Die verkiesingshof in Bloemfontein sal vandag beslis oor die lot van ses gediskwalifiseerde onafhanklike kandidate in die tussenverkiesing in Tlokwe in Potchefstroom wat môre plaasvind. Die kandidate het verlede week ‘n hofgeding aanhangig gemaak teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beslissing om hulle vir die tussenverkiesing te diskwalifiseer. Hulle voer aan dat sommige OVK-amptenare moedswillig sekere
VN-verslag wys Sirië verantwoordelik vir chemiese aanval, sê VSA, Brittanje
Die verslag van die Verenigde Nasies inspekteurs na chemiese wapens in Sirië kon nie die vraag beantwoord wie vir die chemiese aanval in Damaskus verantwoordelik was nie. Die inspekteurs het tot die gevolgetrekking gekom dat chemiese wapens wel op ‘n groot skaal in ‘n aanval op die Siriese hoofstad gebruik is, waarin honderde mense dood
Lees verder: VN-verslag wys Sirië verantwoordelik vir chemiese aanval, sê VSA, Brittanje
Guptas minag immigrasie- en arbeidswette
Die Guptas se TV-nuuskanaal ANN7 se erkenning dat vier van sy werknemers ‘vakansie’ gelys het as rede vir hul teenwoordigheid in Suid-Afrika, is nog ‘n bewys van die vrye hand wat die ANC-regering oënskynlik aan die Guptas gee om die septer te swaai met hul bedrywighede in die land. Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus
Mulder verwelkom Amerikaanse belangstelling in Afrika-landbou, -handel
Nuwe handelsbetrekkinge en beleggings is baie belangrik vir sub-Sahara-Afrika aangesien die gebied groot groeipotensiaal het. Daarom verwelkom hy die moontlikheid dat Amerika op hoë vak ondersoek instel na die moontlikheid om handelsbetrekkinge in die gebied uit te brei sê dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye. Dr. Mulder het vanoggend op ‘n konferensie
Lees verder: Mulder verwelkom Amerikaanse belangstelling in Afrika-landbou, -handel
Bismarck se rooikaart geskrap
Bismarck du Plessis se omstrede rooikaart wat hy tydens Saterdag se nederlaag teen die All Blacks gekry het, is van sy dissiplinêre rekord geskrap . Die regsbeampte Terry Willis het in Maandag se dissiplinêre verhoor bevind dat die Franse skeidsregter Romain Poite die verkeerde beslissing gemaak het toe hy du Plessis met ‘n geelkaart in
Leier van Geloftevolk Republikeine se seun glo in padwoedevoorval
Net dae na sy hofverskyning saam met sy pa, Andre Visagie, die leier van die Geloftevolk Republikeine, staar die 19-jarige Jan Visagie ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen in die gesig. Dit volg na ‘n oënskynlike padwoedevoorval in Langstraat, Kimberley, waartydens Jan Visagie na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal het tydens ‘n
Lees verder: Leier van Geloftevolk Republikeine se seun glo in padwoedevoorval
Verspreide oproer oor buitelanders, HOP-huise
Daar is steeds ‘n groot polisieteenwoordigheid by New Brighton in Port Elizabeth nadat die plunder van winkels wat aan Somaliërs behoort deur die woonbuurt versprei het. Die Somaliërs het alles opgepak wat hulle uit hulle winkels kon red en is na veiligheid geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Thembi Gwe sê die geweld het na bewering begin nadat
Komitees oor twee omstrede kwessies begin dié week
Twee Parlementêre komitees begin die week werk aan omstrede kwessies. ‘n Ad-hoc komitee gaan President Jacob Zuma se opmerkings oor die wetsontwerp oor die beskerming van staatsinligting oorweeg. Zuma het die wetsontwerp verlede week terugverwys na die Parlement, en gesê dele daarvan kan ongrondwetlik wees. ‘n Ander ad-hoc komitee gaan kyk na die Openbare Beskermer
Lees verder: Komitees oor twee omstrede kwessies begin dié week
Pule kos belastingbetaler al oor ‘n miljoen aan regskoste
Dina Pule se opvolger, Yunus Carrim, het onthul dat die voormalige minister van kommunikasie se regskoste die belastingbetaler reeds R1,2 miljoen uit die sak gejaag het. Carrim het in die parlement gesê dat die regskoste tot dusver R1 187 148,82 beloop. Dit is nog nie die finale bedrag nie. Die Sunday Independent het berig dat
Lees verder: Pule kos belastingbetaler al oor ‘n miljoen aan regskoste
Pinetown-bestuurder in hof
Die vragmotorbestuurder wat teen vier taxi’s en ‘n motor gebots het, verskyn Maandag in die Pinetown-landdroshof. Die ongeluk het die lewens van 22 mense geëis. Sanele Goodness May (23) van Swaziland, is op 6 September op 22 aanklagte van moord en roekelose of nalatige bestuur in hegtenis geneem. Landdros Wendolynn Robinson het die saak tot
