Vir Helen Zille is die politieke wittebrood inderdaad verby binne Afrikanerkringe ná haar uitsprake in die DA se eerste nuusbrief, SA Today, na haar verkiesing as leier.
Die uitdaging vir haar om ons land se “identiteitspolitiek” te verander na een van ‘kwessiepolitiek’, dui op haar onbegrip van die werklikheid in Suid-Afrika en elke ander land. Alles gaan oor rassepolitiek. So was dit nog deur alle eeue en so sal dit altyd wees. Haar uitlating dat ons “belangrikste strewe moet wees na nie-rassigheid” beteken die verloëning van elke ras in hierdie land, so ook van die Afrikanervolk wat dit nie sal duld om op so ’n wyse opgeslurp te word nie!
