Nog ‘n boer van Limpopo is die sesde plaasmoordslagoffer in dié provinsie sedert die begin van Februarie.
Frik van Deventer, 64, is die naweek koelbloedig doodgeskiet op sy plaas, Langwater, in die Waterbergstreek.
Hy is met ’n kopskoot noodlottig gewond, terwyl sy vrou vasgebind en aangerand is.
Die twee rowers het ‘n vuurwapenkluis op die van Deventers se bakkie gelaai en daarmee weggejaag.
Volgens Beeld het hulle later die bakkie gerol en daarna vermoedelik te voet verder gevlug.
Niemand is nog vir die moord gearresteer nie.
Die Limpopo-moord kom slegs ’n dag nadat Jan Wheeler op ‘n plaas naby Marble Hall vermoor is.
