Verkragters ‘gedra hulle soos diere’

Die mans wat twee vroulike paramedici aangeval en een verkrag het, het hulle soos diere gedra, het pres. Jacob Zuma Sondag gesê.

“Dit is baie skokkend om te hoor dat mense wat ‘n diens aan die gemeenskap lewer op so ‘n wrede manier aangeval is…Daardie misdadigers het hulle soos diere gedra,” het Zuma tydens ‘n besoek aan die Roodepoortbrandweerstasie gesê.

Drie mans het op 6 Maart die vroue oorval toe hulle in Durban Deep in Roodepoort aangekom het om ‘n kleuter wat brandwonde opgedoen het, te help.

Volgens die polisie het die trio die manlike paramedici gedreig en gesê hulle moet weghardloop anders word hulle geskiet.

Zuma het gesê hy het met die slagoffers, hul gesinne en die hoof van nooddienste in Roodepoort gepraat en die polisie ondersoek die saak.

“Ek is bly dat die paramedici steeds bereid is om ná die voorval te werk. Die misdadigers moet so gou as moontlik in hegtenis geneem word.

Hy het gesê die gemeenskap moet saam met die polisie werk om misdaad te beveg.

финская сауна ценылобановский александр дочь