Moordadige bestuurders moet in hulle spore trap

“Die Vryheidsfront Plus is deur die ouers van Yvonne van Deventer, wat hierdie jaar deur ‘n taxi op 13 Januarie 2010 doodgery is asook die ouers van Hanjé Pistorius, wat verlede jaar haar been verloor het weens ‘n roekelose motorbestuurder, gevra om die klagtes teen die betrokke aangeklaagdes van nalatigheidsmisdrywe na opsetsmisdrywe te verander.

Die VF Plus het onderneem om met die betrokke aanklaers te skakel en hulle te oortuig, soos die party suksesvol gedoen het in die Bernadine Kruger-saak waar die taxibestuurder toe wel aan moord skuldig bevind is, dat opsetsmisdrywe gepleeg is deur die onderskeie aangeklaagdes,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor Vervoer, gesê.

“Die VF Plus het ook verneem dat die staat moordklagtes gelê het teen die motorbestuurders wat die afgelope week vier persone in Soweto tydens ‘n onwettige motorresies doodgery het. Dit is ook goed dat een van die bestuurders, Jub Jub wat ‘n bekende media-persoonlikheid is, aangekla is sonder enige spesiale behandeling. Dit is tyd dat bestuurders ook besef dat hulle voertuie potensiële moordwapens kan wees en daarom moet daar voorbeelde gemaak word van moorddadige bestuurders,” het Alberts ook gesê.

In die saak van Yvonne van Deventer gaan geargumenteer word dat die staat sal slaag met ‘n moordklag. Die feite dui daarop dat die betrokke taxi in die aand sonder enige ligte aan deur die vierrigting stopstraat gejaag het en Yvonne noodlottig getref het. Volgens die strafregleerstuk van dolus eventualis sal die optrede as opsetlik beskou kan word, omdat die bestuurder die moontlikheid van ‘n noodlottige botsing kon voorsien en homself met daardie moontlikheid versoen het.

In die saak van Hanjé Pistorius word tans gepoog om die aanklagte van roekelose bestuur na die van aanranding en poging tot moord te verander. In die geval dui die feite ook daarop dat die bestuurder kon voorsien dat as hy te na aan Hanjé sou verby ry, hy haar gevolglik kan tref, beseer en selfs dood.

In beide gevalle sal siviele eise ook oorweeg word en in die geval van Bernadine Kruger het die VF Plus ‘n regsopinie aangaande siviele eise van ‘n advokaat ontvang wat binnekort bekend gemaak sal word.

play n goФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae