Binnekort visepres.? Barack Obama mag dalk vir Hillary Clinton as sy vise-presidentskandidaat oorweeg. Obama het tydens 'n onderhoud op NBC-nuus gesê dat sy sonder twyfel as visepresidentskandidaat geskik is. Op CNN het hy haar beskryf as 'n bittereinder, slim en bekwaam en het bygevoeg dat sy op enigeen se kortlys sal wees as potensiële visepresidentskandidaat.
Lees verder: Barack Obama oorweeg dalk vir Hillary as vise-presidentskandidaat

Volgens ʼn studie wat so pas deur die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria vrygestel is, is Suid-Afrikaners nou meer vreesbevange oor misdaad as ooit tevore. Dít, in weerwil van polisiestatistieke wat sou toon dat misdaad aan die afneem is.
Dit lyk asof die OTM-ontploffing gebeur het in uitbreiding 22 by Food Zone, Secunda, waar jy met die trappe opgaan na die uniekantoor. Tydens die bewind van dr. H.F. Verwoerd sou hierdie terroriste van sabotasie aangekla gewees en gehang het.