Gister het Graeme Smith en Loots Bosman op ‘n nut vir die planke waarmee hulle op die veld verskyn het, afgekom: Hulle het dit gebruik om die balle wat die Engelse na hulle geboul het, weg te slaan. Smith het die loot in die tweede T-20 wedstryd, dié keer op Centurion Park in Verwoerdburg, gewen
‘Ons verkeer op die rand van onnoselheid’
Die Franse begrotingsminister Eric Woerth het Sondag sy afgryse uitgespreek oor ‘n publisiteitsfoefie in die Franse hoofstad wat tot ernstige geweld deur swart jeugdiges gelei het. Die bemarkingswebtuiste Mailorama.fr moes inderhaas hulle plan om koeverte vol kontant aan Parysenaars uit te deel, kanselleer te midde van geweld wat uitgebreek het nadat duisende mense opgedaag het
Manny Pacquiao – ‘n legende tussen toue word gebore
Boks is die sportwêreld se skuldige plesiertjie, ‘n polities bedenklike anachronisme waarin gebreide, doelgerigte mans die teer uit mekaar slaan in ‘n wêreld waar blote verwysing na ‘n persoon se velkleur sy wêreld in duie kan laat stort en die spreker as’t ware vir ‘n steniging kan voorberei. Die waarheid is dat boks beide deelnemer
Lees verder: Manny Pacquiao – ‘n legende tussen toue word gebore
Bokspan hervorm
Daar is vier veranderinge aan die Springbok-weekspan wat Dinsdagaand teen Saracens in Londen speel, aangebring. Nadat die beteuterde voorry van verlede week bedagsaam genoeg was om beserings op te doen, word hulle vervang deur die Vrystaatse eenheid van Wian du Preez, Adriaan Strauss en CJ van der Linde. Jean Deysel vervang die hopelose Davon Raubenheimer
Binnelandse sake het geen idee van aantal onwettiges
Die department van binnelandse sake het geen idee hoeveel onwettige immigrante in die land is nie. Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het verlede week by ‘n parlementêre mediakonferensie gesê om ‘n syfer te gee is “moeilik”. Nadat sy gevra is om haar departement se jongste beraming van die aantal onwettige mense wat in Suid-Afrika woon en werk
Lees verder: Binnelandse sake het geen idee van aantal onwettiges
Die onsinnigheid van ons bluf
Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is dié wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt. Vir die honde wat blaf hoef jy net te koets en na die grond te gryp al lê daar ook nie ‘n klip rond so groot as ‘n korreltjie sand nie: hulle vlie om,
Polisieman geskors na pro-wit e-pos
‘n Polisieman van die Tennesseedeelstaat se territotiale polisiediens wat per ongeluk ‘n pro-wit e-pos uitgestuur het, is in die warmwater. Hy is vir twee weke sonder vergoeding geskors nadat hy die gewraakte e-pos aan 787 werknemers gestuur het. Hy sal ook diversiteitsberading ontvang as straf. Die e-pos van Brent Gobbell lui onder meer: “Julle beroof
Namibiese lugramp eis drie
Nog een van die passasiers van ‘n vliegtuig wat Sondag in Windhoek neergestort het is oorlede. Volgens ‘n woordvoerder is die derde slagoffer van dié vliegramp ‘n Namibiër wat Sondagaand in die hospitaal oorlede is. Die Suid-Afrikaanse vlieënier en ‘n ander passasier is op die toneel dood. “Daar is net een oorlewende oor wat in
Ja, ons kan!
{jathumbnail off} справка о нетрудоспособностиФильчаков Харьков
Is daar lewe ná die reënboog?
As kind is ek deur die helder kleure van die reënboog getref. Reusereënboë het gereeld ná ‘n hewige donderstorm oor die Vrystaatse vlaktes gevorm en van horison tot horison gespan. Dan het die grootmense gepraat van ‘n mitologiese pot goud aan die einde van die reënboog. Dit het die romantiek daarvan verder verhoog en my