanerhaters sal my nooit onderkry nie; ek sal veg tot ek my laaste asem uitblaas.

ротор купитьtopcargo отзыв