Suid-Afrika nie meer mededingend nie

Kenners het hulle skok uitgespreek oor ’n verslag wat verlede week vrygestel is en wat toon dat Suid-Afrika met twaalf posisies op die kompetisiewêreldranglys gedaal het. Hierdie drastiese daling word aan die bevoordeling van swart werkers voorgeskryf.

Volgens die World Competitiveness Yearbook, wat 55 lande beoordeel op grond van hulle vermoë om ’n gunstige klimaat vir besighede te skep, het Suid-Afrika se posisie van nommer 38 verlede jaar tot nommer 50 hierdie jaar gedaal. Dit verteenwoordig die grootste daling op die lys.

“Dit is skokkend,” het Sello Mosai, uitvoerende bestuurder van kennisontwikkeling by die Suid-Afrikaanse Nasionale Produktiwiteitsinstituut (NPI), gesê. “Enigeen kan slegter doen, maar as daar so ’n groot daling plaasvind, laat dit mens regtig sprakeloos.“ Die NPI het die Switserse Internasionale Instituut vir Bestuursontwikkeling bygestaan om die plaaslike ondersoek uit te voer.

Volgens die verslag word Suid-Afrika laaste geklassifiseer wat diskriminasie in die werksmilieu betref. Mosai meen dit is nie net aan regstellende aksie toe te skryf nie, maar dat diskriminasie oor die hele werkspektrum in die land plaasvind en dat dit ook ouderdom en godsdienstige oortuigings insluit.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie se groei is ongeveer 5% per jaar, met goeie resultate wat toerisme en direkte oorsese beleggings betref.  Die hoë werksloosheidsyfer, erge misdaad en streng arbeidswetgewing word egter in die verslag as hindernisse vir ekonomiese ontwikkeling bestempel.

“Dit is nie ’n kwessie van Suid-Afrika wat slegter doen nie. Dit is wel ’n geval van ander lande wat beter doen,” aldus Mosai.

Twee derdes van die verslag word gebaseer op ekonomiese statistiek en een derde op meningsopnames onder staatsamptenare en sakelui. Suid-Afrika is een van vyftien lande wat die afgelope paar jaar al swakker vaar.

насадка на керхер пескоструйДанильченко Юрий отзывы